Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Blydskap

Do., 03 Junie 1999 00:00

Hallo Japies en Johnies,
Wat ook sal wees, sal wees,
Wat tekort is te kort, en teveel bly altyd weg.
Ek groet julle met 'n knipoog naar die beste wat nog kom.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hallo

Do., 03 Junie 1999 00:00

Ek wil ook maar net hallo sê.
e-mail my by : benb...@lantic.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Dit is laat. Wie wil praat?

Do., 03 Junie 1999 00:00

Tyd verkeerd: Nou 23h40
--
Posted via Talkway - http://www.talkway.com
Exchange ideas on practically anything (tm).

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dit word laat. Wie wil praat?

Do., 03 Junie 1999 00:00

Ello!!

Hoor iemand my?

--
Posted via Talkway - http://www.talkway.com
Exchange ideas on practically anything (tm).

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die leier van die Boere is 'n Jood!

Do., 03 Junie 1999 00:00

Ek dink daar's 'n paar ouens wat stik in hul dop by die gedagte dat Tony
Leon die meeste Afrikaanse stemme getrek het!

En nou reken ek - as mens kyk na Leon se suksesresep, (sy steun het
sewevoudig vermeerder sedert vyf jaar gelede) is die era van ordentlike,
besadigde, samewerking met die regering oor vir Constand en watter een van
die twee Mulders ookal saam met hom in die Parlement sal oorbly. As hulle
oor die volgende vyf jaar nie heeltemal wil verdwyn nie, sal hulle erg
aktief moet begin opponeer!

(Martiensie se spulletjie het gekry wat hulle verdien, en ons moet nog sien
of die KP se surrogaat dit gaan maak met een setel.)

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

"Hulle moor met le^ers" deur HENRI LAURIE

Do., 03 Junie 1999 00:00

HULLE MOOR MET LÊERS
Henri Laurie

Meer is daar nie, en tog
word die snik en snak en asem van die wenendes
in elke teekoppie gehoor,
in elke handdruk en gange vol deure,
selfs die boks rekkies ruik na begrafnis.
Kantore het moord geword, die ink is giftig
en die telefoon so skerp soos staal.
Die vorms staan tou,
die hand wat skrywe, die naam wat geskryf word,
en elke storie wat langs die slote sluip
of deur die strate hol
word vorm vir vorm ingevul
en dring soos die dood op stilte aan.
My stilte
en joune.

Dat pruike nou dui op dreigement,
dat deernis klop op 'n dooie nommer,
dat ons weet ons belieg word, sonder heenkoms,
nugter niemand meer nie.
Ek gaan my foto-oog weggee, ek kan tog nie
saamhuil oor elke dooie kind nie,
elke hand sy mes bejammer nie---
as elke woord kies tussen sterfte en sterfmaat
verloor selfs stilte sy vreedsaamheid.

Almal speel regter, en wedywer om tussen leuens
die beste leuen te bekroon
met die smalende eerbied van stilte.
Waarom sal ek my tussen katte roos hou,
tussen diefwering en kosyne my soos 'n viool verbloem,
ek kan tog nie hart gee aan elke kreet nie?

Maar wanneer moord op jou posseëls is,
en die messe op die tafel speech maak,
wanneer mure se ore mond word,
en moord verkondig,
wanneer elke dood se spoor in jou koffiemoer lê
en die moordenaar minder bloos as 'n af TV,
en die bloed van die prokureur jou herinner aan 'n
skildery êrens in Italië,
en die planete hyg om by te bly
(selfs slawe het meer tande as ons geregtigheid!)
wanneer by naam geroep word
en die amptelike eggo is papier,
wanneer moord en leuens gewoonte word

Ek soek in my hart
stukkies eerbied, stukkies mens
my swaar arms, my fluitende keel
wees mens met my
ons sal nooit vergeet nie
ons land is 'n tyd van moord.

Prosa & poësie | 3 kommentare

my plek

Do., 03 Junie 1999 00:00

My plek lê in die berge
Met klippe rondom my
Ek dank die skitter sterre
Want hulle maak my bly

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Daasy - gestem

Wo., 02 Junie 1999 00:00

Twee uur.
Klaar gestem.
Om die hoek gestap, id boek en sertifikaat gewys, papier gekry,
gestem.

Alles smiles en vriendelikheid.

Altesame omtrent 8 minute gevat.

Sover geen berigte van enige ernstige probleme nie.

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Korder homopage

Wo., 02 Junie 1999 00:00

De homepage van Olaf Korder is flink uitgebouwd. Er staan nog meer
grappige en ontroerende gedichten en verhalen in over liefde, verlangen
en homoseksualiteit. Een deel van poëzie is te beluisteren.

Bovendien vind je er artikelen over coming-out, oude en moderne auteurs,
homotaal en homoteksten.

http://www.casema.net/~gckool/ of http://come.to/Korder

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaners and infighting

Wo., 02 Junie 1999 00:00

Nou sit ek hier in die Kaap en wonner, sommer plain en wonner, uit watter
gat het tog nou weer sy sielsalige vervelige
wit-lemmetjiesdraadheining-baie-trek-laer deuntjie uitgekrap?

Seker op Radio-sonner-mense, want net hy sal weet watter klomp snert hy elke
keer so kwytraak.

Maybe squirrel should grow up, look over the fence through you 10 foot (3 m)
razor wire fence and actually see that the sun is shining outside there, and
by the way: You coffee got cold, and your subs to the white lager, into
which you so dearly want to 'pull', has just expired! The fact that he
still talks in 'feet' just tells me that he left South Africa before 1971,
or that he doesn't know that we are actually using the metric system...

Yes you're right:

Ons sal oorleef, en sonder jou klomp snert. Net vir jou inligting: Die
Suid-Afrikaanse volkere oorleef al die afgelope 347 jaar, en ons het nog
altyd daarin geslaag om ons probleme die hoof te kon bied.
Ten minste het ons nie ons inheemse volkere in hierdie land uitgemoor tot
die vlak van 'n paar duisend oorblywendes nie, maar het ons, wit en nie-wit
groepe, daarin geslaag om 'n demokrasie te laat werk.

En as jy dan nou so wonder oor die wittes in Suid-Afrika, het jy al kom kyk
hoe dit hier lyk? Of is jy ook te banggat om jou 80% te verloor?

Squirrel wrote in message
...
> The only real way in which the so-called Afrikaner nation will be
> able to ward off the relentless onslaught by the enemy in SAfrica
> is bys ticking together.
>
> There appears to be a vast amount of infighting amongst the group
> at this point in time - particularly faced with the diminished
> status in SA society.
>
> One surely wonders what this very ominous election spells for the
> whites in general as they huddle together behind their 10 foot
> high, razor wire topped fences. They are after all the only ones
> with something to loose, as owners of 80% of the property, wealth
> and businesses there.
>
> Pull in the laagers chaps ... you're very much on your own now!
>
> Squirrel
>

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1206  1207  1208  1209  1210  1211  1212  1213  1214  1215  1216  1217  1218  1219  1220  1221    »]
Tyd nou: Ma. Des. 22 22:29:09 UTC 2025