Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Charl Durand en die Tyd as tegnologie
Re: Charl Durand en die Tyd as tegnologie [boodskap #5124] Ma, 01 Januarie 1996 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,
Howzit!
Oor die:
>

kan ek net se: :) :) :) :) :)

Oor Retha Harmse: Daar is 'n nasionale heldin wat nie genoeg (come to
think of it, glad nie) besing word nie.
Wat sy gedoen het was so gesond en goed dit maak my nou nog aangedaan.
Sy het mos gesien Hani word geskiet en die skieter ry weg.
Toe ry sy agterna, lees die nommer van sy kar, se dit hardop oor en
oor om dit nie te vergeet nie, draai om en hardloop haar huis (oorkant
Hani s'n) in al opsee^nd aan die nommer.
Toe bel sy die Polisie, se wat gebeur het en gee die nommer. Toe vang
hulle die ou minute later.
Nou, sy was nie 'n "comrade" nie. Sy was nie 'n "commie" nie. Sy was
nie 'n vriend van Hani nie.
Sy het iets gesien wat sy besef het verkeerd is. Toe waag sy haar lewe
om die "regte" ding te doen.
En toe red sy Suid-Afrika.
Ek was as joernalis by Hani se begrafnis en het daardie tyd verslag
gedoen oor veral die ANC en onderhandelinge.
Glo my, as Wallus (die Pool, Derby-Lewis se maat) nie gevang was nie,
was Suid-Afrika waarskynlik die afgrond in.
Daardie tyd was die een keer dat ek begin vat-vat het aan die idee dat
alles om my waarskynlik vernietig gaan word.
Die begrafnis self het ook gewys hoe naby ons daaraan was.
Dit was op 'n mespunt. Oral in die land - plekke soos Knysna, Kenton
on Sea, Oudtshoorn - was dit op die punt om uit te breek - optogte wat
net-net nie losbars nie en vreesbevange polisie. Ek het self by die
begrafnis gesien hoe 'n pantserkar vol vreesbevange polisie anderkant
kyk en stadig, versigtig wegry terwyl 'n paar honderd jeugdiges 'n
winkel aan die brand steek en plunder.
Die feit dat Wallus gevang was en daar dus bewys kon word Hani is
geskiet deur mense wat buite die onderhandelingsproses staan en dit
vyandig was, kon mense soos Tutu, Slovo en Mandela sake beheer en die
fokus terugbring op die onderhandelde oorwinning.
As Wallus nie gevang was nie, sou die vingers blitsvinnig na die derde
mag, die regering, FW ens. gewys gewees het (dit sou maar van die
vingers gewees het) en die onderhandelingsproses sou op die minste
gesukkel het om te oorleef. Dit sou waarskynlik gesterf het en die
politiek sou geweldadig en vernietigend geword het.
Retha Harme is 'n held van ons tyd.
'n Rolmodel vir die goeie burger wat die land groot sal maak.
Ek wens ek kan haar ontmoet (het nooit) om dit vir haar te se.
Cheers,
Ferdi
Vorige onderwerp: Sandkastele
Volgende onderwerp: Re: SLAVERY IS GOOD!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 05:49:06 MGT 2024