Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is
Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24848] Vr, 23 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek het nou so te sê die hele relaas oor Gloudina se uitsprake (sowel as die kritiek daarop) gelees. Man, dit maak my siek. Laat ek dan nou maar ook soos sy maak. Naamlik om totaal ongegronde - ekskuus, gegrond op wat ons in die massamedia lees/sien/hoor - onverantwoordelike en oningeligte uitsprake te maak in die hoop dat nie een van julle intelligent genoeg is om deur dit te sien nie.

Nee! Helaas ek sal nie. Dit is nou maar so dat daar oningeligte mense is! Dit is ongelukkig die realiteit en om dit te ontken sal frustrasie te weeg bring. Dit is juis hieroor dat die massamedia so suksesvol is. "Ons verslaggewer op die toneel sal u op hoogte hou van gebeure soos wat dit gebeur". Ha, bleddie ha. In vertaalde vorm lyk dit heel anders: "Ons verslaggewer, wat ons teen aansienlike koste op die toneel geplaas het, sal aan u al die sensasionele gebeurtenisse bring, gegrond op sy/haar persepsies en die persepsie wat ons graag wil voorhou as die waarheid, met dien verstande dat ons die reg voorbehou om enige situasie uit te buit om dit sensasioneel te laat voorkom wanneer dit ons pas. Dit is ook nie nodig om die feite 100% reg te hê nie solank ons dit net later regstel (verskoning aangeheg) nadat die skade reeds gedaan is. Sodoende kan ons die uitgawe kwalifiseer". U sien, die media is uiteindelik totaal onverantwoordelik maar aanspreeklik. Dit bring dus 'n situasie teweeg waar kinders met vuurhoutjies langs 'n kruitvat speel, en aanspreeklikheid aanvaar wanneer dit ontplof. Kortom: roekeloos.

Ek het oor die afgelope paar weke drie spioenasie boeke gelees. Smiley's people van Le Carre, The Devil's alternative van Frederick Forsythe, en The Aquitaine Progression van Rober Ludlum. Ek kan dus sonder skroom sê dat Le Carre die beste spioenasie skrywer van die drie is. Wat ek egter nie kan doen nie is om te sê dat:
Le Carre die heel beste skrywer is (wat die media doen)
Forsythe en Ludlum swak skrywers is (ontbloot van alle waarheid - wat die media doen)
Al Le Carre se boeke goed is (wat die media doen)
Dat ek, Marius, die W^ereld se kenner is op spioenasie boeke (glad nie waar nie - wat die media doen)

Die feit is dat ek wel kennis het oor hierdie boeke, en dat ek redelik betekenisvol kan saamgesels. Dit is egter waar die kleitjie stop. Tweedens is ek volwasse en intelligent genoeg (let wel: genoeg) om die impak van die massamedia op my eie denkwyse te evalueer. Dit is dan ook die probleem met quasi-intelligensie en diesulkes; Naamlik dat hulle maar doodgewoon aanpas om by hulle omgewing aan te pas en dus nooit werklik emosioneel selfstandig word nie. Dit is dan ook interresant om te merk dat die scenarios hierbo (wat die media doen) nie so onannvaarbaar LYK nie. Le Carre IS dalk die beste skrywer. Forsythe en Ludlum IS dalk swak skrywers. Dit KAN so wees. Dit is juis dít wat so deur die media uitgebuit word. Dit KAN so wees en daarom IS dit so.

Ek wil graag aan Gloudina en ander die uitnodiging rig om tog maar 'n bietjie te besin. Kyk 'n bietjie minder TV en lees meer - daardeur sal jy jou EIE denkwyse verryk. Benewens dit sal jy aan jouself 'n sportiewe geleentheid bied om sinvol aan 'n gesprek mee te doen, sonder dat jy jouself belaglik maak.
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24849 is 'n antwoord op boodskap #24848] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> mar...@mailbox.co.za

> Ek wil graag aan Gloudina en ander die uitnodiging rig om tog maar 'n =
> bietjie te besin. Kyk 'n bietjie minder TV en lees meer - daardeur sal =
> jy jou EIE denkwyse verryk.

Uh - dis nou Frederick Forsyth en Robert Ludlum wat my so gaan verryk nê.
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24851 is 'n antwoord op boodskap #24848] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 23 Jul 1999 10:52:44 +0200, "Marius" wrote:

>

Jy se dit nadat jy in die openbaar se:
1. Jy vertrou nie koerante, nuus-tydskrifte en TV nie.
2. Jy kry jou inligting van populere spioenasie-literatuur.

Voel jy OK?
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24852 is 'n antwoord op boodskap #24848] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 23 Jul 1999 10:52:44 +0200, "Marius" wrote:
|Ek wil graag aan Gloudina en ander die uitnodiging rig om tog maar 'n =
|bietjie te besin. Kyk 'n bietjie minder TV en lees meer - daardeur sal =
|jy jou EIE denkwyse verryk. Benewens dit sal jy aan jouself 'n sportiewe =
|geleentheid bied om sinvol aan 'n gesprek mee te doen, sonder dat jy =
|jouself belaglik maak.
|
Ek is nie verdediger vir die TV nie en ook nie voorstaander van te
veel TV kyk nie, maar jou siening dat die TV verslaggewing nie perfek
is nie, beteken nie dat alles wat geskryf is, meer akkuraat is nie.

Jou siening van TV verslaggewing is baie sinies - is dit werklik so
sleg? Ek dink 'n mens moet ook maar besef dat daar goeie en minder
goeie TV verslaggewers is.

Net soos daar goeie en minder goeie skrywers/redakteurs is....

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24853 is 'n antwoord op boodskap #24848] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Marius" writes:
Ha, bleddie ha.

Marius, dis omtrent die enigste deel
van jou geskrif wat ek verstaan. Sulke
mooi Afrikaans.

Vir die res: dis darem snaaks dat die
media altyd verkeerd rapporteer as jy
nie van die boodskap hou nie. Maar as
daar nou net iets is waarvan jy hou, dan
rapporteer jy wat die media skryf oor en
oor. Kyk nou maar na ou Frikkie se
geskrifte.

Jou aanname is ook verkeerdelik gebaseer
op die feit dat mense al hul informasie
"deur die media" kry. En dat mense die hele
tyd voor die TV sit. Daar is ander maniere
om inligting te verkry, weet jy, veral as
jy intelligent is en in die regte wereld lewe.

Gloudina
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24904 is 'n antwoord op boodskap #24848] Ma, 26 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Die drie skrywers (Ludlum, Forsyth en Le Carre) is slegs as voorbeelde
gebruik om 'n punt te illustreer. Dit spyt my dat daardie punt (ongeag my
beste poging om dit deursigtig te maak) jou ontwyk het. Ek het daardie
voorbeeld gekies omdat dit in resente geheue is, en omdat dit van pas is.
Laat ons nou na 'n ander voorbeeld kyk: Gestel daar sit drie duiwe op 'n
telefoon draad. Sou jy enigsins verbaas gewees het as daar drie varke op die
draad gesit het? of drie eende? [Skrap asb. die eende, dit kan u dalk
verwar]

ProPacem wrote in message ...
>> mar...@mailbox.co.za
>
>> Ek wil graag aan Gloudina en ander die uitnodiging rig om tog maar 'n =
>> bietjie te besin. Kyk 'n bietjie minder TV en lees meer - daardeur sal =
>> jy jou EIE denkwyse verryk.
>
> Uh - dis nou Frederick Forsyth en Robert Ludlum wat my so gaan verryk né.
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24905 is 'n antwoord op boodskap #24848] Ma, 26 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Ferdi

> Jy se dit nadat jy in die openbaar se:
> 1. Jy vertrou nie koerante, nuus-tydskrifte en TV nie.

Nee, ek sê dat jy die storie moet volg. Nie maar net een uitgawe koop en
dan alles vir soetkoek moet opvreet nie. Hierin kan die media gerus 'n
groter rol speel.

> 2. Jy kry jou inligting van populere spioenasie-literatuur.

Popul^er? Seker maar. Jou aanname is natuurlik ongegrond en verdien nie 'n
antwoord nie.
>
> Voel jy OK?

Ek kan begryp dat jy besorg is. Dit is duidelik dat jy nie die inhoud
verstaan het nie.
>
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24906 is 'n antwoord op boodskap #24848] Ma, 26 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Jy is natuurlik reg Johan...toegegee. Die feit is egter dat die media
toegelaat word om sekere persepsies te skep. Laat ek 'n voorbeeld aanhaal:
Min Trevor Manuel (finansies) het, na aanleiding van regter Heath se
uitlatings, vir regter Heath gedaag om sy syfers (oor hoeveel geld hy die
belastingbetaler [bb] gespaar het) te bewys. Regter Heath het beweer dat hy
vir die bb sowat R1bn gespaar het. Die minister het dit betwyfel, en daar is
'n ondersoek geloods. Die bevinding van die Ouditeur Generaal was dat die
Heath Kommissie vir sowat R1,3bn aan teruggevonde fondse (R400m) en
voorkoming van uitgifte (R900m) verantwoordelik was.

Op die oog af lyk dit (in die media) asof die minister sy bek verby gepraat
het. Die feite lyk egter heel anders. Trevor Manuel het uit die staanspoor
die bedrag aan KONTANT bevraagteken. Sy siening was (en is nog) dat die
uitgifte wat voorkom is (soos bv. die waarborge van die Mpumalanga
Parkeraad) in elk geval nie deur die Nasionale regering gesanksie sou word
nie.

Hier is nou 'n klink klare voorbeeld van 'n storie wat REG GEKILINK HET,
maar NIE REG WAS NIE. Nog 'n voorbeeld: Max du Preez vat die SABC hof toe
oor die nie-vernuwing van sy kontrak. Tydens die verhore word hy daarvan
beskuldig dat hy 'n rassis is (vra ek jou: hoe? Onthou jy nog die Vrye
Weekblad?). 'n Week later berig 'n snuiter in die Star: "Mr. Max du Preez,
who had been found to be a racist...". Max het hom gebel, die ou sleg oor
die kole gehaal en 'n verskoning gekry. Die feit is egter dat iemand anders
dalk nie die volgende dag die Star gekoop het nie, en dat hy dus nog steeds
onder 'n wanindruk verkeer.

Nou gebeur daar iets, en ek en die laasgenoemde persoon debatteer of Max nou
'n rassis is al dan nie. Die vent weet natuurlik nie die feite nie, net dat
hy dit "^erens gelees" het. Sou ek toevallig nie die feite geken het nie,
sou ek geen verweer gehad het nie. Ek sê "verweer" omdat jy nie 'n verweer
nodig het om iemand swart te smeer nie. Veronderstel nou ek is net so
arrogant soos die k^erel, en ons stem saam dat Max 'n rassis is. Binne weke
het ek ander, ewe arrogante mense oorgehaal om dieselfde te dink; en hulle
weer ander. Binnekort het jy 'n revolusie (ek bedoel in denkrigting) waarby
'n onskuldige ou se lewe hel gemaak word oor 'N FOUTIEWE BERIG IN DIE
KOERANT/MEDIA. So 'n geval het reeds verlede week plaasgevind toe die
Sowetan 'n (wit) man in 'n bakkie, sy hond voor op die sitplek, en 'n
(swart) werknemer agterop die bakkie afgeneem het; Die bakkie se
registrasienommer perfek in die foto. Die arme ou se lewe is hel gemaak. Toe
Rapport egter die storie navors het hulle bevind dat die werknemer agterop
die bakkie was om rollende gasbottels in plek te hou. Hy ry gewoonlik voor
in.

Die PERSEPSIE is dus deur die media geskep dat: Wit man se hond is meer werd
as swart werker. Nou kom ou Gloudinatjie, en diesulkes, en maak allerhande
snert op, gegrond op 'n simpel storietjie wat sensasie veroorsaak (onthou jy
nog die fotos wat in Joubertpark geneem is van "lyke" wat daar rondl^e).

Helaas, ek sal nie doen wat sy doen nie. Fiktiewe naam en 'n fiktiewe e-pos
adres. Klink vir my soos 'n fiktiewe persoon. Nie waar nie? Om nie eens van
die ander moontlikhede te praat nie; Soos: parano"ies ens.

Nee wat, ou maat. Ek is siek en der dagen sat vir hierdie tipe van snert!

Johan wrote in message ...
> On Fri, 23 Jul 1999 10:52:44 +0200, "Marius"
> wrote:
> |Ek wil graag aan Gloudina en ander die uitnodiging rig om tog maar 'n =
> |bietjie te besin. Kyk 'n bietjie minder TV en lees meer - daardeur sal =
> |jy jou EIE denkwyse verryk. Benewens dit sal jy aan jouself 'n sportiewe =
> |geleentheid bied om sinvol aan 'n gesprek mee te doen, sonder dat jy =
> |jouself belaglik maak.
> |
> Ek is nie verdediger vir die TV nie en ook nie voorstaander van te
> veel TV kyk nie, maar jou siening dat die TV verslaggewing nie perfek
> is nie, beteken nie dat alles wat geskryf is, meer akkuraat is nie.
>
> Jou siening van TV verslaggewing is baie sinies - is dit werklik so
> sleg? Ek dink 'n mens moet ook maar besef dat daar goeie en minder
> goeie TV verslaggewers is.
>
> Net soos daar goeie en minder goeie skrywers/redakteurs is....
>
> Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.
>
> =|:^)
>
> Johan
>
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24907 is 'n antwoord op boodskap #24848] Ma, 26 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Marius" mar...@mailbox.co.za

Marius, ek vind dit moeilik om jou argument te volg. Jou voorbeelde maak
weinig kontekstuele sin, en ten spyte van jou pogings om dinge "deursigtig" te
maak, vind ek jou argumente óf periferaal tot die onderwerp óf irrelevant
daarteenoor. Ek dink nie my onvermoë om te verstaan het te doen met my vlak
van intelligensie nie, alhoewel ek toegee dat jy miskien verbande sien en
verwoord wat ek nie sien nie (einstein het by geleentheid 'n eksamenvraag
opgestel: indien general motors 'n motor kon vervaardig wat vinniger as die
spoed van lig kon beweeg, sou dit nodig wees om hooflampe op die motor te
installeer - 'n verband wat volkome sin maak indien mens vertroud is met die
relatiwiteitsteorieë, maar heeltemal nikseggend is indien nie).
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24908 is 'n antwoord op boodskap #24848] Ma, 26 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dit is nou nie dat ek almal hier oor iets wil aanvat nie...in teendeel; Maar
ek kan nie anders as om 'n gevolgtrekking, en eweneens 'n observasie, te
maak nie.

As ek so na julle opmerkings kyk dan laat dit my terugdink aan 'n ou met wie
ek oor 'n ander ng gesels het. Die onderwerp van bespreking was: Spesiale en
Algemene Relatiwiteit. U hoef nou nie te skrik nie; Al wat dit beteken is
dat jy en die ou in die motor ewe vinnig van mekaar af weg beweeg. Hoe dit
ook al sy: ek en die ou raak toe aan't geselse oor of God bestaan of nie (hy
het op daardie onderwerp aangedring).

En hoe meer ek die ou van my eie filosofie oor relatiwiteit vertel, hoe meer
haper hy aan oor die Godheid se bestaan. Op die ou einde haal ek toe maar
die wworde van Darwin aan (sommige skryf dit aan Blaize Pascal toe), toe hy
op sy sterfbed l^e: "If there is no God I have gained nothing. If there is a
God I have lost a lot". Sal die vent jou wragtig die siening ophaal dat dit
eintlik Pascal was. Ek bid jou aan! Wat de hel het dit nou met relatiwiteit
te doen? Selfs sal ek nog verder gaan: wat het dit met God se bestaan te
doen?

Ek het nou almal se oorwo"e menings gelees; Baie dankie. Is daar nou
enigeiemand wat iets intelligents te s^ het? Iets wat naastenby soos 'n
teen-argument of 'n folosofie lyk? Enigeiemand...

My volk gaan ten gronde weens 'n gebrek aan kennis

ProPacem wrote in message ...
>> mar...@mailbox.co.za
>
>> Ek wil graag aan Gloudina en ander die uitnodiging rig om tog maar 'n =
>> bietjie te besin. Kyk 'n bietjie minder TV en lees meer - daardeur sal =
>> jy jou EIE denkwyse verryk.
>
> Uh - dis nou Frederick Forsyth en Robert Ludlum wat my so gaan verryk né.
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24909 is 'n antwoord op boodskap #24848] Ma, 26 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Marius" writes:
> Ha, bleddie ha.
>
> Marius, dis omtrent die enigste deel
> van jou geskrif wat ek verstaan. Sulke
> mooi Afrikaans.
>
Baie dankie

> Vir die res: dis darem snaaks dat die
> media altyd verkeerd rapporteer as jy
> nie van die boodskap hou nie. Maar as
> daar nou net iets is waarvan jy hou, dan
> rapporteer jy wat die media skryf oor en
> oor. Kyk nou maar na ou Frikkie se
> geskrifte.
>
Ongegronde stelling. Wie is Frikkie?

> Jou aanname is ook verkeerdelik gebaseer
> op die feit dat mense al hul informasie
> "deur die media" kry. En dat mense die hele
> tyd voor die TV sit. Daar is ander maniere
> om inligting te verkry, weet jy, veral as
> jy intelligent is en in die regte wereld lewe.

Jy vra ten minste nie of ek dit in Mills&Boone kry nie. Waar kry jy dan jou
inligting? Ek leef in 'n W^ereld waar daar 'n mate van harmonie is. Swart,
wit, bruin...Ek vervloek myself nie omdat ek wit is nie. Ek skel nie my
medeburgers omdat hulle iemand ge-necklace het nie. Ek skel nie my
mede-burgers omdat hulle rassiste is/was nie. Terloops Gloudinatjie: wit en
swart.

Wie het jou aangestel om te oordeel? Antwoord net hierdie vraag.
>
> Gloudina
>
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24910 is 'n antwoord op boodskap #24848] Ma, 26 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Marius" writes: >

> Nou kom ou Gloudinatjie, en diesulkes, en maak allerhande
> snert op, gegrond op 'n simpel storietjie wat sensasie veroorsaak (onthou jy
> nog die fotos wat in Joubertpark geneem is van "lyke" wat daar rondl^e).
>
> Helaas, ek sal nie doen wat sy doen nie.

Och, liewe Hemel, Leendert het
geboorte gegee.

Gloudinatjie
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24931 is 'n antwoord op boodskap #24848] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Gloudina

Noudat ons mekaar verstaan....

@igs.net wrote in message ...
> "Marius" writes: >
>
>> Nou kom ou Gloudinatjie, en diesulkes, en maak allerhande
>> snert op, gegrond op 'n simpel storietjie wat sensasie veroorsaak
> (onthou jy
>> nog die fotos wat in Joubertpark geneem is van "lyke" wat daar
> rondl^e).
>>
>> Helaas, ek sal nie doen wat sy doen nie.
>
>
> Och, liewe Hemel, Leendert het
> geboorte gegee.
>
> Gloudinatjie
>
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24932 is 'n antwoord op boodskap #24848] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Geagte ProPacem

'n Observasie wat 'n antwoord waardig is; ek respekteer jou siening.
Kan ons nou net 'n oomblik op jou vraag dwaal? Wat sou jou antwoord gewees
het? Persoonlik kan ek aan talle redes dink waarom die vraag (oor die
hoofligte) irrelevant is. Jy sien, die vraag is nie gevra om 'n antwoord te
lok nie, maar eerder om debat te ontlok.

Sommige mense sou aanvaar dat (die grote) Einstein die antwoord het, en
daarom sou hulle stilbly uit angs dat hulle eie antwoord verkeerd sou wees.
Die sogenaamde "fear of ridicule". Ander sou weer 'n antwoord wou gee.
Hieroor kan ons net sê: "fools rush in...". Die vraag is dus nie daarop
gemik om jou wiskunde/fisika te toets nie, maar eerder om jou filosofie te
toets. Hierdie filosofie van jou sal jou weggee. Ter verduideliking: Jy kan
'n antwoord poog - "fool"; of jy kan te bang wees om te praat - "papbroek";
of jy kan aan die debat deelneem. As jy sou besluit om aan die debat deel te
neem is die onus op jou om jou fisika/wiskunde reg te doen. So kan jy
byvoorbeeld noem dat dit fisies onmoontlik is om ligspoed te bereik, omdat
jy dan oneindige momentum, dus oneindige energie sal behaal/nodig h^e.
Hierdie stelling is aanvaarbaar. Op grond hiervan kan jy die vraag: "sal die
motor hoofligte nodig h^e?" as 'n arbitr^ere hipotese afmaak. Met ander
woorde: 'n vraag sonder 'n regte antwoord.

Indien ek die vraag sondermeer sou afmaak as 'n "arbitr^ere hipotese" sou ek
myself die teiken van vermaak gemaak het (in die teenwoordigheid van die
grote E=mc^2). Ek glo nie dat hy sotte ligtelik verduur het nie. Maar, omdat
ek my antwoord (wat eintlik nie 'n antwoord is nie) kon kwalifiseer, is dit
geldig en verdien verdere debat.

Dit laat my nog net by die doel van jou pos. In antwoord daarop kan ek net
sê: As jy nie weet nie...vra.

ProPacem wrote in message ...
>> "Marius" mar...@mailbox.co.za
>
> Marius, ek vind dit moeilik om jou argument te volg. Jou voorbeelde maak
> weinig kontekstuele sin, en ten spyte van jou pogings om dinge "deursigtig" te
> maak, vind ek jou argumente óf periferaal tot die onderwerp óf irrelevant
> daarteenoor. Ek dink nie my onvermoë om te verstaan het te doen met my vlak
> van intelligensie nie, alhoewel ek toegee dat jy miskien verbande sien en
> verwoord wat ek nie sien nie (einstein het by geleentheid 'n eksamenvraag
> opgestel: indien general motors 'n motor kon vervaardig wat vinniger as die
> spoed van lig kon beweeg, sou dit nodig wees om hooflampe op die motor te
> installeer - 'n verband wat volkome sin maak indien mens vertroud is met die
> relatiwiteitsteorieë, maar heeltemal nikseggend is indien nie).
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24933 is 'n antwoord op boodskap #24848] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 26 Jul 1999 13:52:46 +0200, "Marius" wrote:

gebruik om 'n punt te illustreer. Dit spyt my dat daardie punt (ongeag my[/color]
> beste poging om dit deursigtig te maak) jou ontwyk het. Ek het daardie
> voorbeeld gekies omdat dit in resente geheue is, en omdat dit van pas is.
> Laat ons nou na 'n ander voorbeeld kyk: Gestel daar sit drie duiwe op 'n
> telefoon draad. Sou jy enigsins verbaas gewees het as daar drie varke op die
> draad gesit het? of drie eende? [Skrap asb. die eende, dit kan u dalk
> verwar]>>

OK, watter kleur was die varke?
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24934 is 'n antwoord op boodskap #24848] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Marius wrote:
>
> Ek het nou almal se oorwo"e menings gelees; Baie dankie. Is daar nou
> enigeiemand wat iets intelligents te s^ het? Iets wat naastenby soos 'n
> teen-argument of 'n folosofie lyk? Enigeiemand...
>

Aasfolosofie? :) Sorry Gloudina - ek kon dit nie verhelp nie.

Marius ou k^erel - jou houding stink wragtag. Het jy al iets
intelligents gesê - dis nou behalwe om jou eie beuel te blaas? Laastens
het jy 'n argument geopper in jou tirade waarop "enigeiemand" sal wil
reageer?
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24935 is 'n antwoord op boodskap #24848] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Marius" writes:

> Hallo Gloudina
>
> Noudat ons mekaar verstaan....


En wat dink jy van chaos-teorie.
En hoe kan jy dit gebruik om die
huidige SA te verstaan en te
verbeter?

Gloudina
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24936 is 'n antwoord op boodskap #24848] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

> Marius wrote:
>>
>> Ek het nou almal se oorwo"e menings gelees; Baie dankie. Is daar nou
>> enigeiemand wat iets intelligents te s^ het? Iets wat naastenby soos 'n
>> teen-argument of 'n folosofie lyk? Enigeiemand...
>>
>
> Aasfolosofie? :) Sorry Gloudina - ek kon dit nie verhelp nie.

Lou, my favourite is weer waar hy daar
in die tweede reel 'n kappie op niks
sit.

Die tannie met die kappie
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24937 is 'n antwoord op boodskap #24848] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 26 Jul 1999 13:16:56 +0200, "Marius" wrote:

[/color]
>> Jy se dit nadat jy in die openbaar se:
>> 1. Jy vertrou nie koerante, nuus-tydskrifte en TV nie.>>

> Nee, ek sê dat jy die storie moet volg. Nie maar net een uitgawe koop en
> dan alles vir soetkoek moet opvreet nie. Hierin kan die media gerus 'n
> groter rol speel.>>

Soos wat?

As jy besorg is dat mense goed gaan glo as hulle dit die eerste keer
sien of hoor of lees, gaan jy jou lewe lank naels kou. Deel van die
leerproses is om deur dit te gaan. Besides, daar is altyd n eerste
keer om iets te lees. Die media kan nie meteens n geskidenis van leer
aan lesers gee nie

[/color]
>
> Popul^er? Seker maar. Jou aanname is natuurlik ongegrond en verdien nie 'n
> antwoord nie.>>

Nie ongegrond nie. Jy het populere skrywers van FIKSIE soos Le Carre
aangehaal. Niks anders nie....

>[/color]

Ek het. Daarom is ek besorg.
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24939 is 'n antwoord op boodskap #24848] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 27 Jul 1999 10:40:59 +0200, "Marius" wrote:

daarom sou hulle stilbly uit angs dat hulle eie antwoord verkeerd sou wees.>>[/color]

...of uit die besef dat hulle nie wiskunde het om hulle siening op te
back nie. Iets wat Einstein oor en woor gehad het. Die wiskunde.
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24964 is 'n antwoord op boodskap #24848] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Marius skryf...
Nee wat, ou maat. Ek is siek en der dagen sat vir hierdie
tipe van snert!

Marius, ek verstaan jou frustrasie. Die media se job is om
jou as mens, en die Regering af te kraak. En om jou kwaad
te maak. Maak die een teen die ander op, ongeag van kleur,
ras, geloof of geslag. Skep valse openbare menings. Die
"openbare opinie" is dat.... Werk op mense se senuwees.
Hulle is defnitief "intellektuele prostitute". Dit is nie
die joernaliste se menings, maar dit van media se eienaars
s'n. Kyk na CNN. Selfde snert. Dieselfde mening, net 'n
ander kultuur. Halwe feite oor en oor en oor.

As jy vir 'n baas gaan werk, dan is sy mening van belang.
Bedank jy en gaan na 'n ander plek, dan verander jy weer
van mening. Nou is die nuwe baas weer reg, en jy pas jou
sienswyse by die nuwe firma aan.

Wat voel die media? Probeer maar net die publiek af te
kraak deur wan indrukke te skep. Hulle idee van
kreatiwiteit is om dit af te breek. Vgl.'n kreatiewe boek,
bv. Emotional Intellegence met enige media braaksel.
Verkoop halwe feite. Jy moet baie lees om feite agter te
kom. Op die ou einde drop jy die media.

Kyk bv. van die ekonomie en die Regering se punt: Die media
hou nie van die regering nie - hulle is onderdrukkend. Nou
word die regering vervang met 'n ander velkleur. Nog nie
goed genoeg nie. Nou word verkoop hoe "onbevoeg" hulle is.

Ons (Wit en Swart) het almal goeie en slegte punte. Maar
hulle konsentreer op die goeie punte net voor verkiesing na
gelang van wie hulle in die Parlement wil he, en na 'n paar
weke is ons weer terug by die "onbevoegde" regering. Maar
nie saak watter land jy na toe gaan nie.

Hoeveel politici se oge word nie deur die flitsende kameras
opgeneuk nie. Kyk na Lady Di en die papparazzi? Hoe is sy
nie ge-terroriseer nie - todat sy 'n senuwee ineenstorting
gekry het.

Leer hoe om hulle vernedering om te swaai in voordeel. Dat
hulle vuil is, is nie te betwyfel nie. Maar versterk jou
geestelik, en jy swaai alles om - alles. Dit vat net tyd.
Dan leer jy hoe om hulle teen hulself te gebruik. Waar is
die "swart gevaar"? Dit is al 1999. Moet dit nie vergeet
nie. Ons is ons 2e demokratiese verkiesing deur.

Die media toets maar net die sterkte van ons emosies.

Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24965 is 'n antwoord op boodskap #24848] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> "Marius" writes:
>
>> Hallo Gloudina
>>
>> Noudat ons mekaar verstaan....
>
>
> En wat dink jy van chaos-teorie.
> En hoe kan jy dit gebruik om die
> huidige SA te verstaan en te
> verbeter?
>

Sit terug en watch ... dis nou as jy 'n paar honderd jaar het.

En slaat al die skoenlappers dood.

'The flapping of a single butterfly's wing today produces a tiny change
in the state of the atmosphere. Over a period of time, what the
atmosphere actually does diverges from what it would have done. So, in a
month's time, a tornado that would have devastated the Indonesian coast
doesn't happen. Or maybe one that wasn't going to happen, does. (Ian
Stewart, Does God Play Dice? The Mathematics of Chaos)'
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24966 is 'n antwoord op boodskap #24848] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> lou writes:
>
>> Marius wrote:
>>>
>>> Ek het nou almal se oorwo"e menings gelees; Baie dankie. Is daar nou
>>> enigeiemand wat iets intelligents te s^ het? Iets wat naastenby soos 'n
>>> teen-argument of 'n folosofie lyk? Enigeiemand...
>>>

Wel, tot op die stadium lyk dit ook nie asof jy slaag nie... wat is 'n
'enig-eie-mand'? Selfs 'folosofie' is nie in my woordeboek nie! :-)

Groete

Shannon

>>
>> Aasfolosofie? :) Sorry Gloudina - ek kon dit nie verhelp nie.
>
>
> Lou, my favourite is weer waar hy daar
> in die tweede reel 'n kappie op niks
> sit.
>
> Die tannie met die kappie
>
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24967 is 'n antwoord op boodskap #24848] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Feit: Daar is geen aanhalings van Le Carre, Ludlum 'of Forsyth nie.

Weereens 'n bewys dat 'n klomp onsubstantiewe twak hier kwytgeraak word.
Grondelose bewerings; 'n Klink klare bewys dat jy daaraan gewoond is dat
almal jou twak glo sonder dat hulle hulleself van die feite vergewis. Wel,
by my sal jy nie daarmee wegkom nie. Ek daag jou publiek uit om dit te
repudieer, en heg asb. die "aanhalings" aan.

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Wed, 28 Jul 1999 11:18:46 +0200, "Marius"
> wrote:
>
> Carre
>>> aangehaal. Niks anders nie....
>>
>> Nou goed dan, jy wen. Sal jy nou asb. so gaaf wees en sê wat ek aangehaal
>> het.>>
>
> Gaan kyk self. Jy het dit dan gepos!!
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24968 is 'n antwoord op boodskap #24848] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Marius wrote:
>
> Dit was mos koning Salomo wat gesê het (in ander woorde):
>
> 1. Absoluut, ek stem 100% met jou saam.
> 2. Dit is duidelik dat jy nie 'n koeking clue het waaroor dit gaan nie
> a.k.a. Kan jy lees?
>
> Wat wil jy hê ek moet sê?
>

Iets wat sense maak? Jy is nie dalk die Afrikaanse re"inkarnasie van ons
vriend Squirell nie?
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24969 is 'n antwoord op boodskap #24848] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Marius wrote:
>
> Lou,
>
> Waaroor argumenteer ons?
>
>

... uhhh ek weet ook nie. Maar dis maar on par vir die nuusgroep. :)
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24970 is 'n antwoord op boodskap #24848] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Lou,

Waaroor argumenteer ons?

lou wrote in message ...
> Marius wrote:
>>
>> Dit was mos koning Salomo wat gesê het (in ander woorde):
>>
>> 1. Absoluut, ek stem 100% met jou saam.
>> 2. Dit is duidelik dat jy nie 'n koeking clue het waaroor dit gaan nie
>> a.k.a. Kan jy lees?
>>
>> Wat wil jy hê ek moet sê?
>>
>
> Iets wat sense maak? Jy is nie dalk die Afrikaanse re"inkarnasie van ons
> vriend Squirell nie?
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24971 is 'n antwoord op boodskap #24848] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
>
> Nie ongegrond nie. Jy het populere skrywers van FIKSIE soos Le Carre
> aangehaal. Niks anders nie....

Nou goed dan, jy wen. Sal jy nou asb. so gaaf wees en sê wat ek aangehaal
het.
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24972 is 'n antwoord op boodskap #24848] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou skryf in boodskap news:379EEAAC.2994@hotmail.dinges.com...
>> Wat wil jy hê ek moet sê?
>>
>
> Iets wat sense maak? Jy is nie dalk die Afrikaanse re"inkarnasie van ons
> vriend Squirell nie?

Kan nie wees nie - die Squirrel ou het baie meer sin gemaak....!
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24973 is 'n antwoord op boodskap #24848] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dit was mos koning Salomo wat gesê het (in ander woorde):

1. Absoluut, ek stem 100% met jou saam.
2. Dit is duidelik dat jy nie 'n koeking clue het waaroor dit gaan nie
a.k.a. Kan jy lees?

Wat wil jy hê ek moet sê?

lou wrote in message ...
> Marius wrote:
>>
>> Ek het nou almal se oorwo"e menings gelees; Baie dankie. Is daar nou
>> enigeiemand wat iets intelligents te s^ het? Iets wat naastenby soos 'n
>> teen-argument of 'n folosofie lyk? Enigeiemand...
>>
>
> Aasfolosofie? :) Sorry Gloudina - ek kon dit nie verhelp nie.
>
> Marius ou k^erel - jou houding stink wragtag. Het jy al iets
> intelligents gesê - dis nou behalwe om jou eie beuel te blaas? Laastens
> het jy 'n argument geopper in jou tirade waarop "enigeiemand" sal wil
> reageer?
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24974 is 'n antwoord op boodskap #24848] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 28 Jul 1999 11:18:46 +0200, "Marius" wrote:

> aangehaal. Niks anders nie....[/color]
>
> Nou goed dan, jy wen. Sal jy nou asb. so gaaf wees en sê wat ek aangehaal
> het.>>

Gaan kyk self. Jy het dit dan gepos!!
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24996 is 'n antwoord op boodskap #24848] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
reisiger writes:

> Die media toets maar net die sterkte van ons emosies.

Die media is die "Fifth Estate," en hulle
funksie is om die lig van openbare ondersoek
op alles te vestig, sodat die publiek so
veel moontlik insig in sake kan kry. Dus is
'n vrye pers noodsaaklik in 'n vrye land,
sodat baie verskillende opinies oor alles
en nog wat gelewer kan word. Dis wat 'n
diktatorskap (soos wat ons in SA in die
apartheidsjare gesien nie) so gevaarlik
maak. Die eerste ding wat hulle doen is
om die vrye pers te bekamp en hulle eie
insigte op die publiek af te dwing. En dis
die burger se eie plig om te weet watter
standpunte die verskeie media verteenwoordig.
Moenie ophou koerant lees nie. Lees meer as
een koerant.

Dit is dus stupid vir Leendert om gedureig
teen Beeld uit te vaar. Al wat ons daardeur
leer is dat Leendert nie hou van die
standpunt wat Beeld verteenwoordig nie, en
dat Leendert graag Beeld se mond wil snoer.

Gloudina
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24997 is 'n antwoord op boodskap #24848] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gaan hou gerus vakansie in Mauritius. As jy 'n polyanna
model soek vir SA, sal jy dit daar kry. Die plek is 'n
paradys. En die rand/rupee is 4.5. Jy kry baie SA
produkte daar. Die Kreoele (Swartmense), Sjinese, Moslems
en Indiers is so rustig en vriendelik. Hulle bodder nie
mekaar soos hier nie. Sit langs die waterfront en handjies
vashou. Loop waar jy wil. Ry in die bus tussen mekaar asof
daar geen probleem is nie. Daar is geen "swart gevaar" nie.
Die plek is 'n eiland. Geen noordelike gemors wat kan
oorspoel hierna toe nie. Almal dans op Sega (Reggae)
musiek. Alles is integreerd.

Daar was nou wel 'n konflik vir 3 dae, maar die Eerste
Minister en al die kabinetslede het vir vrede gevra op die
TV, en veranderinge belowe, en uitgevoer. Die volgende dag
is alles opgeruim en voortgegaan asof daar niks gebeur het
nie. Kom terug hiernatoe en dan weet jy hoe om dit te
implementeer. Ek wens ek kan die paranoies hier soontoe vat
vir 'n maand, en daarna terug bring.

Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #25000 is 'n antwoord op boodskap #24848] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
reisiger skryf baie, baie pollyanna - impersonasies, en vervolg dan oor
"die media

>
> Leer hoe om hulle vernedering om te swaai in voordeel. Dat
> hulle vuil is, is nie te betwyfel nie. Maar versterk jou
> geestelik, en jy swaai alles om - alles. Dit vat net tyd.
> Dan leer jy hoe om hulle teen hulself te gebruik. Waar is
> die "swart gevaar"?

"Lyk my, in jou geval het dit "die mediagevaar" geword.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #25001 is 'n antwoord op boodskap #24848] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert skryf..
Lyk my, in jou geval het dit "die mediagevaar" geword.

Beslis. Die media is 'n politieke drukgroep in SA. Hulle
jaag emosionalisme aan. Om nie van party malles op hierdie
ng te praat nie. Kyk na Max se voorbeeld. Hy het rassisme
beveg, intelligensie komplotte oop gevlek, nou lyk dit asof
hulle hom wegjaag. Het hy dit verwag? Nie oor sy dooie
liggaam sou dit gebeur het nie, nou gebeur dit oor sy
lewende liggaam, om uit sy koerant aan te haal. Het het
mure help afbreek - en nou probeer hulle hom afbreek.
Gaan dit oor rassisme, of gaan dit oor Afrikaners?

Die man met die bakkie. Een insident, en dit word verdraai.
Geen politieke kant nie. Net aannames. Miskien was hy 'n
liberalis - wie weet. Wat is die verskil tussen mense wat
op Broederstroom bly en mense wat op Brits bly. Ons weet
nie vir wie het hy gestem nie. Hulle het saam voor gery.
Dit kon net sowel 'n vriend van Max gewees het. Of een van
diegene wat glo vir my wil bid.

Ek het apartheid jare gelede verwerp, en glo nie aan
tuislande nie. Maak wette wat rasse verbied om by mekaar
uit te kom, en ons bou mure wat paranoia veroorsaak. Die
een verdink die ander aanhoudend wat sy mag wil wegvat.
Spioenasie heen en weer. Ek verafsku apartheid. 'n Sosiale
integreerde samelewing is meer opwindend. Ek wil dit nie
net in 'n burgeroorlog sien ontplof nie.

Miskien verstaan ek beide kante van die argument, en
probeer om Gloudina en Frikkie te rekonsilieer. Miskien
mors ek my tyd om met semels gemeng te word. Raamwerk van
persepsie - nogal interressant. Waar lees jy dit as ek mag
vra?

Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #25003 is 'n antwoord op boodskap #24848] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek gaan nie op alles kommentaar lewer nie; Maar ek sien dat ons langs
dieselfde vuur sit.
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #25004 is 'n antwoord op boodskap #24848] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem heel hartiglik saam. 'n Neutrale standpunt is slegs
moontlik as ons alle koerante lees - daardeur balanseer ons
onsself.

Dankie dat jy die positiewe aspek van die media uitwys. Ons
lewe op aarde in 'n polere raamwerk: 2 ore, 2 neusgate, 2
bene, ens. Beide positief en negatief. Mense kritiseer jou,
deur na jou negatiewe te kyk, sonder om jou te
komplementeer vir jou hoogstaande Afrikaanse letterkundige
bydraes. Hulle projekteer wat hulle lees van 'n handvol
"lelike" liberaliste wat hulle gemaksones bedreig, wat
hulle glo probeer beheer, waaroor hulle geen beheer het,
waarmee hulle nooit sosialiseer nie, en dan soek hulle
iemand soos jy uit wat min of meer dieselfde taal praat, en
hulle maak van jou die ikoon wat hulle bedreig, deur jou te
laster en allerhande vieslike byname te noem. Hulle weet
nie eers hoe om aan te pas nie, en soek aanhoudend
verskoning om terug te kraam na die verlede toe.

Ons almal dink ons weet wat die waarheid is, maar dit is
deurdrenk met donker kolle (Eng. scotomas). Die feite is
die totale prentjie. Sien ons die een kant raak, mis ons
die ander helfte. Links of Regs. Nooit eenheid nie. Die een
kant word verdink teen die ander kant. En haat is altyd 'n
gevolg. Hulle wil nie die goeie in andere raak sien nie.
Volgens hulle is iemand is of goed of sleg.

Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #25005 is 'n antwoord op boodskap #24848] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

> Sit terug en watch ... dis nou as jy 'n paar honderd jaar het.
>
> En slaat al die skoenlappers dood.
>
> 'The flapping of a single butterfly's wing today produces a tiny change
> in the state of the atmosphere. Over a period of time, what the
> atmosphere actually does diverges from what it would have done. So, in a
> month's time, a tornado that would have devastated the Indonesian coast
> doesn't happen. Or maybe one that wasn't going to happen, does. (Ian
> Stewart, Does God Play Dice? The Mathematics of Chaos)'

Dis nie nodig om die skoenlappers dood
te maak nie, Lou.

Ek dink altyd aan die geval van Derby-Lewis
en Walusz, wat gehoop het dat hulle moord
van Hani 'n algemene rasse-oorlog tot gevolg
sou h^e. Toe, ongelukkig vir hulle, loop daar
'n Afrikanervrou met 'n vinnige oog in die
straat en neem hulle lisensie, en hulle word
gevang, en die feit dat dit 'n Afrikanervrou
is wat gehelp het, laat die mense twee keer
dink voordat hulle wittes daarvan beskuldig
dat hulle Hani se dood sou begeer. Het die
vrou (het haar naam vergeet, dink dit was
Retha) daardie dag gedink dat haar teenwoordig-
heid in daardie straat landswye gevolge sou
h^e?

Gloudina
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #25046 is 'n antwoord op boodskap #24848] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> reisiger reis...@hotmail.com

> Ek wens ek kan die paranoies hier soontoe vat
> vir 'n maand, en daarna terug bring.

Ek wens ek kan jou Tara of Stikland toe vat vir 'n maand, en daarna terug
bring.
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #25047 is 'n antwoord op boodskap #24848] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
>> Sit terug en watch ... dis nou as jy 'n paar honderd jaar het.
>>
>> En slaat al die skoenlappers dood.
>>
>> 'The flapping of a single butterfly's wing today produces a tiny change
>> in the state of the atmosphere. Over a period of time, what the
>> atmosphere actually does diverges from what it would have done. So, in a
>> month's time, a tornado that would have devastated the Indonesian coast
>> doesn't happen. Or maybe one that wasn't going to happen, does. (Ian
>> Stewart, Does God Play Dice? The Mathematics of Chaos)'
>
> Dis nie nodig om die skoenlappers dood
> te maak nie, Lou.
>
> Ek dink altyd aan die geval van Derby-Lewis
> en Walusz, wat gehoop het dat hulle moord
> van Hani 'n algemene rasse-oorlog tot gevolg
> sou h^e. Toe, ongelukkig vir hulle, loop daar
> 'n Afrikanervrou met 'n vinnige oog in die
> straat en neem hulle lisensie, en hulle word
> gevang, en die feit dat dit 'n Afrikanervrou
> is wat gehelp het, laat die mense twee keer
> dink voordat hulle wittes daarvan beskuldig
> dat hulle Hani se dood sou begeer. Het die
> vrou (het haar naam vergeet, dink dit was
> Retha) daardie dag gedink dat haar teenwoordig-
> heid in daardie straat landswye gevolge sou
> h^e?
>
> Gloudina

Gloudina ek dink elke goeie landsburger sou dit gedoen het. Ek sou, jy
sou ens. Maar ek het gedog dat ons bietjie oor iets anders sou praat,
maar hier is ons maar weer ...

Anyway gee jy ons tog jou siening van van die Feministiese denkwyse in
terme van die Chaos Teorie met spesifieke verwysing na Newton se
teori"e?
Vorige onderwerp: Apologie aan alle Suid Afrikaners en Pad na Genesing
Volgende onderwerp: Met apologie aan ProPacem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 07:31:19 MGT 2024