Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Toekoms Advies vir: Afrikaanse Eerlikheids Beweging

Do., 03 Februarie 2000 00:00

Wil graag die AEB gelukwens vir die super sukses wat bereik is
sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys,
asook elders op die Planeet. Veral om Suid Afrika te help groei
van apartheid na die Reenboog Nasie vandag. Veral vir die
stigting van die AEB. Asook vir die menige bydraes gelewer aan
die Suid Afrika en Afrika Renaissance. En vir die deursettings
vermoë en vasberadenheid van die leier, Ds. Cassie Aucamp. En
die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. Insluitend om die Regering van ons Paradys,
asook elders op die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te
bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

Insluitend, om Isabel Jones, Mnr. Paul Zwick en die Fair Deal
personeel en produksie span geluk te wens vir die super sukses
wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van
ons Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir die
deursettings vermoë en vasberadenheid. Asook om die geloof, hoop
en vertroue van menige Suid Afrikaners te verhoog. Baie spesiale
dank aan ABSA Bank, om die Fair Deal span te borg. Veral word
dank ook betuig aan die SABC, om hierdie super reeks vir die
menige jare uit te saai. En die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. Insluitend om die
Regering van ons Paradys, asook elders op die Planeet, te
ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer. :)
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

En veral ook graag Radio Pretoria gelukwens vir die super sukses
wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van
ons Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir die
deursettings vermoë en vasberadenheid. Asook die deel van menige
inligting gewende en vermaaklikheids programme. Asook Ds. Mossie
vd Berg se deelname tydens godsdiens programme en ander bydraes.
En die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. Insluitend om die Regering van ons Paradys,
asook elders op die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te
bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om 'n neutrale kliente
diens organisasie te stig. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou
die oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te
verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik
net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Stel voor persone buite die Politieke Arena stig Die Nuwe AEB -
Die Afrikaanse Eerlikheids Beweging. Om 'n kliente diens
soortgelyk as Fair Deal te lewer. Wil hoogstens aanraai Ds.
Mossie vd Berg word die President van hierdie Organisasie.
Hierdie Organisasie moet gevorm word as 'n nie-winsmotiveerde
organisasie, met 'n konstitusie van staal.

Die Nuwe AEB kan begin om 'n leuen naspeur toets te ontwikkel.
Om persone te toets wat vir Die Nuwe AEB gaan werk. Neem persone
in diens wat 'n hoë waarde aan eerlikheid heg. Stel voor die
hoofkantoor van Die Nuwe AEB word in die middel van die Nuwe
Suid Afrika gevestig, naamlik Bloemfontein. Om as middelpunt te
dien vir 'n netwerk van kliente diens sentrums regoor die hele
land.

Die volgende stap is om te kyk na Kliente Beskermings Wette.
Bestudeer hierdie wette intensief. Neem 'n neutrale standpunt in
- ondersteun beide die diens verskaffer en die klient. Vra dat
'n Klient Beskermings Wet ingestel word, indien dit nie alreeds
bestaan. Ook kan aanpassings aan hierdie Wet op 'n latere
stadium aangevra word, namate kliente diens groei na ander
gebiede.

Waar gaan die geld vandaar kom ? Donasies, natuurlik. Persone
wat ondersteuning ontvang, en tevrede is met die diens, kan
donasies gee indien hulle wil. Dit moet duidelik aan die publiek
oorgedra word. Fasiliteite en inligting kan aan die publiek
beskikbaar gestel word, om skenkings te maak, wanneer hulle wil.

Die volgende stap is om te adverteer dat Die Nuwe AEB gevorm is,
asook die doelwitte. Voer onderhoude met aansoekers wat in
Kliente Diens Sentrums gaan werk.

Die Nuwe AEB kan dan Kliente Diens Sentrums stig. Hierdie diens
gaan gratis aan kliente gelewer word. Om te verseker 'n
regverdige diens aan kliente gelewer word, in die menige aspekte
van die samelewing. Dus kan Die Nuwe AEB neutraal bly: Kan enige
saak aanvaar, afhangende van personeel beskikbaar. Stel
ondersoek in die saak in. Evalueer al die feite voordat met die
saak voortgegaan word. Ondersteun diegene wat in hulle sake
belangstel - wat hulle boodskappe beantwoord. Stel 'n hoë
geestelike norme standaard.

Stel voor gesprekke word opgeneem d.m.v. band opnemers en/of
video materiaal. Wil hoogstens aanraai om leuen opspoorder
tegnologie saam met die telefoon te gebruik. Ook kan leuen
opspoorder tegnologie met 'n persoonlike rekenaar aangewend
word. Telefoon gesprekke kan ook op die harde skyf van rekenaars
geberg word. Stel voor "backups" word op 'n geheime plek - buite
Die Nuwe AEB se kantore/diens sentrums - geberg word.

Wil hoogstens aanraai om goeie verhoudinge met Fair Deal te
vestig. Asook om kliente na mekaar te verwys. Veral om beter
tegnieke met mekaar te deel, namate dit uitgevind word. En hoe
rekenaar tegnologie gebruik kan word om 'n beter diens te lewer.
Opnames en artikels kan met mekaar gedeel word, vir verwysings
doeleindes.

Onthou daar kan diegene wees wat u tot die uiterste op die proef
gaan stel. Wees versigtig vir diegene wat u wil ondersteun, om u
groei eksponensieel te vergroot. En/of diegene wat u heuning om
die mond smeer. Gaan verwysings persoonlik na.

Wanneer persone van ons Paradys uitvra oor die AEB, kan hulle na
die Federale Alliansie verwys word. Of die Politieke Party
waaraan lede van die AEB hulle steun verleen. Anders kan hulle
na Die Nuwe AEB verwys word, indien hulle 'n kliente diens
benodig.

Programme kan oor Radio Petoria uitgesaai word, indien nodig.

Die Nuwe AEB vir die Nuwe Suid Afrika. (DNA vir die NSA) Die
reisiger hoop u word net so beroemd soos Fair Deal.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :)
Kliente diens kan uitnemend verhoog word. :) Wye media dekking.
:) Koerant verkope kan verhoog word. :) Vrede en voorspoed kan
uitnemend verhoog word. :) Gemeenskaplike belange kan alle
partye geweldig bevoordeel. :) Die Afrika en Suid Afrika
Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem. :) En 'n beter
lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

gesoek *BAGASIE*

Do., 03 Februarie 2000 00:00

Hallo groep,

Het enig iemand die volledige teks van *BAGASIE* deur Andre p. Brink ?

Ek het nou slegs DEEL 1 en ons is einlik baie nuusgierig na die oorblywende

deel 2 en 3. Dit skyn 'n blyspel te wees in drie tonele.

Waar kry ons die volledige teks ?

Baie dankies vir U antwoord,

Patrick (van Nederland)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Debat oor Afrikaans op SêNet

Do., 03 Februarie 2000 00:00

Op die andersins powere www.24.com is daar 'n redelike interessante
debat oor Afrikaans ... sien
http://www.24.com/lifestyle_&_interests/books/litnet/sen et/default.asp

ONDERSKEI TUSSEN PRIVATE EN OPENBARE AFRIKAANS ...

Soos 'n ander briefskrywer dit onlangs op SêNet stel, het Dan Roodt
dit gewis reggekry om 'n lewendige debat aan die gang te sit. Wanneer
'n mens kyk na die verskillende besware wat briefskrywers teen die
betoging geopper het, is dit myns insiens nodig om drie waarnemings
daaroor te maak:

1.Die eerste waarneming is dat dit in die huidige Afrikaanse
taalpolitiek nodig is om 'n ontsettend belangrike, dog dikwels
nagelate, onderskeid te tref tussen openbare en private
Afrikaans. By private Afrikaans bedoel ek Afrikaans soos ons
dit elke dag in die omgang gebruik om sosiaal te kommunikeer,
om liefde te maak en te huil, en om skeppend te wees. By
openbare Afrikaans bedoel ek Afrikaans soos dit in die
onderwys, reg, politiek, wetenskappe en ekonomie gebruik
word. In 'n volwaardige, selfstandige taal is albei hierdie fasette
van taalgebruik funksioneel noodsaaklik vir die gedying van die
taal.
As ons terugkyk sedert 1994 en selfs daarvoor, is dit duidelik
dat private Afrikaans, in teenstelling met openbare Afrikaans,
van krag tot krag gegaan het. Met die heengaan van die
apartheidsregime het Afrikaans sy politieke bagasie vinnig
verloor en het daar 'n duidelike ommekeer in houding teenoor
Afrikaans as omgangstaal deur Afrikaanssprekendes en
nie-Afrikaanssprekendes gekom. Hiervan getuig die groter
bereidwilligheid wat baie van ons sekerlik op voetsoolvlak ervaar
van mense om Afrikaans te praat, sowel as die groei van veral
Afrikaanse musiek en letterkunde in die jare negentig.
Aan die ander kant is dit duidelik dat openbare Afrikaans
sedert 1994 'n kreeftegang beleef. Daar kan 'n hele lang lys van
voorbeelde aangehaal word, waarvan ek slegs 'n paar noem: die
uitspraak deur die Grondwetlike Hof in 1996 dat die verpligting
tot moedertaalonderrig in staatskole nie op die staat
afdwingbaar is nie, die groeiende verengelsing van die
bestaande Afrikaanse universiteite, die uitboendering van
Afrikaans uit die staatsdiens en semi-staatsektor, die afgang
van Afrikaans in die openbare media en so meer. 'n Uitstekende
oorsig hiervan word deur Z.B. du Toit gegee in sy hoofstukke oor
taal in Die Nuwe Toekoms. Dit kom in kort daarop neer dat die
hele erflating van die pre-apartheid (toe nasionalisme nog
gelykgestaan het aan linkse politiek) Afrikaanse taalapologete
al tot 'n groot mate ongedaan gemaak is. Hoewel Jaap Steyn se
biografie oor Van Wyk Louw nie sonder gebreke is nie, toon hy
baie duidelik aan in watter ellendige posisie Afrikaans so kort as
80 jaar gelede nog was, beide openbaar en privaat, en hoe die
bemagtiging van openbare Afrikaans ook 'n kragtige effek op
private Afrikaans gehad het.
Die ironie is natuurlik dat ons sedert 1994 sien hoe private
Afrikaans gedy terwyl openbare Afrikaans afgaan. Die hele gros
briefskrywers wat Dan dus kritiseer omdat dit so goed met
Afrikaans sou gaan, besef eenvoudig nie hierdie belangrike
onderskeid nie. En Dan se voorgestelde petisie het duidelik niks
te doen met private Afrikaans nie. Daarom is die standpunt dat
"ons net die taal moet praat met 'n smile "en so meer eintlik
heeltemal misplaas. Om lekker te karfoefel in Afrikaans gaan
helaas nie die kreeftegang van openbare Afrikaans keer nie.
Ek steun dus Dan se betoging in die eerste plek ter wille van
die handhawing van openbare Afrikaans.

2.'n Veelheid van briefskrywers reken dat wanneer 'n mens oor
Afrikaans protesteer moet jy regs wees, beangs en 'n laer wil
trek. Hiermee word myns insiens 'n verdere belangrike kwessie
misgekyk, naamlik dat die politieke toneel wêreldwyd en in
Suid-Afrika in so 'n mate verskuif het dat etniese politiek nie
meer regs is nie, maar links. Die progressiefste politiek word
vandag gevoer deur die Chiapas-Indiane van Meksiko, die
Quebeckane van Kanada, die Katalone van Spanje, die
Walliesers, om maar 'n paar te noem. By al hierdie minderhede
is die strekking van hulle betoog duidelik links, selfs ultralinks,
soos by die Chiapas wat by wyse van die Internet 'n
merkwaardige stryd voer teen onderdrukking en waansinnige
globaliseringstaktieke deur die Meksikaanse heersersklas.
My raaiskoot is dat veral jong Afrikaners, wat al te dikwels
deur ou omies met regse agendas in die vorige bedeling tot
taalsuiwerheid opgekommandeer is, nog nie besef het dat
daardie dae verby is nie. Afrikaans bevind haar vandag in die
unieke posisie dat die ou en die jong geslag nie mekaar die
stryd hoef aan te sê nie. Die ouer geslag is eintlik verleë oor die
wanpolitiek wat hulle tydens apartheid gevoer het en kyk na die
jonges vir nuwe idees en energie. Net so kan die jonges vandag
rustig by die ooms aan tafel sit en uitvind watter foute om nie te
begaan nie, op grond van die ooms se ervaring. Ons kan nie
vandag die verdelingslyne van die verlede meer aanvaar of selfs
bekostig nie: daarvoor is die situasie te dringend. Oud en jonk,
links en regs, moet dus vinnig besef dat die tyd vir 'n herdinking
van wie ons is aangebreek het en dat dit 'n kreatiewe
geleentheid is waarvoor daar nie 'n historiese presedent in
Afrikaans bestaan nie. Wie dink dat byderwetse
taalnasionalisme regs is, ly aan geheueverlies en dink dat die
geskiedenis van Afrikaans terugstrek tot 1948. Moet tog nie
vergeet dat die eerste republikeine van Suid-Afrika die boere van
Stellaland en Swellendam aan die begin van die 19de eeu was
nie en dat hulle hulle met die destydse voorste linkse politieke
beweging van daardie tyd, naamlik die Franse Rewolusie,
verbind het.

3.Daar is briefskrywers wat beweer dat veeltaligheid die beste
opsie vir taalpolitiek is. Op die oog af is veeltaligheid sonder
meer die sinnigste opsie vir Suid-Afrika. Die feit van die saak is
egter dat die ANC self nie 'n hel omgee vir Afrikatale of
veeltaligheid nie. Hierdie mense, wat so hard probeer om swart
Engelse te wees, het nie net Engels in die proses verkrag nie,
maar smeer hulle eie tale in die grond in. Dit sal dalk vir baie
mense interessant wees om te weet dat 'n lid van die
beleidseenheid van die Gautengse onderwysdepartement, 'n
ANC-man, onlangs aan my by 'n diplomatieke geleentheid
erken het dat die huidige bewind eintlik nie weet hoe om die
taalkwessie te hanteer nie, dat dit beslis in die volgende twee
jaar 'n brandende vraag gaan word, en dat 'n groot rede vir die
katastrofale matriekuitslae is omdat die swart leerlinge nie in
hulle eie tale onderrig word nie. Dit is ongelukkig ook die verhaal
van die ganse post-koloniale Afrika en dit is onder andere
waarom daar 'n paar dae gelede 'n sekretariaat vir die
bevordering van Afrikatale in die lewe geroep is.
Wat mense blykbaar nie begryp nie, is dat wanneer ek as
Afrikaanssprekende vir my taal opkom dit outomaties 'n slag vir
veeltaligheid weg van eentaligheid impliseer. Engels is as ons
enigste internasionale taal gewis 'n belangrike bate, maar nie
wanneer dit mense ontmagtig nie. Dan verloor almal.
Veeltaligheid sal 'n doodgebore ideaal bly solank alle taalgroepe
in Suid-Afrika nie begin om vir hul tale in hul tale voorspraak te
doen nie.
As Afrikaanssprekende het ek ook doodgewoon nie die
legitimiteit om namens Zoeloe- of Xhosasprekers te protesteer
nie. Maar dit beteken terselfdertyd nie dat ek nou maar niks vir
my eie taal moet doen nie. Waarom dink soveel mense dat
protes vir Afrikaans neerkom op die minagting van veeltaligheid?

Om dus op te som, hoewel ek enkele klein wysigings aan Dan se
petisie sal voorstel, steun ek sy betoging ten volle en dit om drie
redes:
omdat die openbare kreeftegang van Afrikaans gestuit moet word,
omdat ek 'n byderwetse linkse posisie as lid van 'n progressiewe stam
wil inneem, en omdat ek daarmee tegelyk 'n bres vir veeltaligheid in
die
eentalige fasade van ons sentralistiese bewindhebbers wil slaan.
Uiteraard moet die intellektuele gesprek en pogings tot
onderhandelings met die regering hieroor voortgaan, en is 'n Handves
van Minderheidsregte ook my ideaal, maar dit sal hulle goed doen om
ook te besef dat hulle hulself 'n slag by hul eie beweerde
veeltaligheid
moet hou en dat Afrikaanssprekendes lankal nie meer die indoktrinasie
van gesagsfigure, hetsy politici, morele kwakers of kenners sluk nie.

Johann Rossouw

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Re - UDM lede om Politieke Party te kies

Do., 03 Februarie 2000 00:00

Die reisiger wil Mnr. Roelf Meyer hoogstens aanraai om terug te
keer na die Politiek. Daar wag 'n fantastiese toekoms vir hom.

Love all Serve all.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

JIM REEVES afrikaanse songs

Do., 03 Februarie 2000 00:00

Hallo Nuusgroep,

Ons soek nou enig iemand wat vir my die JIM REEVES CD *Jy is my liefling* sal

koop in Suid Afrika. Ek het twee bestellings vir die CD hier in my CD shop.

Dit skyn in Nederland nie te bestel te wees nie. Die CD maatskappy het vir my

vertel dat dese CD slegs vir die binnelandse markt in Suid afrika bedoel is.

Ons betaal U natuurlik vooraf en ook die lugposkoste sal word voldaan.

Maak twee in Nederland wonende ou Suid Afrikaanse mense baie gelukkig asseblief.

Bair dankies van Patrick (van Nederland) ekskuus vir spellingsfoute

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bejaarde Mishandeling

Do., 03 Februarie 2000 00:00

Daar word op 11 Feb. 00 by die Burgersentrum in Amanzitoti die verhoor van
die "Mishandelaars" gehou julle bystand in die verband sal hoog op prys
gestel word. U wat nie daar kan wees vir die verhoor nie kan die boodskap na
so veel mense as moontlik gestuur word.
Daar word ook dringend gesoek na n "BIG SCREEN TV" vir die verhoor om die
videoband te vertoon.

Baie, Baie, DANKIE!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die NSO is dood

Wo., 02 Februarie 2000 00:00

Ek weet ek kom nie meer dikwels hier nie. Maar was daar enige
kommentaar oor die feit dat die NSO nie meer bestaan nie? Of oor
wat Ben Ngubane glo te sê gehad het - soos aangehaal in die
Netweergawe van die Beeld? Die NY Times op die Web het 'n
langerige artikel gehad - m.i. bevooroordeeld - waar ek die
eerste keer daarvan gehoor het. Vandag se Web-Beeld skets ook
nie 'n mooi prentjie van die NSO nie.

Dink iemand dit maak saak - of nie?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Toekoms Advies vir: Afrika Ontwikkelings Inisiatief

Di., 01 Februarie 2000 00:00

Wil graag die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook
elders op die Planeet. Veral die ANC, en President Thabo Mbeki,
vir die deursettings vermoë en vasberadenheid. Asook vir
deurlopende stabiliteit van stelsels, veral vanaf 1 Januarie
2000. En om die Nuwe Suid Afrika te bestuur om te kan skyn soos
goud in die oggend son. Insluitend die menige bydraes wat
gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En nog
baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik
waardeer.

Wil ook graag afgevaardiges wat die Wereld Ekonomiese Forum
gelukwens, veral President Bill Clinton, vir die super sukses
wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van
ons Paradys, asook elders op die Planeet. Spesiale dank aan die
Regering van die VSA, vir die besluit oor sekere Lande om
toegang te verkry aan bekostigbare medisyne, veral miv+ / vigs
medisyne. Asook vir die waarborg van President Clinton vir US$
1-bn vir miv+/vigs navorsing. Insluitend om die Regering van ons
Paradys, asook elders op die Planeet, te ondersteun om hulle
doelwitte te bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie
dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om globalisasie van Afrika
te verhoog. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het
aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan
enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse.
Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en
/ of te verander na vrye wil.

'n Gedeelte van bg. fondse, indien nodig, kan spandeer word aan
miv+/vigs navorsing huidiglik onderweg in die Nuwe Suid Afrika.
Die ontdekking van 'n geneesmiddel vir miv+/vigs d.m.v. urine
terapie word verwag teen 2004.

Deel van fondse kan aangewend word om Afrika griep (miv+/vigs)
inligtigs materiaal te ontwikkel. Asook video programme en
publieke bewustheids programme, indien dit nie alreeds gedoen
is.

Wil hoogstens aanraai om publieke vergaderings te hou, om die
opinie van die gemeenskap vooraf te bepaal, aangaande die
vestiging van Afrika griep kwarantyn gebiede. Asook gebiede te
vestig waar persone nie Afrika griep het. Insluitend om idees in
te win om die verspryding van Afrika griep te bekamp.

'n Groot gedeelte van fondse kan spandeer word om Afrika griep
kwarantyn gebiede / gemeenskappe te vestig, waar moontlik. En
om, indien nodig, gebiede / gemeenskappe te vestig waar persone
nie Afrika griep het. Afhangende van die keuse die betrokke
gemeenskap. Bg. gebiede / gemeenskappe kan skole, ontspannings
areas, asook mediese fasiliteite bevat. Ook kan miv+/vigs
toetsing ondergaan word, wanneer gebiede / gemeenskappe binne
gegaan word waar persone nie Afrika griep het, indien nodig. Sal
hoogstens aanraai, dat bestuurders wat nie Afrika griep het,
goedere deur gebiede / gemeenskappe te vervoer waar persone nie
Afrika griep het. Dit kan persone geweldig ondersteun indien bg.
gebiede / gemeenskappe duidelik identifiseer word, d.m.v.
rigting wysers, naamborde, ens. in verskeie tale.

Oorblywende fondse kan spandeer word om die infra struktuur -
paaie, telefone, ens. - te verhoog in Afrika lande.
Werksgeleendhede kan ook verhoog word in die volgende gebiede:
inligting tegnologie, voedsel en drank, tekstiel en klere
vervaardiging, finansiele dienste, landbou, myne, asook
administrasie en welsyns diense.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Afrika en Suid Afrika Renaissance 'n kwantum
sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :)
Verspreiding van Afrika griep kan beperk word. :) Risiko vrye
gebiede vir mense wat Afrika griep het. :) Risiko vrye gebiede
vir mense wat nie Afrika griep het. :) Families kan kies in
watter gebiede hulle wil woon. :) Veiligheid en voorspoed kan
verhoog word. :) Gemeenskaplike belange kan alle partye
geweldig bevoordeel. :) Die Afrika en Suid Afrika Renaissance
kan 'n kwantum sprong vorentoe neem. :) En 'n beter lewe kan vir
almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Toekoms Advies vir: Fair Deal

Di., 01 Februarie 2000 00:00

Wil graag Isabel Jones, Mnr. Paul Zwick en die Fair Deal
personeel en produksie span gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons
Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir die deursettings
vermoë en vasberadenheid. Asook om die geloof, hoop en vertroue
van menige Suid Afrikaners te verhoog. Baie spesiale dank aan
ABSA Bank, om die Fair Deal span te borg. Veral word dank ook
betuig aan die SABC, om hierdie super reeks vir die menige jare
uit te saai. En die menige bydraes wat gelewer word aan die
Afrika en Suid Afrika Renaissance. Insluitend om die Regering
van ons Paradys, asook elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie
dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil ook graag die Daaglikse en Weeklikse nuusmedia, asook Radio
en TV Stasies, gelukwens vir die super sukses wat bereik is
sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys,
asook elders op die Planeet. Veral vir die deursettings vermoë
en vasberadenheid. Asook die deel van menige inligting gewende
en vermaaklikheids artikels en programme. En die menige bydraes
wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance.
Insluitend om die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie
meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die effekiwiteit van
Fair Deal te verhoog. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die
oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry.
Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid
van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos
dit is, en / of te verander na vrye wil.

Stel voor om Fair Deal kantore in verskeie stede op te rig, bv.
Durban, Port Elizabeth en Kaapstad. Asook elders, indien
genoegsame fondse beskikbaar is. En om fasiliteite en inligting
aan kliente en die publiek beskikbaar te stel, om skenkings te
maak, wanneer hulle wil.

Sal hoogstens aanraai om TV program inhoud te verhoog vir
kliente van die laer inkomste groep. Veral om klem te verhoog op
transaksies in die finansiele, opleiding en onderwys, en
gesondheids verwante aspekte van die gemeenskap.

Asook om programme oor radio stasies uit te saai, bv. Kaya FM,
Radio 702, Lotus FM, ens.

Sal hoogstens aanraai om artikels te publiseer op 'n daaglikse
en/of weeklikse basis in koerante, bv. The Soweton, The City
Press, The Star, Sunday Times, Sunday Independant, ens. Artikels
kan ook publiseer word in woongebied en/of streeks koerante.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :)
Kliente diens kan uitnemend verhoog word, veral vir laer
inkomste gemeenskappe. :) Wye media dekking. :) Koerant verkope
kan verhoog word. :) Vrede en voorspoed kan uitnemend verhoog
word. :) Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig
bevoordeel. :) Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n
kwantum sprong vorentoe neem. :) En 'n beter lewe kan vir almal
geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Die betekenis van kuil/kuyl

Ma., 31 Januarie 2000 00:00

Halfpad tussen Kaapstad en Stellenbosch is daar 'n plek wat
Kuilsrivier genoem word. Dit lê aan 'n rivier (of eerder 'n
stroompie) met dieselfde naam. Reeds in die vroeë VOC-dae
(1680's) was daar 'n vee-pos met die naam De Kuilen (of, in
sommige tekste, "De Kuylen"). Kuyler of Kuylen kom natuurlik ook
voor as 'n agternaam of van, maar ek twyfel of die plek na 'n
persoon genoem is. Sommige mense sê dat die rivier sy naam gekry
omdat dit vol gate (kuile) was. Ek het ook iewers gehoor dat die
woord "kuil" in die VOC-dae 'n soort van riet beteken het wat op
rivier-oewers groei, maar ek kan geen bevestiging hiervoor kry in
woordeboeke nie.

Weet iemand iets meer oor die herkoms van die naam?

Swart Simon

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1114  1115  1116  1117  1118  1119  1120  1121  1122  1123  1124  1125  1126  1127  1128  1129    »]
Tyd nou: Do. Mrt. 12 12:21:50 UTC 2026