Ons kerk het verlede Sondag 'n oesfees gehad en almal moes hul sakke skud
vir die betaling van 'n pas voltooide administrasie gebou op die
kerkgronde. Die preek het ook gehandel oor jou 10 de elke maand.
Ek hior graag van julle hoe julle die 10 de saak benader.
----- Original Message -----
From: Willo
To: Alex Koster
Sent: 03 August 2000 10:41
> Beste Alex,
>
> Mein Nederlands ben niet te goed. Kan je dalk in de toekoms in Engels of
> Afrikaans schrijven?
>
> Ek verstaan de laaste sinnetje glad niet.
> (.......)
>
> Groete,
>
> Willo
--------------------------------
Dagsê Willo,
Baie dankie vir jou e-pos, Willo. Ek spreek Engels, Nederlands en Duits.
Ek verstaan Afrikaans, maar spreek die taal nie baie goed nie! Maar 'n
Nederlandstalige kan vinnig 'n bietjie Afrikaans leer skryf deur
Afrikaanstalige na te doen. Ek kan vinnig Afrikaanse woorde leer deur
Afrikaans te lees. Ek verstaan wel, maar spreek egter nie Afrikaans nie.
That's my attempt at Afrikaans! Its nice if someone tries to speak your own
language, especially when foreigners rarely try to do this, that's my
feeling!
No problem, Willo! Thanks.
I rarely have problems understanding Afrikaans, but I guess the Dutch
grammar and spelling may put Afrikaans speakers off more. I think it's
probably easier for a Dutch speaker to understand Afrikaans than the other
way around, sometimes.
i.e.,
Ik ben, Jij bent, hij is, wij zijn, jullie zijn.
Ek is, Jy is, hy is, ons is, julle is
I generally don't have much of a problem following written Afrikaans, but if
I hear someone speaking Afrikaans, I have to get used to the accent and
he/she has to speak slowly. This has more to do with the fact that Dutch
speakers from the low countries rarely hear Afrikaans being spoken, its a
question of getting used to the pronunciation and different words, the
meaning of which usually becomes clear to Dutch speakers in the context of a
sentence. But its still nice to almost share a common language in a foreign,
far away country.
I'm Dutch but I've lived in England since I was five. I've a number of
(historic) links with the Boers, including my French Huguenot connections.
For various personal reasons there are many aspects of Boer history which
also appeal to me. So, although I'm not an Afrikaner/Boer, I do have
Afrikaner/Boer sympathies.
Riaan se idee dat motoriste 'n toestel behoort te hê om hul
eie alkohol perk te toets verwys
Nie R10 maar selfs R5 is genoeg soos die toestel wat ek
gebruik Riaan. Vanmiddag om twaalf het ons ná 'n
vergadering besluit om vleis te braai en 'n paar biere (en
natuurlik bietjie rooi wyn) saam met die vleis te geniet.
Ek gebruik 'n pen en my notaboek om myself te toets en hiér
is vandag se uitslag om te wys hoë effektief dit is.
12uur Sal net 'n paar biere drink en huis toe ry
12:30 Mmmm die drank
raak my nie eens nie!
1:40 Snaaks
dat ek vanmiddag so
nugter bly
3:45 Haai
ek't lankl
a
as my skrif getoets
maar ek vo
el nog
oraait!
4:15
Kannie glo
dattek
so nug
ter
blyyy
5.00nm Het moss gesjê
datj ejk drank
kan vat! Eks nie
sjoos die anner wat gesuippp ry nie. Ek sktyf biekie
skeefff maaar dis maar omlat ek ingedagte en ontspanne is
Eks bly dat ek 'n
toesthel het ommy eie
kondisjie tetoets
Nee ek stem saam met jou, ek dink die hele gemeente moet besluit wat met die
geld gedoen moet word. Ons kerk is maar 200 mense sterk en het baie skuld,
maar ek moet se die geld word eerste aan die behoeftiges in die gemeente
gegee en daarna aan kinderhuise (Abraham Kriel) en daarna vir kweekskole en
evangelisasie. Dit gaan maar knap, maar die bybel se ons moet ons deel vir
die kerk gee (onthou die storie van die weduwee wat haar laaste paar sent
vir die kerk gegee het), so ek dink die ou wat die geld aan behoeftiges gee
en nie ook aan die kerk nie, is dalk verkeerd, maar dan aan die anderkant
moet die kerk daai fondse korrek aanwend en nie die geld gebruik om op
vakansie te gaan nie. As hulle die geld nie reg gebruik om behoeftiges in
die gemeente te help nie, kan ek dalk jou vriend se standpunt verstaan.
Kerke is nie meer wat dit was nie, dit lyk of die hele spul nou net 'n
geldmaak besigheid wil bedryf
Elaine
Krokkie skryf in boodskap news:398a772a$0$229@hades.is.co.za...
> Ek's in die NG kerk.
>
> My probleem het baie te doen met die aanwending van die fondse. Sondahg het
> hulle voor die diens vir ons die state gewys en gese hulle wil die nuwe
> kantoorblok van R1.5 miljoen kontant betaal. So ons moet hoes. Die kerk is
> redelik groot so ek dink nou 8000 lidmate. Hulle redeneer(dis nou waar seker
> nie moet stry nie) dat jy jou 10de van jou inkomste net so moet gee, maar
> is dit nou voor belasting of daarna?. Verder wys hulle op hul begroting dat
> hulle die vorige jaar R4 miljoen aan uitreik aksies spandeer het. Dit is
> nou wanneer in baie gevalle klomp lidmate op "vakansie gaan" oorsee ens op
> die kerk se onkoste om sekere geestelike werk te verrig. Alles goed en wel,
> maar moet die kerk nie eers in sy eie gemeente alle "lyding en nood" verlig
> nie? Ek voel immers so. 'n Vriend van my se hy gee sy bydrae vir behoeftige
> familielede. Is dit reg ? of kan net die kerk self besluit oor die
> aanwending van sy fondse. ?
>
> Krokkie
>
Kom ons sê dat 'n motor toegerus is met alles wat 'n persoon nodig het om
nie die padwette te oortree nie. Daar is flikkerligte vir as jy wil draai,
remme, en 's speedo om te sord dat jy nie te vinnig ry nie.
Nou is my vraag
Is dit dan nie die staat / privaat sektor se plig om 'n apperaat klein
genoeg sodat 'n persoon dit permanent by jou kan hou nie op die mark te
bring teen sowat R10 wat vir jou kan sê of jy nugter genoeg is om te mag
bestuur nie.
Ek meen al wat die man op straat op die oomblik het is 'n "aanwysing" tov
jou gewig en lengte van hoeveel jy mag drink of nie, dit sal mos natuurlik
'n hele klomp grensgevalle veroorsaak en met die howe wat al klaar so vol
is, is dit die laaste ding wat SA nog nodig het.
Die woord blatjang kry ons van 'n Maleise woord (blachang) en húlle maak
blatjang o.a. met vis wat 'n ruk lank is seesand begrawe is, toegedraai met
palm of piesangblare. Die lot word gelos totdat die vis afgevrot het van die
skubbe en grate, en so 'n jellierige pasta maak. Dis dalk waar Mrs balls se
idee van die ansjovis inkom? Die normale Mrs Balls, en inteendeel 99% van
al die SA blatjangs word net van vrugte en speserye gemaak. Ek het wel al
gesien dat sekere Worcestersouse (Byv Lea & Perrins) ansjovis in het - gee
blykbaar daardie souterige byt aan die sous.
Ek moet sê SAD (aka Safari) maak ook darem 'n dêm lekker blatjang.
Groete,
Dries
"Out of Africa" skryf in boodskap news:sUUh5.4571$63.103502@zonnet-reader-1...
> Gloudina, ek het 'n nuwe PC gekry, en jou nog nie weer geblok nie... vandaar
> dat ek vandag weer al die @home's ook te sien kry.
>
> Watse chutney het jy gekoop dolla? Ek het nog nooit ansjovis in chutney
> gesien of daarvan gehoor nie!!! Jou vegetariese man kan dus maar smul aan
> onse lekkerny. (Is heerlik saam met kaas of piesang op 'n broodjie)
>
> As jy seker gemaak het dat dit wel ansjovis is, hoor ek graag van jou watse
> geur chutney dit is...
>
> schreef in berichtnieuws 3986C23A.2201E162@home.com...
>> Mrs Balls
>>
>> Dit verbaas my altyd - hierdie kult van Mrs Ball's se
>> blatjang. Ek het nie met Mrs. Balls grootgeword nie,
>> en in die ag jaar wat ek in Natal by twee verskillende
>> plekke gewerk het, was Mrs. Balls ook nie op my
>> horison nie. (Dit mag miskien op tafels in restourante
>> in Durban gestaan het, waar ek dit onbewus gebruik
>> het, gee ek toe.) Maar dis eers toe ek hier in Kanada
>> aankom, toe vind ek nou Mrs. Balls is deel van die
>> lysie van dinge wat mense na SA verlang. Ons kry
>> nou die dag hier naby ons 'n bottel Mrs. Balls, (en
>> ook Ceres vrugtesap. Daar moet dus 'n SA konneksie
>> wees; sal moet vra.) Nogal met die Afrikaans "Sterk
>> Blatjang" daarop. Ek koop dit toe, net om uit te vind
>> dat die anchovy in het, en my vegetarier-man weier
>> om dit te gebruik. Is anchovy (wat is die Afrikaans?)
>> altyd deel van Mrs. Balls? Ek vind hierdie bottel
>> nie vreeslik aantreklik nie. Dis vreeslik soet. Dit
>> proe of dit meer suiker in het as vrugte. Ek dink ek
>> het gewoond geword aan die Engelse en Indiese
>> blatjangs wat ons hier kan kry.
>>
>> Gloudina
>>
>