Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Identikits

Sa., 09 September 2000 00:51

Kom ons kry eers hierdie ding uit die pad .........

Tante Gloudie,

Ek's 'n gees uit die verlede van hierdie nuusgroep met spesiale opdrag uit
die warmplek om van tyd tot tyd in te loer en na goeddunke chaos te saai in
wat oor is van jou siel en onderbewuste......

JARRE (dis goeie Afrikaans vir BAIE lank) gelede was hier 'n klomp mense wat
gehoop het om intelligente gesprek te kan voer met wie ookal by hierdie
kuierkroeg sou wou inloop. Ons het nie gekry wat ons gesoek het nie.
Vandag weet ek JY was met sommiges soms privaat in verbinding maar ons laat
dit eers daar.

Daar was regtig mense teenwoordig vir wie intelligensie en logika alledaags
is. Geen normale mens kon egter die getjommel en rigtinglose geklets te
lank verdra nie - veral nie as jy in jou histeriese historiese retoriek
verstrik raak en telg Ferdie saamgil van onder jou rokspante uit nie. Dit
was die situasie toe baie van ons hier padgegee het. Gelukkig bied die
kuberruimtes heelwat geleenthede vir mense wat anders dink en voel as jy -
as jy nie glo nie, vra gerus jou sussie, Johanna, oor gespreksgroepe.

Met iedere besoek vind ek nog dieselfde ou jeremia's hier - oor en oor en
oor. Ek vra jou kommentaar onder die "Subject line" : Kanadese Polisie en
jy reageer min of meer beskaaf daarop. (Het ek so greintjie skaamte tussen
die lyne gesien ?) Gaan kyk bietjie waar trek julle NOU met die
Kanadese polisie. En dit is juis julle probleem. Julle is nie in staat om
by 'n onderwerp te hou nie. Ek moet dus met spyt aan my oppergesag gaan
rapporteer hier is min of geen wat gereed is vir hoër diens.

'n Gedagte of twee oor jou identikits : Ek ken die Johan klong wat jy so
liederlik verdink agv MY onheilighede hier. Weet jy in welke aangename
persoonlikheid hy ontpop het die oomblik toe hy met "wedersydse respek" weg
van jou invloed behandel is ? Ek moet nog so bietjie "name dropping" doen
om reg aan my sending te laat geskied - onthou jy vir Bees ? Onthou jy
enigsins daardie era ?
Vertel my waar's daardie mense NOU.

Met jou en Ferdi die enigste uitsonderings, is al die ander name hier
redelik nuut. Ons praat natuurlik ook nie van die mense uit die Laaglande
wat soms 'n taalkundige kersie hier opsteek onder die wanindruk hulle is by
die regte plek nie. En al sou ek my regte naam bekendmaak, sal kwalik 'n
handvol my onthou.

Terug na julle Kanadese polisie met die gesprek OF verander minstens dan die
onderwerplyntjie. Julle polisiehoof het die CNN mense te woord gestaan. As
dit nie was dat ek al blootstelling gehad het aan Noord-Amerikaanse variante
van wat algemeen as Engels bekend is nie, sou ek vandag nog nie geweet het
wat die man gesê het nie. Verstaan julle mekaar regtig daar ?

Lekker raai. As jy warm raak, sal ek jou laat weet. Maar wat sal jy nou op
86 van hitte weet ? Jou enigste hoop op warmte lê waarskynlik in die
hiernamaals.

O. N. Heil.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Was so bietjie weg

Vr., 08 September 2000 20:34

Skuus dat ek onverwags so bietjie weg was Gloudina,
het jy verlang Liefie?

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Hierdie is nie 'n toets nie Lou

Vr., 08 September 2000 20:31

Sommer net 'n hallo...!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tuislande en ontwikkeling

Vr., 08 September 2000 19:03

Interresant dat die SASD se verslag oor armoede in SA die
tuisland-grense in terme van armoede weerspieel.

Die gebiede waar daar die minste infrastruktuur is en die meeste
armoede is die gebiede waar die tuislande was.

Die twee rykste plekke - Jhb en Kaapstad - het nooit tuislande gehad
nie.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Pensioendag vir die oues van dae

Vr., 08 September 2000 18:12

Gister (8-9-2000) was weer pensioendag vir oues, nie net vir
hulle nie maar alle mense wat geld ontvang van die staat.
Gebreklikes wat nie kan werk nie, oudstryders en kinders wie
se ouers nie die geld het om behoorlik na hulle te kyk nie.
My vrou het besluit om haar ma later in die middag te neem
sodat sy nie so lank in 'n lyn hoef te staan nie, sy is 83
jaar oud.

Net voor 2 uur die middag het sy toe die saal binne gegaan
en ons het verwag dat sy so 'n uur daar binne sou wees, want
dit was ± 1 uur die vorige maand toe dit vir die eerste keer
hier in die Suid Kaap gedoen is. Ek het my seun gevra om by
die uitgang vir haar te wag aangesien daar te veel rondlêers
daar was. Om 15:15 kom my seun hier by aan en ek vra hom toe
waar Ouma dan is en hy sê dat sy nog steeds binne sit en dit
wou voorkom of van die masjiene wat die geld uitbetaal
stukkend is en dat daar slegs een masjien is wat uitbetaal.

Ek bel toe my vrou sodat sy kan gaan kyk wat aangaan en laat
weet toe dat die die masjiene stukkend of leeg is en dat die
veiligheidsvoertuie blybaar ander loophaal het. Na twee ure
was sy toe klaar en ek het haar huistoe geneem.

Nou vra ek, 'n vrou of man van daardie ouderdom, hoekom moet
hulle 2 ure wag vir hulle pensioen? Sal die geagte ministers
van Kaapland toelaat dat hulle familie vir 2 ure daarvoor
wag. Een van die dae is Februarie hier met sy 35 tot 40 °C,
wat dan? Onthou mense kom al vroeg in die dag vanaf plase
ens. Wat van babas wat saam met die enkelouer moet kom om
die geld te ontvang? Daar is nie genoeg toiletgeriewe nie,
daar is darem waterkrane daar naby.

Van te vore was daar verskillende wat groepe die geld kon
afgehaal by die poskantoor, dit was voor Augustus 2000.

Ek hoop dat die WP se gowerment aandag sal gee aan dié
probleem, as hulle weer ingestem wil word.
--

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Padreëls.

Vr., 08 September 2000 17:44

Ek was vandag gou op Gauteng (Jhb) toe, lyk my daars ander reëls op die pad
van toepasing . Of is die mense maar net te bang om by 'n rooilig te stop ?
Ook sien ek dat truspieëltjies word nie gebruik nie " die kar agter jou het
remme ". Ja, dit is seker nie nét daar so nie, maar ek sal nooit in so plek
kan bly nie. "My meegevoel vir die wat daar bly". Dit gaan my weer weke vat
om naels te groei.

Definisie van 'n verkeerslig in Gauteng: 'n Toestel om voetgangers net
halfpad oor 'n pad help, daarna is jy op jou eie.

chow for now
Hein.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Gloudina

Vr., 08 September 2000 12:12

Gloudina, hoekom lewer jy net altyd negatiewe of beterweterige kommentaar?

L

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Rassisme/Apartheid

Do., 07 September 2000 09:13

Ag nee wat, ek is nou heel gatvol vir al die huilende, patetiese moere
wat gedurig verskoning vra, kerke, individue en andere. Ek het geen
skuldgevoelens oor enigiets nie en ek sal waaragtig nie verskoning vra
net omdat my vel wit is nie. Oor 100 jaar van nou af sal apartheid
steeds die skuld vir alles kry en sal daar nog steeds rassisme ook wees
want dit bestaan van die vroegste tye af oor die hele wêreld en sal so
voortgaan. Dis net SA wat altyd uitgekryt word as die sondebok. Dis mos
gerieflik want dan kan die ander lande lekker skuil agter al die sappige
stories en dinge wat in SA aangaan.
Net vir interessantheid hoor ek sopas dat diewe ook by Mbeki se huis
ingebreek het en verlede week het ander weer Mboweni se selfoon gegryp
selfs nadat hy gesê het wie hy is, net asof dit enige betekenis het. Wys
jou ook maar net.
Groete
Christo

Koeitjies & kalfies | 123 kommentare

Toekoms Advies vir: Groenighede vir Afrika en die Planeet

Wo., 06 September 2000 20:34

Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet,
insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat deel neem aan die
Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Veral vir die volgende:
Deursettings vermoë en vasberadenheid. Die menige inisiatiewe geneem
deur President Thabo Mbeki, Staats departmente en die Private Sektor,
ten bate van miv+/vigs navorsing in ons Paradys, en elders op die
Planeet. Veral vir die ondersteuning gelewer vir 'n breedvoerige
miv+/vigs debat. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die
Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die Regering van ons Paradys,
en elders op die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik.
Vir die Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet. En nog baie
meer. Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil ook graag Navorsers, veral die WNNR en ICRAF, Bosbou, plant
groeiers en tuinbouers, in ons Paradys, en elders op die Planeet,
gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die
toekoms. Veral vir die volgende: Deursettings vermoë en vasberadenheid.
Verhoogde navorsing, om op tegnieke te verbeter. Menige dienste verskaf
om groenighede in ons Paradys, en elders op die Planeet te verhoog.
Verhoogde beskerming van baie populere medisenale groenighede. Groeiers
en uitvoerders van hoogs gesogte spesies, bv. Prunis boom in Kenia.
Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, en elders op
die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Vir die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet. En nog baie meer.
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, asemrowend te
verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om
eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word
gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om
dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Definisie van groenighede wat in hierdie bydrae gebruik word: Bome,
plante, struike, grasperke, blomme, ens. Medisenaal, dekoratief, ens.
Insluitend groente tuine, en/of ander klein, medium en/of groot skaal
voedsel verskaffings inisiatiewe, indien van toepassing.

En om met hierdie waardevolle bydrae voort te gaan:

Stel voor om ontmoetings te verhoog met Munisipaliteite, verskeie
Sektore, asook Organisasies en Individue. Om gesprekke te verhoog
aangaande die verhoging van groenighede in gebiede waar persone leef,
asook industriele gebiede, en elders, indien enige. As deel van die
2020 plan in ons Paradys, en in SAOG lidlande.

Identifikasie van geleendhede kan ook verhoog word waar groenighede
verhoog kan word tot voordeel van die gemeenskap, asook die ekonomie in
die geheel. Met die doel om vlakke van suurstof in die gemeenskap te
verhoog. Veral tussen skemer en dagbreek. En om hoë piek periodes en
winter maande in ag te neem. Veral om die aantal bladhoudende bome te
verhoog. Om die gesondheid en welgesteldheid van persone, die
stabiliteit van die grond gedurende reen seisoene, en/of inkomste
inisiatiewe vir persone wat aan hierdie projek deelneem, te verhoog.

Navorsings tegnieke kan ook verhoog word, in die verband. Om die
produksie van suurstof deur groenighede, meer effektiewe water natlei
metodes om gebruik te word, gebiede en aanplantings tye, asook
genesings eienskappe van groenighede, ten voordeel van alle betrokke
partye.

Natlei metodes kan ook verhoog word op 'n gereelde basis vir
groenighede, afhangende van die vlak en tussenposes wanneer water deur
groenighede benodig word.

Inhouds opnames kan ook verhoog word by gebiede, waar en wanneer
groenighede verhoog kan word. Om meer effektiewe skattings te verhoog
wat benodig word om met projekte voort te gaan. Asook, om toekenning
van prioriteite te verhoog. Hoogstens aangeraai, om prioriteite aan
gebiede/gemeenskappe te verhoog in ons Paradys, en SAOG lidlande,
afhangende van benodighede aangaande sigbaarheid, vlak van suurstof,
en/of ander voordele ten bate van die gemeenskap in die geheel.

Ontmoetings kan ook verhoog word met tuinbou firmas, plaaslik en
internasionaal, verkieslik Westers vriendelik, veral VSA vriendelike
tuinbou firmas, indien moontlik. Asook, om huidige bestaande
verhoudinge met Lande en SAOG lidlande te verhoog, afhangende van die
keuse van Lande waar groenighede verhoog word.

Dan om projekte te verhoog waar groenighede benodig word, in ons
Paradys, en in SAOG lidlande terselfdertyd. Lang termyn doelwitte kan
ook verhoog word met firmas, afhangende van vermoee en kwaliteit van
dienste wat gelewer word, asook ander faktore.

Die groei van groenighede kan verhoog word by benodigde liggings. Veral
mees gesogte spesies, bv. Prunis bome. Om herplanting inisiatiewe te
verhoog waar en wanneer nodig, indien nodig. Om die afhandeling van
projekte in 'n korter tyd te verhoog, indien enigsinds moontlik.

Die vlak van opleiding aangaande groenighede kan ook verhoog word, waar
en wanneer nodig, indien enige. Om die beskerming van groenighede,
veral mees gesogte spesies, asook medisinale kwaliteite, ens. te
verhoog. Op 'n wen-wen basis vir alle betrokke partye.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance 'n
kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000 en/of net daarna.
President Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance
herhaal vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En
dit die sukses maak wat dit verdien om te wees.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Vlak van suurstof en/of sigbaarheid, waar nodig, kan asemrowend verhoog
word.
Gesondheid en welgesteldheid van persone kan asemrowend verhoog word.
Inkomste gegenereerde geleendhede kan asemrowend verhoog word.
Werks geleendhede kan asemrowend verhoog word.
Beginsels van vredevolle naas-bestaan en inter-afhanklikheid kan
asemrowend verhoog word.

Ekonomiee, en potensiële ekonomiee kan asemrowend verhoog word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe
neem.
Die Planetêre Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid is. Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal vir
een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep
waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol Vorentoe, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe
asb.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: WEB DOMAIN HOSTING FOR THE LOWEST PRICES POSSIBLE

Wo., 06 September 2000 17:03

After following - or trying to follow these post, I came to the conclusion
that the original spammer (I'm not sure who he is) doesn't have a clue about
webdesign and the work that goes into it, nor does he have a clue what he's
talking about. Sure you can do if for cheap, if you want to make a mess and
design your own page. But then you won't have any high-level stuff like
interesting perl and cgi and mysql programming. (You talk about CGI bins
from this free hosting companies. If someone don't know how to set up that
nifty binny, how's he gonna get it to work?) You won't have flash on your
site, which is difficult and HIGHLY specialised graphics and "programming".
If you're not all that good with graphics, well .......... "poof" that's
your site going up in flames.
If you want quality you pay for it. If you want crap, you don't simple as
that.
I would've spammed and shouted my hubby's webdesign company's URL out all
over the group, but alas I find spamming and spammers despicable, and don't
want to make myself guilty of the practice. And besides, he does nothing
for free.
Think about this, if you have a big company and you want to place an ad on
TV you can do it for free as well, just grab your home cam and your friends
and family as actors and there you go. But it wouldn't look very
proffesional will it? That's why you pay someone big bucks to do it for
you, to make it look proffesional. And that's why some companies are paying
big bucks for a webpage, to make it look proffesional.
There webpage is their showcase, their pride, it reflects on the company and
what they're like.

Vir die res van julle "otters" (voor almal 'n hartaanval kry, ek bedoel dit
nou nie ernstig nie) daar buite wat net so verveeld wat soos ek met die
stringetjie non sense stuff, vra ek om verskoning vir my lang pos.

Elaine

Rekenaars & selfone | 10 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1027  1028  1029  1030  1031  1032  1033  1034  1035  1036  1037  1038  1039  1040  1041  1042    »]
Tyd nou: Di. Des. 16 19:53:11 UTC 2025