Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Torreke en Wally...

Sa., 14 Februarie 2009 20:23

Dink Julle Jesus moes - in plaas van sy moer te strip en die gierige
idiote in die tempel te verwilder met 'n woedebui - eerder 'n versoek
tot die assistent tot die hoof-Rabbi gerig, het hmmmm?

Eerder 'n brief geskryf het, jy weet. Baie mooi gevra het om die
Sanhedrin of wat ookal toe te spreek...

Torreke, preek jy petit Bourgeoisie maniere? Of preek jy op grond van
die Bybel wat gevul is met mense wat hulle moer big time strip...
Klippe met skrif op neergooi, mense se koppe verbrysel en so aan...

Geloof & kerksake | 37 kommentare

Wat is godslastering?

Sa., 14 Februarie 2009 20:12

My logika se vir my dis om God in te span vir jou eie persoonlike
doeleindes. Dan gebruik jy hom/haar/dit as JOU werktuig. Dus laer as
jy....

En die argetipiese voorbeeld hier is om namens jou God te praat.

"Ek en God in close. Pasop... Hy is aan MY kant. EK weet wat Hy dink -
jy weet NIE!! So argumenteer/verskil met MY en jy soek moeilikheid met
God...want God sal at the drop of a hat MY kom verdedig teen jou,
ongeag van hoe goed of sleg jou argument is..."

Huh Torreke?

Geloof & kerksake | 12 kommentare

Telkom ens. En talking about diens

Sa., 14 Februarie 2009 20:06

Die volgende 1ste handse weergawe uit Suid-Korea, die developemental
state waarop ons ons mos volgens die regering wil modeleer:

Bel die diensverskaffer oor 'n fout in jou internet-konneksie. Hulle
is DIESELFDE DAG daar. Vriendelik en vaardig. Sorteer die probleem
uit.

Hoe werk hulle op die sypaadjie, hoor ek Wally vra. Hulle graaf die
sypaadjie op dag een op. Doen wat hulle moet doen. En DIE VOLGENDE DAG
is die gat toe en die sypaadjie reggemaak.

Eerstehandse vertelling. In die afgelope jaar.

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Ek moet 'n bietjie uitleg hê..

Sa., 14 Februarie 2009 17:57

Hallo, elkeen,

Ek moet 'n bietjie uitleg hê..
My Suidafrikaanse vriendin, wat les gee an die universiteit in
Suid-Afrika, het vir my geskryf sy het nou nog nouliks die tyd om vir
my 'n e-pos te skryf..
Hoekom? Die rede is sy het nou ineens 3 keer meer studente in sy klas
as verlede jaar en sy moet daarvoor baie voorbereidsels maak.
Ek vind hier 'n webblad wat hierdie saak 'n bietjie verduidelik:
http://www.universityworldnews.com/article.php?story=2007113 00951265
Ek woon en leef nie self in Suid-Afrika nie. Is dit nou rêrig so dat
in Suid-Afrika meer studente universiteit toegaan as ooit tevore?

Norbert die strandkruier (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

geen reaksie oor niehaus?

Sa., 14 Februarie 2009 17:08

Snaaks, veral in ag genome dat hier (*blykbaar) meer lesers as
deelnemrs is, dat niehaus se nuuste eskapades geen reaksie uitlok nie.
Of het ons 'n publiek geword wat nie meer geskok/verras kan word nie?

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Wat dink julle hiervan?

Sa., 14 Februarie 2009 12:19

as ek sê dat die dié twee briewe is deur dieselfde persoon gestuur?

X-Trace: posting.google.com 1234270917 10288 127.0.0.1

X-Trace: posting.google.com 1234594922 21743 127.0.0.1

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Ou Wally...

Sa., 14 Februarie 2009 11:21

Hier is die Wally-plan om die land beter te maak:

1. Moenie kla nie.
2. Moenie kwaad word nie.
3. Moet niks demand nie.
4. Kruip gat en paai almal in gesag en hoop dat jou persoonlike probleem as 'n spesiale guns reggestel word.

Hoekom dink ek skielik aan Zimbabwe hier....?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

EK HAAT TELKOM!!!!!

Vr., 13 Februarie 2009 17:01

EK FOKKIN HAAT HULLE!!!!!!!!! EK FOKKIN HAAT HULLE!!!!!!!!!!

DIE FOK WEET EK HAAT HULLE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

ARROGANTE INCOMPETENT DONNERSE IDIOTE!!!!!!!

DAAR SAL "N DAG KOM. DAAR GAAN 'N FOKKEN DAG KOM EK SE JULLE!!!!!!!!!

Rekenaars & selfone | 52 kommentare

bygelowig of nie

Vr., 13 Februarie 2009 09:18

Ek sien nou toevallig terwyl ek die cursor op die datum hou, wat die
datum is. Dit roep die volgende in my geheue op:

Eendag, heelwat jare gelede, vra ek aan my stiefpa of hy bygelowig is.
Sy antwoord was 'n besliste 'nee'.
Toe ek aan hom vra waarom hy nooit op 'n Vrydag die 13de ry nie,
was sy antwoord dat 'daar mos baie ander dae is om te ry.'

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Waarskuwing

Di., 10 Februarie 2009 16:15

'n Waarskuwing aan julle oor 'n nuwe scam waarop ek afgekom het
terwyl ek inkopies gedoen het.

Moet nie naief wees en dink dat dit nie met jou of jou vriende kan
gebeur nie. Hier is hoe hierdie nuwe truuk werk.

Terwyl ek besig was om inkopies in die kattebak te pak, kom twee
mooi 20-21-jarige meisiekinders en begin my windskerm was met lappe
en Windowlene. Hulle doen dit met borste wat byna by hul eina
T-hempies uitval. Jy kan net nie anders as om te kyk nie.

Wanneer jy hulle 'n fooitjie aanbied word dit geweier.
In die plek daarvan word 'n geleentheid gevra om saam te ry na die
volgende winkelkompleks.

Jy stem in en hulle klim op die agtersitplek. Op die pad begin hulle
ontklee. Een klim oor die ruglening na vorentoe en terwyl sy oor jou
klouter steel die ander een jou beursie.

My beursie is gesteel Januarie die 5de, 8ste en 10de, twee keer op die
15de, weer die 17de 18de en 23ste. Dit het weer gebeur die 3rde
Februarie, die 5de en twee keer op die 9de. Drie keer gister gebeur en
heel waarskynlik weer die komende naweek.

Vertel asseblief julle vriende om versigtig te wees.

Dave

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1834): [ «    101  102  103  104  105  106  107  108  109  110  111  112  113  114  115  116    »]
Tyd nou: So. Mrt. 01 04:04:01 UTC 2026