| Mieliepap in VSA? [boodskap #22970] |
So., 16 Mei 1999 00:00  |
Shannon
Boodskappe: 220 Geregistreer: Januarie 1999
|
Senior Lid |
|
|
Amerikaanse vriende, wat tans die land deur toer met familie, is mal oor ons
mieliepap, veral krummelpap met sous daaroor. Is daar iets soortgelyk in
Amerika beskikbaar?
Groete
Shannon
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Mieliepap in VSA? [boodskap #23109 is 'n antwoord op boodskap #22970] |
Do., 20 Mei 1999 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 16 May 1999 22:17:28 +0200, "Shannon" wrote:
|Amerikaanse vriende, wat tans die land deur toer met familie, is mal oor ons
|mieliepap, veral krummelpap met sous daaroor. Is daar iets soortgelyk in
|Amerika beskikbaar?
|
Ons eet nog baie mieliepap. Ons koop drie verskillende soorte
mieliemeel: die grits waarvan almal praat is 'n growwer meel soos die
SA braaipap. Dan kies ons verder tussen yellow of white corn meal en
dis heelwat fyner meel - soos die gewone mieliemeel wat jy in SA kry.
O ja, interesant, jy kry hier ook blou mieliemeel wat van blou mielies
gemaak word (geen kleurstof nie). die mieliepap kom 'n siekerige pers
uit. Gewoonlik word die blou meel gebruik om blou nacho's te maak.
Die smaak is presies dieselfde as gewone mieliemeel.
Johan
|
|
|
|