Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Het jy 'n universiteits diploma nodig ......... get one free

Sa., 09 September 2000 19:02

Het die volgende ontvang, ek wonder net hoe die een in Japan
my e-pos ad gekry het. Meskien moet ek my ISP vra om my ad
te verander.
NS. Meskien kan ons aan mekaar grade toeken ......... wonder
watter graad sal ons aan ons baie geliewe en populêre vriend
Ferdie gee ....... ...

DD hou jou mond, geen sarkasme van jou nie ná :-)
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
UNIVERSITY DIPLOMAS

Obtain a prosperous future, money earning power,
and the admiration of all.

Diplomas from prestigious non-accredited
universities based on your present knowledge
and life experience.

No required tests, classes, books, or interviews.

Bachelors, masters, MBA, and doctorate (PhD)
diplomas available in the field of your choice.

No one is turned down.

Confidentiality assured.

CALL NOW to receive your diploma
within days!!!

1-212-465-3248

Call 24 hours a day, 7 days a week, including
Sundays and holidays.

kek...@din.or.jp

remove---- k9clo...@adexec.com

12135334045111229073
agy

--

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

HELP! Kaapstad verstik!

Sa., 09 September 2000 09:24

Die regering het glo gedreig om die Caltex raffinadery te sluit.
Hoera. (Moenie asem ophou en wag dat iets gebeur nie... DOEN NOU IETS)

Intussen is daar bevind dat Kaapstad se lug verskeie giftige
chemikaliee bevat, en dat die vlakke hiervan soms hoër is as
in erg besoedelde plekke soos Sasolburg. Die volgende stowwe
is gevind:
Koolstof-disulfied - beskadig longe en voortplantingstelsel
Tetra-chloro-etaan - erge lewerskade
Tolueen - Kanker en beenmurgskade
2-Hexanoon - onomkeerbare skade aan sentrale senustelsel
En ook: Asetoon, Bensien, Metileen-chloried

Caltex het nie gehou by sy onderneming van 1994 waarin hy
besoedeling met 80% sou verminder nie.

Die bevindinge is bekend gemaak na 'n Durbanse organisasie,
Groundwork, lugmonsters na die VSA gestuur het vir toetse.

Caltex skuil agter die verskoning dat heersende winde die
besoedeling wegwaai. Maar op 'n windstil dag lê daar 'n
geelgroen laag op die stad, jou oë, neus en mond brand,
en almal hoes en proes sonder ophou.

DIS TYD DAT DIT NOU END KRY!

WAT JY KAN DOEN OM TE HELP.

Bombardeer Caltex ( http://www.caltex.co.za ) met jou
briewe en besware. Hulle tolvrye nommer is 0800 22 66 55
Die raffinadery se bestuurder is Mnr Paul Buley -
Kontaknommers:
Hoofkantoor: Tel (021) 403 7911 - Faks (021) 403 7508
Raffinadery: Tel (021) 508 3911 - Faks (021) 551 1975

Maak beswaar by jou plaaslike raadslid, parlementslid, ens.

Die departement verantwoordelik is Omgewingsake en Toerisme,
onder Min Valli Moosa en adj-min Joyce Mabhudafasi.
Die tel nommer is (012) 310 3911 en faks (012) 322 2682, en op die
web http://www.environment.gov.za

MAAK ANDER BEWUS HIERVAN.

Caltex (en sy ryk amerikaanse ouermaatskappy, Chevron), het geen reg
om ons omgewing te bederf en massiewe winste in hulle sakke te steek
nie. Hulle maak geen bydrae tot die geweldige mediese onkostes wat
hiermee saamgaan nie.

Ons konstitusie verskans die reg tot onbesoedelde omgewing. Hierdie
groot firma is besig om ons onder ons neuse te probeer verstik in
hulle gifgas.

BASTA! Loop snuif julle eie gif op!

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Johannesburg: Kuns Mark te ZOO LAKE, hierdie naweek

Sa., 09 September 2000 04:02

Johannesburg: Kuns Mark te ZOO LAKE, hierdie naweek!

Kom kyk na beelde en kuns van wel-bekende kunstenaars,
en nuwes. Die hele naweek, 9, 10 Sept!
Op Jan Smutslaan, net noord van Johannesburg binnestad.
Sien u daar!
Roland Koch

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Identikits

Sa., 09 September 2000 00:51

Kom ons kry eers hierdie ding uit die pad .........

Tante Gloudie,

Ek's 'n gees uit die verlede van hierdie nuusgroep met spesiale opdrag uit
die warmplek om van tyd tot tyd in te loer en na goeddunke chaos te saai in
wat oor is van jou siel en onderbewuste......

JARRE (dis goeie Afrikaans vir BAIE lank) gelede was hier 'n klomp mense wat
gehoop het om intelligente gesprek te kan voer met wie ookal by hierdie
kuierkroeg sou wou inloop. Ons het nie gekry wat ons gesoek het nie.
Vandag weet ek JY was met sommiges soms privaat in verbinding maar ons laat
dit eers daar.

Daar was regtig mense teenwoordig vir wie intelligensie en logika alledaags
is. Geen normale mens kon egter die getjommel en rigtinglose geklets te
lank verdra nie - veral nie as jy in jou histeriese historiese retoriek
verstrik raak en telg Ferdie saamgil van onder jou rokspante uit nie. Dit
was die situasie toe baie van ons hier padgegee het. Gelukkig bied die
kuberruimtes heelwat geleenthede vir mense wat anders dink en voel as jy -
as jy nie glo nie, vra gerus jou sussie, Johanna, oor gespreksgroepe.

Met iedere besoek vind ek nog dieselfde ou jeremia's hier - oor en oor en
oor. Ek vra jou kommentaar onder die "Subject line" : Kanadese Polisie en
jy reageer min of meer beskaaf daarop. (Het ek so greintjie skaamte tussen
die lyne gesien ?) Gaan kyk bietjie waar trek julle NOU met die
Kanadese polisie. En dit is juis julle probleem. Julle is nie in staat om
by 'n onderwerp te hou nie. Ek moet dus met spyt aan my oppergesag gaan
rapporteer hier is min of geen wat gereed is vir hoër diens.

'n Gedagte of twee oor jou identikits : Ek ken die Johan klong wat jy so
liederlik verdink agv MY onheilighede hier. Weet jy in welke aangename
persoonlikheid hy ontpop het die oomblik toe hy met "wedersydse respek" weg
van jou invloed behandel is ? Ek moet nog so bietjie "name dropping" doen
om reg aan my sending te laat geskied - onthou jy vir Bees ? Onthou jy
enigsins daardie era ?
Vertel my waar's daardie mense NOU.

Met jou en Ferdi die enigste uitsonderings, is al die ander name hier
redelik nuut. Ons praat natuurlik ook nie van die mense uit die Laaglande
wat soms 'n taalkundige kersie hier opsteek onder die wanindruk hulle is by
die regte plek nie. En al sou ek my regte naam bekendmaak, sal kwalik 'n
handvol my onthou.

Terug na julle Kanadese polisie met die gesprek OF verander minstens dan die
onderwerplyntjie. Julle polisiehoof het die CNN mense te woord gestaan. As
dit nie was dat ek al blootstelling gehad het aan Noord-Amerikaanse variante
van wat algemeen as Engels bekend is nie, sou ek vandag nog nie geweet het
wat die man gesê het nie. Verstaan julle mekaar regtig daar ?

Lekker raai. As jy warm raak, sal ek jou laat weet. Maar wat sal jy nou op
86 van hitte weet ? Jou enigste hoop op warmte lê waarskynlik in die
hiernamaals.

O. N. Heil.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Was so bietjie weg

Vr., 08 September 2000 20:34

Skuus dat ek onverwags so bietjie weg was Gloudina,
het jy verlang Liefie?

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Hierdie is nie 'n toets nie Lou

Vr., 08 September 2000 20:31

Sommer net 'n hallo...!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tuislande en ontwikkeling

Vr., 08 September 2000 19:03

Interresant dat die SASD se verslag oor armoede in SA die
tuisland-grense in terme van armoede weerspieel.

Die gebiede waar daar die minste infrastruktuur is en die meeste
armoede is die gebiede waar die tuislande was.

Die twee rykste plekke - Jhb en Kaapstad - het nooit tuislande gehad
nie.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Pensioendag vir die oues van dae

Vr., 08 September 2000 18:12

Gister (8-9-2000) was weer pensioendag vir oues, nie net vir
hulle nie maar alle mense wat geld ontvang van die staat.
Gebreklikes wat nie kan werk nie, oudstryders en kinders wie
se ouers nie die geld het om behoorlik na hulle te kyk nie.
My vrou het besluit om haar ma later in die middag te neem
sodat sy nie so lank in 'n lyn hoef te staan nie, sy is 83
jaar oud.

Net voor 2 uur die middag het sy toe die saal binne gegaan
en ons het verwag dat sy so 'n uur daar binne sou wees, want
dit was ± 1 uur die vorige maand toe dit vir die eerste keer
hier in die Suid Kaap gedoen is. Ek het my seun gevra om by
die uitgang vir haar te wag aangesien daar te veel rondlêers
daar was. Om 15:15 kom my seun hier by aan en ek vra hom toe
waar Ouma dan is en hy sê dat sy nog steeds binne sit en dit
wou voorkom of van die masjiene wat die geld uitbetaal
stukkend is en dat daar slegs een masjien is wat uitbetaal.

Ek bel toe my vrou sodat sy kan gaan kyk wat aangaan en laat
weet toe dat die die masjiene stukkend of leeg is en dat die
veiligheidsvoertuie blybaar ander loophaal het. Na twee ure
was sy toe klaar en ek het haar huistoe geneem.

Nou vra ek, 'n vrou of man van daardie ouderdom, hoekom moet
hulle 2 ure wag vir hulle pensioen? Sal die geagte ministers
van Kaapland toelaat dat hulle familie vir 2 ure daarvoor
wag. Een van die dae is Februarie hier met sy 35 tot 40 °C,
wat dan? Onthou mense kom al vroeg in die dag vanaf plase
ens. Wat van babas wat saam met die enkelouer moet kom om
die geld te ontvang? Daar is nie genoeg toiletgeriewe nie,
daar is darem waterkrane daar naby.

Van te vore was daar verskillende wat groepe die geld kon
afgehaal by die poskantoor, dit was voor Augustus 2000.

Ek hoop dat die WP se gowerment aandag sal gee aan dié
probleem, as hulle weer ingestem wil word.
--

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Padreëls.

Vr., 08 September 2000 17:44

Ek was vandag gou op Gauteng (Jhb) toe, lyk my daars ander reëls op die pad
van toepasing . Of is die mense maar net te bang om by 'n rooilig te stop ?
Ook sien ek dat truspieëltjies word nie gebruik nie " die kar agter jou het
remme ". Ja, dit is seker nie nét daar so nie, maar ek sal nooit in so plek
kan bly nie. "My meegevoel vir die wat daar bly". Dit gaan my weer weke vat
om naels te groei.

Definisie van 'n verkeerslig in Gauteng: 'n Toestel om voetgangers net
halfpad oor 'n pad help, daarna is jy op jou eie.

chow for now
Hein.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Gloudina

Vr., 08 September 2000 12:12

Gloudina, hoekom lewer jy net altyd negatiewe of beterweterige kommentaar?

L

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1027  1028  1029  1030  1031  1032  1033  1034  1035  1036  1037  1038  1039  1040  1041  1042    »]
Tyd nou: Wo. Mrt. 11 14:10:48 UTC 2026