Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wat sê Gloudienks se Kanada?

Di., 06 Julie 1999 00:00

Uit 'n onlangse beeld:

Die Kanadese regering het ook 'n waarskuwing uitgereik aan sy burgers nadat sy
kommisaris in Suid-Afrika 'n "veiliger" pos aanvaar het in Canberra, Australie.

Die kommisaris, mnr. James Bertleman, is in Februarie vanjaar in sy Seepuntse
hotelkamer aangeval en beroof.
Luidens die Kanadese regering se waarskuwing op die internet kom rooftogte op
straat , moorde en verkragtings algemeen voor in Suid-Afrika.
Johannesburg, Pretoria, Kaapstad, Durban, Pietermaritzburg en Port Elizabeth
word uitgesonder as "besonder gevaarlike" plekke.

Tot so ver die aanhaling. Gloudina, lewer vir ons kommentaar,jong!

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Adres verandering

Di., 06 Julie 1999 00:00

Dagsê,

Aan al die mense wat graag net wil gesels en stories vertel,
ek bewonder julle. Ek sit nou al taamlik lank hier aan die stil
kant van die nuus groep, en lewer so elke nou en dan 'n opienie
of twee, maar ek kan dit nou wragtig nie meer doen nie.

Die taal van ons sal maar altyd 'n lekker praat taal vir my bly,
en al gooi ek ook nou so hier en daar 'n engelse woord in, bly
die idee altyd die selfde. dit is net jammer dat die ou folk nie
die son kan sien opkom behalwe oor hul eie koppe nie. Geen wonder
dat so baie mense hier van die groep af verdwyn nie.

Soos ek die spul bekyk, gaan iemand tog sobyso my kop af byt net
omrede ek iets te sê het. In elk geval, neuk maar voort, maar ek klim
hier van die bus af. Die groep laat my wonder oor my eie mense. Ek
het altyd gedink ons ou Afrikaner folkie het meer sin vir humor en
gemoedlikheid. Behalwe vir mense soos Omie en sy aanhangers, is daar
net haat en nyd op die groep. Die een wil altyd beter wees as die ander.

Hopenlik skrik party mense wakker voor dit te laat word.
My beste wense, en sterkte aan die deelnemers wat regtig net goeie geselskap
soek. Die res van julle ......................... ag wat, voltooi die sin
mar self.

Strandjakkals sonder heimat ! ! ! !

.......hierdie vis plek van jou is , vol vet kabeljou,
en die steenbras en galjoene ..................
noord van Hentiesbaai.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: borsslag..!

Di., 06 Julie 1999 00:00

Het julle gehoor!

Na 'n hele dag se swemgala is daar 'n gelykop uitslag vir die eerste plek.
Die beamptes en die vroue kom toe ooreen dat hulle die probleem gaan oplos
met een finale lengte borsslag. Die drie (gelykop) swemmers, 'n swartkop, 'n
rooikop en 'n blondine tree toe aan en spring weg dat die water spat. Die
swartkop en die rooikop dreun mekaar toe goed op maar die swartkop wen toe
met 'n haarbreedte. Die blondine kom omtrent 'n minuut later by die einde
aan maar met 'n groot gespat van water ...en natuurlik met groot beswaar oor
die ander twee. Die beamptes vra haar toe wat haar beswaar is waarna sy
antwooord..." maar hulle het dan hul arms gebruik!"

Groete

André

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Raad met werksaanbod

Ma., 05 Julie 1999 00:00

Hallo almal,veral die in Engeland

My wederhelf het 'n aanbod vanaf 'n maatskappy in London ontvang. Graag wil
ons weet: wat is die salaris vir 'n gemiddelde bestaan in London of anders:
die minimum bedrag wat mens sal nodig hê, wanneer slegs die man werk. Die
pond na rand klink na 'baie rand', maar ons weet nie presies wat die
lewensonkostes sal wees nie.

Die met raad en inligting kan aan die e-mail adres skryf. Laat net die
'dot' uit die adres weg.

Baie dankie

Shannon

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Waar gaan dit heen

Ma., 05 Julie 1999 00:00

Ek is 'n lektor by 'n tegniese kollege in Katlehong.Die onderwys het die
afgelope 5 jaar so verander dat dit ontrent die enigste plek is waar ek nog
'n bietjie sekerheid het vir 'n pos.

Ongelukkig help baklei nie om geld in jou huis in te bring nie. En daarom
moet ons eers sorg vir ons self. Gelukkig kan ek met groot selfvertroue se
dat ek weet dat ons Afrikaners kan saam staan in moeilike tye, ongelukkig
gaan dit nog nie sleg genoeg nie. Of sal ek se met sekere van ons gaan dit
nog nie sleg genoeg nie.

Wanneer gaan ons oe oop gaan en ons besef dat dit wit man nou die
uitgeworpene persoon in vandag se samelewing. Kan ons nie vir ons self begin
sorg en die wat voel soos ek en jy nie. Die toekoms is nog nie so donker
nie, want die oneerlikes kom nog aan die lig aloewel niks aan hulle gedoen
word nie. Wat gaan gebeur as alles net gesmoor word en ons nie meer sal weet
van die oneerlike dinge wat gebeur nie.

Bongo

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Genoeg is genoeg

Ma., 05 Julie 1999 00:00

Daar kom 'n tyd wanneer 'n mens hande in die lug moet gooi en erken dat jy
nie kan wen nie; wanneer 'n mens so keelvol word dat jy nie meer kan sluk
nie, en slegs 'n slegte smaak in die mond oorbly; wanneer al jou pogings op
niks uitloop nie. Natuurlik is die gevaar altyd daar wanneer 'n mens se
verwagtinge te hoog is; wanneer jy dink dat jy dalk 'n verskil kan maak aan
die soort gesprek wat plaasvind; en wanneer jy dink dat, al kan jy nie iets
verander nie, jy ten minste iets kan leer. Sien, ek soek altyd geleentheid
om te groei; om myself op een of ander manier te verbeter as mens. Daarom
het ek aangebly, ten spyte van my gevoel aan die begin dat dit seker nie die
moeite werd sal wees nie.

Maar die enigste ding wat op hierdie nuusgroep kan floreer, is nyd, en
bitterheid, en agterdog. Presies dieselfde dinge wat my in Suid-Afrika in
'n web vasgevang het, en my amper in 'n aggressiewe, neerslagtige persoon
laat verander het. Voordat dit kon gebeur, het ons ons droom gevolg en
onsself betyds uit daardie greep losgeruk. Ek het met opgewondenheid die
nuusgroep ontdek, maar nou moet ek erken dat houdings nooit verander nie; en
dat sekere mense altyd 'n rede sal vind om jou te beledig en af te kraak.
En ongelukkig is dit diesulkes wat so 'n sterk houvas op die groep het -
niemand en niks sal dit kan verander nie. Hoogmoedige, alleswetende,
onverdraagsame mense - die oorheersende indruk wat mense van Suid-Afrikaners
het. Selfs hier kan mens hulle op 'n afstand identifiseer. Nie veel het
verander in die nuwe Suid-Afrika nie - en ek wil nie met sulke mense
geassosieer word nie. En ek het geen begeerte om weer in dieselfde web
vasgevang te word nie.

Ja, ek kan die "Hoera!" en die "Amen!" en die "Good Riddance!" in die
agtergrond hoor. Spaar julle asem - ek gaan beslis nie op die randjie
huiwer om reaksies dop te hou nie. Ek stel net nie meer belang nie. Ek
verkies om hier in my pragtige paradys op die mooie te konsentreer - om die
wilde varings en palmbome te sien groei, die kookaburras te hoor lag en die
papegaaie, kokketiele en lorikiete in my tuin te sien eet en die magpies se
klokkespel te geniet.

En miskien eendag, wanneer ek die gevaar loop om al hierdie dinge as
vanselfsprekend te aanvaar, sal ek weer vinnig inloer om myself te herinner
daaraan hoe aaklig dinge kan wees. Miskien, in die jaar 3003.

Eva uit Queensland - die Blond van Brisbane

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans hoort by Nederlands

Ma., 05 Julie 1999 00:00

Kyk na 'n uittreksel van die boek Afrikaans hoort by Nederlands op die
volgende website:
http:www.multiweb.nl/~ppve

Aanbeveel vir elkeen wat van sy moedertaal (Afrikaans) hou!

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

"Dolosse" deur DONALD RIEKERT

Ma., 05 Julie 1999 00:00

DOLOSSE
Donald Riekert

In Ma se swart pot
lê die dolosse onder
die skedel se leë oë
krap ek my geluk
in osse en perdjies
klim die toormannetjies
uit die wonderpot

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Foto" deur FERDI GREYLING

Ma., 05 Julie 1999 00:00

FOTO
Ferdi Greyling

Dis die bleek maan wat die getye draai ;
die water spoel soos tyd daar oor die strand.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Ek en jy speel op die grofgeel sand,
die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Hierdie was eens die Strandlopers se land.
Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Hulle wat heuning uit die steil kant
van die Outenikwa kon rook en brand.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Ons lag in die branders - hand aan hand
waar die bruin rivier in die see in mond,
blou bult die see by Mosselbaai.

Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
Dis die bleek maan wat die getye draai
en die see blou bult by Mosselbaai.

Prosa & poësie | 0 kommentare

'n Verskil

Ma., 05 Julie 1999 00:00

Gloudina, in 'n orgie van ikoonkramery, het 'n emosionele uitbarsting van
Jaques Pauw oor Vlakplaas in verband gebring met "die Serbiërs".

Kom ons gaan net die hoofpunte van die onthullings oor Vlakplaas na:

In Oktober 1989 moes Almond Nofomela gehang word vir die moord op 'n boer
van Brits. Die moord op die boer het niks te doen gehad met Vlakplaas nie,
maar was 'n "doodgewone" misdaad vir eie gewin.

Die nag voor sy teregstelling, het Nofomela onthullings gemaak oor 'n bende
polisiemanne wat mense vermoor. Nofomela was self betrokke by die "bende",
en was dus 'n waardevolle getuie. Hierdeur het hy daarin geslaag om sy
teregstelling te laat uitstel (permanent, soos dit sou blyk).

Onmiddelik na Nofomela se onthullings (nog dieselfde Oktober), het een van
die ge-impliseerde polisiemanne, 'n Kaptein Dirk Coetzee, uit die land
gevlug, en self begin sing. Coetzee was 'n voormalige bevelvoerder van
Vlakplaas. Hy het in Londen gaan skuil, waar hy by die ANC aangesluit het.
(Volgens onlangse berigte is hy nou baie teleurgesteld in hoe die ANC hom
behandel!) Hy het gevlug omdat hy gevrees het dat sy Valkplaaskollegas hom
die swye sou oplê. Dit het later geblyk dat hulle inderdaad probeer het om
hom te vermoor.

Teen Januarie 1990 was Coetzee se opvolger by Vlakplaas, Eugene de Kock,
"vrywillig"geskors uit die polisie, terwyl 'n ondersoek na sommige van die
beweringe aan die gang was. Dit is opgevolg deur 'n ondersoek voor Regter
Harms. Die ondersoek het mettertyd daartoe gelei dat De Kock verhoor en
gevonnis is tot etlike honderde jare se gevangenisstraf.

Op 2 Februarie 1990 het FW de Klerk die nuwe bedeling ingelui deur die
verbode organisasies te ontban, politieke gevangenes vry te laat, ens.

Nou let wel:

1) Die onthullings oor Vlakplaas dateer uit die bedeling voor 2 Februarie
1990.
2) Die gruwelstories oor die bedrywighede van die Vlakplaasbende is in
die ope hof aangehoor, tydens die vervolging van De Kock en ander in terme
van die gewone regspleging. Dit is nie deur die sogenaamde
"waarheids"-kommissie oopgevlek nie.
3) Die Vlakplaasbende was _voor 2 Februarie 1990_ bewus daarvan dat hul
optrede krimineel was, en dat hulle daarvoor sou moes boet as dit in die ope
kom. Die gevolge wat hulle verwag het was so ingrypend, dat hulle bereid was
om Dirk Coetzee daarvoor te vermoor.
4) De Kock self het in 'n stadium uit die land gevlug (as ek reg onthou)
en later teruggekom om tereg te staan.
5) Dit is dus duidelik dat die optrede van De Kock & Kie in SA voor 2
Februarie 1990 krimineel was, en nie deur die samelewing geduld sou word
indien hulle daarvan bewus was nie. Die skuldiges het dit geweet, en het tot
groot uiterstes gegaan om te verhoed dat hul dade bekend word. De Kock en
vriende is skuldig bevind en gevonnis ingevolge dieselfde wette wat gegeld
het toe hulle hul dade gepleeg het. As die doodstraf nog gegeld het toe De
Kock gevonnis is, sou hy waarskynlik die doodstraf opgelê wees.

Nou - Een verskil tussen die "Serbiërs" en De Kock en sy maatjies is dit: Ek
weet van geen Serwiër wat uit Serwië gevlug het om te ontkom van die gevolge
van sy misdade teenoor Albaniërs in Serwië nie, of omdat hy bang is vir die
gevolge as hy die misdade van sy kollegas sou openbaar nie. Want in Serwië
is daar geen negatiewe gevolge wat aan sulke dade gekoppel word nie. In die
Suid-Afrikaanse samelewing word daade soos die van De Kock nie geduld nie -
nie nou nie, en ook nie voor 2 Februarie 1990 nie.

Maar die aasvoël in Ottowa, in haar onblusbare drang om Afrikaners te
besmeer en te beswadder, wil die onlangse dade van die Serwiese gemeenskap
en dié van Afrikaners gelykstel.

Haar kwaadwillige aanvalle is besig om in frekwensie toe te neem.

Koeitjies & kalfies | 82 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1192  1193  1194  1195  1196  1197  1198  1199  1200  1201  1202  1203  1204  1205  1206  1207    »]
Tyd nou: So. Mei 31 00:19:47 UTC 2026