Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Met apologie aan ProPacem
Met apologie aan ProPacem [boodskap #25131] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Marius[2]  is tans af-lyn  Marius[2]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dit is met dankbaarheid dat ek verneem het dat wit Suid Afrikaners nie swaar gekry het onder die regime nie. Ek wens ek het dit geweet toe ek mielierys en pampoen moes eet (elke aand). En toe ek, my moeder, broers en susters by ander mense moet bly na my pa se afsterwe.
Wat dit egter nog meer draaglik maak is die feit dat gewone wit Suid Afrikaners o"enskynlik nie die reg het om aanspraak te maak dat hulle swaargekry het nie. Ons kon mos bly waar die staat gesê het ons kan bly. Ons kon mos vriende h^e, solank as wat dit aan die regime se norme voldoen. Ons kon mos trou... ens. ens.

Nou kom ons na die SB storietjie. "Special Branch". Van wat? Die Veilgheidspolisie? Ja, ek ken hulle ook goed. Om die waarheid te sê, ek ken hulle by die naam. Dit wil mos vir my lyk dat dit die enigste "SB" is waarvan jy weet. Het jy al daardie ou gesien wat nie 'n snor of 'n baard het nie? Ja man, daardie ou wat vir die staat sluipmoorde uitgevoer het. Hy sê hy het al so twee of drie keer onder die mes deurgeloop.

Ek wens ek kon hom aan jou voorstel. Ek sal dit geniet om te sien hoedat jy in jou broekie piepie. Gaan vertel maar gerus jou onsin daar in die VSA. Laat almal jou maar 'n simpatieke oor gee terwyl jy soos 'n heldhaftige weet-als klink. Jou turf sit ou maat. Ek is 'n Suid Afrikaner. 'n Regte een wat die stryd tot die einde deurgesien het. Ouens soos jy maak my eintlik siek. Jy gebruik jou velkleur (ja, ek weet. Moet liewers nie vra hoe nie) om allerhande snert kwyt te raak.

Kom huis toe ou p^el, sodat jy kan sien hoe onbeduidend jy is.
Re: Met apologie aan ProPacem [boodskap #25156 is 'n antwoord op boodskap #25131] Di, 03 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Marius" mail.m...@mailbox.co.za

> Nee, glad nie.

O jy belowe nou nie meer geweld as jy my sien nie (soos in 'n vorige pos)? Wat
het gebeur?

> Hy was
> o"enskynlik so lanklaas in die Republiek dat hy nie eers meer weet wat hier
> aangaan nie

Sê net gou weer vir my, o siener Marius, wanneer was ek laas in suid-afrika? Jy
weet mos so telepaties (of is dit 'n kristalbal?).

> Om die waarheid te sê, ek wonder of hy ooit 'n idee gehad het
> wat hier aan die gang was.

Ha, ek het nogal hierdie vraag gevra waar dit jou aangaan. Enigste verskil is,
ek vra dit nie in die verlede tyd nie.

> Ek was self 'n soganaamde "liberale" aktivis.

yadda-yadda-yadda. In daardie waan waar jy aangehou was en faksies entertain
het en sluipskutters omgepraat het nê.

Jy verveel my.
Re: Met apologie aan ProPacem [boodskap #25157 is 'n antwoord op boodskap #25131] Di, 03 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[2]  is tans af-lyn  Marius[2]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Nee, glad nie.

Hy sit daar oorkant die watertjie en sy stories verkoop. As hy weer hier is
dan sal hy sien dat sy storie net nog 'n storie is. Dit wil voorkom asof hy
dink dat hy alleenreg het op die waarheid. Hy loop sy snert daar oorkant en
verkoop, en almal glo hom (hy is dan self 'n agtergeblewene). Hy was
o"enskynlik so lanklaas in die Republiek dat hy nie eers meer weet wat hier
aangaan nie. Om die waarheid te sê, ek wonder of hy ooit 'n idee gehad het
wat hier aan die gang was.

Ek wil graag hê dat hy sy snert hier moet kom sê dat ek hom kan reghelp.
Ek was self 'n soganaamde "liberale" aktivis. Ek is dankbaar vir die
verandering. Maar ek is 'n Suid Afrikaner in murg en been. Ons taakis nou
een van versoening. Die massa-optogte en onluste is uitgedien. Die feit dat
ProPacem en Goldie dit nie kan verstaan nie is bewys dat hulle heel uit
voeling met die werklikheid is.

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Mon, 2 Aug 1999 14:58:58 +0200, "Marius"
> wrote:
>
>
> >
>
> Wat beteken dit?
> Gaan jy en jou snor man hom dan skiet of wat?
>
Re: Met apologie aan ProPacem [boodskap #25167 is 'n antwoord op boodskap #25131] Wo, 04 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Marius[2]  is tans af-lyn  Marius[2]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek vat dit van wie dit kom. Jou gebrek aan kennis is so opsigtelik dat ek
dit nie eers met 'n antwoord gaan verwerdig nie. Glo maar gerus al die snert
waaaraan jy so verknog is. Gaan sprei dit ook maar rond aan jou oningeligte
vriende. As jy dan so graag jammer gekry wil word hoekom plaas jy dan nie
maar jou ou stront storie op die net nie. Daar is gratis URLs oral
beskikbaar. Ek kan ook navrae doen en aan jou 'n kopdokter voorstel om jou
met jou kompleks te help.

ProPacem wrote in message ...
>> Marius" mail.m...@mailbox.co.za
>
>> Nee, glad nie.
>
> O jy belowe nou nie meer geweld as jy my sien nie (soos in 'n vorige pos)? Wat
> het gebeur?
>
>> Hy was
>> o"enskynlik so lanklaas in die Republiek dat hy nie eers meer weet wat hier
>> aangaan nie
>
> Sê net gou weer vir my, o siener Marius, wanneer was ek laas in suid-afrika? Jy
> weet mos so telepaties (of is dit 'n kristalbal?).
>
>> Om die waarheid te sê, ek wonder of hy ooit 'n idee gehad het
>> wat hier aan die gang was.
>
> Ha, ek het nogal hierdie vraag gevra waar dit jou aangaan. Enigste verskil is,
> ek vra dit nie in die verlede tyd nie.
>
>> Ek was self 'n soganaamde "liberale" aktivis.
>
> yadda-yadda-yadda. In daardie waan waar jy aangehou was en faksies entertain
> het en sluipskutters omgepraat het né.
>
> Jy verveel my.
Vorige onderwerp: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is
Volgende onderwerp: Lugbrug na OZ..?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 07:39:29 MGT 2024