Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Plaasmoorde in SA

Wed, 19 April 2000 00:00

Uit Beeld 18/04/00
(Interessant dat die ras van die verdagtes nooit genoem word in die berigte
nie .)

Seun kom kuier in SA, hoor ouers is vermoor
Retha Fourie

Gravelotte. - 'n Man wat gister uit Duitsland in Suid-Afrika aangekom het om
vir sy ouers op 'n plaas in die Noordelike Provinsie se Laeveld te kom
kuier, het met sy aankoms gehoor hulle is die vorige nag vermoor.

In wat bestempel word as die grusaamste moorde nog wat ge harde polisiemanne
in die gebied moes ondersoek, is die bejaarde Cross-egpaar van die omgewing
eergisteraand op 'n plaas eers deur hul knieë geskiet en daarna doodgeskiet.

Twee verdagtes is gister deur die polisie en boere van die omgewing in
hegtenis geneem.

'n Huishulp van mnr. John Cross (77) en sy vrou, Bina (76), van die plaas
Cottondale naby die Rubbervale-stasie buite Gravelotte, het gisteroggend op
hul lyke afgekom. Volgens die polisie wil dit voorkom of die moordenaars die
Cross-egpaar, wat gaan inkopies doen het, gistermiddag laat in hul huis
ingewag het .

Mev. Cross se lyk is in 'n groot plas bloed in die kombuis gevind. Sy het
koeëlwonde in haar knieë gehad en is vermoedelik ook in die bors geskiet.

Die erg verminkte lyk van mnr. Cross is in 'n bad aangetref. Bloedstrepe in
die huis dui daarop dat hy ook eers in die bene geskiet is en daarna na die
badkamer gesleep is waar hy in die bad vasgebind is en toe met sy haelgeweer
op 'n kort afstand in die kop geskiet is.

Die hele huis was erg met bloed besmeer en in 'n warboel gelaat.

Televisiestelle, vuurwapens en juwele is onder meer uit die huis geroof.

Die Cross-egpaar se motor, waarmee die aanvallers gevlug het, is
gistermiddag verlate in die Harare-woongebied naby Trichardtsdal gevind met
bykans al die gesteelde goed daarin.

Die twee verdagtes van onderskeidelik 30 en 26 jaar oud is kort daarna
vasgetrek.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat hulle ook by ander plaasaanvalle
betrokke was.
--
Julian & Karin de Beer
117 Newell Rd RD3
Tamahere
Hamilton
New Zealand

+64 7 858 3183 fax +64 7 858 3184
jgde...@clear.co.nz

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

GLODINA SE PROBLEEM

Wed, 19 April 2000 00:00

Dit raak nou so dat n mens nie redelik met n persoon soos jy kan praat nie.
Ek wonder wat jy sal maak as n groep swartes jou suster vat wat hier bly en
vat en verkrag. Sal jy dan dit nog goed praat.

Volgens jou het die wit regering gemoor, maar wat van die bomme wat die ANC
geplant het,ag jammer hulle mag dit doen wat klein verumbelde Glodina se dit
is reg.

Ek dink jou probleem is dat jou man jou nie genoeg bevredig nie. Loop af na
n sexshop en gaan koop die grootste vibrator wat jy kan kry en jy weet waar
jy dit kan gaan steek.Los ons hier uit in Suid Afrika. Ons is mans genoeg om
ons eie fokken probleme op te los sonder jou stront.

Los jou aangenome land se eie probleme op

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: GLODINA SE PROBLEEM

Wed, 19 April 2000 00:00

> @home.com

> En daar het jy dit nou. Mens kan net bietjie wag, dan begin 'n verregse
> ouseksuele innuendoes maak. Wat is dit met julle?

Gloudina, ek begin meer en meer glo dat jy wraggies iets beet het hier. Dis
darem nou te dik vir 'n toevallige daalder.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Zimbabwe en buiten landers

Wed, 19 April 2000 00:00

Ek lees in veel berigte dat Suid-Afrikanes van menig is dat mense oorsee
iedereen nie meevoel met die blankes in Zimbabwe nie en dat hulle nie juist
omgee oor die situatie nie.

Ek kan openlik en eerlik se dat meeste van die mense in Nederland boos is
oor wat aan die gebeur is in Zimbabwe. Wat my heeltemal erg boost maak is
dat die Suid Afrikaanse Weermag niks doen om die situasie te keer nie.
Nigeria het dan wel gese dat hulle iets oor die situatie wil probeer doen.

Waar is die opsigter van Afrika nou --- Dit laat my wonder of Mobeki dalk
die situatie goedkeer.

Laat mens wonder of die SAKP bloed wel nog langsaam vloei in die are van die
ANC.

Wie is volgende ? Gaan die situatie alleen in Zimbabwe bly of dalk oorspoel
na Suid-Afrika. Ek het 'n boek gekoop toen ek in Suid-Afrika was oor Siener
Van Rensburg waar hy praat van SA gaan in vlamme wees na 'n tyd van
politieke stilte?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Doodstraf

Wed, 19 April 2000 00:00

Ek wil graag hoor wat julle sienning is oor die doodstraf vir sekere
misdade.

Ek voel dat die doodstraf ingestel kan word vir sekere misdade.

Die eerste misdaad is die vir verkragting veral die van kinders.Dit is n
uiterse siek persoon wat n kind verkrag.Verkragting is in die algemeen n
siek misdaad. Ek kan nie sien watter plesier dit is om n kind van 2 en 3
jaar te verkrag nie, Die siekste is n man wat sy eie kind kan verkrag.Sulke
mense hoort nie in die samelewing nie.

Sekere gevalle van moord veral op polisiebeamptes. Polisiemanne oor die hele
wereld is altyd n teiken. Ek dink die lande waar die meeste polisiemanne
vermoor word is in Suid Afrika en Amerika.

Nou word gese dat die persone wat die misdade gepleeg het sekere regte het.
Maar my sienning is die vrou en die kind wat verkrag was het mos ook die reg
gehad om nie verkrag te word nie. In my 18 jaar in die polisie het ek baie
verkragting sake ondersoek en baie van kinders spook nog by my. En die
persone loop al weer buite rond maar haar lewe is vir altyd verwoes.

Dink julle die doodstraf is regverdig in seker gevalle of wat dink julle
moet met sulke siek mense gedoen word.

Hoe weeg mens die regte van die persone op

Ek hoop om redelike opinies te hoor op die onderwerp

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Die slegte ou dae van Apartheid

Tue, 18 April 2000 00:00

Aangehaal van Jan Marais:
Na die Tweede Vryheidsoorlog was die Boerevolk in die haglikste ekonomiese
omstandighede denkbaar. Eens suksesvolle boere moes hande-arbeid in die myne
gaan soek. Daar is hulle deur die uitlander-mynbase verneder en vertrap
sonder dat hulle enige regte geniet het.

'n Boeremens kon vergeet van 'n staatsdienspos. Armblankeskap was 'n
algemene verskynsel.

Nogtans het die Boerevolk hom nie op apartheid of menseregteskendings of
agtergeblewenheid beroep nie. Hy het gewerk en presteer en daardeur algaande
'n volwaardige plek in sy eie land se ekonomie verwerf.

Die staalbedryf, die spoorweg en uiteindelik die wapenbedryf, is deur
Boerehande en Boerebreinkrag tot stand gebring. Derduisende werkgeleenthede
is vir ons eie mense en ander geskep deur Boere-inisiatief.

Nadat die Republiek van Suid-Afrika in 1961 tot stand gebring is en die las
van die Britse Statebond afgewerp is, is 'n nuwe era van ongekende
ekonomiese voorspoed tot die voordeel van almal in Suid-Afrika betree.

Die prentjie wat mnr Jan S Marais, destydse besturende direkteur van Trust
Bank, in 1965 van toestande in Suid-Afrika geskilder het, kan seker alle
mense, laat terugverlang na die sogenaamde onbevryde Suid-Afrika.

Volgens mnr Marais was die ekonomie van die Republiek in so 'n sterk
groeifase dat 'n groot tekort aan werkers in alle beroepe ondervind is. Daar
was te veel werkgeleenthede en te min mense om al die poste te vul. In sy
jaarverslag meld hy dat Suid-Afrika se nywerheidsproduksie die voorafgaande
twaalf jaar meer as verdriedubbel het.

Voorts het hy syfers aangehaal om te bevestig dat Suid-Afrika een van die
twaalf bes gevoede bevolkings in die wêreld gehad het. Die Republiek was ook
die leier op die gebied van standaardisasie, voeding, arbeidsterapie, in die
vervaardiging van staal en staalprodukte teen die laagste koste, in
behuising en in produksie van olie uit steenkool.

Volgens mnr Marais is daar in die tien jaar voor 1965 huise teen 'n tempo
van vyftig per dag vir swartes in Suid-Afrika gebou;

164-duisend huise sedert 1950. Nie destyds en ook nie nou, is daar ooit
huise vir die blanke gebou nie; die blanke moet nog altyd sy eie huis bou en
sy eie dienste, soos water voorsien.

Gedurende die sewe jaar voor 1965 het swart onderwysers met meer as 25
persent toegeneem en skole vir swartes met 35 persent. In Suid-Afrika was
daar reeds meer gegradueerde swartes as in al die Afrika-state wat voorheen
onder Britse beheer was saam.

Vyf-en-tagtig persent van alle swartes van skoolgaande ouderdom was
geletterd. Die gemiddelde persentasie geletterdheid vir lande in die res van
Afrika het tussen een persent en tien persent gewissel.

Volgens mnr Marais was die tempo waarteen Suid-Afrika se volksinkomste vanaf
1962 tot 1965 toegeneem het, saam met Japan die hoogste in die wêreld, en
heelwat bo dié van Amerika. Belasting was laag: ongeveer net die helfte van
dié in Brittanje en een-derde van dié in die VSA.

Nie-blankes in Suid-Afrika het in 1965 reeds per kop vier keer meer
motorvoertuie as die Russe besit.

Tot sover mnr Marais.

Elkeen van ons moet nou maar vir homself uitmaak of Suid-Afrika nog steeds
'n hawe van voorspoed vir al sy inwoners is.

Na die Rivonia-verhoor het dr HF Verwoerd gesê dat as Mandela en sy ANC
hulle sin sou gekry het, 'n klein elite-groepie hulleself tot barstens toe
sou verryk terwyl die res van die bevolking sou verarm soos nog nooit
vantevore nie.

Vandag ís die ANC aan bewind. Laat die sak van enige inwoner van die land,
wit of swart, jou vandag vertel of dr Verwoerd se voorspelling in die kol
was of nie.

Dit is nie in die Boerevolk se aard om homself in agtergeblewenheid te sit
en bejammer nie. Elkeen van ons moet nou ten volle skouer aan die wiel sit
om weer ons eie, voorspoedige. gesonde volksekonomie op te bou.

Soos in ons onderdrukte toestand na die Tweede Vryheidsoorlog, kan
doelgerigte, harde werk ons volk weer bo uitbring.

--
Julian & Karin de Beer
117 Newell Rd RD3
Tamahere
Hamilton
New Zealand

+64 7 858 3183 fax +64 7 858 3184
jgde...@clear.co.nz

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Leswin Laubscher

Tue, 18 April 2000 00:00

Leswin Laubscher, Ph.D.
Northwestern University
Illinois School of Professional Psychology/Chicago Campus

Cross-cultural and counseling psychology.

http://users.iafrica.com/g/ga/garvie/azania.htm
http://www.aspp.edu/faculty.html
http://www.gradprofiles.com/illinoispsych.html

Ah, ek moet om verskoning vra. Prof Laubscher, jy is toe wel geskool en dalk
intelligent ook onder jou hoee en uitsonderlike skriftelike Afrikaans en
kekkel.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Waar's Ferdi Grilling..?

Tue, 18 April 2000 00:00

Mannetjie het stil geraak (of 'n Alias gekry)

. . . FERDI???

. . . GRILLING??

. . . WAAR IS JY??

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: gekenk

Tue, 18 April 2000 00:00

Dit is nogal windgat

Reenen van Niekerk wrote:

> Ek wil vir julle almal wat so gereeld skryf n gekenk gee.
> Geniet dit
>
> Reenen van Niekerk
>
> Name: gift.exe
> gift.exe Type: unspecified type (application/octet-stream)
> Encoding: x-uuencode

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaner kultuur

Tue, 18 April 2000 00:00

Van Radio Pretoria 'n faset van Afrikaner kultuur :

LEKKER OM BOER TE WEES

Dit moet seker 'n vreeslike doring in die vlees van ons volk se vyande wees
dat hulle maar net nie die doringboompie platgery kry nie. Elke keer staan
hy maar weer op en hoe meer littekens die stam bykry, hoe sterker word hy.

Ons praat natuurlik hier van die Boerevolk self. Van 'n eeu gelede toe die
Engelse "the last traces of Africanerism" wou uitwis, tot deur die nuwe Eeu
van Onreg wil die volkie maar net nie verdwyn nie.

Behalwe vir die hardkoppigheid wat gewoonlik met Afrikanerskap gepaard gaan,
is daar nog iets wat die wêreld blykbaar nie verstaan nie; en dit is dat dit
lekker is om 'n Boer te wees!

Dit is lekker om Afrikaans te wees en te praat. Afrikaans is so 'n
wonderlike unieke taal wat op Afrikabodem ontstaan het. Dit is eintlik
onbegryplik dat die hele wêreld nie die taal omarm, aangryp en hulle eie
maak nie, want as 'n mens nou van uitdrukkingsvermoë wil praat, is daar net
niks wat by Afrikaans kan kersvas hou nie. Maar nou ja, agteros kom ook in
die kraal, en miskien moet 'n mens maar net geduldig wees.

Dit is lekker om braaivleis te hou en die wêreld se probleme op te los
rondom 'n hardekoolvuurtjie waarop 'n sappige biefstuk volmaaktheid bereik.

Daar is nie nog 'n hemel soos die Bosveld sterrevertoning op 'n wintersnag
nie, daar is nie nog so 'n taal om dit in te beskryf nie en daar is nie nog
'n mens wat dit so kan waardeer soos 'n diepgewortelde Boer nie.

Dit is lekker om by 'n volkseie atletiekbyeenkoms te wees soos wat die
afgelope Saterdag op Kleinfontein plaasgevind het en te kyk hoe die gesinne
van die volk saam gesonde vermaak geniet. Met die heerlike klanke van
Boeremusiek in die agtergrond het oud en jonk oor die wenstreep geskuifel en
geseil.

Dit is lekker om aan goedgefundeerde volksprotes deel te neem. Op ses April
is daar weer bewys dat die Boere-Afrikaner 'n saak het. Elke woord op die
protesskrif kan met feite gestaaf word, en dit herinner sterk aan die
Kruger-Milner gesprek 'n eeu gelede. Ook daar was elke woord van President
Paul Kruger die waarheid en het sy voorspellings later waar geword.

Dit is lekker om vir die manne van die volk "oom" te kan sê en vir die vroue
"tannie" en dit is net so lekker om deur die kinders ge-oom en ge-tannie te
word. Dit maak van ons 'n familie wat saamgebind word op hierdie bodem. Daar
is min volke waarvan die families se geskiedenis teruggevoer kan word tot by
die ontstaan van die volk. Dit is lekker om sommer met die tweede sin van 'n
gesprek te hoor:

"En van watter Joubert's of Pretoriuse of Barnards is jy nou eintlik?"

Dit is lekker om koeksisters te eet en kerkbazaar te hou.

Dit is lekker om 'n eie identiteit te hê en om nie daaroor skaam te wees
nie, al probeer die "geleerde" mense so hard om dit weg te skryf in die
koerante.

En laat ons nou maar eerlik wees, dit is lekker om so effe dwars te wees en,
soos Radio Pretoria voor die Menseregtekommissie, onbeskaamd in Afrikaans 'n
standpunt in te neem. Al weet 'n mens voor die tyd die wenkbroue gaan lig en
die onbegrip gaan groot wees.

Die lewe moet seker maar baie droog en droewig wees vir iemand wat nie deel
van die Boere-Afrikanervolk is nie.......

--
Julian & Karin de Beer
117 Newell Rd RD3
Tamahere
Hamilton
New Zealand

+64 7 858 3183 fax +64 7 858 3184
jgde...@clear.co.nz

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1089  1090  1091  1092  1093  1094  1095  1096  1097  1098  1099  1100  1101  1102  1103  1104    »]
Tyd nou: Mon Jan 20 05:36:33 UTC 2025