Is dit net ek of het September vir julle ook verby gevlieg? Ek's mal oor
die lente, en al is dit juis nou die tyd vir hooikoors en goed is ek gek oor
die gevoel wat ek kry wanneer die bome begin bot en die voëltjies weer
lekker sing.
Ek begin ook rondom hierdie tyd daai regte "christmas" gevoel kry, en ek
begin uitsien na my verjaarsdag en - ag sommer baie lekker dinge lê voor,
asook 'n lekker 3 week vakansie.
Ek loop met 'n permanente smile op my gesig en my arme man kan nie met my
huis hou nie (ek sal maar nie daarop ingaan nie).
Nou wonder ek of dit waar is. Hulle sê hoe ouer 'n mens raak hoe gouer gaan
die tyd om. Dis so waar, en dis jammer, want vandag geniet ek die lewe, en
wil dit nie vreeslik graag baie gou verlaat nie. Die goeie (of slegte) nuus
is dat experts nou glo dat as jy kan leef tot die jaar 2010 die
lewensverwagting 125 jaar sal wees en as jy nog so 20 jaar kan vasbyt tot
die jaar 2030 sal die lewensverwagtig 250 wees. Ek wonner of ek so oud wil
word.
Die Transvaal is toe alreeds annekseer, dus die Britte het Pres. Kruger as
"Ex." beskou.
Dries
"Steve Hayes" skryf in boodskap news:39d56cce.10987968@news.saix.net...
> On Fri, 29 Sep 2000 14:26:33 GMT, @home.com wrote:
>
>> On September 29, 1900 the Globe and Mail reported
>> that Great Britain sent a note to the Dutch government
>> advising that if Dutch warships bringing ex-president
>> of the Transvaal Paul Kruger to Europe carried any
>> of his government's archives or gold, it would be
>> regarded as a breach of neutrality.
>
> On a point of historical accuracy it should be noted that the was not the "ex"
> President until 31 May 1902, when the Peace of Vereeniging was signed - or am
> I missing something here?
dink weer aan die dorpsdam
en die rivier wat daardeur vloei
dink vir oulaas in september
aan die droë geel gras
die populierbome se blare
wat raas in die wind
dink aan die wilde eende,
die waterhoendertjies, die reier,
die bontkiewiet in die veld daaragter
dink aan die teerpad
wat onder die brug deur draai
aan gister se stemme
dink aan die wolke
en die son agter die wolke
dink daaraan
vergeet dan die voëls, die teerpad, die brug, die wolke, die bome
die son
die gras
en gister
vergeet alles, maar onthou
onthou die wind op die blink water
Dis alles baie oulik. Ek het dit vreeslik geniet
Maar jy moet maar versigtig wees met prentjies en goete post hierso want dis
nie 'n binaries ng nie en dit vreet ongelukkig baie bandwidth. Persoonlik
is ek nie gepla nie, maar ander mense is wel
Het hierdie informasie afgehaal van news.newusers.questions
Nou kan dié ng. se mense self besluit wie die TROLLE hier
is.
Kyk nou maar self wie partykeer 'n 'posting' doen om aandag
te trek en
'n reaksie uit lok.
Groetnis.
~~~~~~~~~~~~~
> Would somebody like to define a troll? I have heard these referred to in
> other newsgroups, and guessed that they were people who insisted on posting
> off-topic messages. Is this correct?
In addition people often refer to having someone man the
troll gate or
warn not to feed the trolls ... here is a neat description:
A troll is a post designed to disgust or shock a good
portion of a
group or simply to stir up the pot. "Troll" is a fishing
term meaning
to drag bait slowly through the water and catch fish on the
line. In
Usenet the troller drags his bait (offensive or pot-stirring
post )
through the group to see how many fish (indignant posts or
posts from
naive newbies) he can catch - those responding are his fish.
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Safe haven for parrots: http://www.parrotsafe.demon.co.uk/index.htm
Dis mooi, veral die laaste een, en laat my tog vreeslik heimwee kry
vir my ou land. Met al sy foute en skete, bly dit darem nog n
blerrie mooi land.
pop
skryf in boodskap news:39D69BDE.7F623F92@home.com...
VIER GEDIGTE UIT DIE KLEIN KAROO
VOOR DIE VAL
In die Klein Karoo het ek geweet
dat die Swartberge elke oggend
soos kerkorrels uit my drome sal verrys,
dat die bougainvilleas elke dagbreek weer
uit die stof sal opstaan
om in pers vlamme teen die bome te dans.
Daar het ek die wonderwerk van elke dag gesien.
En geglo.
Heel die dag lank
het ons met fietse deur die strate gebid
en hallelujas in die sagte gras gelag.
Met pakkies Lucky Strikes
het ons skelm psalms agter die heinings gerook
en met meisies onskuldig soos Post Toasties
het ons nagmaal in die stil skemer van die bioskoop gehou.
In die ligblou lug,
wyd en glad soos 'n stil rivier,
het die tierende son elke middag laat
in die Klein Karoo
soos 'n oopgesnyde waatlemoen
ondergegaan.
En dan het die soet nag
om ons
soos 'n donker vrug oopgebreek in sterre
en die koel aand het sag soos water
deur die strate van die dorp gespoel,
terwyl die saad van nog 'n heilige dag
op die sypaadjies ontkiem het.
DIE SON SAK WEG
Weg van die growwe groen heuwels
van die Oos-Kaap,
ver na die suidweste
lê die Swartberge.
My hart het op 'n tyd daar gewoon.
Maar dis blote klip en grond, my liefstes,
wat onder die koeëlronde son hoog rys
in die droë Klein Karoo.
Daar verkoop slinkse boere
Waatlemoene om aan die lewe te bly.
HERFS, OUDTSHOORN
ma, die son jaag 'n wind van verder as ver
wat die helder lug bo die berg verbrokkel
bruin aan bome in die lanings vreet
en die appelkoosboom in jou agterplaas
in geel vlamme verbrand
DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD
Ek ken die Swartberge
in die land voor die tyd.
Daar het ek die wiskunde suiwer geleer
van die son wat glorieryk om die aarde tol.
Daar kon die geometrie van my geloof
Die hele wereld elegant aan 'n enkele uur anker.
Maar met die ontvangs van oktrooie
duskant die Swartberge,
het die tyd my heerser gemaak.
Ek het koning oor my lewe geword.
Ek vat die dae en die nagte
en ek maak statistieke daarvan.
Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
van die wêreldlyn,
Ek is koning van idees.
Ek weet hoe vulkane
berge uit die aarde gedruk het,
hoe vreemde diere vroeër
in die moerasse van die Klein Karoo
onder die fel son gebulk het.
Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
en weer in die koue planeet wegsak
wanneer die son rooi en oud word,
voor alles weer soos saad
in die donker kiltes van die hemel verskiet.
Ek is koning van konsepte.
En van hier
waar die kragte van die tyd
glorieryk in balans
om my helder hede hang,
heers ek
oor die verlede
en oor die toekoms.