> Ja, en dit het tyd geword om op te
> hou om vir my te skilder as 'n
> weerwolf. Dis nie snaaks nie. Dis
> snert. Dis onbeskof. Hoekom laat
> jy jouself sulke onbeskofte maniere
> toe teenoor 'n dame? Ou wit omie,
> wat "weier om op te hou om deure
> oop te maak vir vroumense." Almal
> kan die kontradiksie in jou geskrifte
> sien, behalwe jyself.
Margaret Thacher het verklaar:
"Being powerful is like being a lady; if you have to tell people you are,
you aren't."
Kaal is die ou sandwêreld hier, en kaal
Die see daar buite waar die branders breek -
'n Strand vol klippies en 'n pol'tjie kweek
Van ruigtegras, nou nie meer groen, maar vaal.
Hier praat die veld 'n onverstaanbêre taal;
Hier maak die son die blou soutwater bleek,
Totdat hy saans vermoeid sy kop versteek
Agter die duine, waar sy glans verdwaal.
Hier staan die soutkors sonder vou of plooi,
Glad, silwerwit, en met 'n goudgeel lys
Van modder en klei - hier dun en daar nog dig.
So arm die wêreld hier, en tog so mooi -
Stil, soos 'n oumens amper oor sy reis
En met die Dood se skadu op sy gesig.
In die tagtigerjare was Rapport en Die Burger (miskien in mindere mate) die
enigste Afrikaanse koerante wat gereeld die regering aangevat het. (Dis nou
benewens die verregse blaadjies soos die Afrikaner en Patriot).
Die afgelope vyf jaar was dit steeds die geval, want Beeld het beweeg van
hoofsaaklik onkritiese kruipery by een regering tot hoofsaaklik onkritiese
kruipery by die ander.
Nou het Naspers die redakteur van Beeld aangestel as redakteur van Rapport.
Ek het gewonder wat gaan gebeur. Miskien verbeel ek my, maar Rapport lyk
sommer onmiddelik meer "politiek korrek". Selfs Pollux is vandag totaal
sonder fut.
Nou wonder ek: Sal mens nou, soos die ou Sappe na die oorlye van Die
Landstem, voortaan hier in die Noorde aangewese wees op The Star, The
Citizen en die Sunday Times om berigte en menings te kry wat die regering
van die dag ook krities beskou?
"Sal ek vannag nog met my vliegtuig vlug
na bondgenote wyd versprei:
na Portugese in Angola, Jode in Johannesburg,
of ronkend oor die Skeurvallei
na Brussel of Brahmaanse tempels teen 'n kerrielug?
"Maar boos bly boos in Brakfontein of Neo-Baäl,
en goed is goed by Golgota of Brussel;
en deur die eeue is dit reeds bepaal:
die plek en spelers sal voortdurend wissel
maar die spel word telkens in die tyd herhaal."