Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Toets

Fri, 28 May 1999 00:00

Ek toets net, want geen boodskappe is op my skerm nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gloudina - ek vra weer

Fri, 28 May 1999 00:00

Ek vra WEER - hoekom het jy SA verlaat?

Kan dit waar wees dat jy 'n man het wat jou saamgeneem het?

Hoe onwaarskynlik dit ook al klink - dit mag DALK net wees............

Aanhaling uit een van Gloudina se "bydraes":

"Sy gaan haal 'n foto
van een van Durban se strande wat uit die lug afgeneem
is, en wat wys hoe daar letterlik duisende mense op die
strand krioel. "There, I showed that to my children and
I told them that is why we left South Africa," vertel sy.
Dit het my eers 'n rukkie geneem voordat ek besef het
wat sy besig was om te sê: Durban se strande was OK
toe net wit mense daar kon swem, maar nou dat "almal"
daar kan swem, nou is SA skielik nie meer goed genoeg
nie. Ek antwoord haar toe: " You know, this picture
makes me actually extremely happy."

Gloudina, ek wens jou 'n vakansie toe op die strand tussen die mense -

"that will make me extremely happy"

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Uit "Wat die hart van vol is" deur PETER BLUM

Thu, 27 May 1999 00:00

Uit "Wat die hart van vol is"
Peter Blum

So lê u spore diep in my. U het my bitter
denke bekeer, my bitsig-bose tong
geleer om soet te buig, eers tot u eer,
toe ook met ander lof. 'n Duister, jong,
verstokte vasteland het u laat skitter
met kenbaarhede; heidense kontrei
het u welluidender vernoem - gedoop
in 'n nuwe taal wat oor die landkaart sprei
(waardeur ek groei, maar wat deur my ook groei)
- pleknaam tot pleknaam Kaap die Goeie Hoop.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Taalmonument

Thu, 27 May 1999 00:00

Ek is besig om 'n webwerf op te rig vir die aanleer van Afrikaans.

Ek wil 'n ou gunsie vra indien iemand kan uithelp. Ek is op soek na 'n
goeie foto van die TAALMONUMENT, wat ek op my webwerf wil gebruik.
M.a.w. as enige van julle oor 'n foto beskik (elektronies) en die foto
het nie 'n kopiereg probleem nie, maak so biejtie lawaai asb.

Jacques

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

PASELLA

Thu, 27 May 1999 00:00

PASELLA OP SABC2:

Die SABC het aangekondig dat hulle die gewilde joernaalprogram Pasella
vanaf sy
huidige tydsgleuf op Dinsdag om 19:30 gaan verskuif na Maandag om 21:30.
Geen
redes vir of verduideliking van hierdie stap is gegee nie, en dit
geskied sonder enige
oorleg hoegenaamd met Afrikaanse belangegroepe.

Gemeet aan kykersgetalle, kwalitatiewe navorsing en advertensie-inkomste
is Pasella,
wat gereeld onder die SABC se top tien lys van gewilde programme is, een
van die
mees suksesvolle programme. Volgens die AMPS-gegewens is die program
gewild by
Afrikaanse sowel as Engelse kykers, en as inligtings-, opvoedkundige- en

vermaaklikheidsprogram trek Pasella Dinsdagaand gedurende spitskyktyd
meer as 800
000 kykers bo 16 jaar ouderdom. Indien kinders bygetel word, beloop dit
meer as 1
miljoen kykers.

Hierdie gesinsprogram, 'n televisievenster op die wêreld van Afrikaanses
uit álle
gemeenskappe, se beplande verskuiwing na laat op 'n Maandagaand, kan
uiteindelik
lei tot die afskaffing van die program. Maandagaande en die laat
tydgleuf sal die
kykersgetalle drasties laat afneem en sodoende vir baie minder
advertensie-inkomste
sorg, wat 'n seker manier is om Pasella te laat sneuwel.

Hierdie beoogde verskuiwings is die gevolg van skeduleveranderings
gebaseer op
“stroke” in plaas van “blokke” (vaste tydgleuwe vir bepaalde tale). In
hierdie “stroke” sal
daar elke aand gedurende spitstyd nuus wees, gevolg deur ligte
vermaaklikheidsprogramme, sitkoms en wedstrydprogramme. Hierdie
programme sal
feitlik uitsluit in Engels of Sotho (op SABC2) wees. Sodoende verloor
Afrikaans hier
andermaal 'n uur uitsaaityd gedurende spitstyd. Die hoeveelheid
Afrikaans sal
sodoende na minder as 20% daal en ook nie meer Dinsdagaande 'n vaste
tydgleuf hê
nie.

Dit is dringend dat vanuit alle oorde en so sterk moontlik protes
aangeteken sal word
teen hierdie beplande en verdere aftakeling van Afrikaans op SABC2, en
die minagting
van die behoeftes, regte en belangstellings van Afrikaanse (én Engelse)
kykers.

Die SABC gaan met hierdie verkuiwing nie slegs die tyd vul met goekoper
ingevoerde
Amerikaanse programme nie, maar sal so ook nóg minder aan die vereistes
van die
Uitsaaiwet (1998) en die Onafhanklike Uitsaai Owerheid voldoen.

'n Beroep word op kykers gedoen om 'n nota van beswaar teen hierdie
beplande
verskuiwing van Pasella te stuur aan mnr Malan Otto, Algemene
Bestuurder: Sentrale
Klagtekantoor, SABC, Radiopark, Henleyweg, Aucland Park 2092. Sy
faksnommer is
(011)714-4508 en sy E-posadres: ot...@sabc.co.za

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Verkiesingsbarometer

Thu, 27 May 1999 00:00

Met die verkiesing 6 dae weg, het ek dit goed gedink om 'n opsomming te
maak van tendense en beleidsverskille van partye, om dit vir almal
sodoende makliker te maak om vir die regte party te stem:

1.) Die goeie nuus is dat 'n mens nie jou kop hoef te breek om moeilike
ideologieë te probeer verstaan nie. Die verkiesing word hoegenaamd nie
op ideologiese verskille beveg nie. Behalwe miskien vir die
VRYHEIDSFRONT wat hom vir selfbeskikking beywer, en daarmee saam ook
ander groeperings wil oortuig om daarby in te val.

2.) Al die partye, insluitend die ANC, gaan daadwerklik optree teen
misdaad en korrupsie. Die NUWE NASIONALE PARTY deur die terugbring van
die doodstraf. (Dis verblydend om te weet dat ons oor 'n week in 'n
vredeliewender plek sal bly, en daar geld sal wees om bv. skoolboeke te
koop.)

3.) Die ANC sê hulle het meer tot stand gebring in 5 jaar as wat daar
in die voorafgaande 300 jaar tot stand gebring is, en lê ook sterk klem
op werkskepping. (Een moedswillige ou het gesê hier is nou definitief
meer potholes in ons distrik as wat hy van 300 jaar terug kan onthou.)

4.) Die DEMOKRATIESE PARTY sê dis alles goed en wel, maar hoekom het
die ANC in die eerste plek 500 000 werksgeleenthede laat verlore gaan.
'Slaan Terug' sê hulle, maar nie waarmee nie.

5.) Die UNITED DEMOCRATIC MOVEMENT sê hulle gaan van SA 'n wêreldklas
land maak, en wil weet hoekom die NNP en DP nie al daardie goed wat
hulle sê hulle gaan doen, gedoen het toe hulle die kans gehad het nie.

6.) Die ANC sê in die Transkei word kiesers deur tradisionele leiers
voorgesê om vir die UDM te stem. Dis intimidasie, sê hulle, wat nooit
in die vorige verkiesing sou gebeur het nie.

7.) Mnr. Mbeki sê die probleem met misdaad is dat polisiemanne mekaar
doodskiet. Mnre. Mandela en Mufamadi sê dit is nie so nie, die pers het
hom buite konteks aangehaal.

8.) Die FEDERALE ALLIANSIE sê ons voed en huisves reeds 8 miljoen
buitelanders, daar is geen rede hoekom ons dit nie vir ons eie mense
ook kan doen nie.

9.) Die AFRIKANER EENHEIDSBEWEGING sê hulle glo in God Drie�nig, maar
sê nie of agnostici en moslems vir hulle mag stem nie.

10.) Die AFRICAN CHRISTIAN DEMOCRATIC PARTY en die MUSLIM PARTY wil
aborsie op aanvraag afskaf.

11.) Mnr. Mandela sê die ANC soek 'n 2/3 meerderheid, maar hy sê nie om
wat mee te maak nie.

12.) Al die ander partye sê dis om die grondwet te verander. (Minstens
een waarnemer het opgemerk dat nie een van die ander partye hulle
manifes sal kan implimenteer, sonder om die grondwet te verander nie!)

13.) Laastens sê Mnr. Jaap Marais van die HERSTIGTE NASIONALE PARTY 'n
mens moet stem soos voorheen, deur nie te gaan stem nie.

Daarmee, gespreksgenote, behoort dit vir almal baie duidelik te wees
waar om julle kruisies te gaan trek. Dis minstens vir my duidelik -
hier by Tzaneen se skousaal, natuurlik! Vir wie, is 'n ander storie...

(Dit amuseer my om te dink dat Frikkie en Gloudina se non-stemme saam
vir die HNP gaan tel!)

Groete

Henri

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Ruk jou reg, G

Thu, 27 May 1999 00:00

On 26 May 1999 22:56:08 GMT, wrote:

| Johan, 'n rukkie gelede het ek vir
| jou vertel van die wetenskaplike
| studie van forensiese taalgebruik,
| waar hulle die geskrifte van 'n
| persoon ondersoek om uit te vind
| of hy die skuldige is.Hulle het
| byvoorbeeld deur die ontleding
| van sy geskrifte die Unabomber
| uitgevind en gevang,

Jy sit die pot vir die soveelste keer mis - sy broer het agtergekom
die manifesto van die unabomber is die selfde retoriek wat sy broer
altyd gebruik het en hy het hom aangegee.

In 19 jaar kon geen forensiese wetenskap hom vastrek of selfs eers
identifiseer nie.

| en gebruik dit
| op die oomblik om uit te vind of
| Jon-Benet Ramsey se moeder skuldig
| is aan haar moord.

Die ondersoek het lankal aangeskuif na haar boetie...

| en kom dan terug en praat soos 'n
| man.

Soos wat jy reeds doen. Ek het nie so lank terug gesien dat daar
ander ook was wat vermoed het dat jy 'n man is. Voor hulle jou beter
leer ken het en agtergekom het jy is maar net een van die swakker
geslag.... Shame.....

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Tipies Afrikaners

Thu, 27 May 1999 00:00

Is die deelnemers aan hierdie NG nie die tipiese voorbeeld van Afrikaners
nie?
Hy kan met homself (en ander ) spot, soos die talle Boere, Kleurlinge, Van
Der Merwe, Mike Schutte ens ens grappe getuig.
Wee egter die een wat nie met hom saamstem nie, of moet nie dat die son oor
ander skyn nie. Saamstem oor n onderwerp (veral n politieke siening) is so
uit soos Engels praat op n Afrikaanse NG.
Hou so aan mede Afrikaners. Netnou verlang ek huis toe.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Enigiemand 'n oud-Helpie?

Thu, 27 May 1999 00:00

Ek lees die groep min, maar stuur asb vir my 'n briefie .... ek verlang so
na die goeie oudae.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

bieutiefoel m^onieng

Thu, 27 May 1999 00:00

Ou what 'n bieutiefoel m^onieng!

Aai relie endjoi werrie matsj ol the diskassjins ebiauut what lengghwhietsj
ies soetebil for joes in this nieusghroep. Iessint iet lawlie toe whatsj ol
the h^er end fethers flaaieng eriaaunt? This ies niaau sou tippiekil of as
Siaauth-Efriekins, aai kennot jelp bat laaf toe maiself 'n laaf of
rekoghniesjin. Sou this ies maai first littel kontribeeusjin, ritten ien en
es jet anrekoghnaaizd Siaauth-Efriekin daaielekt, whietsj aai'm sjoor moust
piepel whil bie ybel toe anderstent.

En ag siestog, moe nou nie so hard wees vi arme ou Gloudina'tjie nie, sy
probeer ok ma ha bes, en by the way issit nogal oulike ou gediggetjies wat
sy instuur. Sy moet net miskien probeer om 'n bietjie nicer te wees, hoewel
ek het nou noggie hie iemand gesien wat eintlik 'n voorbeeld vi ha sou kon
gewees het nie.

Nou ja, tot die volgene keer dan vi ammal totsiens en koebaai.
Aai whil kiep whatsjieng the sjou!

Hansie Donsie
Den Haag

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1210  1211  1212  1213  1214  1215  1216  1217  1218  1219  1220  1221  1222  1223  1224  1225    »]
Tyd nou: Sat Jan 18 01:55:34 UTC 2025