Lyk my net omdat die maan bietjie ongeskik is, raak die voorspellings al hoe
wilder en wilder. Maar ek moet sê, hierdie sporkman het darem 'n baie mooi
antwoord aan die outjie gegee!
Hoe lyk dit Ferdi, gaan Global Warming nie ook toeneem op die 11de Augustus
nie??
Hier in Amerika het ons die afgelope twee weke met jou saamgespeel: 250 mense
is al in die warm weer oorlede en die noordooste het die ergste droogte hierdie
eeu (vandat rekords gehou word).
Ons self het dag na dag temperature gehad wat net gewissel het van 25°C vroeg in
die oggend na 40°C hier om en by vyfuur die middag (ons warmste deel van die dag
in die somer). Dan sit die ouens nog die humiditeits faktor by sodat ons baie
dae by 44°C gaan draai het.
Ons laagste temperatuur in Januarie was net bokant -40°C - ons het dus in C 'n
80grade verskil beleef. In F is dit 'n 150grade verskil.
Gelukkig is daar hierdie jaar minder muskiete... en pragtige blomme! En
swembadwater van 27�C. (Sê die een ou nou die oggend vir my sy seun het nou 'n
somer job gekry by een van die groot ys vervaardigers. Hulle het geweldige
groot aanvrag gekry vir groot blokke ys wat die mense in hulle swembaddens gesit
het om dit af te koel! Eerste keer wat ek daarvan hoor!
Johan
On Tue, 03 Aug 1999 12:54:39 -0400, Sporkman wrote:
|Hope that Steven doesn't lose his faith entirely when (as is almost
|certain) these events don't take place. Hey Steve, if you're wrong
|don't assume God failed you or that there is no God. Just assume that
|the idiot who told you this trash is as much a fool as you are (or more
|so). Go find a pastor who preaches love instead of hell-fire and
|brimstone. And leave the rest of us alone.
|
|Ste...@no.reply.com wrote:
|
|> On Mon, 2 Aug 1999 20:01:34 -0500, reject
|> wrote:
|>
|> >
|> >That "monstriferous" Comet Lee will be seen during the
|> >solar eclipse this August 11th, followed by WWIII, the
|> >1300-meter "King of Terror" meteoroid impact before 10
|> >October 1999, and *many* catastrophic events, including
|> >the >20 degree shifting of the polar axis before 2002!
|> >The Tribulation prophesied even by our Lord and Savior
|> >Jesus Christ is begun. ANSWER THIS: Are you prepared?
|> >
|> >Godspeed,
|> >Daniel
|
ProPacem skryf na aanleiding van Lou se
->-> OHOPOHO!!!!
-> Ek vermoed hierdie is 'n kuberafkorting, maar ek weet nie wat dit beteken nie.
Leswin, die woord Ohopoho het 'n apokriewe
herkoms, hoewel tog humoristies:
Oubaas Werth het destyds nadat hy
Administrateur van die ou Suidwes geword het,
moeite gedoen om die land te verken. Op een
van dié reise oor Suidwes se onmoontlike
paaie het hy glo by 'n yslike slaggat
uitgeroep: 'O, hou poephol, hou!' Sy
amptenare het die plek toe 'n naam gegee en
dit glo verkort tot Ohopoho en later tot
Opuuo.
Maar, soos ek sê, dis volkome apokrief.
Dit is met dankbaarheid dat ek verneem het dat wit Suid Afrikaners nie swaar gekry het onder die regime nie. Ek wens ek het dit geweet toe ek mielierys en pampoen moes eet (elke aand). En toe ek, my moeder, broers en susters by ander mense moet bly na my pa se afsterwe.
Wat dit egter nog meer draaglik maak is die feit dat gewone wit Suid Afrikaners o"enskynlik nie die reg het om aanspraak te maak dat hulle swaargekry het nie. Ons kon mos bly waar die staat gesê het ons kan bly. Ons kon mos vriende h^e, solank as wat dit aan die regime se norme voldoen. Ons kon mos trou... ens. ens.
Nou kom ons na die SB storietjie. "Special Branch". Van wat? Die Veilgheidspolisie? Ja, ek ken hulle ook goed. Om die waarheid te sê, ek ken hulle by die naam. Dit wil mos vir my lyk dat dit die enigste "SB" is waarvan jy weet. Het jy al daardie ou gesien wat nie 'n snor of 'n baard het nie? Ja man, daardie ou wat vir die staat sluipmoorde uitgevoer het. Hy sê hy het al so twee of drie keer onder die mes deurgeloop.
Ek wens ek kon hom aan jou voorstel. Ek sal dit geniet om te sien hoedat jy in jou broekie piepie. Gaan vertel maar gerus jou onsin daar in die VSA. Laat almal jou maar 'n simpatieke oor gee terwyl jy soos 'n heldhaftige weet-als klink. Jou turf sit ou maat. Ek is 'n Suid Afrikaner. 'n Regte een wat die stryd tot die einde deurgesien het. Ouens soos jy maak my eintlik siek. Jy gebruik jou velkleur (ja, ek weet. Moet liewers nie vra hoe nie) om allerhande snert kwyt te raak.
Kom huis toe ou p^el, sodat jy kan sien hoe onbeduidend jy is.
Herdie is een kant van die saak. Tyd om op te staan vir
Moslems. Egipte is 'n toeriste paradys. Het hulle besoek na
Indie, 'n week na 'n bom ontploffing by die museum in
Kairo. Hulle is die mees hulpvaardigste mense wat ek ken.
Moslems is soos Afrikaners. Ek wil nie aan die ander kant
van 'n Moslem wees nie. Maar aan jou kant is hulle 'n
diamand, wat vir jou sal beskerm met hulle lewe. Hulle sal
vir jou 'n patroon vat.
In mini-taxis in Egipte getoer. Saam met hulle in treine
gery. Die pad was vol pad blokkades, wat die kriminele weg
gehou het. Sonder beskerming in Kairo, El Faiyum, Al-Minya,
Luxor, Hurghada, en Dahab boesoek. Sharm el Sheik het die
pragtigste koraal in die wereld. Dahab is 'n pragtige
hippie-village met restaurante. Baie popul^er by die
Australiers en Europeers. Snorkeling en scuba duik kursusse
is beskikbaar.
Moslems en Indiers ry in die treine in Indie saam. Hulle
het saam by Moeder Theresa se begrafnis vir die wereld
gewys dat hulle nie rassiste is nie.
Luister 'n bietjie na wat, 1900 jaar gelede, 'n geskiedskrywer
van die Romeinse ryk (die "beskawing") van daardie tyd te sê
gehad het oor die Germane (die "barbare") van daardie tyd:
"[Germany] is well provided with live-stock; but the animals are
mostly undersized, and even the cattle lack the handsome heads
that are their natural glory. It is the number of them that the
Germans take pride in; for these are the only form of wealth they
have, and are much prized."
"Only a few of them use swords or large lances: they carry
spears - called 'frameae' in their language - with short and
narrow blades, but so sharp and easy to handle that they can be
used, as required, either at close quarters or in long-range
fighting."
"When not engaged in warfare they spend a certain amount of time
in hunting, but much more in idleness, thinking of nothing else
but sleeping and eating. For the boldest and most warlike men
have no regular employment, the care of the house, home, and
fields being left to the woman, old men and weaklings of the
family. In thus dawdling away their time they show a strange
inconsistency - at one and the same time loving indolence and
hating peace."
"In every home the children go naked and dirty, and develop that
strength of limb and tall stature which excite our admiration."
"Their drink is a liquor made from barley or other grain, which
is fermented to produce a certain resemblance to wine... They
satisfy their hunger without any elaborate cuisine or appetizers.
But they do not show the same self-control in slaking their
thirst. If you indulge their intemperance by plying them with as
much drink as they desire, they will be as easily conquered by
this besetting weakness as by force of arms."
Ek wonder hoeveel kulturele raakpunte sekere lede van hierdie
nuusgroep voel dat hulle met hierdie Germane het.
On Sun, 1 Aug 1999 01:48:34 +0200, "Simon van der Schans"
wrote:
|Ek wonder hoeveel kulturele raakpunte sekere lede van hierdie
|nuusgroep voel dat hulle met hierdie Germane het.
|
Moenie wonder nie, SS. Jy verwys na my en ek sal jou vertel: Ek is
baie trots op my meerendeels Duitse afkoms (westvale, Duitsland) -
hoewel jy moet onthou dat Duitsland as sulks maar 'n moderne begrip is
en ek eerder daarvan hou om van Europa te dink as een groot dinamies
kontinent, veral as daar sulke groot tydsperiodes ter sprake is.
Die groot verskil lê in die 1900 jaar wat jy daar noem. Ek lees nou
'n boek met die titel "Vanishing Cultures of SA" - met 'n Mandela
voorwoord in - laas jaar geskryf deur Peter Magubane - en daarin is
groot parralelle met jou beskrywing van die Duitsers van 1900 jaar
gelede. Die swart stamme wat beskryf word se huidige kultuur word
beskryf.
Ek vereenselwig my dus eerder met Europeers wie se kultuur ek
grotendeels ge-erf het, as met mense met wie ek 'n ruk lank geografie
gedeel het, maar wie se kultuur in 1900 jaar nie juis verander het
nie.
Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.
"Julle is n klomp doose wat niks beter het on te doen as elke dag
dieselfde kak soos gedigte by hierdie NG te pos".
Well there you have it folks ... you get sucked in time and time
again by people wanting you to translate some shit for them -
only to be made a fool of!
I rarely stop by here any longer mainly due to the absolute crap
that you lot continue to post - meaningless bullshit like vigs -
who longs for the old days in SA when the Afrikaner was in
charge.
Get real will you ... nobody takes you seriously any more. You
have been relegated to the language rubbish dump.
It should be made an offence to even speak the language in
public. I'm sure in time the black masters will come to their
senses and outlaw it.
Ferdi het geskryf:
"En dan is die huislenings nou af na 16%. Dit was iets soos
23% n paar maande gelede. Die spekulasie is dat dit einde
vanjaar 15% gaan wees."
Dit laat my toe so bietjie dink. Verbandkoerse hier in ons
omgewing wissel (volgens die plaaslike koerant) tussen 6,25
en 7,8%. Brandstof (waar ek volmaak - pryse wissel) kos nou
$1,06 per gelling (omtrent R1,70 per liter) - en so kan ek
voortgaan.
Lees nou die dag van 'n internasionaal aanvaarbare metode
om lewensonkoste tussen lande te vergelyk. Jy bereken glo
hoeveel uur moet 'n persoon wat 'n gemiddelde salaris
verdien, werk om 'n item wat in die meeste opsigte
vergelykbaar is, te kan koop. Raai wat is daardie item? 'n
Big Mac! Die redenasie is dat McDonalds gelykvormige
standaarde oor die hele wêreld het waaraan hulle hamburgers
moet voldoen. Wat jy dus in Johannesburg koop moet presies
dieselfde wees as wat jy in New York koop.
Op die oomblik kan jy 'n Big Mac koop vir ongeveer $0,66.
Die statisties gemiddelde salaris hier is $48 000 - volgens
vandag se New York Times. As ons dit aanvaar, dan vedien 'n
gemiddelde Amerikaner $5,48 per uur. Om die redenasie
verder te voer, moet hy dan so ongeveer 8 1/2 minuut werk
om een Big Mac teen $0.66 te kan bekostig.
Ek is nie 'n ekonoom of 'n statistikus nie, en iemand sal
sekerlik my berekenings on twyfel kan trek. My bewerings
ook - maar dis maar wat ek lees.
Nou: as ons dieselfde argument volg, wil iemand dan nie
uitwerk wat 'n Suid-Afrikaner met 'n gemiddelde inkomste
verdien nie, en hoe lank hy moet werk om 'n Big Mac in
Johannesburg te kanbekostig nie?
Dit behoort, op die minste, 'n interessante oefening te
wees.
O ja - en niemand sal meer verheug wees as ek om te hoor
dat dinge in my geliefde vaderland gaan uitwek nie.
Hieruit net die volgende aanhalings: "'n Skrikwekkende
toekomsprentjie oor die uitwerking wat vigs in die volgende
vyf jaar op die vuisvoos mynbedryf gaan hê, is gister deur
een van die land se top-aktuarisse, me. Janina Slawski
geskilder.
Sowat 45% van die land se mynwerkers is reeds HI-positief
en dit het reeds die produktiwiteit op myne met 15% laat
krimp, het Slawski, 'n senior direkteur van Alexander
Forbes en sameroeper van die Aktuariële Vereniging se
Vigskomitee, gesê.
Myne sal in die volgende vyf jaar sowat 20% meer werkers in
diens moet neem om normale produksievlakke vol te hou en
voorsiening te maak vir werkers in sleutelposte wat skielik
siek word of sterf."
en:
"Die koste van die uitbetalings aan sterfte- en
onbevoegdheidsvoordele kan vyfvoudig tot agtvoudig styg bo
die vlakke voordat vigs toegeslaan het.
"Dit kan dubbel tot vyf keer soveel wees as die huidige
vlakke," het sy gesê.
en:
Die meeste van die sterfgevalle kom voor by mense in die
ouderdomme van tussen 25 en 40 jaar, wat beteken dat die
arbeidsmark ervaring en opleiding verloor.
"Wat in werklikheid gebeur, is dat geskoolde arbeid deur
ongeskoolde arbeid vervang word," het Slawski gesê.