Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nat Kersfees of nie

Wo., 10 Desember 2008 06:58

Hi Dave

Gewoonlik by die tyd het die weerburo al vir ons Transvalers laat weet of
ons 'n nat of droog Kersfees kan verwag daar in Natal. Tensy ek dit gemis
het, het ek nog niks gehoor nie. Hoe lyk die weer daar die laaste paar weke,
en wat is jou gevoel.

Groete

Riaan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Verwys na my vorige skrywes

Di., 09 Desember 2008 18:21

Lees die briewe weer in Beeld en let op dat keer op keer
word slegs briewe wat kritiek lewer met betrekking tot die blanke tot
nie-blanke diskriminasie geplaas word.

Die skrywer van die brief 'kry elke hond sy dag...' het natuurlik 100%
my simpatie, maar die briewe-redakteur van Beeld moet afgedank word.
Ek hoop Tim vat hom vas want hy moet na 'n plakkerskamp verplaas word.

Lees en vergelyk briewe, en moet nie glo dat daar nie briewe met die
teenoorgestelde strekking ook aanland nie. Hy plaas egter slegs dié
wat die blanke cheap maak.

Dit is onwaarskynlik dat ek reaksie op hierdie skrywe sal lees binne 4
weke, want kort na ek send gekliek het, gaan ek die rekenaars
uitmekaar haal en 'n nuwe stel rekenaars in die Transvaal haal. Ek sal
tot in die nuwe jaar daar wees, maar laat tog intussen iets vir julle
om oor te herkou.

Gaan maar gal af Jottie, en sê hoe min jy hou van wat ek kwytraak.
Maar moet nie regtig baie moeite doen nie, want van die drie mense wat
hierdie brief (hierdie jaar) sal lees, sal my nie insluit nie. Ek plug
nou uit en sal in die eerste dae van 2009 Windows laai, Agent laai, my
(ander) gunsteling programme laai, weer inskakel hier, en waarskynlik
sal daar dan sowat 3 briewe ekstra hier wees. So, ek sal dit dàn lees,
maar teen daardie tyd het jy (miskien) al jou mind gechange.

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

rowers en moordenaars

So., 07 Desember 2008 06:27

Kyk nou na die berig 'Man vir pet en selfoon gedood'.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2438193,00. html

'n 'huisrower' het die 81 jarige man in sy huis doodgemaak.
Nog nòòit het ek in die 'Beeld' gelees van 'moordenaars' wat mense in
hul huise vermoor nie, maar slegs van 'rowers' en 'inbrekers' wat die
moorde pleeg. Die keer was dit 'n 17jarige 'huisrower'.

Wanneer 'n wit moordenaar swartes vermoor word 'n groot foto van sy oë
geplaas en vet letters skreeu die woorde uit 'Die oë van 'n
moordenaar'. (Dieselfde moordenaar word ook nerens 'meneer' genoem nie
want hy het nie 'n meneer kleur nie.)

Ek het aan Beeld 'n brief geskryf met dieselfde strekking as dié, maar
ek dink die briewe-redakteur het lankal 'n filter op my e-posadres
gestel. Dit laat my besef watter monopolie iemand in sy beroep
kan uitoefen. Lees hierdie keer die briewe. Mense wat skryf oor
swak behandeling van wit op swart, se e-pos kry 'n vlaggie vir aandag.
Briewe soos myne word gefilter.
Monopolie het ek gesê.

Nuus | 5 kommentare

Mandela sing

Vr., 05 Desember 2008 22:09

Weet iemand vanwaar die videoclip op

http://www.farmmurders.com/

waar Mandela 'n MK liedjie sing vandaan
kom, dit lyk asof dit uit 'n dokumentêr kom.

Is die woorde reg vertaal ?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Holiday Greeting

Wo., 03 Desember 2008 15:19

On 3 Dec, 08:37, "Riaan" wrote:
> Holiday Greetings to Everyone
>
>  I wanted to send some sort of holiday greeting to my friends and family,
> but it is so difficult in today's world to know exactly what to say without
> offending someone. So I met with my attorney yesterday, and on his advice I
> wish to say the following:
>
>  Please accept with no obligation, implied or implicit, my best wishes for
> an environmentally conscious, socially responsible, low stress, no
> addictive, gender neutral celebration of the winter/summer solstice holiday,
> practiced with the most enjoyable traditions of religious persuasion or
> secular practices of your choice with respect for the religious/secular
> persuasions and/or traditions of others, or their choice not to practice
> religious or secular traditions at all.
>
>  I also wish you a fiscally successful, personally fulfilling and medically
> uncomplicated recognition of the onset of the generally accepted calendar
> year 2009, but not without due respect for the calendars of choice of other
> cultures whose contributions to society have helped make our country great
> (not to imply that it is necessarily greater than any other country) and
> without regard to the race, creed, colour, age, physical ability, religious
> faith or sexual preference of the wishee.
>
>  By accepting this greeting, you are accepting these terms:
>
>  This greeting is subject to clarification or withdrawal. It is freely
> transferable with no alteration to the original greeting. It implies no
> promise by the wisher to actually implement any of the wishes for
> her/himself or others and is void where prohibited by law, and is revocable
> at the sole discretion of the wisher. This wish is warranted to perform as
> expected within the usual application of good tidings for a period of one
> year or until the issuance of a subsequent holiday greeting, whichever comes
> first, and warranty is limited to replacement of this wish or issuance of a
> new wish at the sole discretion of the wisher.
>
>  Disclaimer: No trees were harmed in the sending of this message; however, a
> significant number of electrons were slightly inconvenienced.

Uitstekend!
Ek gaan definitief daai een uitstuur na 'n paar vriende en familie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Marchand, vir Gloudina

Ma., 01 Desember 2008 11:08

Jy sal bly wees om te weet Marchand staan nog rustig daar duskant Augrabies
waar ek laas naweek was.....

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die vermetele boemelaar

Vr., 28 November 2008 08:25

'n Klop aan die voordeur van my ma se huis. vroeg oggend. Toe sy die
deur oopmaak staan daar 'n middeljarige wit man in versloste klere en
'n baard. Hy groet in enkele woorde en vra vir " 'n sny brood met vye
jam."

My ma laat hom toe natuurlik voor die deur staan en sê sy sal gaan kyk
wat daar is. Toe sê hy sy moet gou maak want hy's haastig. Hy't "nie
die heel dag tyd nie."
Sy het dit geïgnoreer en maak toe twee toebroodjies (4 snye) met koue
ham.

Toe sy uitstap en dit vir hom, toegedraai en in 'n paperbord, gee, vra
hy of sy dink hy moet die heel dag wag. En hy het jam gevra. "Wat is
daarop?"

My ma is 83 jaar oud, woon alleen in haar huis, en is oorspronklik 'n
plaastannie met die geduld en medemenslikheid van die plaasboere,
maar daar is darem perke ook. Sy sê as sy geweet het hy gaan so
onbeskof wees het sy vir hom droë brood gegee.
Hy moet die brood vat en loop.

Die bliksem vra toe of hy dit droog moet eet. Daar's dan nie eens
koffie by nie! Sy sê toe hy moet wag, sy sal gaan koffie maak. Sy
draai toe om en stap weer in.

Toe bars hy uit van die lag. Toemaar tannie, sê hy proestend van die
lag. En Jan, die loodgieter, ook een van ons skoolmaats, wat twee
huise daarvandaan woon en die petalje van agter 'n heining in sy erf
dopgehou het, stap laggend nader. Een van ons skoolmaats van toeka
se jare, wat vir die loodgietervriend gekuier en met iets gehelp het,
wat die verslonste klere tot gevolg het. En toe hy hoor die tannie wat
daar woon is een van sy ma se gewese vriendine, was die grap
onvermydelik.

Natuurlik is die 'boemelaar' toe ingenooi vir koffie en beskuit:-)

Humor & grappe | 0 kommentare

Stephen Hawking kom na Ontario

Vr., 28 November 2008 02:31

Dis offisiëel. Stephen Hawking kom na die Perimeter
Institute in Waterloo, Ontario. Dis natuurlik as gevolg
van die feit dat sy vriend, Neil Turok, wat ook Suid-
Afrikaner is, hom oorreed het om dit te doen.
Die Perimeter Institute word gefinansieer deur
die ou wat die brein agter die blackberry is, Mike
Lazarides ( ek hoop ek het sy naam reg gespel),
een van die twee CEO's van Research in Motion.
Hawking het natuurlik ook al SA besoek op
uitnodiging van Neil Turok.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    105  106  107  108  109  110  111  112  113  114  115  116  117  118  119  120    »]
Tyd nou: Ma. Des. 22 22:58:34 UTC 2025