Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Toekoms Advies vir: Verhoogde deelname aan die ekonomie

Do., 17 Februarie 2000 00:00

Wil graag die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook
elders op die Planeet. Veral die ANC, en President Thabo Mbeki,
vir die deursettings vermoë en vasberadenheid. Vir die
deurlopende stabiliteit van stelsels, veral vanaf 1 Januarie
2000. Veral vir die rol wat President Mbeki speel vir die
bekamping en hantering van miv+/vigs. Asook vir die heropening
van die ERPM myn. En om die Nuwe Suid Afrika te bestuur om te
kan skyn soos goud in die oggend son. Insluitend die menige
bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika
Renaissance. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit
word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om voorspoed te verhoog vir
Suid Afrikaanse burgers. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou
die oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te
verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik
net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Wil voorstel om arbeids wette te hersien. Om voorkeur te gee aan
Suid Afrikaanse burgers, ongeag geslag, ras, geloof, of fisiese
gesteldheid - gestremd of nie.

Wil hoogstens aanraai Firmas wat werkers van buite Suid Afrika
in diens neem, moet eers kan bewys daar is geen Suid Afrikaanse
burgers beskikbaar, wat dieselfde diens kan lewer, voordat
werkers van buite Suid Afrika af in diens geneem word. Sulke in
diens nemings kontrakte behoort nie langer as 3 tot 6 maande
wees nie, in geval Suid Afrikaanse burgers beskikbaar word.
Daarna moet Firmas weer kan bewys daar is geen Suid Afrikaanse
burgers beskikbaar, voordat kontrakte verleng kan word.

Asook, om Firmas wat werkers van buite Suid Afrika af vervang
met Suid Afrikaanse burgers, krediete toe te staan, indien
werkers indiens geneem is voordat bg. maatreels in werking tree.
En, indien nodig, om werkers van buite Suid Afrika af na hulle
Land van herkoms terug te stuur.

Die publiek kan ook uitgenooi word om Firmas en Agentskappe te
rapporteer, wanneer hulle teegekom word, wat voorkeur gee aan
werkers van buite Suid Afrika, indien enige.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Alle
Suid Afrikaanse burgers kan voorkeur geniet tydens indiens
neming, wat dieselfde werk kan verrig. :) Lande van herkoms is
verantwoordelik vir die werkverskaffing aan hulle burgers. :)
Gestremdes kan voorkeur geniet voor persone van buite Suid
Afrika. :) Firmas kan krediete ontvang wat Suid Afrikaanse
burgers indiens neem, onder sekere omstandighede. :) Vrede en
voorspoed kan uitnemend verhoog word. :) Gemeenskaplike belange
kan alle partye geweldig bevoordeel. :) Die Afrika en Suid
Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem. :) En 'n
beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re - Slang wat wapens invoer, volgens Siener van Rensburg

Do., 17 Februarie 2000 00:00

Wil graag voorstel om in Roedtan, en die suide van Alldays en
Messina toe te spits vir opsporing van hierdie netwerk. Tydens
'n padblokkade en/of verrassings besoek aan huise in die gebied.
Wil voorstel om met ondersoeke voort te gaan, todat die hele
netwerk ontbloot is.

Byvoorbaat dankie. Dit word inniglik waardeer.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal
vir een.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hulp met Xhosa vertaling

Wo., 16 Februarie 2000 00:00

Ek soek hulp met die betekenis van Mbekweni ('n township buite wellington in
die kaap), en poqo (die benaming van die gewapende vleuel van PAC in die vroee
sestigs). Ek sal enige hulp waardeer. My Xhosa-Engels woordeboek het dit nog
nie vanuit suid-afrika gemaak nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

NIE 'N QUICKIE NIE!

Wo., 16 Februarie 2000 00:00

Kyk 'n bietjie op www.onoco.co.za/default2.asp en indien jy belangstel en 'n
paar vrinne op die net het skryf in onder sponsor nommer 1/1/15.
Die besigheid sal eers op 1 Maart "live" gaan, dan is jy ten minste al
voorbereid en redelik hoog in.
Ek beskou dit as 'n geleentheid om 'n passiewe inkomste te genereer.
Onthou, dit is nie 'n "get rich quick scheme" nie.
Groetnis en sterkte - onthou dat jy ook mense oorsee kan bekendstel wat
miskien nog goeie konneksies in SA het.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Shame, verwys na "Re: Toekoms Advies vir: Zimbabwiese Regering en Presidentskap"

Wo., 16 Februarie 2000 00:00

Ek verwys hier na "Re: Toekoms Advies vir: Zimbabwiese Regering en
Presidentskap" en wat
drac...@my-deja.com daar geskryf het.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Marbles .. albasters

Wo., 16 Februarie 2000 00:00

Can someone please email me the correct Afrikaans word for a marble
( those round glass beads we played with at school)

Its not "albaster or goen" .. my wife is Afrikaans and she insists
there is another word that is more correct .. please help me if you
can
Thanks

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 3 kommentare

Re: Marbles .. albasters

Wo., 16 Februarie 2000 00:00

Ek antwoord maar in Afrikaans, siende dat een van julle wel Afrikaans
verstaan...

"Albasters" is die regte naam vir "marbles". 'n Ander (volks-)naam vir
albasters is "Malies" of "Alies" (lg afgelei van albasters)

Die algemene name vir verskillende soorte was:
"Ghoen" (uitgespreek soos engelse "goon") - 'n groot albaster van glas of
yster
"Aainie" - 'n alabster of ghoen wat van yster/staal gemaak is ("ball
bearing")
"Soutie" - 'n abaster wat van 'n dowwe groenerige, ondeursigtige glas
gemaak is, dikwels is die oppervlak van hierdie albaster dan ook grof.
"Milkie" - 'n ondeursigtige wit albaster
"Tiger" of "tiger eye" - die gewone deurskynende albasters met die
kleurwaaiers aan die binnekant
"Ertjie" - 'n albaster met 'n "chip" in. Ook uitgeroep as jy met 'n ghoen
'n glasalbaster 'n chip gee
"Olifant" - 'n allemintige ghoen wat so groot en swaar was dat jy in 'n
sekere speletjie (ek vergeet die naam - giffie?) al die opponente se
albaster uit die gat kon lig, wat jou dan "koning" maak en sodoende die
albasters wat uit die gat gelig is, buit. Nodeloos om te sê was ouens met
olifante gewoonlik verban uit die speletjie tensy hulle belowe om dit nie te
gebruik nie.

Dries Venter

dee...@arach.net.au wrote in message
...
> Can someone please email me the correct Afrikaans word for a marble
> ( those round glass beads we played with at school)
>
> Its not "albaster or goen" .. my wife is Afrikaans and she insists
> there is another word that is more correct .. please help me if you
> can
> Thanks

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: questionable service?

Wo., 16 Februarie 2000 00:00

Diek,

Is jy seker hierdie moes by die NG uitgekom het?

Dries Venter

DIEK HENNING wrote in message ...
> Hello Diek
>
> I would just like to make 100% sure that you have in actual fact been
> charged in full. Your e.mail did say that you had but as my management
> system states that you haven't I have to double check first. Please verify
> this with your credit card statement as sometimes it appears as if you have
> been charged but the amount is actually only pending. Forgive me if I've
> misunderstood and kindly confirm.
>
> The amount of your refund will be R 169.95 which takes a couple of days to
> process.
>
> Kalahari regrets any inconvenience caused.
>
> Thanks for your support
>
> David Ross
>
>
> -----Original Message-----
> From: DIEK HENNING [SMTP:...@yebo.co.za]
> Sent: 03 February 2000 07:38
> To: sup...@kalahari.net
> Subject: order no 146376
>
> This order has not been satisfactorily completeted, since I received
> only one of the two books I ordered.
>
> I paid R346.85 and received only the book Athenaze part 2 . The
> other book was not available since it was out of print and would never be
> reprinted. Therefore an amount of approximately R200 is owed to me. Sofar
> I have not received any indication from Kalahar how this amount will be
> handled, in spite of numerous queries.
>
> Diek Henning
> di...@yebo.co.za
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN

Wo., 16 Februarie 2000 00:00

Klink vir my soos Struisbaai, maar is seker meer deur godsdiens geinspireer.

Canis Lupus

@home.com wrote in message ...
EK HET 'N HUISIE BY DIE SEE
H.A. Fagan

Ek het 'n huisie by die see. Dis nag.
Ek hoor aaneen, aaneen, die golwe slaan
teenaan die rots waarop my huisie staan
met al die oseaan se woeste krag.
Ek hoor die winde huil - 'n kreun, 'n klag,
soos van verlore siele in hul nood
al dwalend, klagend, wat in graf en dood
geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.

My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite,
ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
hier binne is dit veilig, warm en dig.

Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan -
Dit is 'n rots waarop my huisie staan.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1110  1111  1112  1113  1114  1115  1116  1117  1118  1119  1120  1121  1122  1123  1124  1125    »]
Tyd nou: So. Mei 31 06:17:49 UTC 2026