Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lojale verset
Lojale verset [boodskap #5385] Di, 23 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Fanus Johnson  is tans af-lyn  Fanus Johnson
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek lees in die boek "Lojale Verset" van NP Van Wyk-Louw die volgende :

"Opstand is net so noodsaaklik in 'n volk as getrouheid. Dit is
nie gevaarlik dat 'n rebellie misluk nie; wat gevaarlik is, is dat
'n hele geslag sonder protes sal verbygaan."

Hy het dit geskryf in 1938 ( ja dis reg - 1938).

Ek wonder of dit nie presies is wat met ons die afgelope 50 jaar
gebeur het nie. (O ja, die res van die boek is seker net so van
toepassing op vandag -nl is Afrikanerkultuur belangriker as die
Suid-Afrikaanse kultuur).

Waarom sukkel ons mense om betrokke te raak by sake van belang ?

In my hart is ek eerstens Afrikaner, al is ek net so lojaal teenoor die
Nuwe Suid-Afrika ( ek sal nie vlug nie ).

Is dit dan so verkeerd as ek protesteer oor die minagting van Afrikaans
? Ons is nie 'n minderheid nie.(Daar is volgens die Internetbronne 7
miljoen Afrikaanssprekendes in Suider Afrika)

Wat antwoord ek my tweejarige dogter as sy na haar gunsteling TV
programme ky en my vra : "Pa, wanneer is dit weer in Afrikaans" , en ek
probeer nie om iets aan die saak te doen nie.

Nou ja, daarom het ek aan die SAUK geskryf en my ontevredenheid te kenne
gegee en daarom betaal ek nie my TV lisensie nie.

Groetnis

Fanus
Re: Lojale verset [boodskap #5386 is 'n antwoord op boodskap #5385] Di, 23 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Fanus Johnson wrote:

"Opstand is net so noodsaaklik in 'n volk as getrouheid. Dit is[/color]
> nie gevaarlik dat 'n rebellie misluk nie; wat gevaarlik is, is dat
> 'n hele geslag sonder protes sal verbygaan."

> Hy het dit geskryf in 1938 ( ja dis reg - 1938).

> Ek wonder of dit nie presies is wat met ons die afgelope 50 jaar
> gebeur het nie. >>>

Presies. Daar was vir dekades geen noemenswaardige verset teen
ernstige menseregte-vergrype nie.
'n Mens wonder hoe dinge sou uitgewerk het as die verset teen
apartheid net so heftig op beginsel gevoer kon gewees het as wat die
stryd oor Afrikaans op TV nou gevoer word.
Dink jy werklik verset, skreeu en lawaai gaan Afrikaans op TV
terugbring?
Selfs al gebeur dit, vir hoe lank? In watter gees?
Re: Lojale verset [boodskap #5421 is 'n antwoord op boodskap #5385] Wo, 24 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Frederick Peter Eek wrote:


PS: Moenie vergeet om dit dwars te draai nie.>>>[/color]

Nee. Ek gaan my regte eenvoudig uitoefen en dit verdedig.
(Waarskynlik teen mense soos jy!
By the way, daar is nogal goeie argumente oor die geskiedenis heen
waarom 'n respek vir menseregte vir 'n mens self ook tot voordeel is.
Miskien kan jy eendag 'n bietjie daaroor lees. Dis nogal interresant
ook.)

Vergrype van die verlede in Suid-Afrika? Ek aanvaar dat jy weet van
die land se apartheid-verlede en dat jy weet wat apartheid was.
As jy dit nie weet nie, moet jy gaan oplees daaroor.
As jy reken apartheid was nie 'n verkragting van mense-regte nie, gaan
ons mekaar tog nooit vind nie. So ek gaan nie verder andtwoord nie.
Re: Lojale verset [boodskap #5422 is 'n antwoord op boodskap #5385] Wo, 24 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frederick Peter Eek  is tans af-lyn  Frederick Peter Eek
Boodskappe: 14
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> Presies. Daar was vir dekades geen noemenswaardige verset teen
> ernstige menseregte-vergrype nie.

Ag toggie, is jy nou al weer op daardie gebreinspoelde paadjie. Noem tog
nou maar vir ons die "REGTE" wat vergryp is. Was dit nou die Reg van
vryheid tot internasionale sportdeelname, of die Reg tot vryheid van
handel dryf, of die Reg om te vat wat jy wil hê, of die Reg om jou te
disassosieer van sekere mense, of die Reg om te gaan bly in die wêreld
waar jy wil, of ...

Hierdie sogenaamde menseregte-vergrype maak my siek. Ek het nog nooit op
enige iemand anders se regte ingebreuk nie, laat staan nog my vergryp
daaraan. Daarvoor is ek nog te kort in die land. As die skoen jou pas
trek hom aan. My eie REGTE is egter al telkemale deur mense wat net soos
jy praat vertrap. My geld is gesteel as "belasting", my eiendom
is gesteel, my lewe word daagliks bedreig. My waardes en norme word
vertrap, my taal word vertrap in die parlement, my taal word vertrap op
die openbare uitsaaidienste.

Ek dink jy weet wat jy met jou menseREGTE kan maak.

PS: Moenie vergeet om dit dwars te draai nie.
DS: [AFRIKAANS:5797] Re: Lojale verset [boodskap #5487 is 'n antwoord op boodskap #5385] So, 28 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: vrijdag 26 januari 1996 9:23
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5797] Re: Lojale verset

Leendert skryf:

> Wel, ek is enkele weke gelede (per private e-pos) oor die vingers
> getik omdat ek die uitroep "moerse!" op hierdie poslys gebruik het.
> Maar die damestudente op PUK se kampus het dit al in die vroe"
> sewentigs gedoen. Toe was dit bietjie stout maar nie lelik nie.

Soos die nimlike prof. A. M. Hugo van Maties eenmaal geskryf het:
Hier loer Calvyn al weer om die (siberruimtelike) hoek.

Ek sien hulle't jou "gevreet" toe ook gisteraand op die smutkassie
vertoon. Moerse.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5795] Re: Lojale verset [boodskap #5498 is 'n antwoord op boodskap #5385] So, 28 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: vrijdag 26 januari 1996 8:43
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5795] Re: Lojale verset

On 25 Jan 96 at 16:49, m...@maties.sun.ac.za wrote:

> Die oorlede dramaturg, Bartho Smit, het sy eie "verset"-versie
> geskryf toe hy gevoel het sy regte word bedreig:
>
> Hy skryf soos volg:
>
> EK IS BARTHO SMIT
> EK KOM VAN MY MOER
> EN EK GAAN NA MY MOER
>
> 'n Satiriese skilder het die gedig vasgele op doek. Die gesig van
> Bartho met die woorde van sy gediggie daaronder. Op 'n dag het
> Bartho gese: Ek wil nie meer hierdie skildery van my he nie, ek hou
> nie van my eie gevreet teen my huis se mure nie. Toe vat ek die
> skildery. Ek het dit nog steeds. Op 'n stadium het ek dit te koop
> aangebied vir verskeie Letterkundige inrigtings. Niemand wou dit
> koop nie. Daardie tyd was "moer" 'n lelike woord in Afrikaans.

Wel, ek is enkele weke gelede (per private e-pos) oor die vingers
getik omdat ek die uitroep "moerse!" op hierdie poslys gebruik het.
Maar die damestudente op PUK se kampus het dit al in die vroe"
sewentigs gedoen. Toe was dit bietjie stout maar nie lelik nie.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
DS: [AFRIKAANS:5792] Re: Lojale verset [boodskap #5499 is 'n antwoord op boodskap #5385] So, 28 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: m...@maties.sun.ac.za[SMTP...@maties.sun.ac.za]
Verzonden: donderdag 25 januari 1996 17:49
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5792] Re: Lojale verset

Die oorlede dramaturg, Bartho Smit, het sy eie "verset"-versie geskryf =
toe hy
gevoel het sy regte word bedreig:

Hy skryf soos volg:

EK IS BARTHO SMIT
EK KOM VAN MY MOER
EN EK GAAN NA MY MOER

'n Satiriese skilder het die gedig vasgel=08 op doek. Die gesig van =
Bartho met
die woorde van sy gediggie daaronder.
Op 'n dag het Bartho ges=08: Ek wil nie meer hierdie skildery van my =
h=08 nie, ek
hou nie van my eie gevreet teen my huis se mure nie.
Toe vat ek die skildery. Ek het dit nog steeds. Op 'n stadium het ek dit =
te
koop aangebied vir verskeie Letterkundige inrigtings. Niemand wou dit =
koop
nie. Daardie tyd was "moer" 'n lelike woord in Afrikaans.

Groetnis
(die Boland is warm!)
.=20
DS: [AFRIKAANS:5801] Re: Lojale verset [boodskap #5504 is 'n antwoord op boodskap #5385] So, 28 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: m...@maties.sun.ac.za[SMTP...@maties.sun.ac.za]
Verzonden: vrijdag 26 januari 1996 10:33
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5801] Re: Lojale verset

Reinier skryf:
>
> Soos die nimlike prof. A. M. Hugo van Maties eenmaal geskryf het:
> Hier loer Calvyn al weer om die (siberruimtelike) hoek.
>
> Ek sien hulle't jou "gevreet" toe ook gisteraand op die smutkassie
> vertoon. Moerse.
> --

Ja, ek sien toe ook vir Leendert gisteraand toevallig vir die eerste keer op
die kassie. Ek het hom jonk met blonde wimpers en rooi wange voorgestel. En
daar is hy toe veel ouer maar moerse aantreklik. Fifty-something seker.

Ai.
arlise
> Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
> Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
> c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
> Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
> ------------------------------------------------------------ -----------
> Ons spaar die duiwel baie moeite
> - C J Langenhoven
>
Re: DS: [AFRIKAANS:5797] Re: Lojale verset [boodskap #5516 is 'n antwoord op boodskap #5487] Ma, 29 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5676] Name
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5743] Re: RP
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 08:46:12 MGT 2024