Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Toekoms Advies vir: Hennep verbouings en industriële Inisiatief

Di., 29 Augustus 2000 00:00

Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet,
insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat deel neem aan die
Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Veral vir die volgende:
Deursettings vermoë en vasberadenheid. Die menige inisiatiewe geneem
deur President Thabo Mbeki, Staats departmente en die Private Sektor,
ten bate van miv+/vigs navorsing in ons Paradys, en elders op die
Planeet. Veral vir die ondersteuning gelewer vir 'n breedvoerige
miv+/vigs debat. Menige inisiatiewe, om die infra struktuur, vrede en
voorspoed van die persone van die Oos Kaap te verhoog. Insluitend die
menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika
Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone
van ons Paradys, en elders op die Planeet. En nog baie meer. Byvoorbaat
baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil ook graag Landbouers, Landbou en Navorsing organisasies, Landbou
implement vervaardigers en verspreiders, veral Hennep landbou
gemeenskap, asook die Private sektor wat waarde aan hennep aagheg,
oorsee en plaaslik, indien enige, asook ondersteunende Regerings en
Organisasies, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook
vir die toekoms. Veral vir die volgende: Deursettings vermoë en
vasberadenheid. Aanhoudende verskaffing van landbou produkte, wanneer
beskikbaar. Volgehoue navorsing, om beter tegnieke bekend te stel.
Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. Asook om die Regering van ons Paradys, en elders op
die Planeet te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone
van ons Paradys, en elders op die Planeet. En nog baie meer. Byvoorbaat
baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, asemrowend te
verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om
eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word
gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om
dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Stel voor om ontmoetings te verhoog met Hennep landbouers, Dorps
belanners en diegene betrokke by die beplanning van metropolitaanse
sub-strukture, asook die Private Sektor wat hennep aanwend as rou
materiaal om goedere te vervaarding. Om hennep verbouing en hennep
fabrieke in ons Paradys te verhoog, veral in die Oos Kaap. Hoogstens
aangeraai, om die uitleg van verbruikers markte saam uit te lê. Om op
'n wen-wen basis te funksioneer, vir alle betrokke partye.

Hoostens aangeraai, om openbare ontmoetings, asook debatte te verhoog
met sosiale leiers, asook in die Parlement van ons Paradys. Om die
standpunt van deelnemers te bepaal, om hennep verbouings tuis te
verhoog. Veral vir families waar die primôre brood winner onder 21 is.

Ontmoetings kan ook verhoog word met mense regte organisasies in ons
Paradys, en elders op die Planeet. Om die definisie te verhoog
aangaande toelaatbare dienste wat onder-21-jariges kan verrig, veral
aangaande tuis en gewone verbouings inisiatiewe, afhangende van
publieke debbatte in die verband.

Wette kan ook verhoog word in die verband. Om die maandelikse, asook
addisionele inkomste van persone te verhoog wat aan hierdie projek
deelneem.

Klein plasies word hoogstens aangeraai in die verband. Om die
beskikbare land eienaarskap inisiatiewe te verhoog. Asook, om te
funksioneer op 'n wen-wen basis vir alle betrokke partye.

Kort termyn, asook lang termyn doelwitte kan ook verhoog word. Om
suksesvolle verbouing van beskikbare grond gebied te verhoog. Veral om
meer doeltreffende navorsing in die verband te verhoog. Om die
produksie van suksesvolle oeste te verhoog.

Hoogstens aangeraai, om 'n datum aangedrewe inventaris lys, voorgestel
deur 'n Staats ondersteunde firma, te verhoog, indien dit nie alreeds
gedoen word. Vir gewone asook tuis verbouings inisiatiewe. Om die
boekhouding van sade geplant, verwagte oes, en datum wanneer oeste
verwag word. Asook die adres van tuis en gewone verbouings gebiede.
Veral, om die sekuriteits aspek van tuis en gewone verbouings
inisiatiewe in hierdie verband te verhoog, waar en wanneer nodig.

Fabrieke wat hennep as rou materiaal gebruik, kan ook verhoog word in
die Oos Kaap, asook in aanliggende gebiede, en elders in ons Paradys.
Waar voldoende menslike en ander hulp bronne beskikbaar is. Asook, om
die infra struktuur en ondersteuning te verhoog in die verband, waar en
wanneer nodig. Om die profytvolheid van hennep verbouing en verwerking
te verhoog.

Sekuriteits maatreels kan ook verhoog word, wanneer hennep verkoop word
op internasionale markte, indien dit nie alreeds die geval is. Baseer
op plaaslike asook internasionale aanvaarbaarde standaarde. Ontmoetings
kan ook in die verband verhoog word. Om reels en regulasies, asook
invoer en uitvoer beheer maatreels te verhoog, waar en wanneer nodig.

Bestudeer verbruikers benodighede plaaslik, asook in Afrika en elders,
om uitvoer mark potensiaal en benodigdhede vas te stel.

Voorsiening kan ook verhooog word vir plaaslike verbruik, indien
toegelaat. Asook, om wette in hierdie verband te verhoog, indien dit
nie alreeeds gedoen is.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance 'n
kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000 en/of net daarna.
President Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance
herhaal vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En
dit die sukses maak wat dit verdien om te wees.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Aantal hennep landbouers kan asemrowend verhoog word.
Onder-21 arbeid inisiatiewe, indien ondersteun, kan asemrowend verhoog
word.
Annvullende inkomste vir huis eienaars kan asemrowend verhoog word.
Staats ondersteunde beheer van hennep verbouing kan asemrowend verhoog
word.
Werks geleendhede, veral in die Oos Kaap, kan asemrowend verhoog word.
Ekonomiee, en potensiële ekonomiee kan asemrowend verhoog word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe
neem.
Die Planetêre Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal vir
een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep
waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol Vorentoe, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe
asb.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nou ook in SA ?

Di., 29 Augustus 2000 00:00

Hel ek het al gehoor van baie sake in Amerika waar 'n persoon hof toe gegaan
het en nogal gewen het vir die simpelste goed. Nou hoor ek Gibbs se pa wil
vir Hansie hof toe vat as gevolg van 'n verlies aan inkomste vir sy seun ...
of het ek dit mis verstaan ?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Callie en Monique

Di., 29 Augustus 2000 00:00

Die petrolstasie in ons straat het 'n vertoon bord met groot letters:
"Monique kom huistoe
Dankie Jesus!"

En wie sou nou nie "AMEN" sê daarop nie?

Callie en Monique se name is die afgelope vier maande + sekerlik in meeste van ons huise al genoem en in talle gebede opgedra. Die feit dat die Regering so 'n belangrike rol gespeel het in hul vrylating beklemtoon dat hierdie tweetjies ONS mense is, afgesien van watter kant van die draad ons sit.

Monique, ons kan nie ooit onsself indink hoe dit vir julle was nie, maar jy is sekerlik vir baie vrouens in Suid-Afrika 'n inspirasie.

WELKOM TUIS !

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Man as HOOF...

Di., 29 Augustus 2000 00:00

Hilda

As ek jou raad kan gee, aanvaar jou man as die hoof van die huis. Die Bybel
sê dit, en dit is regtig die resep vir 'n lang en gelukkige huwelik.

Dit beteken natuurlik nie dat jy sy slaaf is nie. NOOIT nie!

Dis julle women's lib wat die egskeidingshof vol hou...

...of is Gervaas een van die ruggraatlose vente wat bang is vir sy vrou?
(Hy's dan nie gelukkig getroud nie, al sê hy so...)

Hilda en Gervaas schreef in berichtnieuws
%1Jq5.141084$Ee.1214337@afrodite.telenet-ops.be...
> Reenen,
>
> Ek het net gedink dis snaaks dat Elaine skryf :
>> nie, maar dis so bestem dat die man ons HOOF sal wees Dit lyk vir my van 'n ander tyd - maar ek veronderstel dat sy dit ironies
> bedoel het.
>
> Groete uit Vlaandere,
>
> Hilda.
>
>
> "Reenen van Niekerk" schreef in bericht
> news:39ab571d.0@news1.mweb.co.za...
>> Jammer Gloudina
>>
>> Die vraag was vir haar bedoel.
>>
>> Reenen van Niekerk
>>
>> skryf in boodskap news:39AAE766.26C92861@home.com...
>>> Reenen van Niekerk wrote:
>>>
>>>> Elaine
>>>>
>>>>
>>>> Nou wonder ek hoekom jy n eeu te laat lewe. Sal graag wil sien wat
sy
>> bedoel
>>>> by die stelling.
>>>>
>>>
>>> Dis nou natuurlik Hilda daar in Belgie wat die
>>> observasie gemaak het, Reenen.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>

Geloof & kerksake | 3 kommentare

Verander

Ma., 28 Augustus 2000 05:20

Ek dink jy moes nooit gereageer het nie

Chr...@eskom.co.za wrote in message ...
> Jy kan maar aanhou "eye" want gaan lees maar weer my pos. Dit lees" Right room,
> wrong Hotel". Dis tog duidelik die arme drommel is op die verkeerde plekkie, nie
> waar nie, hahahaha
> Christo
>
> KaapseKind wrote:
>
>> Ai tog...wat 'n skok op my sisteem!!!
>> Ek "eye" Christo nou al so lankal...

>> Romantiese Kaapse meisiekind

>> wrote in message
news:39A3E1BD.F5907AEA@eskom.co.za...
>>> Hahahahahahaha
>>>
>>> Pat wrote:
>>>
>>>> Ag nee man Christo, ek het darem nie dit van jou verwag nie hoor!
>>>> :-)
>>>>
>>>> Pat
>>>>
>>>> Protus wrote in message
>>>> news:39a32679.773094129@news.citilink.com...
>>>> > Lyk my Christo gaan hom naderhark....
>>>> >
>>>> > Tue, 22 Aug 2000 15:45:11 +0200:: Chr...@eskom.co.za skrywe:
>>>> >
>>>> > >Right room, wrong hotel.
>>>> > >
>>>> > >
>>>> > >jo wrote:
>>>> > >
>>>> > >> hi there,
>>>> >
>>>> > >> I'm a 23 y-old gay guy from Paris looking for southafrican gay
>> penpals.
>>>> >
>>>> > >> Hope to hear from you soon
>>>> >
>>>> > >> Geoff
>>>> > >
>>>> >
>>>
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ag nee wat!

Ma., 28 Augustus 2000 00:00

Lyk my julle ou klomp is uitbaklei want dit raak al hoe stiller. Hier en
daar is darem so een of twee wat nog nie rigor mortis onderlede het nie.
Elaine, Davie, Gloudina, Lou, Pat, waar is almal????
Dan waai ek ook maar.
Christo

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Ag nee wat!

Ma., 28 Augustus 2000 00:00

Jy wag nie eens vir die tweede rondte nie Christo?
Gun hulle 'n slukkie water en bietjie afspons.

Net miskien het jy tog die ghong gelui nou !

On Mon, 28 Aug 2000 19:47:22 +0200, Chr...@eskom.co.za wrote:

> Lyk my julle ou klomp is uitbaklei want dit raak al hoe stiller. Hier en
> daar is darem so een of twee wat nog nie rigor mortis onderlede het nie.
> Elaine, Davie, Gloudina, Lou, Pat, waar is almal????
> Dan waai ek ook maar.
> Christo
>

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Callie en Monique kom huis toe

Ma., 28 Augustus 2000 00:00

Nadat Monique Strydom gister deur die Jolo rebelle vrygelaat is, is haar man
Callie vandag ook vrygelaat. Sterkte aan al twee en kom ons almal bid hulle
vinnige beterskap toe.

Elaine

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Callie en Monique kom huis toe

Ma., 28 Augustus 2000 00:00

Stem saam met daai een. Ek hoop net die pers los hulle eers vir so 'n rukkie
alleen

Elaine skryf in boodskap news:39aa3817.0@news1.mweb.co.za...
> Nadat Monique Strydom gister deur die Jolo rebelle vrygelaat is, is haar man
> Callie vandag ook vrygelaat. Sterkte aan al twee en kom ons almal bid hulle
> vinnige beterskap toe.
>
> Elaine
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Skokkende moord in stil Vrystaat Dorpie

Ma., 28 Augustus 2000 00:00

Ai tog, my hart wou breek toe ek daarvan hoor. Hoe 'n 44 jarige
besigheidsman van Sasolburg 'n onskuldige swart man, een van sy werknemers,
met 'n stuk draad aan sy bakkie vasgemaak het en hom 5.4km deur die dorp
gesleep het. Die polisie het die bloedspoor gevolg na die man se kantoor
waar hy gaan wegkruip het.
Die man het vandag in die magistraat verskyn en is borg geweier. Hulle moes
ook die hof afspan met draad om te keer dat 'n horde swartes die man vang en
self aan 'n bakkie vasmaak en begin sleep nie
Sasolburg is my geboorte dorp en hoewel dit maar sleg gaan daar deesdae het
ek nog nooit van iets so wreed gehoor nie. Dis barbaars en as julle my vra
verdien so man die doodstraf. Gaan lees ook gerus die hoofberig op
http://news24.co.za

Elaine

Koeitjies & kalfies | 43 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1032  1033  1034  1035  1036  1037  1038  1039  1040  1041  1042  1043  1044  1045  1046  1047    »]
Tyd nou: Sa. Sep. 12 04:49:19 UTC 2026