Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Re: Eight injured in blue-light shooting accident
Re: Eight injured in blue-light shooting accident [boodskap #118439] So, 16 November 2008 14:50 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 16 Nov 2008 16:34:06 +0200, Dave wrote:
> On Sat, 15 Nov 2008 15:06:06 +0200, Dave wrote:
>

>> http://www.dailynews.co.za/?fSectionId=3532&fArticleId=n w20081115122147467C912062
>
>
> Cop held for blue-light shooting
> 16 November 2008, 08:34
> Related ArticlesBlue-light shooting seen as attempted murder
> Blue light menace
> VIP driver punched in blue-light crash
> Durban - A policeman has been arrested for shooting at a tyre of a
> motorist who failed to move into the slower lane of the N3 near
> Pietermaritzburg on Saturday, causing an accident that left eight
> people injured.
>

Ek het gedink niks kan my meer skok wat die fokken gemors doen nie,
maar steeds was dit naar maar verstaanbaar, omdat ons die Jottieïte
ken, om te lees in die Rapport:
........Na verneem word het verskeie ANC-politici gistermiddag glo
........probeer keer dat Khumalo vasgetrek word.
Tipies, is dit nie:-(

Polisielid vas ná skietery uit kar op N3
Gerhard de Bruin

Durban

'n Konstabel verbonde aan die polisie se BBP-eenheid is gister in
hegtenis geneem nadat hy glo vanuit 'n bewegende BBP-voertuig met sy
vuurwapen op 'n onskuldige motoris op die N3 naby Pietermaritzburg
losgebrand het.

Dit was glo nadat die motoris nie vinnig genoeg uit sy baan kon padgee
nie.

Die motoris se een motorband is in die voorval stukkend geskiet en hy
het daarna beheer oor sy voertuig verloor en reg van voor met 'n
bakkie in die aankomende baan gebots.

Volgens supt. Henry Budhram, woordvoerder van die polisie in
KwaZulu-Natal, was die bestuurder van 'n Mazda3 op pad na
Pietermaritzburg toe die voorval gebeur het.

"'n Vangwa van die polisie se ongelukeenheid het agter die Mazda gery
toe 'n swart Volkswagen Golf met 'n flitsende blou lig en swart
vensters hulle van agter af ingery het.

"Die polisievoertuig kon daarin slaag om vir die Golf pad te gee, maar
die bestuurder van die Mazda was in daardie stadium nog besig om 'n
groot vragmotor teen 'n hoogte verby te steek."

Budhram sê polisiemanne in die vangwa het gesien hoe die Golf, nadat
die Mazda uiteindelik by die lorrie verby is en uit die baan kon
beweeg, tot langs laasgenoemde gery het.

'n Passasier van die Golf het toe 'n venster afgedraai en met 'n
vuurwapen op die Mazda begin skiet.

'n Agterband van die Mazda is papgeskiet.

Die Mazda se bestuurder het daarna beheer oor sy voertuig verloor, oor
die middelmannetjie van die besige N3 snelweg beweeg en reg van voor
met 'n bakkie wat op pad was Durban toe gebots.

Die Golf het daarna aangery en glo weggejaag toe die polisie in die
vangwa dit wou aftrek.

Volgens Budhram is verskeie patroondoppies op die toneel opgetel.

'n Bron na aan die ondersoek sê 'n konstabel Khumalo verbonde aan die
polisie se BBP-eenheid is kort daarna by Camperdown in hegtenis
geneem.

Khumalo het glo ná sy inhegtenisnemings vir die polisie gesê hy was
laat vir 'n afspraak met mnr. Meshack Radebe, LUR vir maatskaplike
dienste.

Na verneem word het verskeie ANC-politici gistermiddag glo probeer
keer dat Khumalo vasgetrek word.

Budhram het by navraag egter bevestig dat komm. Hamilton Ngidi,
polisiehoof van KwaZulu-Natal, persoonlik beveel het dat Khumalo in
hegtenis geneem word.

Drie mans in die Mazda en vyf in die bakkie is ernstig in die ongeluk
beseer en na hospitale in die omgewing geneem.

"Sedert verlede jaar was BBP-voertuie en -konvooie in talle
soortgelyke omstrede voorvalle in KwaZulu-Natal betrokke.
Re: Eight injured in blue-light shooting accident [boodskap #118440 is 'n antwoord op boodskap #118439] So, 16 November 2008 20:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Nov, 15:50, Dave wrote:
> Ek het gedink niks kan my meer skok wat die fokken gemors doen nie,
> maar steeds was dit naar maar verstaanbaar, omdat ons die Jottieïte
> ken, om te lees in die Rapport:

Wat probeer jy nou eintlik sê? Weet jy van enigiemand wat die BBP se
handeling in hierdie saak goedkeur? Ek verafsku dit net so veel as wat
ek iemand verafsku wat sy eie kinders doodskiet of iemand wat sy vrou
doodskiet en dan vir sy kinders vertel "Jesus het gesê ek moet mamma
doodmaak". Alles in daardie selfde uitgawe van Rapport of het jy van
die voorblad af oorgeslaan na die horroscopes en strokiesprentjies?
Op grond waarvan keur jy bogenoemde misdade af? As ek mag aanneem jy
keur dit af...
Re: Eight injured in blue-light shooting accident [boodskap #118441 is 'n antwoord op boodskap #118440] Ma, 17 November 2008 04:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 16 Nov 2008 12:58:59 -0800 (PST), Jottie
>
> Wat probeer jy nou eintlik sê?

Jy soek geselsskap. En wat jy goedkeur of afkeur interesseer my zero.
Wat ek hier geplaas het, was bedoel vir mense vir wie dit aangaan.
Medepadgebruikers dus. As ek bietjie terugblaai lyk dit asof daar
enkele gerbuikers is wat hulle steeds met jou ophou. Hulle keuse.
Toe ek kom kyk of hier steeds iets op die groep aangaan
was ek nie verbaas om te sien dat niks verander het nie.
Re: Eight injured in blue-light shooting accident [boodskap #118443 is 'n antwoord op boodskap #118441] Ma, 17 November 2008 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Nov, 05:39, Dave wrote:
> Jy soek geselsskap.

Uit die aard van die saak! Ek dog dit is die hele idee van 'n forum
soos hierdie. Is dit nie hoekom jy hier pos nie?
Of like jy dit sommer maar net om artikels van een webblad na 'n ander
te copy & paste as 'n stokperdjie?

> Toe ek kom kyk of hier steeds iets op die groep aangaan
> was ek nie verbaas om te sien dat niks verander het nie.

En tog vind jy dit toe nodig om maar 'n artikel en 'n mening te pos
ten spyte van die feit dat niks hier verander het nie.
Ek het nie 'n probleem met jou plasing of jou opinie nie Dave. Reg of
verkeerd - jy is geregtig daarop! En inderdaad jou keuse om my te
antwoord of nie.
Re: Eight injured in blue-light shooting accident [boodskap #118451 is 'n antwoord op boodskap #118443] Do, 20 November 2008 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jottie skryf

> Uit die aard van die saak! Ek dog dit is die hele idee van 'n forum
> soos hierdie. Is dit nie hoekom jy hier pos nie?
> Of like jy dit sommer maar net om artikels van een webblad na 'n ander
> te copy & paste as 'n stokperdjie?

Dit lyk vir my ek sal maar weer hier moet
begin pos, noudat du plessis weer na die
groener weivelde teruggekeer het. Miskien
sal hy ophou vir jou aanval, as hy my weer
onder skoot kan kry. Ek kan eenvoudig
nie verstaan wat hy teen jou het nie. Jy
is altyd so eerlik en gebalanseer en sonder
agenda in wat jy sê.
Ek sou graag van jou hoor hoe die
ekonomiese skokke van die afgelope maande
Duitsland tref.
Gloudina
Re: Eight injured in blue-light shooting accident [boodskap #118455 is 'n antwoord op boodskap #118451] Ma, 24 November 2008 11:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:26f066d3-4715-4d86-99da-f2629d3025b7@g38g2000yqn.google groups.com...

Ek kan eenvoudig
nie verstaan wat hy teen jou het nie. Jy
is altyd so eerlik en gebalanseer en sonder
agenda in wat jy sê.

Gloudina

Wat Gloudina hier probeer se is dat sy en jy beide links is en sy met jou
saamstem, en daarom hou sy van jou. Indien jy regs was, sou jy 'n hanskakie
rassis of so iets genoem gewees het.
Re: Eight injured in blue-light shooting accident [boodskap #118456 is 'n antwoord op boodskap #118455] Ma, 24 November 2008 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Nov, 12:21, "Riaan" wrote:
> "Hessie" wrote in message
>
> news:26f066d3-4715-4d86-99da-f2629d3025b7@g38g2000yqn.google groups.com...
>
>         Ek kan eenvoudig
>         nie verstaan wat hy teen jou het nie. Jy
>         is altyd so eerlik en gebalanseer en sonder
>         agenda in wat jy sê.
>
>          Gloudina
>
> Wat Gloudina hier probeer se is dat sy en jy beide links is en sy met jou
> saamstem, en daarom hou sy van jou. Indien jy regs was, sou jy 'n hanskakie
> rassis of so iets genoem gewees het.

Jammer om jou teleur te stel Riaan maar ek sien myself glad nie as
regs of links nie. Vir my is dit veel meer belangrik om te besluit wat
is, op grond van my morele waardes, reg en wat is verkeerd. Te hel
daarmee of dit links of regs is.
Re: Eight injured in blue-light shooting accident [boodskap #118457 is 'n antwoord op boodskap #118455] Ma, 24 November 2008 13:12 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Wat Gloudina hier probeer se is dat sy en jy beide links is en sy met jou
> saamstem, en daarom hou sy van jou. Indien jy regs was, sou jy 'n hanskakie
> rassis of so iets genoem gewees het.

Riaan. Ek wens net jy wil bietjie gaan sit en diep
dink, liewer as om met jou agterent te dink. Hierdie
links en regs storie is so uit die ou doos. Wat,
volgens jou opinie, is "regs." In die ou dae sou
mens kon sê, "regs" is reaksioner, dit wil sê, jy
wil 'n ou bedeling behou, nie veranderinge sien
nie. Maar wat, in die twintigste eeu, is "regs."

Gloudina
Vorige onderwerp: "Oë van 'n moordenaar"
Volgende onderwerp: rowers en moordenaars
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:34:09 MGT 2024