Aktief is 'n forum vir Afrikaners en hul stamgenote oor 'n wye reeks sake
betreffende die versterking van kulturele bande met die Europese stamvolke.
Die klem lê op gesprekvoering oor 'n wye reeks onderwerpe om daardeur
vriendskaps en kulturele bande met Europa te versterk.
Aktief IS die bydraes van sy gespreksgenote.
Word deel van die gesprek! Tik jou e-pos adres in op ons webblad om aan te
sluit by ons poslys.
"Liza" skryf in boodskap news:8q7ttl$6g6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lyk my nie tannie Gloudina van Kanada het al die kloutjie by die oor gebring
> nie. Watter soort kat is die Felina van jou?
Ja nee, die Tannie Sherlock sukkel nog bietjie. Sy loer oor die draad, maar
ek hou die gordyne toegetrek.
Felina? Ek dink mens noem haar 'n Pavement Special.
Ek gaan al vir die afgelope tien jaar elke jaar ten minste een keer na
die KNP toe. Standaarde het in sommige opsigte verbeter maar in meeste
versleg. Die restourante in die ruskampe het baie agteruit gegaan. Die
besprekings kantoor in Pretoria is 'n mynveld. Huisvesting is in 'n swak
toestand. Kampe is vuil. Die ontvangs personeel in die kampe kan nie
behoorlik engels praat nie. Sit nou 'n Duitser wat met 'n aksent praat
en 'n Suid Afrikaner wat met 'n ander aksent praat bymekaar en jy kan
kaartjies verkoop! Dan is daar ook 'n begrotings probleem?
Besef ons mense wat se invloed dit op die SA toerisme het? As 'n toeris
'n slegte ondervinding het vertel hy al sy vriende en hul vertel hul
vriende ens. ens. ad nauseum.
Word wakker - daar is nie plek vir swak diens in die Toerisme wêreld
nie!
24 uur na een van die prisoniere vrygelaat was ,is hy weer betrokke by n
ernstige misdaad naamlik n motorkaping.
Dan is daar per abuis 160 gevaarlikke verdagtes vrygelaat en volgens Russel
Mamabolo kan niemand in die derpartement verantwoordelik gehou word vir die
fo*## nie.Hy se die probleem is dat die lede nie die opdragte behoorlik
verstaan het nie. Nou wonder ek wat hy vir die slagoffers van misdade gaan
se wat deur die "persone" gedoen gaan word.Jammer my personeel kan nie
opdragte verstaan nie.
Dan is dit darem snaaks dat daar 18 000 verdagtes vrygelaat word net voor n
verkiesing.Ek wonder hoeveel nog voor die verkiesing vrygelaat gaan word.
"Reenen van Niekerk" skryf in boodskap news:39c662c8.0@news1.mweb.co.za...
> 24 uur na een van die prisoniere vrygelaat was ,is hy weer betrokke by n
> ernstige misdaad naamlik n motorkaping.
>
> Dan is daar per abuis 160 gevaarlikke verdagtes vrygelaat en volgens Russel
> Mamabolo kan niemand in die derpartement verantwoordelik gehou word vir die
> fo*## nie.Hy se die probleem is dat die lede nie die opdragte behoorlik
> verstaan het nie. Nou wonder ek wat hy vir die slagoffers van misdade gaan
> se wat deur die "persone" gedoen gaan word.Jammer my personeel kan nie
> opdragte verstaan nie.
>
> Dan is dit darem snaaks dat daar 18 000 verdagtes vrygelaat word net voor n
> verkiesing.Ek wonder hoeveel nog voor die verkiesing vrygelaat gaan word.
Reenen, ek en 'n paar ander maters het mekaar lekker witwarm geklap op
soc.culture.south-africa oor hierdie einste onderwerp.
Goed, die magistrate het die mense borgtog toegestaan, en die trawante wat
die borgtog van R1,000 kon bekostig was onmiddellik weer op die strate
gewees.
Maar, my redenasie was dat die trawante wat nie die borgtog kon bekostig
nie, geen ander heenkome as misdaad het om aan die lewe te bly nie. En ek
het voorspel dat baie van hulle net weer en weer in hegtenis geneem gaan
word. Elke keer wat hulle vrygelaat word en hul borgtog vergeet word, word
hulle eintlik beloon vir hul misdade. Hulle besteel vir 'n rukkie, kry
gratis kos in die tronk vir 'n rukkie, en die proses begin van voor af.
Weinig van hulle gaan by die hof opdaag vir hulle verhoor. Tewens, hulle sal
blerrie stupid wees as hulle dit doen. Hier gee die goewerment vir hulle 'n
gratis kaartjie terug strate toe, so hoekom sal hulle die kaartjie opskeur
en vrywillig teruggaan tronk toe?
Die punt is, borgtog is die meganisme wat mense binne die regstelsel hou en
hulle terugbring hof toe, behalwe waar die krimineel dit as 'n toegangsfooi
tot vryheid beskou en die geld afskryf.
Verder, soos iemand anders uitgewys het, die regering se kleim dat dit die
publiek R1 miljoen per dag gaan spaar is groot bollie. Hulle het Korrektiewe
Dienste se begroting gevat (R5.08 biljoen), deur die aantal gevangenes
(170,000) gedeel, en met 11,500 gemaal. En siedaar! R1 miljoen per dag.
Bravo! Behalwe dat Korrektiewe Dienste geen tronke gaan toemaak of personeel
gaan afdank as gevolg van hierdie vrylating nie. Infrastruktuur status quo
word gehandhaaf. So, in reële terme is daar absoluut geen besparing nie,
behalwe dalk die bietjie kos wat die mense sou geëet het.
Maar almal het hande geklap oor die "besparing", en die media het seker nie
geld vir batterye vir hulle calculators nie, want ek het nêrens gesien dat
enigiemand hierdie "besparing" bevraagteken het nie. Die "besparing" het ter
sprake gekom in 'n vraag in die Parlement. As daai ou omies nie sit en slaap
nie, dan maak hulle vingernaels skoon met die Swiss Army mes wat hulle laas
jaar by die Rooikruis gekry het.
Hoe vind julle deesdae julle mediese fondse?
ek het 6 maande gelede 'n hartvat omleiding gehad, en die
kardiotorakale chirurg is nou nog nie deur Ou Mutal se
mediese fonds betaal nie.
Die radioloog is 2 keer betaal, en ou mutual se mense trek
net skouers op en die radioloog se kantoor sê net die fonds
het dit 2 keer aan hulle betaal, toe ons vra of hulle die
geld gaan terugstuur sê hulle die fonds moet dit aanvra.
Nie 'n wonder die fondse gaan almal in hulle glorie nie.
Het julle al mense in beheer van afdelings se telefoon
nommers in die hande probeer kry, vergeet dit, selfs die
lokale takke het dit nie eers nie. As hulle queries te veel
word dan ry hulle na die hoofkantoor om probleme uit te
sorteer.
Dit raak nou regtig belaglik, en moet tog nie vra om in
Afrikaans bedien te word nie.
Ass. Unie Beheer skryf in boodskap news:969202812.277162@fermion.b.fw.brunssum.net...
: Hallo mensen,
:
: Wil je iets over ons 'kikkerlandje' (Nederland) weten...
reageer maar, dan
: krijg je misschien antwoord!
:
: Hans Houben
:
:
: