Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrikaanse WWW bediener

Di, 02 Januarie 1996 00:00

Dagsê,

Ek sien dat iemand dalk oorweeg ( of het dalk alreeds ) 'n WWW
bediener met Afrikaanse gedigte daarop wil opstel.

Ek is lid van die Junior Rapportryers en ons speel ook met die gedagte
rond om iets soortgelyks te doen. ( Miskien ook met inligting oor
Afrikaanse literatuur, nuwe Afrikaanse musiek en Afrikaanse kultuur
aktiwiteite ens.)

Alles is nog in 'n beplanningsfase, en ek sou graag verneem van enige
persoon of instansie wat iets soortgelyks beplan of reeds gedoen het.

Is daar dalk van die akedemici of uitgewers wat ook reeds soortgelyke
inligting op die Internet het ?

Sou dit vir u tot enige waarde wees en watter spesifieke behoeftes
kan ons dalk daarmee aanspreek ? Laat weet tog vir my.

Groetnis

Fanus Johnson
fa...@casa.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nederlandse Teletekst op Internet !!!!

Ma, 01 Januarie 1996 00:00

Voor iedereen is de Nederlandse teletekst via Internet te
benaderen. Dus het laatste nieuws tot het weer in de gehele wereld
nu te bekijken.
Kijk naar HTTP://WWW.OMROEP.NL/CGI-BIN/TT/NOS/PAGE

Veel plezier ermee.

Rob
Rotterdam
Nederland.

N.B. laat even weten wat jullie ervan vinden.

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Re: SLAVERY IS GOOD!!

Ma, 01 Januarie 1996 00:00

Die berigte word gelos deur "vlamgatte". Hulle lok uit en sê enigiets
om mense in 'n forum kwaad te maak. Ek dink die idee (onder die meer
intelligentes) is om te sien hoe 'n lang woordestorm hulle kan begin.
Dis maar soos ouens wat uit bewegende karre vir 'n mens skreeu as jy
draf.
Gooi vir hulle 'n "toffie" (die internasionale teken van die duim en
vingers) en draf voort.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Broederbond in die 21ste eeu

Ma, 01 Januarie 1996 00:00

Gerald van Eeden skryf onlangs: "Gelukkig is daar nog 'n organisasie
soos die Afrikanerbond (voorheen...die Broederbond) waarvan die lede
nog daarmee erns is om Afrikaans te handhaaf." Robert Wagenaar
skryf in antwoord: "Ek is 'n bietjie bevrees daarvoor, dat Afrikaans die
eksklusiewe eiendom word van die Afrikanerbond."
Ek verstaan heeltemal Robert se vrese. Desnieteenstaande, dink
ek dat 'n mens nie die Afrikanerbond en 'n toekomstige rol daarvoor in
die nuwe Suid-Afrika moet ontmoedig nie. In die dekades voor die val
van apartheid was die Broederbond in 'n geweldige magsposisie. Hulle
was heelwaarskynlik deels verantwoordelik dat ons geliefde vaderland
in die moeras van die apartheids-era beland het. Hulle druk was egter ook
verantwoordelik vir die uiteindelike besluite wat deur die Nasionale Party
geneem is om die apartheidswette af te skaf en die politieke gevangenes
vry te stel.
Volgens Allister Sparks in "Tomorrow is Another Country" het
Pieter de Lange, wat in 1983 voorsitter van die Broederbond geword het,
alreeds in 1986 kontak gehad met Thabo Mbeki by 'n Ford Foundation
byeenkoms op Long Island, New York. Dit was dus gedurende die tyd
van P.W. Botha nog. Sparks skryf: "De Lange claims that the Broederbond
was well ahead of the National Party in its reformist thinking." Sparks is
ook vol bewondering vir Broederbonders soos Sampie Terreblanche en
Willie Esterhuyse wat later aktief deelgeneem het aan gereelde kontakte
met die A.N.C. en belangrike kataliste geword het in die veranderende
denke van die Afrikaner intelligentsia, saam met mense soos Willem de
Klerk, die broer van die man wat uiteindelik die taak sou erf om die
Afrikaner los te maak van die vrag wat hy vir dekades op sy eie skouers
geplaas het en later te swaar gevind het om te dra.
'n Mens hoop dus dat die Afrikanerbond nou homself aktief sal
beywer vir die voortbestaan van Afrikaans deur volop geldelike hulp te
soek vir die instandhouding van robuuste Afrikaanse koerante. (Wat 'n
genot vir 'n Afrikaner in Noord-Amerika om die Beeld , die weeklikse
Burger ens. in Afrikaans af te laai!) Hulle kan ook byvoorbeeld dit
makliker maak vir mense om in Afrikaans te publiseer deur Afrikaanse
letterkundige tydskrifte te ondersteun en nuwes in stand te bring. Ek
hoop ook dat die Afrikanerbond miskien dit sou oorweeg om hulself
die Afrikaanse Bond te noem, om sodoende die vier miljoen sprekers
van Afrikaans wat nie sogenoemd "wit" is nie, onder hulle vlerke te
neem . Hulle kan ondersteuning verleen met beurse vir studente wie se eerste taal
Afrikaans is, pryse vir Afrikaans in skole waar die voertaal Engels is, en
net 'n algemene poging om te verseker dat dit 'n vreugde sal bly om in
Afrikaans te skryf, te praat en te dig.
Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Looking for information about writer Lettie Viljoen

Ma, 01 Januarie 1996 00:00

I just read a beautifull story in a book called 'Kort Afrikaans':
Karolina Ferreira. Some of the Afrikaanse authors in the book are
quite well-known in The Netherlands, but Lettie Viljoen is not.
Can anyone tell me more about her? What did she write before? Is her
work translated in English or Dutch? If not, it should be, in my
humble opinion!!
+++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
Christel Terwiel, Women's Reproductive Health Consultancy
Utrecht, The Netherlands
Phone: *31 30 2769201 (office) | *31 30 2730130 (home)

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 1 kommentaar

Re: Charl Durand en die Tyd as tegnologie

Ma, 01 Januarie 1996 00:00

Gloudina,
Howzit!
Oor die:
>

kan ek net se: :) :) :) :) :)

Oor Retha Harmse: Daar is 'n nasionale heldin wat nie genoeg (come to
think of it, glad nie) besing word nie.
Wat sy gedoen het was so gesond en goed dit maak my nou nog aangedaan.
Sy het mos gesien Hani word geskiet en die skieter ry weg.
Toe ry sy agterna, lees die nommer van sy kar, se dit hardop oor en
oor om dit nie te vergeet nie, draai om en hardloop haar huis (oorkant
Hani s'n) in al opsee^nd aan die nommer.
Toe bel sy die Polisie, se wat gebeur het en gee die nommer. Toe vang
hulle die ou minute later.
Nou, sy was nie 'n "comrade" nie. Sy was nie 'n "commie" nie. Sy was
nie 'n vriend van Hani nie.
Sy het iets gesien wat sy besef het verkeerd is. Toe waag sy haar lewe
om die "regte" ding te doen.
En toe red sy Suid-Afrika.
Ek was as joernalis by Hani se begrafnis en het daardie tyd verslag
gedoen oor veral die ANC en onderhandelinge.
Glo my, as Wallus (die Pool, Derby-Lewis se maat) nie gevang was nie,
was Suid-Afrika waarskynlik die afgrond in.
Daardie tyd was die een keer dat ek begin vat-vat het aan die idee dat
alles om my waarskynlik vernietig gaan word.
Die begrafnis self het ook gewys hoe naby ons daaraan was.
Dit was op 'n mespunt. Oral in die land - plekke soos Knysna, Kenton
on Sea, Oudtshoorn - was dit op die punt om uit te breek - optogte wat
net-net nie losbars nie en vreesbevange polisie. Ek het self by die
begrafnis gesien hoe 'n pantserkar vol vreesbevange polisie anderkant
kyk en stadig, versigtig wegry terwyl 'n paar honderd jeugdiges 'n
winkel aan die brand steek en plunder.
Die feit dat Wallus gevang was en daar dus bewys kon word Hani is
geskiet deur mense wat buite die onderhandelingsproses staan en dit
vyandig was, kon mense soos Tutu, Slovo en Mandela sake beheer en die
fokus terugbring op die onderhandelde oorwinning.
As Wallus nie gevang was nie, sou die vingers blitsvinnig na die derde
mag, die regering, FW ens. gewys gewees het (dit sou maar van die
vingers gewees het) en die onderhandelingsproses sou op die minste
gesukkel het om te oorleef. Dit sou waarskynlik gesterf het en die
politiek sou geweldadig en vernietigend geword het.
Retha Harme is 'n held van ons tyd.
'n Rolmodel vir die goeie burger wat die land groot sal maak.
Ek wens ek kan haar ontmoet (het nooit) om dit vir haar te se.
Cheers,
Ferdi

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Sandkastele

Ma, 01 Januarie 1996 00:00

Toe dit laasweek so gereen het by die see het ek Andre Brink
se boek "Sandkastele" gelees.
Dis minder langdradig as "Die Kreef raak gewoond daaraan" maar hy rek
nog steeds die storie te veel uit na my smaak.

Brink preek nog baie in die boek.

Verder was die storie OK , daar was ten minste een boer in die boek
wat nie 'n fucked up dinosuarus was nie.

Ek dink die boek was beter as "Die kreef raak gewoond daaraan"
Stukkies van Sandkastele is briljant.

Brink is ongelooflik behendig met sy taal, maar die storie in geheel
wil nie lekker jel nie.

Ek gee die boek 6.5/10

cheers
JP

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Sandkastele

Ma, 01 Januarie 1996 00:00

Toe dit laasweek so gereen het by die see het ek Andre Brink
se boek "Sandkastele" gelees.
Dis minder langdradig as "Die Kreef raak gewoond daaraan" maar hy rek
nog steeds die storie te veel uit na my smaak.

Brink preek nog baie in die boek.

Verder was die storie OK , daar was ten minste een boer in die boek
wat nie 'n fucked up dinosuarus was nie.

Ek dink die boek was beter as "Die kreef raak gewoond daaraan"
Stukkies van Sandkastele is briljant.

Brink is ongelooflik behendig met sy taal, maar die storie in geheel
wil nie lekker jel nie.

Ek gee die boek 6.5/10

cheers
JP

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Philips sluit televisiefabriek in Zuid-Afrika

Sa, 30 Desember 1995 00:00

Robert Wagenaar wrote:

> Die sluiting van die fabriek is 'n gevolg van die onmag van die
> Suid-Afrikaans regering om die illegale import uit die buitenland te
> verhinder, waardeur dit onmoontlik word om tv-toestelle te vervaardig
> in Suid-Afrika.
>
> Robert.

Ek het nie gesprek van die begin gevolg nie, maar dit is baie jammer dat
Philips so 'n uitweg gekies het. 'n Mens sou die firma graag wou
beinvloed om 'n bietjie langer uit te hou in Suid-Afrika. Ek dink hulle
het 'n morele verpligting om nie net ekonomiese oorwegings in ag te neem
nie. Op die lange duur mag dit hulle beloon indien hulle hul deel nou
doen om die infrastruktuur van SA te help opbou. Anders gestel: indien 'n
kritiese massa ander firmas dieselfde opsie as Philips volg, kan dit die
land so destabiliseer dat dit hulle toekomstige markte daal heeltemal
verwoes.

Bobby Loubser

____________________________________________________________ _____
Prof. J. A. (Bobby) Loubser (615) 322-4884 (office
hrs)
c/o Dept of Religious Studies (615) 833-4455 (until
Jan 8, 1996)
Vanderbilt University
Box 1585 Station B
Nashville, TN 37235

Home Address:
Box 128, Mtunzini 3867, South Africa (27) (353) 401382 (from April
1, 1996)
Email: jlou...@pan.uzulu.c.za (27) (351) 93911 x 2242
(from July, 27)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nieuw: WebPhone - Wie wil het uitproberen?

Wo, 15 November 1995 00:00

Hallo:

Er is net een beta-versie uitgekomen van een nieuwe
InterNet telefoon. Het ziet er goed uit, maar als je
niemand kent om mee te praten dan heb je er weinig aan.

Wie wil het uitproberen? http://www.itelco.com/

Zet je iemeel-adres dan onder die van mij:

mar...@io.org (Quebec City)

Rekenaars & selfone | 3 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1668  1669  1670  1671  1672  1673  1674  1675  1676  1677  1678  1679  1680  1681  1682  1683    »]
Tyd nou: So Okt 06 09:13:16 MGT 2024