Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

kyk asb. na my saait

So., 08 Augustus 1999 00:00

www.comc.co.za/vman/

Verskoon die spelfout op die eerste blad

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Joahn se aapkliersous

So., 08 Augustus 1999 00:00

Johan, jou sous (met wysigings) was heerlik! Ek het bygevoeg: teelepel Cajun
kruie en 'n paar druppels rissiesous - 'n bottel wat ons gekry het van
kennisse wat in Phoenix, Arizona was, met die welluidende naam "Whooping Ass
Hot Sauce" (skuus - dit staan regtig netso op die bottel.) Verder soos jy
hom beskryf het. Weet egter nie of ek dit ooit weer sal kan herhaal nie,
want daar was baie proe en dan bietjie meer van hierdie, dan van daardie,
tot hy op smaak was.

Weet iemand dalk waar kom die naam "monkeygland" sous vandaan? In Afrikaans
sien ek hulle praat prosaies van "kruierysous". Toe die kinders nog klein
was, het ek hulle geterg en gesê dit word van aapkliere gemaak.

Sterkte vir jou week.

Henry

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Gloudina.

Sa., 07 Augustus 1999 00:00

Gloudina, waar is jy???

Ons het waarskynlik almal verskillende smaak - en dit maak die lewe lekker!
Sommige persone neem aanstoot oor sommige van jou bewerings, ander bly stil.

Ek gee nie om nie...ek geniet Afrikaanse digkuns, en mis jou plasings!

'Seblief plaas weer!!

Jan van Perth.--
{IBICF}
djle...@bigfoot.com
ICQ 21792471

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: ISLAM, A VERY SEVERE CANCER FOR HUMAN SOCIETY........can it be eradicated only by surgery?

So., 08 Augustus 1999 00:00

On Sat, 07 Aug 1999 12:29:23 -0800, DiscussionTime wrote:
|
|Is this a strong .......

Wat sou hierdie nou met ons nuusgroep te make hê?!?!

Henri, ek dog eers dis jy wat so yl - jy's die enigste ander ou wat
van remarq af pos, maar sien jou nie as iemand wat sakkm is vir wat hy
te sê het nie. So, jy's onskuldig, maar ek wonder waar val so 'n
knaap uit met so 'n heeltemaal onverwante tirade???? Wonder hoekom
pos hy dit nou juis hier by Afrikaans????

soos Garrison Keiller sê: "...and that's the news from Lake Woebegone, where the women are strong,
the men are good looking and the children are all about average...."

=|:^)

Johan

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Star of Bethlehem.

Vr., 06 Augustus 1999 00:00

Glaudina,
Die ster van Bethlehem is 'n woestyn plantjie en glad nie 'n tjienkeretjie
nie.
Jacqui
--
pro...@bigfoot.com
http://www.chello.nl/~a.daane/protea.htm

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!")

Vr., 06 Augustus 1999 00:00

Ferdi het gevra in antwoord op Johan se stelling):
> Gaan jy se of jy - vereenselwiger met Italiane uit die Middeleeue -
> jou ook vereenselwig met die briljante kerkfilosoof uit die Middeleue,
> Sint. Augustinus?
> Ferdi,

Watter St Augustinus praat jy van? Die een wat ek ken het in die 4de eeu
NC geleef, nou nie juis die "Middeleeue" nie! Ek het die volgende
artikeltjie oor hom raakgeloop in my Microsoft Bookshelf:

"Augustine, Saint
Augustine, Saint (ô´gestên, -tîn; ôgùs´tîn), 354-430, Doctor of the Church,
bishop of Hippo (near present-day Annaba, Algeria); b. near Hippo. Brought
up as a Christian by his mother, St. Monica, Augustine gave up his religion
while at school in Carthage, then converted to MANICHAEISM. He taught
rhetoric in Rome (after 376) and Milan (after 384). In Milan he was drawn
to the teachings of St. AMBROSE and to NEOPLATONISM, and finally embraced
Christianity, returning (387) to a monastic life in Tagaste. In 391 he was
ordained a priest in Hippo, where he remained for the rest of his life,
serving as bishop from 396. St. Augustine's influence on Christianity was
immense, and theologians, both Roman Catholic and Protestant, look upon him
as the founder of theology. His polemics against Manichaeism, Donatism, and
Pelagianism are well known, and his autobiographical Confessions is a
classic of Christian mysticism. On the Trinity systematized Christian
doctrine, and The City of God, his monumental defense of Christianity
against paganism, is famous for its Christian view of history. Feast: Aug.
28.(1)

(1) The Concise Columbia Encyclopedia is licensed from Columbia University
Press. Copyright (c) 1995 by Columbia University Press. All rights
reserved."

Hy is in Afrika gebore en is boonop een van die groot kerkvaders (van die
Protestantse sowel as Katolieke kerke). Hy het byvoorbeeld die idee
gegrondves dat ons moet teruggaan na die Evangelie soos dit deur die
Apostels beleef, bely en verkondig is, en nie soos deur baie van die sektes
en pseudo-kerke van daardie tyd wat baie op persoonlike openbarings ens
gesteun het nie. Die hervormers soos Martin Luther, Ulrich Zwingli, Calvyn
e.a het weer op hulle beurt teruggegryp oor 12 eeue dwarsoor die verworde
Katolieke kerk na Augustinus se uitsprake en beginsels toe hulle die drie
basiese beginsels van die Gereformeerde kerke daargestel het: "Sola
scriptura, sola fide, sola gratia" (Dit kom daarop neer dat ons gered word
alleen deur ons geloof en die genade van God, en dat die (hele) Woord van
God in die Bybel opgeteken staan, weereens (veral) geen "persoonlike
openbarings" soos o.a. deur Mohammed e.a. (veral ook onder die hedendaagse
"Faith Movement" predikers) nie) Interessant genoeg het die Katolieke kerk
in die sg. Teenreformasie ook weer baie treruggegaan na die ou kerkvaders
soos Ambrosius en Augustinus. Daar is nog 'n ander St Augustinus wat van
Itali:e af kom (5de eeu NC) en bekend staan as die "Engelse Apostel"
deurdat hulle reken hy het die kerk in die suide van Engeland gevestig.

Dink jy Johan sal met hom assosieer? Johan se ware kleure wys so 'n
bietjie, maar ek dink ek weet wat hy probeer sê. Ek beskou myself beslis
nie as 'n Europe:er nie. Ek het wel 'n horde goed aan my wat Europees is,
o.a. my voorkoms, my godsdiens, my van, taal (ook nie heeltemal nie), my
liefde vir klassieke musiek, opera, teater (beslis nie Westerse pop- of
rockmusiek nie). Maar of ek maklik daar sou bly of met hulle sou
assosieer? Ek was vir 'n jaar daar en glo my, ek verstaan nou baie beter
hoekom ons so baie moeilikheid met die Souties en die Hollanders en die
Duitsers het. Ek het natuurlik ook baie dinge van Afrika aan my: my liefde
vir die son, buite, die meer vriendelikheid en openheid waarmee ons hier
leef (ek praat nou nie van die seksie van die bevolking wat misdadig is
nie, hulle leef alles behalwe openlik en vriendelik) waarskynlik het ek
meer as 'n druppel Afrika en Indonesiese bloed in my. Maar grotendeels
deel ek nie die Afrika-kultuur met my mede (swart) landgenote nie. Ek deel
nie in die moderne verbruikerskultuur van die oorgrote meerderheid wit
landsgenote nie Die ANC en sy trawante sê ek is 'n Afrikaan, maar
terselftertyd word ek as 'n Rock of Whitey of Honky uitgekryt, die
polities-korrektes sê ek is 'n Afrikaanse (is dit nie 'n byvoeglike
naamwoord nie?), ek sê ek is 'n Afrikaner. S^e jy nou vir my wat is ek
(behalwe verward)?

Van kultuur gepraat, dink jy (en ouens soos LesWin/Propacem) dat dit 'n
goeie ding is dat die swart bevolkingsgroepe so te sê 'en masse' die
Westerse kultuur omarm en feitlik deur die bank hul eie kultuurgoedere as't
ware weggooi?

Groete,
Dries

>

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Profesiee oor SA

Do., 05 Augustus 1999 00:00

Iemand het 'n e-pos gestuur en inligting gevra daaroor.
Jammer dat ek jou weggejaag het vriend. Hier is dit. My
interpretasie.

Bruin briewe geskrye: die +- 9 maande geskrywe oor die
situasie in SA. Daarvoor is gelag katjie tjank maaiu maaiu.

Australie en die Olimpiese spele in +- April/Mei 1999. Die
grond in Sydney het eers behoort aan die weermag. Voor dit
was 'n slagpale. Vgl Nostradamus.

Kort daarna het die oorlog in Kosovo uitgebreek. (Noorde).

Wapens word weggevat: +- Mei 1999 het Beeld 'n artikel
gehad van die nuwe wapenwet. Apostels van Jesus het nie met
wapens rondgeloop nie. Hulle het sendingwerk gedoen, en
genesing gebring. Ons het nie wapens nodig nie as ons in
God glo. Afgewdwaaldes (bokke) wil met wapens rondloop,
omdat hulle die dood vrees, en pyn en leiding wil
vermy. Dit is 'n Godgegewe geskenk om ons te reinig.

Word skape, wat die Herder sal kom haal wanneer Hy wil, hoe
Hy wil. Weier om 'n wapen te besit - laat smelt dit. Hoe
minder hoe beter. God het die situasie in beheer, en sal
self besluit wie wanneer gehaal kom word.

In Julie is hier teruggekom, en feite meegedeel van my
reise. Dit is verkeerd om mense te verkleineer, en verkeerd
op myself op te blaas. Ek stel nie meer belang om 'n
ystervuis te wees wat Comrades daag nie. Sal net meer
geweld veroorsaak.

Jammer, het linkse en regse media beledig wat geweld
opsweep, dit was ek gewees. Julle het dit vir my uitgewys.
Dankie daarvoor. Vra omverskoning.

Ons is op pad na geestelike eenheid toe. Jou ras, geslag,
godsdiens, verkleur, taal, finasiele profiel is maar net
plakkertjies wat die ware essensie van mensewees probeer
vervang. En ons gaan op 'n ego-trip daaroor. Lees gerus Leo
Buscaglia se boek LOVE. Dit is pragtig. Dit is die formule
om die reenboog te genees na 'n bliker reenboog toe. Van
"pain-ful" to "grow-ful". Jou pyne is geleendhede vir
persoonlike groei.

Moeder Kali in die Hindoe geloof is die moeder wat die
slegte vervang met 'n beter goeie.

Besef een ding: hoe meer respekvol en sensitief mense is
teenoor mekaar, veral teenoor Swartmense, asb, hoe minder
geweld sal daar in SA wees. Om 'n mens te respekteer vir
wat hy is, en vriendelik en liefdevol teenoor almal te
wees, is onvoorwaardelike liefde. Dan slegs kan ons mense
genees van pyn. Bestudeer die beginsels van genesing -
begin by Louise Hay. Dan sal julle verstaan.

Is nie meer 'n Afrikaner nie, maar 'n mens. As mense wil
integreer, ek het geen probleem daarmee nie. Dit is julle
keuse, en vrye reg. Ek weier om dit van mense weg te neem.

Soek 'n beter "handle" as Resiger. Wat by die Nuwe SA se
Konstitusie aanpas, en meer as een taal aanpas. Enige
idees? Stuur 'n e-pos, dankie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Comrades en Swartmense is goeie mense

Do., 05 Augustus 1999 00:00

Die hele aspek waaroor die vryheidstryd gegaan het, is om
die reg om mens te wees, en nie uitgesluit te word uit die
SA gemeenskap in tuislande nie. M.a.w. om in 'n integreerde
samelewing in SA te leef. Hulle het die reg om mens te
wees, en om soos alle ander mense behandel te word. Daarmee
is niks verkeerd nie.

Het hulle baie gehelp in die rekenaar industrie, na hulle
geluister, geleer en respekteer van waar hulle kom. Het
hulle my werk ook geleer, en "short-cuts" gewys. Daarom kan
'n mens deur hardlopende optogte ry, strikes, toyi-toyi
ens. Behandel hulle met respek, net soos andere, en jou
lewe verander totaal. Lees gerus postings in
soc.culture.south-africa.

Baie politiek met Xhosas gepraat, om te verstaan wat
aangaan, en hulle punt in te sien. En die formule gekry vir
vreedsame naasbestaan. Nou wil ek dit met andere deel.
Hulle kan dieselfde werk net so goed doen, en verdien
gelyke betaling. Ek weet. Is 'n programmeerder en stelstel
ontleder, en het 3 pakkette - Mapics, BPCS en JBA -
installeer by talle fabrieke en finansiele instellings.
Alle modules. En die politiek en geestelike aspekte
bestudeer. Swartmense het my baie gehelp in SA - werk en
na werk. Nou is dit my beurt om hulle te help. Daarvoor sê
ek dankie - veral die internet en die media wat my help om
'n beter diens te lewer.

Nie meer 'n regse tier nie, net 'n mens soos almal hier. Ek
weier om 'n wapen te besit. My pad is die van die hart, om
lief te hê en genesing te bring. Al maak ek foute, vergewe
my, ek sal opstaan en weer probeer. Vir julle sê ek
dankie. Veral vir julle vriendelikheid, en saggeaardheid
van menswees, wat net so sensitief soos ek is.

Wat gister in 'n tronk gewees. My ma gesoek terwyl ons
gewag het. 'n Swartman het my na haar gewys.
Tronkbewaarders was vriendelik. Vir hom gesê iemand soos
hy kan hierdie hele plek genees. Grappe vertel. Die mense
het dit geniet.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Internasionale sjokolade

Do., 05 Augustus 1999 00:00

Vir die van julle wat in SA is:-

Ons kry nie regte Cadbury sjokolade in die VSA nie! Dis wreed, maar waar!

Hershey vervaardig wel Cadbury sjokolade, maar dit proe baie anders. Die naaste
wat ons aan regte Cadbury kan kom, is om sjokolade per geleentheid of per pos
van Kanada af te bestel. Die smaak is baie nader aan SA sjokolade as die
Hershey produk.

Ek en my vrou loop gisteraand in die Mall of America en swaai daar by 'n Ierse
winkeltjie in waar gewoonlik ook regte Cadbury sjokolade is. ('n Flake is darem
maar onvervangbaar in die sjokolade wereld.) En daar kry ons toe nou werklik
internasionale sjokolade:

Ons, as oud-SuidAfrikaners loop in 'n Ierse winkel In Amerika in om sjokolade te
kry wat soos die SuidAfrikaanse soort proe. Die sjokolade papiertjie sê die
sjokolade word vir Cadbury van Dublin Ierland vervaardig, maar complaints moet
jy na Cadbury in Engeland stuur. Die sjokolade is in Argentinié vervaardig.

Dit het redelik lekker gesmaak! Die oorlog oor die Falklands is hopelik al
vergete!

die nie-reisende Johan

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Nog iets....

Do., 05 Augustus 1999 00:00

Johan, byna vergeet ek van een van die kekkerste lekkertes: koop 'n bakkie
vars blueberries by jou supermark. Sit dit dan netso in die vrieskas, tot
dit kliphard bevrore is. Eet dan daarvan (sonder om te ontdooi) vir nagereg,
of sommerso tussenin op 'n lekker waaaaarrrrrm somersdag. Heerlik
verfrissend, vars en koel, beter as as roomys! Probeer dit gerus.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1179  1180  1181  1182  1183  1184  1185  1186  1187  1188  1189  1190  1191  1192  1193  1194    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 13 07:54:51 UTC 2026