On Wed, 30 Jun 1999 22:19:14 +0200, "Shannon"
wrote:
| Johan, ons ander lees graag.
|
...........Dan staan almal weg en skiet hulle 'n loskruit skoot af
(sonder kanon koeël).
Die soldate is aangetrek in die uniforms wat hulle daardie tyd
aangetrek het, selfs in die heersende hitte - die ou kommandeur
Snelling was glo baie progresief en het vir die manskappe 'n
somersuniform ontwerp - wit seil langbroeke en wit seil baadjies oor
hulle hemde - nog steeds baie dik en warm, maar ten minste nie wol en
donker blou soos die standaard Amerikaanse uniform van daardie tyd was
nie.
Loop jy by 'n slaapkwartier in, dan sit daar so drie of vier van die
soldate, besig om hule muskets skoon te maak - al tot 'n fyn kuns die
ding ontwikkel dat jy hulle nooit met 'n moderne gesprek sal vang nie.
Hulle groet jou baie beleef en waar een of twee volgens ons aksent vra
waar ons vandaan kom, sal hulle antwoord: "Oh, that must be a very
long journey on the boat!!"
Stap jy weer by 'n ander kamer in, sit daar een van die soldate se
vrouens wat ook as wasvrou indiens geneem is en drie keer 'n week 17
soldate se univorms onder by die rivier moet gaan was. Die mense
speel hulle rolle so goed dat hulle nie eers met moderne Amerikaanse
aksente praat nie en ook 'n ouerige woordeskat handhaaf - hulle sal
jou byvoorbeeld nie groet met "Hi" nie en dit is opmerklik.
Die ou wasvrou het so lekker gepraat en oor alledaagse goed. Oor hoe
die vrou in die hospitaal baie meer soldate se uniforms moet was en
hoe sy meer betaal word en hoe sy self seep maak en eerder ook haar
eie kerse maak as om by die winkeltjie te koop want daar is hulle so
duur en sy wil bietjie geld spaar en sy leer haar seun kos kook want
sy het gesien hoe die soldate vir hulleself moet kook en nie almal ewe
goed kook nie.
Die fort is gebou waar die Minnesota rivier by die Mississippi
aansluit en sy doel was om te dien as millitere basis vanwaar die
Britte gekeer is om suid uit Kanada uit te kom. Dit was 'n klompie
jare na die Revolutionary War toe die Amerikaners die Britte uitgeskop
het. Fort Snelling moes die hele gebied van die groot mere in die
ooste tot by die wesgrens van die Dakotas in die weste dek en dan
noord tot by die die Kanadese grens en ook baie ver suid af.
Die fort het ook die Indian Agency gehuisves waar 'n Majoor Lawrence
Taliaferro vrede moes help bewaar tussen die Ojibwe en Dacohtah
Indiane. Hulle het ook glo soontoe gekom om handel te dryf.
Ons stap by die Kommandeur se huis in en daar sit hy, Kommandeur
Snelling, en die Indian Agent, Majoor Taliaferro, en eet - donker
graan brood, kool, cider en water en botter by die brood, met gemmer
koek vir nagereg. En weereens baie vriendelik en word jy so tussen
die happe kos in vertel hoe hulle maak en wat sy beleid is. Solank jy
vrae vra bied hy nie self inligting aan nie - ek neem aan as jy nou
daar met jou bek vol tande staan en na hom staar, sal hy aangaan asof
jy nie daar is nie of hy sal dalk iets uit sy eie begin vertel. Dis
soos om lewendig in 'n fliek rond te loop.
Ek was toe ook al teen die tyd gewoond aan die 1827 ding en vra toe
die kommandeur oor verskillende dinge uit - die vroue in die fort,
hulle kos, sy manskappe se uniforms, die winter, hulle doel in die
omgewing, sy manskappe se moraal en nog so paar dinge en nie een keer
het hy gehuiwer nie - hy leef hom 110% in sy rol in en antwoord nie
asof hy die antwoorde moet uitdink nie, maar asof dit regtig met hom
besig is om te gebeur.
So het die hele middag gou omgegaan : by 'n reisiger en sy vrou wat
buite by hulle oskar gesit en eet het - hoender vars van die vuur af -
by die skoenmaker wat net nuut by die fort gekom het en besig was om
sy werkswinkel skoon te maak - so ons kon nie veel leerwerk gesels nie
- by die grofsmid waar die kinders sy blaasbalk moes werk om die staal
in die kole rooiwarm te kry sodat hy kon werk - by die skrynwerker
verby wat net 1827 gereedskap het - almal tot by hulle skoene
oorspronklik aangetrek. Natuurlik is alles replikas, maar daar is
nerens plasties gebruik waar seil en leer gebruik moet word nie.
Slegs van die offisier kwartiere het uitstallings binne wat meer
modern is. En daar is drie badkamers wat heel modern is en wat jou so
'n kultuurskok gee as jy daar ingaan of uitkom. Om so 170 jaar heen
en weer te spring is nie maklik nie!
Die seuns het natuurlik alles baie geniet. Dis so lewendig en amper
bonatuurlik dat selfs hulle meegevoer is. Ons sal seker weer 'n paar
keer gaan, veral op spesiale dae soos dalk nou die 4de Julie.
Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.
On Wed, 30 Jun 1999 20:30:02 +0200, "Johann de Jager"
wrote:
|
|vertel ons meer van jou museum. Ek, vir een,
|sal meer daarvan wil weet.
Ons was die naweek by 'n ou historiese fort hiernaby (reg langs die
lughawe - so 15minute se ry van die huis af). Nou ja, oor die
algemeen is museums en historiese plekke nie iets wat my baie
opgewonde maak nie, maar baie mense het Fort Snelling al by ons
aanbeveel. Op pad van die parkeerterrein af gaan 'n mens deur 'n
besoekerssentrum wat ondergronds begrawe is, sodat daar nie moderne
geboue te naby aan die fort is nie. Binne is die gebruiklike toeriste
winkeltjie en 'n groot film teater waar elke halfuur 'n film oor die
fort aangebied word en dan ook die toonbank waar jy jou
ingangskaartjies koop. Jy kry 'n kaart van die terrein en die dame
waarsku jou dat binne die hekke van die fort, jy teruggaan in tyd na
die jaar 1827 - die mense daarbinne is volgens daardie tyd aangetrek
en leef daarbinne volgens 1827 se gewoontes.
Vandaar af stap jy so 200 meter na die fort toe, waar daar 'n soldaat
jou inwag. Hy kyk dat jy betaal het en vertel jou watter dinge watter
tyd gaan gebeur. Tydens ons besoek was daar byvoorbeeld die afvuur
van die kanon en die dokter se "sick call" vir die soldate. Ons is
eers na die hospitaal toe - net betyds vir die dokter se spreektyd.
Die ou het regtig sy storie geken - ek reken hy is of 'n afgetrede
historikus of 'n afgetrede dokter. Hyself, terwyl hy met jou gesels,
- en jy kan hom enige tyd vrae vra - tree op asof hy in 1827 is en jy
'n besoeker uit die toekoms is. Met die hoogste uitsondering sal hy
dalk sê "You will know that as aspirin" of so iets. Verder "verlaat"
hy nooit sy rol van 'n 1827 dokter nie.
Terwyl daar so 20 besoekers om hom in sy spreekkamer sit, kom die een
siek soldaat in en die dokter verduidelik hoe hy die man vir
ongestelde maag behandel en wat sy eie vlak van kennis is en dit was
maar baie primitief. Al die groot uitvindings in die medisyne sou
eers meer as vuftig jaar later volg. Hy sê ook, ouens wat daardie tyd
oud geword het, het oud geword omdat hulle sterk gestelle gehad het en
nie omdat hulle goeie mediese hulp kon kry nie.
Wat interesant was, was sy statistiek oor alkoholisme. In 1827 was
dit die hoogste wat dit nog ooit in Amerika se geskiedenis was.
Vandaar het die Temperance Society ontstaan waar mense petiesies
geteken het dat hulle minder sou drink en die wat geheel en al sou
ophou, het 'n "T" langs hulle name geskryf vir "Totally abstain" en
vandaar die term van 'n "T-totaller".
Die plaaslike boer het ook ingekom met 'n gekneusde arm wat in 'n
houtspalk gesit is. Die res van die dag kon jy hom in die fort sien
rondloop met die een arm in 'n slingerverband. Ons het 'n goeie
halfuur by die dokter gesit en vrae vra. 'n Mens voel eers aardig om
met so 'n "akteur" te praat, want hy hou nooit op om deur die dag sy
rol te speel nie, maar as jy dit eers aanvaar, raak jy dit gou gewoond
en dan aanvaar jy maar die ou is in 1827.
Vandaar is ons na die winkeltjie waar die vrou half Skots en half
Indiaan was en ons suikerkristalle op 'n stokkie en koue koeldrank kon
koop (dit was buite 40°C). Daar was natuurlik al die outentieke
artikels en 'n groot 1827 pryslys (Lang leer stewels vir $4 - 'n
soldat het $5 per maand gekry).
Toe is ons almal nader geroep vir die afvuur van die kanon - eers
versamel al die besoekers om die kanon en hulle vertel hoe dit gaan
werk en wat hulle doen. Dan staan almal weg en skiet hulle 'n
loskruit skoot af (sonder kanon koeël).
Dankie Johan, ek het jou vertellings terdee geniet.
Alwyn -uit Perth
> |
> ...........Dan staan almal weg en skiet hulle 'n loskruit skoot af
> (sonder kanon koeël).
>
> Die soldate is aangetrek in die uniforms wat hulle daardie tyd
> aangetrek het, selfs in die heersende hitte - die ou kommandeur
> Snelling was glo baie progresief en het vir die manskappe 'n
> somersuniform ontwerp - wit seil langbroeke en wit seil baadjies oor
....................
Nou wonder ek hoe sal mens ontslae raak van al hierdie onvanpaste items op
die nuusgroep, bv uitvaar teen die Jode ens. - dit is amper soos "cultural
spamming".
Die volgende verhaal word vir die waarheid vertel en ek het dit telkemale
gehoor terwyl ek in SWA woonagtig was. Die storie word ter goeder trou
vertel en het nie ten doel om enige volk of nasie te benadeel nie.
Tydens Duitse okkupasie van SWA het die Rehoboth Basters telkemale met die
Duitsers slaags geraak omdat hulle nie inmenging van buite wou duld nie. Op
'n dag kom 'n verkenner uitasem by die Kaptein aangehardloop met die nuus
dat die Duitsers al weer aan die opruk is na Rehoboth en dat daar onbekende
wapentuig teenwoordig is. Die Kaptein stuur toe van sy slimste manne om van
naderby te gaan kyk en terug te rapporteer. Die verslag lui toe dat die
Duitsers 'n groot kanon het en dat hulle alreeds besig is om dit op stel in
die rigting van die Basters. Onmiddellik word daar toe besef dat daar groot
moeilikheid gaan kom as die Basters nie 'n teenvoeter vir die kanon het nie.
Koppe bymekaar en siedaar! Hulle bou toe van 'n uitgeholde boomstam 'n
kanonloop. Dié word toe vol gestop met spykers, skroewe, stukke ysters en
wat ook al kon verwoesting saai.
Toe die Duitsers binne trefafstand kom, word die lont toe aangesteek.
Kaboem!! Soos te verstane het die tuisgemaakte kanon net daar ontplof en die
Basters lê gesaai rondom die stukke. Een van hulle, vaal van die skrik en
die stof, staan toe op en skud homself reg. "Kaptein!", sê hy, "As dit hier
sê lyk, dink net hoe lyk dit nou daar tussen die klomp Duitsers!"
"Hans" wrote:
>
>
> Terwyl ons dan nog van slagters se skelmstreke praat : Weet julle hoeveel
> bokboude (soos in Boerbok) koop julle as skaapboud ?? Hoe ken jy die
> verskil ?? Vir dieselfde gewig vertoon 'n bokboud langer en platter as 'n
> skaapboud - die skaapboud in korter en "ronder".
>
Bok is vir my veel lekkerder as skaap - daardie woestynbokke uit die
Kuiseb nog die beste.
En dis nie net hier wat dit gebeur nie. Europeërs wat weet, weet
presies wat die geurige "Greek lamb" meesal nie verwys na skaaplammers,
soos mense te maklik aanvaar nie.