Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Miss Fleming" van John O'Mill (bietjie baie plat...)

Di., 29 Junie 1999 00:00

De gentleman-killer Miss Flenning
kilt haar prooi met erotische planning
Eerst rukt ze ze bloot
dan fukt ze ze dood
en int dan de verzekeringspenning.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Tante Eefje" van John O'Mill

Di., 29 Junie 1999 00:00

In Connecticut,
in een waterput,
verdronk mijn tante eefje,
nog jarenlater dronk oom het water
uitsluitend door een zeefje.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Digter in sy slaap oorlede" deur LINA SPIES

Di., 29 Junie 1999 00:00

Digter in sy Slaap Oorlede
Lina Spies

In memoriam: Wilhelm Knobel

Toe ek op die koerant se voorblad lees
jy's dood
het ek skielik hardop begin huil
met die onmiddellike skuldgevoel:
dis nie net om jou nie -
dis oor die katedraal waar mense in en uit loop,
oor die kerk wat toe staan,
oor die hospitaal wat geen ontslag gee nie,
maar slaap verseker
en die wakkerbly verbied
dat jy kan skape tel
totdat die Herder kom...

Later het ek jou gedigte herlees
en hulle was meteens anders
as toe ek oor hulle gefrons het,
verleë oor my ongeraaktheid en onbegrip,
in die dae van vriendskaplike verpligting:
die skemerwêreld van web en vin en wier
het jou vir my afgekamp.

Maar nou was die dood die toegang,
want vir die eerste keer het ek geweet
hoe vol jou verse daarvan is
en as jy oor sterwe skryf,
van woorde wat in jou keel gestik het,
dan vervloei dit tot
vinkeierblou
rooskleur van die kinderkamer
ligter-as-houtskool groen van seewier

Dit word soos die liefde
waarvoor jy gevlug het op straat
en gedink het ek sou ook,
sonder om te weet van 'n nagwandeling
en hoe van lamppaal tot lamppaal
'n winkelpop mens laat verlang.

Daarom was ek eers werklik hartseer
toe ek kom by daardie vers
wat jy vir my geskryf het
met die bietjie spot, die baie erns, die groot eensaamheid,
want sien, ék het dit wel gehad:
die skuilplek, die toevlugsoord,
die slaap met bevredigde sinne,
en vir jou wat so gereed was
om lief te hê,
het die lewe daarsonder verbygegaan
tussen jou mure van mos.

Nou slaap jy in die klein swart kluis:
jou liefdesbed,
jou duifblou kinderkamer

Prosa & poësie | 0 kommentare

Openbare onsedelikheid

Di., 29 Junie 1999 00:00

Vir afwisseling iets wat rerig gebeur het:

My poliesmanvriend (ek sal nie sy naam noem nie)
vertel die volgende ware verhaal.
Hy is aan diens by 'n groot winkelsentrum toe hy
'n swart vrou gewaar wie se regter bors uithang.
Hy stap agter haar aan en sê: "Verskoon my dame,
maar u regter bors steek uit."
Sy kyk hom net so agterdogtig aan en stap verder.
Hy stap weer agter haar aan en sê: "Dame, u regter
bors steek uit. In die stad word dit beskou as
openbare onsedelikheid." Maar weer kyk sy hom net
so skuins aan en loop aan.
Vir die derde keer stap hy agter haar aan, maar nou
raak hy so effe de hel in.
"Luister meid, jou blerrie tiet steek uit!" en hy wys
daarna.
Haar oë rek dat jy net wit sien en toe sê sy: "Hauw, ek
het hom die bybie by die bes galos!!"

Hy vertel ook dat die onluste geweer met gas werk
en met 'n stuk rubber so groot soos 'n flitsbattery
skiet. As jy dan die rubber met 'n Duracell vervang
en 'n betoger daarmee skiet, dan hardloop hy tot ses
keer verder.

Groetnis

Jakes

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

"Tante Marie" van Hans Dorrestein

Di., 29 Junie 1999 00:00

Tante Marie is nog in leven,
tachtig jaar en nog steeds een pest,
ach waarom doet de dood niet even een beetje meer zijn best?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afgedankte Onderwyser

Ma., 28 Junie 1999 00:00

Ek lees in die clari.world.africa.south_africa nuusgroep dat 'n onderwyser
in Cullinan afgedank is nadat hy uit Herman Charles Bosman se werk aangehaal
het in 'n eksamenvraestel. Vir die van ons wat oorse bly, die volgende
aanhaling het hom blykbaar sy werk gekos: "Alive, you couldn't go wrong in
distinguishing between a white and a kaffir. Dead, you had a great
difficulty in telling them.
"

Nou ja, dit lyk vir my of mens maar baie versigtig moet wees met die
aanhalings wat mens kies vir 'n vraestel. Ook maar goed ek het afgetree op
so 'n vroeë ouderdom. Ek dink nie ek sou oorleef het in die nuwe
Suid-Afrikaanse onderwysstelsel nie - ek het altyd my leerlinge uitgelok met
interessante aanhalings.

Die skoolhoof ontken dat dit die rede vir sy afdanking was, maar mens moet
seker wonder. Volgens die artikel is die gebruik van die woord "kaffer"
heeltemal onaanvaarbaar sedert 1994 en word dit net deur wit rassiste in
private geselskap gebruik.

Groete
Royleen

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

Re: Afgedankte Onderwyser

Ma., 28 Junie 1999 00:00

Kan jy asb. die nuusgroep se besonderhede gee Royleen?
Ek het nog nie van dit gehoor nie.

PAT

roybob wrote in article
...
> Ek lees in die clari.world.africa.south_africa nuusgroep dat 'n onderwyser
> in Cullinan afgedank is nadat hy uit Herman Charles Bosman se werk aangehaal
>

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Radio in Afrikaans

Ma., 28 Junie 1999 00:00

Wie van de lezers van deze rubriek kan mij de pagina('s) geven waar ik evt.
Afrikaanstalige Radioprogramma's kan instellen?

Baie Dankie

Bon.

Musiek & liriek | 1 kommentaar

"hou van het leven" van André van Duin

Ma., 28 Junie 1999 00:00

Nederlands:

Hou van het leven
Hou van de zon
Open de deur
En pleur van het balkon

Afrikaans:

Houd van die lêwe
Houd van die zon
Open die deur
En pleur van die balkon

(???)

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: "hou van het leven" van André van Duin

Ma., 28 Junie 1999 00:00

On Mon, 28 Jun 1999 11:58:55 +0200, "Wilbert Geijtenbeek" wrote:

|Nederlands:
|
|Hou van het leven
|Hou van de zon
|Open de deur
|En pleur van het balkon
|
|Afrikaans:
|
Hou van die lewe
Hou van die son
Open die deur
En ...... van die balkon

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1195  1196  1197  1198  1199  1200  1201  1202  1203  1204  1205  1206  1207  1208  1209  1210    »]
Tyd nou: Do. Jan. 29 18:25:34 UTC 2026