Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrikaans en Afrikanerskap in die 21ste eeu

Wo, 24 Januarie 1996 00:00

Baie dankie vir al die mense op die nuusgroep wat vra
dat die geklaery oor die lot van Afrikaans in die nuwe
Suid-Afrika moet ophou. Chris uit Kaapstand wys
daarop: "Afrikaans is ook nie 'n blanke taal nie...
nie-blankes.. meer as enige ander belangegroep, sal die
voortbestaan en bevordering van Afrikaans verseker."
Jan Lange in Philadelphia verwys na die Pennsylvania
Dutch as 'n voorbeeld van mense wat deur hulle harde
werk en onafhanklike gees nou al vir baie lank hulle
identiteit behou en met eerbied na opgesien word deur
hulle mede-landgenote. (In Kanada is daar verskeie
groepe van Mennoniete wat ook hul (onneergeskrewe) taal
praat, uiters nederig lewe maar baie welgesteld is, onder
andere omdat hulle nie aan krediet glo nie, en vegters vir
menseregte is.)
'n Mens kan ook nie in die toekoms sien nie. Hoe moes
die lede van 'n klein Angel-Saksiese stam in Engeland
geweet het kort na 1066 (toe die klomp Franse onder William
the Conqueror oor die kanaal gestroom het en vir 'n ruk
Frans die taal van die elite in Engeland was) dat in 1996 hul
stamtaal amper 'n wereldtaal sou word? Miskien moet ons
Afrikaners bly wees die wereldtaal is Engels, en nie Sjinees
of Russies nie. Engels het selfs woorde uit Afrikaans geab-
sorbeer. Die Engelse woordeboek begin tog met "aardvark"
en in my eie leeftyd het ek gesien hoe die woord "trek" 'n
bekende Engelse woord geword het wat almal nou ken hier
in Noord-Amerika.
Miskien begin die roeping van die Afrikaner aan die suid-
punt van Afrika nou eers in alle erns: nie net om as Suid-
Afrikaners suiwer te leef onder die mense om hulle nie,
(deur goeie boere te wees, wereldklas navorsers, intelligente
ekonome, slim besigheidsmense, joernaliste wat vreugdevol
met die woord werk), maar ook om hulle ander broeders wat
minderheidstale praat, hul erfenis te leer bewaar. Hier dink
'n mens veral aan die Khoesan-tale wat hopelik nog gered kan
word van totale verdwyning.
Ons is, volgens Alvin Toffler, nou besig om die "Third Wave"
in te gaan met die ontwikkeling van micro-sisteme, waar een van
die belangrikste voorwaardes "tolerance for diversity" is.
Ons betree ook die cybertoekoms. Is dit moontlik dat oor 'n
honderd jaar die Afrikanernasie in die cyberruimte (met die invoer
van distansie-onderrig) skole in Afrikaans sal kry, al bly hulle in
osambiek of Paraguay of Australia of Lebanon? En dat studente
'n hele graad in Afrikaans kan loop, al bly hulle in Yellowknife of
exico City. Toffler voorspel dat regerings miskien "cross-
national" sal wees. Miskien kan van my kleinkinders se kinders
lede word van 'n cyber Afrikaner-parlement! Die toekoms strek
voor ons, en dit sal ons fout wees as ons nie al die wonderlike
moontlikhede raaksien en bewaarheid maak nie.
Gloudina

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: Boere/Afrikaners/Rocks

Di, 23 Januarie 1996 00:00

Fanus Johnson wrote:
><<>What are you trying to say ? I'm White and Afrikaans ( and see myself as
>>part of group 3) - do you want to penalise me for Apartheid ?

>>Apartheid existed for 35 years when I had the first opportinity to vote.

>>I believe that it was our generation of Afrikaners that helped to abandon
>>Apartheid.

>>LET BYGONES BE BYGONES or bring the ANC and others also to justice for
>>evils of the past.>>>

Hoogs interresante resensie van At van Wyk oor die boek "Die hand in
eie boesem " deur B.J. van der Walt van die Instituut vir
Reformatoriese Studies PU vir CHO het in Beeld verskyn in die verband.
Ek haal stukkies uit die resensie aan. Aanhalings is Van Wyk s'n en
dus uit die boek self.

"Apartheid was 'n totale aanslag op Suid-Afrika - apartheid met sy
sosiale manupilasie, wit bevoordeling (regstellende aksie) en
uitkringende geweld."

Dit was 'n revolusionere ideologie, want 'n owerheid wat konsekwent om
eie gewing 'n bepaalde groep burgers bevoordeel en en die regte van
ander vertrap, weerstaan die wil van God vir die staat, naamlik
onpartydige geregtigheid. Dit pleeg revolusie teen God.
Burgers wat hulle teen so 'n beweging verset, mag ook nie eenvoudig as
revolusioner gebrandmerk word nie. Hulle is juis anti-revolusioner,
dit wil se teen die revolusie waaraan die owerheid hom teenoor God
skuldig maak

Apartheid is afgele, maar die skade daarvan nog nie uitgewis nie. Alle
wittes het op een of ander manier deel aan apartheid, maar pleks van
dit voor God en mens te bely, trek hulle terug in eie kring.
"Hulle lees nie meer koerant nie, kyk nie televisie of luister nuus
nie, stel nie meer belang in die politiek op in die HOP nie. Hulle
werk liewer in die tuin, lees Finansies en Tegniek en probeer om hul
eie toekoms ekonomies te beveilig."

....Ander moet kan sien dat dit vir die Afrikaner nie om sy Afrikaanse
aard gaan nie, maar om sy Christelike aard. Want die beste manier om
te behou wat jy het, is nie om dit met die wetboek te beskerm of van
andere te weerhou nie "maar juis om dit met hulle te deel. Diens in
die koningkryk van God beteken dat hoe meer 'n mens gee, hoe ryker
word jy self".

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DS: [AFRIKAANS:5706] Re: Wapens en Grondwet

Di, 23 Januarie 1996 00:00

----------
Van: MA van Hartskamp[SMTP:h...@cs.vu.nl]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 15:51
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5706] Re: Wapens en Grondwet

> Marius vra of die dra van gewere in die Amerikaanse grondwet vervat
> is.
>

Het 2e Amendement op de Amerikaanse Grondwet schrijft:

Amendment II

A well regulated militia, being necessary to the security of a free
state, the right of the people to keep and bear arms, shall not be
infringed.

Zie ook:
http://www.law.cornell.edu//constitution/constitution.overvi ew.html

Formeel dus niet de grondwet, maar dat is volgens mij alleen omdat de
grondwet niet gewijzigd wordt.

Groeten,
Michael

Het spijt me dat ik nederlands schrijf, ik kan alleen Zuidafrikaans lezen

------------------------------------------------------------ ------------
ichael van Hartskamp (hart...@cs.vu.nl) Vrije Universiteit Amsterdam

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5700] Re: Prys van 'n AK47

Di, 23 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 11:04
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5700] Re: Prys van 'n AK47

Freek skryf:

> Ek dink dit moet nou nog minder wees - te oordeel aan die feit dat
> landmyne nou as "scrap metal" (wat is goeie Afrikaans - verskoon die
> hoofletter Reinier) verkoop word. Het julle gesien die skade wat dit
> aan Yskor se hoogoonde veroorsaak het?

Jou sondes is vergewe, my seun :-)
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Antwerpen Digitaal : versie 2.0

Di, 23 Januarie 1996 00:00

Voor alle internet gebruikers die het nog niet wisten:

Sinds 18 december 1995 is er een DMA versie 2.0

Deze nieuwe versie heeft heel wat in petto.
Het begint al met de nieuwe look van de homepage:
een up-to-date letterwoord en uitnodigende ikonen!
Het geheel getuigt van een bewuste profilering naar
maximale gebruiksvriendelijkheid en een doorgedreven interactiviteit.

aximale gebruiksvriendelijkheid

Al de gemaakte aanpassingen t.o.v. de vorige versies staan in
het teken van drempelverlaging.
We willen m.a.w. de aangeboden onderwerpen (services) niet enkel
ter beschikking stellen van de Internet-freaks maar ook voor
de "newbies" onder ons.
Dit weerspiegelt zich onder andere in een lokale IRC (babbelbox)
en een homepage wizard.
Dankzij een consistente, transparante menustructuur,
weet u steeds waar u zich in de DMA bevindt.

Doorgedreven interactiviteit

Wie wil kan van het passieve informatievergaren nu overstappen
naar het actieve leven in de digitale stad.
Om DMA-bewoner te worden volstaat het een elektronisch
registratieformulier in te vullen en klaar is de virtuele Sinjoor.
De voordelen zijn niet mis :
u krijgt een postbus waardoor de eenvoudig te bedienen
maildiensten ter beschikking staan zodat u naar hartelust
kan corresponderen met alle DMA-bewoners of de lokale autoriteiten.
Wilt u uw identiteit wat meer vormgeven,
ook dat kan door een eigen huispagina of home-page te maken
.. of,
te laten maken door de ingebouwde wizard,
uw digitale kabouter.
Om een democratisch steentje bij te dragen met een suggestie of
een kritische noot kan u deelnemen aan de verschillende
discussieforums over de actualiteit in Antwerpen.
Houdt u liever de toon wat luchtiger dan kan u terecht op
een babbelkanaal of chatbox op de DMA.


Na de energie-input door de DMA-innovators is het nu
uitkijken naar de synergie van de DMA-bewoners !

< Webmaster > Webm...@dma.be 01/23/96 10:33:47
============================================================ ==
====== _ _ _ ==== Informatika Centrum Antwerpen
=== / | /|_// /\ === Digitale Metropool Antwerpen
== / | / / /__\ == Generaal Armstrongweg 1
= / | / / / \ == 2020 Antwerpen
== / _ _| / / / \ == tel. +32 3 216.76.04
=== ==== tel. +32 3 216.76.31
======= Belgium ======= fax. +32 3 216.79.04
============================================================ ==

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

The Cocos Island Web Page

Di, 23 Januarie 1996 00:00

Learn more about this unique tropical island, 300 miles off the Costa
Rican coast, her treasures and here unique eco system not found
elswhere in the world.

Go to:
" http://www.oocities.org/TheTropics/3425 "

Best results with Netscape or Mosaic !

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5716] Vertaalde woordspelings

Di, 23 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 19:18
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5716] Vertaalde woordspelings

Ek was 'n paar jaar lid van 'n tweetalige Toastmastersklub. Die ordemeester,
Phil Coombs, het die gewoonte gehad om 'n kort onderbreking aan te kondig as
"There will now be a wee break" - met 'n betekenisvolle knipoog ter wille
van diegene wat dalk nie die stouterige woordspeling gesnap het nie.

Ek daag hom toe uit om 'n geskikte Afrikaanse ekwivalent te vind. En so
gou soos blits kom dit: "Daar sal nou 'n blaaskansie wees"

Hoe lyk dit met nog voorbeelde van perfekte vertalings van woordspelings?

Dirk

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Lojale verset

Di, 23 Januarie 1996 00:00

Ek lees in die boek "Lojale Verset" van NP Van Wyk-Louw die volgende :

"Opstand is net so noodsaaklik in 'n volk as getrouheid. Dit is
nie gevaarlik dat 'n rebellie misluk nie; wat gevaarlik is, is dat
'n hele geslag sonder protes sal verbygaan."

Hy het dit geskryf in 1938 ( ja dis reg - 1938).

Ek wonder of dit nie presies is wat met ons die afgelope 50 jaar
gebeur het nie. (O ja, die res van die boek is seker net so van
toepassing op vandag -nl is Afrikanerkultuur belangriker as die
Suid-Afrikaanse kultuur).

Waarom sukkel ons mense om betrokke te raak by sake van belang ?

In my hart is ek eerstens Afrikaner, al is ek net so lojaal teenoor die
Nuwe Suid-Afrika ( ek sal nie vlug nie ).

Is dit dan so verkeerd as ek protesteer oor die minagting van Afrikaans
? Ons is nie 'n minderheid nie.(Daar is volgens die Internetbronne 7
miljoen Afrikaanssprekendes in Suider Afrika)

Wat antwoord ek my tweejarige dogter as sy na haar gunsteling TV
programme ky en my vra : "Pa, wanneer is dit weer in Afrikaans" , en ek
probeer nie om iets aan die saak te doen nie.

Nou ja, daarom het ek aan die SAUK geskryf en my ontevredenheid te kenne
gegee en daarom betaal ek nie my TV lisensie nie.

Groetnis

Fanus

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Wat gebeur hier!!

Di, 23 Januarie 1996 00:00

Hoe lewensvatbaar is die forum?
Ek het gou 'n telling gemaak en van die 116 berigte in my legger was
90 afkomstig van DS:[AFRIKAANS] wat ek vermoed 'n e-mail-stelsel is
bestaande uit 'n geslote groep. Dit lyk asof bydraes daaruit op die
forum geplaas word.
Dit bevat interresante argumente en standpunte, maar 'n mens wonder
of jy alles sien.
Hoe kan jy weet wat daar bespreek word?
Dit maak gewone forum-deelnemers buitestaanders tot die hoofstroom
van die groep.
En as al die AD [AFRIKAANS]-bydrae hier geplaas word, wonder 'n mens
wat is die nut van een van die twee wat gedupliseer word?
Is dit inderdaad 'n geslote gespreksgroep?
(Miskien is daar meer lewe en demokrasie in soc.culture.south-africa.)

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5709] SLYPSTEEN: robotfoto, smuktassie

Di, 23 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 17:06
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5709] SLYPSTEEN: robotfoto, smuktassie

Net gedog ek sou die twee pragtige woorde met julle deel.

robotfoto = identikit (uit 'n Vlaamse nuusberig)
smuktassie = vanity case (in vanoggend se Beeld)

Dirk

Afrikaans, ons taal | 11 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1660  1661  1662  1663  1664  1665  1666  1667  1668  1669  1670  1671  1672  1673  1674  1675    »]
Tyd nou: So Okt 06 11:17:31 MGT 2024