Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Belangrik????

Wo., 21 Julie 1999 00:00

Dit is nou wel in engels maar ek dink dit is belangrik.

The government looks set to introduce the most ludicrous new legislation
banning most law-abiding people from private firearm ownership.
How angry would YOU be if you were told tomorrow to hand in your weapon at
the nearest police station, with no compensation, or face a jail term?
Think about it.
PLEASE take the time to click on the link below which will take you to an
on-line petition and fill in your details in order to sign the petition.
Don't procrastinate. Do it now! It'll take maybe two minutes of your time
and could save your life later.
http://www.shooting-online.co.za/legislation/petition_post.h tm
If you want more detail, you can follow the link below.
http://www.shooting-online.co.za/legislation/default.htm

Frikkie

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Re: Belangrik????

Wo., 21 Julie 1999 00:00

Frikkie

Wil jy nie eendag iets pos wat nie polities is nie,
bv. waar jy woon en waarvan jy hou ens, want jy sien,
meeste van ons gril bietjie vir jou politieke denke, en
wil nie betrokke raak met jou ver-regse agenda nie.

Pat

Frikkie Potgieter wrote in article
...
> Dit is nou wel in engels maar ek dink dit is belangrik.
>
> The government looks set to introduce the most ludicrous new legislation
> banning most law-abiding people from private firearm ownership.
> How angry would YOU be if you were told tomorrow to hand in your weapon at
> the nearest police station, with no compensation, or face a jail term?
> Think about it.
> PLEASE take the time to click on the link below which will take you to an
> on-line petition and fill in your details in order to sign the petition.
> Don't procrastinate. Do it now! It'll take maybe two minutes of your time
> and could save your life later.
> http://www.shooting-online.co.za/legislation/petition_post.h tm
> If you want more detail, you can follow the link below.
> http://www.shooting-online.co.za/legislation/default.htm
>
>
> Frikkie
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Bongo- hartseer

Wo., 21 Julie 1999 00:00

Het jy al ookgevoel dat jy graag wil hartseer wees en verlang na iemand wat
jy nie eers ken nie. Daardie groot gevoel wat oor jou spoel en net Koos Dup
kan dit in note om sit. Is daar nog iemand wat vannaand so voel.

Om weg te kom van die lelikheid van die dag. Weg van baklei oneenigheid
kompetisie en seer maak woorde. Dat jy in jou bakkie kan inspring en weg ry
na jonk wees toe alles nog vol kleur was.

Waar jy kan lag en huil en skree tot alle hartseer uit juo vloei en net jy
oor bly. Jy en die nag en Koos Dup en 'n goeie glasie rooiwyn.

En ek voel hartseer

Bongo

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Serious Warning

Wo., 21 Julie 1999 00:00

On Wed, 21 Jul 99 20:18:17 GMT, pe...@psyche.demon.co.uk ("Peter H.M. Brooks") wrote:

|These urban legends turn up from time to time. You can tell them because
|they are always much the same and they always happen to somebody just
|two or three removed from the person telling the story 'friend's co-worker'
|rather than 'friend' in this case.
|
|Just think about it for a moment. If this was really true, along with
|the other ancient legends about needles specially hidden in 'phone booths,
|wouldn't you have read about it in the newspaper?
|
Is maar 'n sad waarneming van ons samelewing wat hier gemaak word - die feit dat
daar nie meer mooi onderskeid is tussen sulke urban legends en die werklikheid
nie!

Gelukkig het meeste van die urban legends tegniese foute in - soos die feit dat
die aids virus nie vir langer as 'n paar minute buite die liggaam kan leef nie.

Ons is nou die oggend toegespreek deur 'n omie wat 'n tehuis vir vigs gevalle
hou - nuutste "trends" is nogal negatief.

Hy sê 'n simptoom wat deesdae al meer en meer tevoorskyn kom, is dementia, met
of sonder ander klassieke simptome. Dan help die cocktails blykbaar, maar net
tot op 'n punt en dan gaan die ouens vinnig dood. Die ander negatiewe punt was
dat die versprieding van vigs in die westerse wereld nou die vinnigste is onder
wit tienerdogters - daar is steeds die indruk dat dit net ouer gay mans is wat
die siekte opdoen en dat dit dan in ieder geval net 'n kroniese siekte is en nie
dodelik nie.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

east london

Di., 20 Julie 1999 00:00

half november ga ik naar east london. ik heb het hele net al afgezocht maar
er is daar niets te beleven. (buiten de vrienden die ik zal bezoeken)
Wonen daar mensen??? valt er iets te beleven in e. london ?
Is er eventueel iemand die samen met mij een wagen wil huren om dan naar JHB
te trekken.

see you

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

"Foto" deur FERDI GREYLING

Di., 20 Julie 1999 00:00

FOTO
Ferdi Greyling

Dis die bleek maan wat die getye draai ;
die water spoel soos tyd daar oor die strand.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Ek en jy speel op die grofgeel sand,
die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Hierdie was eens die Strandlopers se land.
Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Hulle wat heuning uit die steil kant
van die Outenikwa kon rook en brand.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Ons lag in die branders - hand aan hand
waar die bruin rivier in die see in mond,
blou bult die see by Mosselbaai.

Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
Dis die bleek maan wat die getye draai
en die see blou bult by Mosselbaai.

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Villanelle" deur BREYTEN BREYTENBACH

Di., 20 Julie 1999 00:00

VILLANELLE
(vir Paul Verlaine)
Breyten Breytenbach

wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
is hierdie dwase onskuld nog nie genoeg gestraf?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

ver het jy geloop, verloop, jou voeteval die wande
wat die swartspore hou van jou drome se draf
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?

veel het jy gesien, die glimlag wat met tande
in die ruimte byt, maar die spuiteinde lag was laf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

dood het jy in jou asem geproe, die amandel
smaak van miere, bouende aan die donker, af
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?

en oor al jou landskappe kruip die brande
van die ysseisoen, ons dae is wit al kaf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

skryf, skryf, pronker, soos 'n eendvoël rou om die rande
sy snoerspoor moet borduur om die graf:
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hulle Byt

Di., 20 Julie 1999 00:00

On Tue, 20 Jul 1999 16:11:32 GMT, sb...@my-deja.com wrote:

|Jy is reg, hulle but ontsettend. Dit regtig seer. Maar dit is nie huisvliee
|nie. Ek dink hulle word "barnflies" genoem maar ek is nie seker nie. Hulle
|byt juis op die water. Hulle pak jou beet as jy swem en sal sommer jou hand
|gryp sodra jy hom bo die water uitsteek. Gelukkig is dit maklik om hulle te
|klap, hulle is nie rats nie. Maar dan moet jy maar aanhoudend slaan en hande
|afspeol... Die baie stekende en bytende insekte in Noord Amerika maak dit
|regtig ondraaglik met tye, veral omdat dit so asemrowend mooi kan wees.
|
|Ek het eenmaal op n rots gesit en lees. Dit was in die dae voordat ek geweet
|het dat die goed so kan byt. Die blackflies het my so bygedam dat my hemp
|oortrek was van die bloed. Mens voel hulle nie byt nie, jy sien net die gate
|later in jou vel. Dan kom die groot pyn...
|
Hier by ons is besonder min huisvliee en ek het aanvaar dis die koue winters se
skuld. Maar die byt vliee, of soos Billy dit noem, but vliee, het seker al
aangepas by die koue winters....

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Koos Kombuis-bongo

Di., 20 Julie 1999 00:00

Ek is bly om te sien hier is nog 'n paar Koos Kombuis fans. Wel ons
kultuurvarke moet saam staan en nie kak vat nie. Taal verander deur die jare
en ons Afrikaners is geneig om te stagneer en altyd terug te kyk.

Ek daag julle uit die 30ste Julie tree koos Kombuis op by The Ring naby
Hartebeespoortdam en dit gaan 'n partytjie van partytjies wees.

Sien Julle daar

Bongo

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Zillertal (was : Waar kry `n mens die beste ...)

Di., 20 Julie 1999 00:00

Wil jy vir my se die Zillertal bestaan nog? Ek onthou hoe ons daar
gaan jol het as "kampers." Dis nou die weermag dae toe ons nog
verpligte kampe gedoen het (tagtiger jare) by 4 VRP en 61 Base
Workshop. Oeee dit was eintlik bad, bad news. Veral as die mammies by
die huis begin uitvind het waar pappie vanaand nou eintlik "wagstaan"

Bestaan Porkies nog? Wilde dae broer, wilde dae. Ag nouja....

Alwyn - uit Perth

Willem-Jan Markerink skryf in boodskap news:7mvvjf$jih$5@news.a1.nl...
> In article ,
> "Riaan" wrote:
>> Lovie wrote in message
>> news:7mfqfa$8sp$1@news3.saix.net...
>>> Help asseblief
>>
>> As jy in Pretoria bly, besoek die Zillertal. Ja dit is dieselfde plek waar
>> die program "sing country" opgeneem was.
>>
>> Die girls daar is so los soos Tastic rys.
>>
>
> 'Zillertal'?
> Met lederhosen?....8-))
> (voor de niet-Teutoons aangelegden onder ons: lederen korte broek a la
> Oostenrijkse folklore)
>
>
> --
> Bye,
>
> Willem-Jan Markerink
>
>
> The desire to understand
> is sometimes far less intelligent than
> the inability to understand
>
>
>
> [note: 'a-one' & 'en-el'!]

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1187  1188  1189  1190  1191  1192  1193  1194  1195  1196  1197  1198  1199  1200  1201  1202    »]
Tyd nou: So. Mei 31 05:13:34 UTC 2026