Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » DS: [AFRIKAANS:5705] Gewere en grondwette
DS: [AFRIKAANS:5705] Gewere en grondwette [boodskap #5378] Di, 23 Januarie 1996 00:00
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: JC Claassen[SMTP:C...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 15:22
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5705] Gewere en grondwette

Marius vra of die dra van gewere in die Amerikaanse grondwet vervat
is.

Inderdaad; ek het nie nou 'n grondwet by my nie, maar daar staan -- ek
meen in die aanhef -- die frase "the right to carry arms". In die
VSA-debat oor wapens word hierdie frase ad nauseam uitgepluis.
Voorstanders van strenger beheer meen dat die reg in die konteks van
die 18e eeu gesien moet word, bv dat jy jou teen ondiere en Wilde
Weste-barbare moes beskerm.

Ek gaan snork volgende keer as 'n wapenvoorstander weer met die
cliche kom: Gewere maak nie mense dood nie; mense maak mense dood
(Marius se argument.) Ons is nou een maal in 'n land waar 'n groot gros
mense nie respek vir die lewe het nie. Sit nou 'n wapen geredelik binne
hierdie mense se bereik, en jy het die resep vir chaos (Amper soos Koos
met 'n kredietkaart in 'n bordeel). In hierdie land maak mense met gewere
mense dood. Jy kan nie die mense wegvat nie (die tronke is vol en wat
help dit die vermoorde in elk geval na die daad gepleeg is?) Dus: neem
die wapens weg. Stel 'n algehele wapenverbod in, met uiters streng
strawwe (bv 10 ware jare; geen regstellende parool nie) as jy na die
keerdatum met 'n wapen in jou besit betrap word. Ons het drastiese
maatreels nodig. Oortuig 19 000 (negentienduisend!!!) moorde -- 50 per
dag !! -- verreweg die meerderheid met wapens (nie die kulturele soort
nie -- julle nie?

Singapoer is nog 'n vbld van streng wapenbheer. Ek het erens gelees
dat selfs die nasionale skietspan se gewere by die polisiestasie
toegesluit word; as hulle wil oefen, moet hulle die gewere eers met 'n
palawa van permitte gaan "trek". Wat wapenbeheer betref, druis my
argument in teen die burgerlike vryheid wat ek saam met baie van die
geselsers sterk ondersteun -- jammer, maar hierdie anargie vereis
buitengewone stappe.

Chris Claassen
Unisa
cla...@alpha.unisa.ac.za



>>> Marius Swart 23/January/1996
01:53pm >>>
Jan lange antwoord my

> Marius baie mense in die VSA glo dat hulle 'n konstitusionele reg het om
> 'n vuurwapen te he.

Kan iemand dalk help? Ek is onder die indruk dat dit werklik in hulle
grondwet vervat is.

> In 1798 het John Adams gese "Our Constitution was > made for a
moral and religious people. It is wholle inadequate for the > government
of any other"

> Ek sal vandag baie veiliger voel as dit 'n > kriminele oortreding word vir
enige van die miljoene skoolkinders wat > dink hulle 38 pisstool uitruk as
iemand hulle verkeerd aankyk.

Seker 'n pistool.

Heeltemal reg. Maar die probleem is nie die besit van vuurwapens nie.
Wel dat 'n vuurwapen onverskillig gerig en gebruik word en skynbaar
ook op 'n onverantwoordelike ouderdom. Die wet moet gemik wees teen
verkeerde gebruik, nie teen verantwoordelike vuurwapen besitters.
(Soos ook die bestuur en besit van motors).

> In > Switserland kan die mense gewere besit, maar dit is iewers
toegesluit en > hulle moet polisie toestemming kry om hulle gewere vir jag
of skyfskiet > uit te neem. Ek dink dit is beskaafd.

Switserland is 'n uiters bekaafde land. Dus is dit toepaslik en in
ooreenkoms met jou aanhaling hierbo. Ook is die bestel daar so ingerig
dat magsvergryping baie moeilik of selfs onmoontlik is.

Groete
Marius
DS: [AFRIKAANS:5712] Re: Gewere en grondwette [boodskap #5383 is 'n antwoord op boodskap #5378] Di, 23 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 17:35
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5712] Re: Gewere en grondwette

Freek skryf:

> Nee wat Chris. Baie mense (veral in die Wes-Kaap) beswyk aan
> messteke of word daardeur verwond. Praat maar met dokters wat daar
> werk. In Tygerberg se radiografie afdeling hang 'n plakkaat met die
> woorde "Get your stab wound today - Avoid the Christmas rush !".
>
> Beteken dit nou dat ons messe (en byle en assegaaie en kurktrekkers)
> ook moet verbied?

Effens van die onderwerp af:

Ek verpes rook, maar ek raak vies as ek sien hoe tabakmaatskappye
gedwing word om waarskuwings in hul reklame oor die gevare van rook aan
te bring. Ek vermoed dat veel meer mense in motorongelukke op ons
paaie elke jaar sterf as wat van longkwale beswyk. Dis maar nog 'n
voorbeeld van ongelykheid voor die reg.

Regverdigheid eis tog sekerlik dat motorvervaardigers soortgelyke
waarskuwings in hul advertensies moet aanbring, bv.

WAARSKUWING: Motorbestuur is 'n gesondheidsgevaar!

ens kan seker aan talle ander voorbeelde dink - drankadvertensies,
ens., ens.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5715] Re: Gewere en grondwette [boodskap #5400 is 'n antwoord op boodskap #5378] Di, 23 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: JAC...@yvax.byu.edu[SMTP:J...@yvax.byu.edu]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 18:26
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5715] Re: Gewere en grondwette

Freek skryf:

> Nee wat Chris. Baie mense (veral in die Wes-Kaap) beswyk aan
> messteke of word daardeur verwond. Praat maar met dokters wat daar
> werk. In Tygerberg se radiografie afdeling hang 'n plakkaat met die
> woorde "Get your stab wound today - Avoid the Christmas rush !".
>
> Beteken dit nou dat ons messe (en byle en assegaaie en kurktrekkers)
> ook moet verbied?

Effens van die onderwerp af:

Ek verpes rook, maar ek raak vies as ek sien hoe tabakmaatskappye
gedwing word om waarskuwings in hul reklame oor die gevare van rook aan
te bring. Ek vermoed dat veel meer mense in motorongelukke op ons
paaie elke jaar sterf as wat van longkwale beswyk. Dis maar nog 'n
voorbeeld van ongelykheid voor die reg.

Regverdigheid eis tog sekerlik dat motorvervaardigers soortgelyke
waarskuwings in hul advertensies moet aanbring, bv.

WAARSKUWING: Motorbestuur is 'n gesondheidsgevaar!

ens kan seker aan talle ander voorbeelde dink - drankadvertensies,
ens., ens.

Renier, ek gee jou gelyk dat die wet nie 100% regverdig is nie, maar ek dink jy
trek die streep op die verkeerde plek. As 'n item gebruik word soos bedoel is
en dit doen jou geen skade nie, soos motorry en hysbakke gebruik, dan maak dit
nie sin om dit hierby te wil betrek nie, al is daar soos met enige iets, daai
faktor van gevaar, wat letterlik alles op aarde val binne daai kategorie.
aar, as jy 'n produk gebruik soos bedoel word en die handeling is nadelig (op
die korte of lange duur) dan dink ek die wet moet sulke produkte aanspreek om
die moontlike gebruikers daarvan te verwittig.

--Jacques
DS: [AFRIKAANS:5717] Re: Gewere en grondwette [boodskap #5405 is 'n antwoord op boodskap #5378] Di, 23 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Marius Swart[SMTP...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 20:55
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5717] Re: Gewere en grondwette

Chris Claassen skryf

> Ek gaan snork volgende keer as 'n wapenvoorstander weer met die
> cliche kom: Gewere maak nie mense dood nie; mense maak mense dood
> (Marius se argument.)

> Ons is nou een maal in 'n land waar 'n groot gros
> mense nie respek vir die lewe het nie. Sit nou 'n wapen geredelik binne
> hierdie mense se bereik, en jy het die resep vir chaos (Amper soos Koos
> met 'n kredietkaart in 'n bordeel).

Het jy 'n begrip hoe binne bereik 'n vuurwapen is? Bo en behalwe dat
dit met groot gemak self vervaardig kan word, kan dit skynbaar sonder
baie gesukkel of baie geld gekoop kan word. Die hoeveelheid onwettige
wapens wat gekonfiskeer word, waarvan daar nie eers rekord is nie
getuig daarvan. M.a.w. die reeks nommer dui nie eers daarop dat dit
van 'n wettige eienaar gesteel was nie.

Nou wil jy in 'n wanhoopspoging wapens afneem van wettige eienaars.
Dis is nou eienaars met geen kriminele rekord, goeie wapen opleiding
en opvoeding. Volgens wet moet die ding in 'n kluis toesluit word as
jy nie self daar is om om te sien na die wapen. Jy mag dit nie eers
in 'n motor agterlaat nie. Selfs die nalatige rig van 'n vuurwapen is
onwettig.

Hoeveel wettige eienaars van wapens is skuldig aan moord?

> In hierdie land maak mense met gewere
> mense dood. Jy kan nie die mense wegvat nie (die tronke is vol en wat
> help dit die vermoorde in elk geval na die daad gepleeg is?) Dus: neem
> die wapens weg.

Ek steun jou heeltemal. Pas die wapen wet streng toe. Dit help nie om
wapens weg te neem van die wettige gemagtigde eienaar wat dit nie
misbruik nie!

> Stel 'n algehele wapenverbod in, met uiters streng
> strawwe (bv 10 ware jare; geen regstellende parool nie).

As die bestaande _streng_ wette nie die onwettige wapen besitters
askrik nie, wat gaan jy bereik deur die ander deel van die
versameling se vuurwapens af te neem?! Tot wie se voordeel wil jy
dan eintlik optree?

> keerdatum met 'n wapen in jou besit betrap word. Ons het drastiese
> maatreels nodig. Oortuig 19 000 (negentienduisend!!!) moorde -- 50 per
> dag !! -- verreweg die meerderheid met wapens (nie die kulturele soort
> nie -- julle nie?

Voltooi jou statistiek behoorlik. Hoeveel daarvan is met wettige
vuurwapens gepleeg?

> Singapoer is nog 'n vbld van streng wapenbheer. Ek het erens gelees
> dat selfs die nasionale skietspan se gewere by die polisiestasie
> toegesluit word; as hulle wil oefen, moet hulle die gewere eers met 'n
> palawa van permitte gaan "trek". Wat wapenbeheer betref, druis my
> argument in teen die burgerlike vryheid wat ek saam met baie van die
> geselsers sterk ondersteun -- jammer, maar hierdie anargie vereis
> buitengewone stappe.

Net soos Switserland het Singapoer 'n baie hoe" morele stand. Daar
is nie duisende sluipers wat wurg, kele afsny, steel, verkrag en ou
mense martel nie.

Ontwikkel maar eers die regte vlak van opvoeding. As 'n wapen nie
nodig is vir verdediging nie, as voldoende beskerming teen
magsvergryping is, is daar ook nie nut vir 'n vuurwapen nie, anders
as vir sport doeleindes.

Marius Swart.
DS: [AFRIKAANS:5710] Re: Gewere en grondwette [boodskap #5417 is 'n antwoord op boodskap #5378] Di, 23 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 17:17
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5710] Re: Gewere en grondwette

Chris skryf:

> Marius vra of die dra van gewere in die Amerikaanse grondwet vervat
> is.
>
> Inderdaad; ek het nie nou 'n grondwet by my nie, maar daar staan -- ek
> meen in die aanhef -- die frase "the right to carry arms". In die
> VSA-debat oor wapens word hierdie frase ad nauseam uitgepluis.
> Voorstanders van strenger beheer meen dat die reg in die konteks van
> die 18e eeu gesien moet word, bv dat jy jou teen ondiere en Wilde
> Weste-barbare moes beskerm.
>
> Ek gaan snork volgende keer as 'n wapenvoorstander weer met die
> cliche kom: Gewere maak nie mense dood nie; mense maak mense dood
> (Marius se argument.) Ons is nou een maal in 'n land waar 'n groot gros
> mense nie respek vir die lewe het nie. Sit nou 'n wapen geredelik binne
> hierdie mense se bereik, en jy het die resep vir chaos (Amper soos Koos
> met 'n kredietkaart in 'n bordeel). In hierdie land maak mense met gewere
> mense dood. Jy kan nie die mense wegvat nie (die tronke is vol en wat
> help dit die vermoorde in elk geval na die daad gepleeg is?) Dus: neem
> die wapens weg. Stel 'n algehele wapenverbod in, met uiters streng
> strawwe (bv 10 ware jare; geen regstellende parool nie) as jy na die
> keerdatum met 'n wapen in jou besit betrap word. Ons het drastiese
> maatreels nodig. Oortuig 19 000 (negentienduisend!!!) moorde -- 50 per
> dag !! -- verreweg die meerderheid met wapens (nie die kulturele soort
> nie -- julle nie?

--- sny ---

Nee wat Chris. Baie mense (veral in die Wes-Kaap) beswyk aan
messteke of word daardeur verwond. Praat maar met dokters wat daar
werk. In Tygerberg se radiografie afdeling hang 'n plakkaat met die
woorde "Get your stab wound today - Avoid the Christmas rush !".

Beteken dit nou dat ons messe (en byle en assegaaie en kurktrekkers)
ook moet verbied?
=======================================================
Freek Eek
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5665] Gewere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:24:39 MGT 2024