dink weer aan die dorpsdam
en die rivier wat daardeur vloei
dink vir oulaas in september
aan die droë geel gras
die populierbome se blare
wat raas in die wind
dink aan die wilde eende,
die waterhoendertjies, die reier,
die bontkiewiet in die veld daaragter
dink aan die teerpad
wat onder die brug deur draai
aan gister se stemme
dink aan die wolke
en die son agter die wolke
dink daaraan
vergeet dan die voëls, die teerpad, die brug, die wolke, die bome
die son
die gras
en gister
vergeet alles, maar onthou
onthou die wind op die blink water
Dis alles baie oulik. Ek het dit vreeslik geniet
Maar jy moet maar versigtig wees met prentjies en goete post hierso want dis
nie 'n binaries ng nie en dit vreet ongelukkig baie bandwidth. Persoonlik
is ek nie gepla nie, maar ander mense is wel
Het hierdie informasie afgehaal van news.newusers.questions
Nou kan dié ng. se mense self besluit wie die TROLLE hier
is.
Kyk nou maar self wie partykeer 'n 'posting' doen om aandag
te trek en
'n reaksie uit lok.
Groetnis.
~~~~~~~~~~~~~
> Would somebody like to define a troll? I have heard these referred to in
> other newsgroups, and guessed that they were people who insisted on posting
> off-topic messages. Is this correct?
In addition people often refer to having someone man the
troll gate or
warn not to feed the trolls ... here is a neat description:
A troll is a post designed to disgust or shock a good
portion of a
group or simply to stir up the pot. "Troll" is a fishing
term meaning
to drag bait slowly through the water and catch fish on the
line. In
Usenet the troller drags his bait (offensive or pot-stirring
post )
through the group to see how many fish (indignant posts or
posts from
naive newbies) he can catch - those responding are his fish.
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Safe haven for parrots: http://www.parrotsafe.demon.co.uk/index.htm
Dis mooi, veral die laaste een, en laat my tog vreeslik heimwee kry
vir my ou land. Met al sy foute en skete, bly dit darem nog n
blerrie mooi land.
pop
skryf in boodskap news:39D69BDE.7F623F92@home.com...
VIER GEDIGTE UIT DIE KLEIN KAROO
VOOR DIE VAL
In die Klein Karoo het ek geweet
dat die Swartberge elke oggend
soos kerkorrels uit my drome sal verrys,
dat die bougainvilleas elke dagbreek weer
uit die stof sal opstaan
om in pers vlamme teen die bome te dans.
Daar het ek die wonderwerk van elke dag gesien.
En geglo.
Heel die dag lank
het ons met fietse deur die strate gebid
en hallelujas in die sagte gras gelag.
Met pakkies Lucky Strikes
het ons skelm psalms agter die heinings gerook
en met meisies onskuldig soos Post Toasties
het ons nagmaal in die stil skemer van die bioskoop gehou.
In die ligblou lug,
wyd en glad soos 'n stil rivier,
het die tierende son elke middag laat
in die Klein Karoo
soos 'n oopgesnyde waatlemoen
ondergegaan.
En dan het die soet nag
om ons
soos 'n donker vrug oopgebreek in sterre
en die koel aand het sag soos water
deur die strate van die dorp gespoel,
terwyl die saad van nog 'n heilige dag
op die sypaadjies ontkiem het.
DIE SON SAK WEG
Weg van die growwe groen heuwels
van die Oos-Kaap,
ver na die suidweste
lê die Swartberge.
My hart het op 'n tyd daar gewoon.
Maar dis blote klip en grond, my liefstes,
wat onder die koeëlronde son hoog rys
in die droë Klein Karoo.
Daar verkoop slinkse boere
Waatlemoene om aan die lewe te bly.
HERFS, OUDTSHOORN
ma, die son jaag 'n wind van verder as ver
wat die helder lug bo die berg verbrokkel
bruin aan bome in die lanings vreet
en die appelkoosboom in jou agterplaas
in geel vlamme verbrand
DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD
Ek ken die Swartberge
in die land voor die tyd.
Daar het ek die wiskunde suiwer geleer
van die son wat glorieryk om die aarde tol.
Daar kon die geometrie van my geloof
Die hele wereld elegant aan 'n enkele uur anker.
Maar met die ontvangs van oktrooie
duskant die Swartberge,
het die tyd my heerser gemaak.
Ek het koning oor my lewe geword.
Ek vat die dae en die nagte
en ek maak statistieke daarvan.
Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
van die wêreldlyn,
Ek is koning van idees.
Ek weet hoe vulkane
berge uit die aarde gedruk het,
hoe vreemde diere vroeër
in die moerasse van die Klein Karoo
onder die fel son gebulk het.
Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
en weer in die koue planeet wegsak
wanneer die son rooi en oud word,
voor alles weer soos saad
in die donker kiltes van die hemel verskiet.
Ek is koning van konsepte.
En van hier
waar die kragte van die tyd
glorieryk in balans
om my helder hede hang,
heers ek
oor die verlede
en oor die toekoms.
Krokkie skryf in boodskap news:39d4978b$0$233@helios.is.co.za...
>
> @home.com wrote in message ...
>
> Kakadina
>
> "Peasant" het verskeie betekenisse.
>
> So ons is dus lede van sekere klas van landbouwerkers ens of 'n platelandse
> persoon. Jammer ons is nie. So jy se al die swartes op die plateland en in
> afgelee gebiede is "bokbreine". Ek het altyd geweet dat jy diep in jou hart
> 'n RASSIS is.
>
> Snaaks hoe jy die bokke insleep , pas nogal by jou "satansliefde".
>
> Na jou onlangse foto moet jy liewer nie oor gekrok praat nie.
>
> Jy was dan die "hoogaangeskrewe" Gloudina Brouwer van Christelik-Nasionale
> onderwys todat hulle jou uitgewerk het, so moenie agter die deur wegkruip
> nie. -Nee ! Sy is nou "in the closet".
Ja; Nou is sy die Hoogaangeskrewe Bloudina Brouwer van Buddah-Nasionale
Onderwys waar sy ook gratis afstand-onderrig gee in die Karma-Sutra.
> Mens kom nogal gou agter dat hier 'n klomp onderwys mense op die ng betrokke
> is. Vader gaan merk boeke man. Julle kan noual aansoek doen om vraestelle
> vir die matriek-eindeksamen te merk.
>
> Terloops "@Home" , as jy hierdie sin gelees het , miskien is daar 'n wurm op
> jou rekenaar. Maar bietjie soek voor jy weer reboot.
>
> Krokkie
Daar word gese nuwe wetgewing word beoog om rassisme,
rasse-beledigings en die verspreiding van rassistiese idees krimineel
strafbaar te maak.
Great idee, sê ek!
Ek ondersteun dit ten volle dat rassiste opgespoor en aangekla word.
Daar word gese minimim strawwe van ses maande in die tronk word beoog
vir iemand wat 'n rassistiese belediging kwytraak.
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:39d1e549.13632893@news.is.co.za...
> On Tue, 26 Sep 2000 16:38:27 +0200, "Lukas" wrote:
>
> rede.
Hier kom dit nóg baie duideliker uit dat ou Greiling nié nét 'n
skeinheilige, liberale ruggraatlose is nie, maar daarby kan HY SELF
ook gladnie REDENEER nie. Al wat hy goed kan doen is om 'n paar
afgewaterde, niksseggende stellings te maak deur sy teenstanders
eenvoudig af te maak as "peasants".
Dis mos vir jou lekker om Liberaal te wees nê ?!
LIBERALISM: To liberate evil and promote Humanism.
CONSERVATISM: To Conserve that what is Good and to promote Theocracy.
Let Wel: "CONSERVE" beteken "om te bewaar" soos in Natuurbewaring.
Daarby is ou Greyling blykbaar 'n joernalis óók nog. -Dit verduidelik
sommer alles ! Hulle is liberaal ; Hulle is "altyd" reg ; Hulle skryf wat
hulle wil ; Hulle weet "alles" ; En met hulle liberale sienswyses
indoktrineer hulle die samelewing. Die Media is 'n baie invloedryke
"tool" waarmee die samelewing gekondisioneer word.
Jy dink veels te hoog van jouself, Greyling. Jy bly 'n bangerige wolf in
skaap-klere en 'n liberale verderwer van die samelewing daarby !
Probeer dan hierdie keer om met motiverings te redeneer, of bly net stil.
"poppie" skryf in boodskap news:8r4rvj$hbd$1@slb6.atl.mindspring.net...
> Wat is die "mercy rule" Horrie, dat hulle jammer is vir hom en daarom
> die game stop?
Ek ken nie bofbalreëls nie. Die nuusberig hier het van die mercy rule
melding gemaak. Mens neem maar aan dit is wanneer die wedstryd gestop word
net nadat die een span sy naam totaal en al gat gemaak het. Seker maar om 'n
totale slagting te vermy.