Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

WAAROM

Sa., 29 Mei 1999 00:00

(JAMMER VIR DIE "CASE" FOUT MET IETS)
WONDER MAAR NET<
WAAROM KAN MENS NIE MEKAAR SE GESELSKAP GENIET EN HIERDIE NEGATIEWE GEGRAAF
LOSNIE>
KOM ONS LAG LIEWER GENIET MEKAAR EN VERTEL MEKAAR>
TOE
ONS HET RERIG GENOEG NEGATIEWITEIT RONDOM ONS>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Die Kind" deur INGRID JONKER

Sa., 29 Mei 1999 00:00

DIE KIND
Ingrid Jonker

Die kind is nie dood nie
die kind lig sy vuiste teen sy moeder
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van vryheid en heide
in die lokasies van die omsingelde hart

Die kind lig sy vuiste teen sy vader
in die optog van die generasies
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van geregtigheid en bloed
in die strate van sy gewapende trots

Die kind is nie dood nie
nóg by Langa nóg by Nyanga
nóg by Orlando nóg by Sharpeville
nóg by die polisiestasie in Philippi
waar hy lê met 'n koeël deur sy kop

Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere sarasene en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
die kind loer deur die vensters van huise en in die harte
van moeders
die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat 'n man geword het trek deur die ganse Afrika
die kind wat 'n reus geword het reis deur die hele wêreld

Sonder 'n pas

Prosa & poësie | 0 kommentare

waarom?

Sa., 29 Mei 1999 00:00

WONDER MAAR NET<
WAAROM DIE GEKAP NA MEKAAR>
IS DIT OM SENIORITEIT EN EGOS TE BEVREDIG> OF IS DIT N TIEPEKULTUUR?
KOM ONS GENIET DIE SAAMWEES OP DIE GROEP EN DEEL WERELDWYD MET MEKAAR
EN LAG SAAM EN SPOT SAAM>
EK WAS SO OPGEWONDE OM DIE GROEP TE ONTDEK MAAR DIE LAASTE TYD SE
BITTERBEKKE LAAT RERIG N WRANG SMAAK IN DIE MOND

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Vryheid van spraak ? ? ?

Sa., 29 Mei 1999 00:00

Toe ek onlangs my AGB (Anti Gloudina beweging) storie gepos het, het baie
mense vir my laat weet dit is hoekom die NG bestaan...........Want VRYHEID
van spraak is die "bottom line"

Nou wil ek asb vir al die klomp wat my so "gebraai" het die volgende vra:

Nomad het 'n "vraestel" gepos wat eintlik 'n grappie is, en baie ouens braai
hom nou daaroor......dit is nou kwansuis so swak, ens ens volgens
julle.................maar wat het dan nou van JULLE EIE ''OPDRAG" GEWORD
????????????????

Dit lyk vir my "vryheid van spraak" is ook net 'n terme wat gebruik moet
word totdat iemand nie met jou saamstem nie.

Persoonlik verstaan ek dit soos volg:

Praat van alles maar net nie hoe dom 'n houtkop werklik is nie.

Moffies en koekstampers MAG AANSPRAAK MAAK OP SEKERS REGTE EN VOORWAARDES.

Vloek en skel net soos jy wil maar slegs onder die dekmantel van "digterlike
vryheid" of "kuns"

En laastens............As iemand jou in 'n hoek in praat omdat jy soos jou
gat redeneer is die enigste uitkom kans om so hard en aanhoudend as moontlik
RASIS te skree. Dit sal die persoon wat eintlik 'n saak het die hasepad laat
vat omdat dit mos deesdae erger is om 'n rasis te wees as om moord te pleeg.

So weereens aan al die 2 gesigte op die NG............Woensdag die 2de sal
ek op Kerkplein beskikbaar wees vanaf 12:00 ..........................

COME AND KISS MY ASS

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Kinders van die wind

Sa., 29 Mei 1999 00:00

Koos du Plessis se liedjie:

Ek ken 'n ou ou liedjie
Van lewenswel en wee
Van lank-vergete skepe in
Die kelders van die see

Die woorde is vergete
En tog, die deuntjie draal
Soos vaag-bekende grepies in
'n Baie ou verhaal

Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind

Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie drome is
Sou net 'n kind kon raai.

************************************

Laurika o Laurika, jy sing dit so pragtig!!!!

Alwyn, uit Perth

Pijotter skryf in boodskap news:927893650.912275@ns0.klm.nl...
> You'll find the afrikaans song Kinders van die wind interesting...
>
> I'm not sure about the lyrics, but it goes something like this.
>
> Ek ken 'n ou ou liedjie
> Van lank ver... en wee
> Van lank vergane skepe in die die kelders van die see
>
> Gesigte, drome mense
> word deur die wind verwaai
> en eindelik was almal maar net kinders van die wind...
>
> Yeah that's about it that i can remember of this song. Maybe you'll find
> the rest either on this NG or on the internet somewhere. Just a word of
> precaution don't be going around to freely with your english here. You
> might be thrown with rotten tomatoes for using the evil empirical taal.
>
> Then there is also the story about some guy smoking a pipe with the devil on
> table mountain. This happens when the south western wind is blowing and
> table mountain is covered in a blanket of clouds. (ek's seker die wat dit
> al gesien het sal weet waarvan ek praat)
>
> cheers
> Pijotter
>
> Laetitia Toanen wrote in message
...
>> Hi
>> I'm writing story about the wind around the world and i look for stories,
>> legends, dictums, and everything you can telle me about his.
>> Thank tou
>>
>> Laetitia
>>
>

Musiek & liriek | 0 kommentare

'n Gediggie vir 2 Junie

Sa., 29 Mei 1999 00:00

''Lente in die ou transvaal
môredou en oggendlig
eerste son op sink en staal
en kolle nat groen gras
klavier se note hou my vas
gisteraand weer donderweer

in niemandsland het ek verdwaal
sal ons ooit weer daglig haal
die toergids gee die reisplan aan
sê totsiens azani�
ek groet my vriende een vir een
versigtig elke tree
ek ek stap deur die spieël se raam
die derde wêreld in''

(derde wêreld deur JK) - voeg net die musiek by.

Die trane die rol oor jou, Bokkie...........

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Hande in die lug......

Vr., 28 Mei 1999 00:00

....van die wat wil hoor van Togetherness Tshabalala en sy Toyota
Hi-Ace Taxi...............

Ummmm...........niemand nie?

Frikkie, sit neer jou hand............., jy ook Boerseun,
.............julle hande tel nie. Ferdi, hou op praat.

Gloudina, moenie so dikbek daar sit nie, en jy Leswin, kom terug in
die klas! Shannon, PAT, .......pay attention!

Leendert en Henri, maak toe julle boeke........

.......en Lou, jy en die ander daar in die hoek, hou op giggel, ek
weet julle het die storie al gehoor.............

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: The wind

Vr., 28 Mei 1999 00:00

You'll find the afrikaans song Kinders van die wind interesting...

I'm not sure about the lyrics, but it goes something like this.

Ek ken 'n ou ou liedjie
Van lank ver... en wee
Van lank vergane skepe in die die kelders van die see

Gesigte, drome mense
word deur die wind verwaai
en eindelik was almal maar net kinders van die wind...

Yeah that's about it that i can remember of this song. Maybe you'll find
the rest either on this NG or on the internet somewhere. Just a word of
precaution don't be going around to freely with your english here. You
might be thrown with rotten tomatoes for using the evil empirical taal.

Then there is also the story about some guy smoking a pipe with the devil on
table mountain. This happens when the south western wind is blowing and
table mountain is covered in a blanket of clouds. (ek's seker die wat dit
al gesien het sal weet waarvan ek praat)

cheers
Pijotter

Laetitia Toanen wrote in message ...
> Hi
> I'm writing story about the wind around the world and i look for stories,
> legends, dictums, and everything you can telle me about his.
> Thank tou
>
> Laetitia
>

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

"Die Toring van Babel" deur FERDI GREYLING

Vr., 28 Mei 1999 00:00

DIE TORING VAN BABEL
Ferdi Greyling

hulle kyk uit oor die land
hulle lag hardop
en waar hulle lag val
groei plante van vrees
hulle praat en hulle woorde
marsjeer soos soldate
deur die strate
hulle gedagtes dra uniform
die honde van hulle wil
blaf langs wette
wat soos doringdraad deur die dae span
in hulle agterkoppe
klik boeie inmekaar
hulle gaan saans huistoe
en sit agter die lessenaar van slaap
om hulle drome skoon te maak en te olie
hulle bou kasernes
hulle sê daar is julle huis
julle sal in planne woon
julle sal apart wees
met julle sal ons
God 'n toring van Babel bou

Prosa & poësie | 0 kommentare

Toets

Vr., 28 Mei 1999 00:00

Ek toets net, want geen boodskappe is op my skerm nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1209  1210  1211  1212  1213  1214  1215  1216  1217  1218  1219  1220  1221  1222  1223  1224    »]
Tyd nou: Ma. Des. 22 18:43:04 UTC 2025