Nou wonder ek hoe sal mens ontslae raak van al hierdie onvanpaste items op
die nuusgroep, bv uitvaar teen die Jode ens. - dit is amper soos "cultural
spamming".
Die volgende verhaal word vir die waarheid vertel en ek het dit telkemale
gehoor terwyl ek in SWA woonagtig was. Die storie word ter goeder trou
vertel en het nie ten doel om enige volk of nasie te benadeel nie.
Tydens Duitse okkupasie van SWA het die Rehoboth Basters telkemale met die
Duitsers slaags geraak omdat hulle nie inmenging van buite wou duld nie. Op
'n dag kom 'n verkenner uitasem by die Kaptein aangehardloop met die nuus
dat die Duitsers al weer aan die opruk is na Rehoboth en dat daar onbekende
wapentuig teenwoordig is. Die Kaptein stuur toe van sy slimste manne om van
naderby te gaan kyk en terug te rapporteer. Die verslag lui toe dat die
Duitsers 'n groot kanon het en dat hulle alreeds besig is om dit op stel in
die rigting van die Basters. Onmiddellik word daar toe besef dat daar groot
moeilikheid gaan kom as die Basters nie 'n teenvoeter vir die kanon het nie.
Koppe bymekaar en siedaar! Hulle bou toe van 'n uitgeholde boomstam 'n
kanonloop. Dié word toe vol gestop met spykers, skroewe, stukke ysters en
wat ook al kon verwoesting saai.
Toe die Duitsers binne trefafstand kom, word die lont toe aangesteek.
Kaboem!! Soos te verstane het die tuisgemaakte kanon net daar ontplof en die
Basters lê gesaai rondom die stukke. Een van hulle, vaal van die skrik en
die stof, staan toe op en skud homself reg. "Kaptein!", sê hy, "As dit hier
sê lyk, dink net hoe lyk dit nou daar tussen die klomp Duitsers!"
"Hans" wrote:
>
>
> Terwyl ons dan nog van slagters se skelmstreke praat : Weet julle hoeveel
> bokboude (soos in Boerbok) koop julle as skaapboud ?? Hoe ken jy die
> verskil ?? Vir dieselfde gewig vertoon 'n bokboud langer en platter as 'n
> skaapboud - die skaapboud in korter en "ronder".
>
Bok is vir my veel lekkerder as skaap - daardie woestynbokke uit die
Kuiseb nog die beste.
En dis nie net hier wat dit gebeur nie. Europeërs wat weet, weet
presies wat die geurige "Greek lamb" meesal nie verwys na skaaplammers,
soos mense te maklik aanvaar nie.
On Tue, 29 Jun 1999 10:59:12 GMT, Leendert van Oostrum wrote:
|> Jy is daar reg midde in die studentegemeenskap - is daar nog poetsbakkery
|> onder studente aan die gang ? Is dit nog dieselfde poetse van die jaar
|> voor die vark (my tyd op Tukkies) of het die aard daarvan verander?? Is
|> daar nog dosente wie se reputasie 50% daaruit bestaan hoe hy kon terugkap ??
|>
|
|Nee. Almal is vreeslik ernstig. Transformasie is 'n gewigtige saak, en
|'n multikuturele, Politiek Korrekte, gemeenskap laat nie veel ruimte,
|lyk dit my, vir grappies nie. Grappies word gevaarlik.
Hieroor kan ons net treur en maar vir mekaar stories uit die ou tyd vertel...toe
dit nog 'n sorgvrye lewensstyl verteenwoordig het. Behalwe nou vir
eksamentyd...
Seker die mees klassieke universiteitsstorie is die eksamen vraestel waarop die
student 'n klip geteken het met 'n notatjie by : "Die antwoord is onder die
klip"
Toe hy sy vraestel terugkry, sien hy die proffie het ook 'n klip geteken met
hierdie nota daarby: "Jou punte is onder hierdie klip"
en dan is daar Prof Schoombee van RAU - briljante viskundige, maar "effens"
verstrooid en baie geliefd onder die studente. 'n Vriendin van my was in sy
klas toe hy voor 'n vistenk staan en verduidelik. Op een stadium wil hy 'n vis
uithaal - skuif toe ook sy baadjie en witjas mou hoog op. En toe steek hy die
ander hand en moue in die water .....
Vere Ferreira het vertel waar Prof Schoombee op die labs se dak by hom kom staan
het waar hy oor 'n mikroskoop gebuig was, besig om visskubbe se jaarringe te
tel. Hy het nie opgekyk nie, maar skielik het die prof se stem net verdwyn.
Metdat Vere omkyk, sien hy net prof se kop verskyn bo die rabnd van een van die
visdamme wat daar op die dak is. Hy het blykbaar so al geselsend
agteruitgetree en nie besef hy is naby 'n visdam nie...
John O'Mill heet eigenlijk Jan (van der?) Molen en schrijft met name
gedichten in 'double dutch;' een brabbeltaaltje, dat slechts voor
Nederlandstaligen te begrijpen is. Hoewel... Misschien zal hij nu in
Zuid-Afrika doorbreken;-)