Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

DS: [AFRIKAANS:5744] Re: koos se Stryd teen die Broeders

Do, 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: woensdag 24 januari 1996 9:51
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5744] Re: koos se Stryd teen die Broeders

Ek dink Marius het geskryf:

>> >>

Koos antwoord:

>> ...maar lidmaatskap is steeds op uitnodiging, lede se name is geheim
>> en vergaderings is geheim....

Taai tye. Die maatskappye waarvoor ek werk het ook geheime. Dit
impliseer nie dat die duiwel daaronder ronddwaal nie. Hoekom is jy
so gepla oor die Broeders se geheime?
=======================================================
Freek Eek

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DS: [AFRIKAANS:5765] Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir

Do, 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: donderdag 25 januari 1996 9:51
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5765] Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir

> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za
> (Koos):

>>
>>>> Waarskynlik is die beste verdediging van die Afrikaanse skole
>>>> die aanval: aktief swarte leerlinge werf, en hulle (gratis en
>>>> hoe" kwaliteit) oorbruggingskursusse aanbied, wanneer hulle nie
>>>> genoeg kennis van Afrikaans het nie.

Freek:

>
>>> Dit is ook al gedoen, maar enige ekstra kursusse word afgemaak as
>>> diskriminerend teen die leerlinge. Daar word beweer dat dit net
>>> nog 'n manier is om sekere groepe minderwaardig te laat voel.
En dan KOOS:

>> Waar en wanneer is dit gedoen?

'n Groot aantal skole het sulke programme ingestel. 'n Redelik
bekende een is die HS Staatsptresident CR Swart in Pretoria. Ek
verneem dat _swart_ ouers onlangs versoek het dat geen verdere swart
leerlinge gewerf word nie.

>> Ek het nog nie daarvan gehoor nie.

Hmmm.... nou wat sou dit beteken?

>> As dit gedoen was, was dit beslis nie op enige noemenswaardige
>> skaal aangepak vir enige tydperk wat 'n verskil kan maak nie.

Inderdaad net wat Freek beweer het. "Oorbruggingskursusse" moes
meesal onmiddelik gestaak word, weens druk uit wat die
onderwysministerie so graag "the community" noem. Maar daarvan het jy
dalk ook nie gehoor nie - hmm?

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DS: [AFRIKAANS:5738] Re: Amish

Do, 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Jan Lange[SMTP:...@sas.upenn.edu]
Verzonden: woensdag 24 januari 1996 4:23
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5738] Re: Amish

Die Pennsylvania Dutch sluit beide Amish en Mennonites in. As jy meer
oor hulle wil lees kyk na Hosttetler, John A: Amish Society (3rd ed) The
Johns Hopkins University Press 1980. en ook
Kraybill, Donald B. The Riddle of the Amish Culture. ook uitgegee deur
Jonhs Hopkins (1989)

Jan Lange



--

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5881] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderhei

Do, 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: donderdag 25 januari 1996 9:57
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5767] KOOS en die oorgrote meerderheid


> fe...@is.co.za (Koos) schreef:
>
>> >> dus wees om die diversiteit van die land weer te gee in hul
>>> uitsendings. Dit beteken dus dat Engels nie bo enige ander taal
>>> voorgetrek moet word nie.
>
>>> Antonie>>>
>
>> Behalwe natuurlik as die groot meerderheid in die land Engels as
>> die ankertaal verkies, ne^? (Of mag hulle dit nie verkies nie)

Ek herinner my, uit die dae van die onderhandeling by die "World
Trade Centre" toe die huidige grondwet beslag gekry het. Sommige
partye wou "groepregte" verskans. Ander (sedertdien groot bewese)
partye het volgehou dat "die beskerming van individuele regte ook die
regte van groepe sal beskerm".

Merkwaardig hoe hierdie ondernemening deesdae geen aandag
kry nie - die "wil van die meerderheid" en die "common culture" en
die "common national purpose" en die "community" wel.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5761] RE: Taal goggas/Web spinnekoppe

Do, 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: new...@icon.co.za[SMTP:...@icon.co.za]
Verzonden: donderdag 25 januari 1996 1:17
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5761] RE: Taal goggas/Web spinnekoppe


On Wed, 24 Jan 96 14:55 SAT Dullaart, JF, Franz wrote:
> Onlangs is ons ingelig oor 'n "Afrikaanse Spinnerakbladsy"
>
> Kan dit 'n lomper? Hier was al 'n debat oor spinnerak as 'n
> vertaling vir "web" (o, Vader, 'n woord wat net so in Engels (gril
> gril) voorkom).
>
> Ek gaan dit nie uitdiep nie.
>
> Sug ...
>
> Joop
> _________________________________
> Franz Dullaart (021) 650 3053
> J...@ITS.UCT.AC.ZA
> http://www-jfd.its.uct.ac.za/
> Trappe van vergelyking:
> min, minder, minister
> _________________________________
>

Joop ek persoonlik dink dit is 'n kreatiewe vertaling. Maar
omdat die lewe 'n leerproses is sal ek net graag by jou idees
wil kry oor 'n beter naam vir my bladsy en die WEB.


Groete


Gert van Eeden
________________________________
E-mail/ E-pos: new...@mail.icon.co.za
Http:/www.icon.co.za/~newark/gcve.html
Http:/www.icon.co.za/~newark/welcome.html

Date/Datum: 01/24/96
Time/ Tyd : 22:26:40

Afrikaans, ons taal | 4 kommentare

Re: menseREGTE

Do, 25 Januarie 1996 00:00

Frederick Peter Eek wrote:

Vergrype van die verlede in Suid-Afrika? Ek aanvaar dat jy weet van[/color]
>> die land se apartheid-verlede en dat jy weet wat apartheid was.
>> As jy dit nie weet nie, moet jy gaan oplees daaroor.
>> As jy reken apartheid was nie 'n verkragting van mense-regte nie, gaan
>> ons mekaar tog nooit vind nie. So ek gaan nie verder andtwoord nie.

> Noem vir my die sogenaamde menseREGTE wat vergryp is, noem voorbeelde.
> Nou dat ek daaraan dink, miskien was daar van hulle verkrag, daar het al
> soveel bygekom.>>>

Moord. Marteling. Onteiening van besittings en die gee van daardie
besitting aan andere. Wegneem van stemreg. Wegneem van die reg om te
woon, werk en wandel waar jy wil. Wegneem van ordentlike onderwys en
gooi in minderwaardige onderwys. Gedwonge verskuiwings na
onlewensvatbare gebiede waar kinders doodgegaan het van honger.
Wegneem van die vryheid van spraak en inligting. Wegneem van die reg
op politieke uiting.
Dis 'n paar. En die verskil tussen dit en misdadigers waarna jy
klaarblyklik nie kan wag om te verwys nie, is dat DIE STAAT dit in 'n
raamwerk van wette gedoen het.
Kan jy die verskil verstaan?
(Hier is 'n speletjie vir jou: Kyk of jy die verskil tussen Stalin en
Al Capone kan beskryf in sowat vyftig woorde.)
Waar was jy in die afgelope tien jaar? Mind you, die afgelope veertig
jaar. Op permamente diens op die een of ander Suidpool-stasie.
Ek gaan nie verder aan die bespreking deelneem nie. Ek het in die
vorige antwoord ook so gese, maar die keer is dit finaal.
Ek is nie bereid om oor menseregte te argumenteer met iemand wat vra
watter menseregte deur apartheid verkrag is nie.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5743] Re: RP

Do, 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: woensdag 24 januari 1996 9:46
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5743] Re: RP

Ek skryf nav Koos se vraag of die Rapportryers "oop" is:

>> > tussen die Broederbond en Edgars se kliente-klub.
>> As die RP hul ledemate volgens die formule keur waaraan Afrikaners
>> buite die Broederbond oor die jare gewoond geraak het, wonder ek of
>> hulle so namens die "Afrikaner " kan tekere gaan.
>> Daarom my vraag

Soos enige klub, vereniging of organisasie kan hulle seker tekere
gaan namens hulle lede as die lede hulle toelaat. Ek het nie eintlik
Edgars se kliente-klub in gedagte gehad nie, maar terwyl jy dit noem,
hoekom is daar "sekerlik" 'n verskil?

Ek behoort aan 'n sosiale klub, sportvereniging, kultuurbeweging,
kerk, ens. By elkeen van die plekke moet voornemende lede of aansoek
doen om lid te word of genooi word. Wat het geword van die
veelgeroemde liberales se "Reg van vryheid van assosiasie" waaroor
hulle so in die 70's en 80's gekerm het.
=======================================================
Freek Eek

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DS: [AFRIKAANS:5739] Re: Moere

Do, 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Nico van der Dussen[SMTP:...@cis.co.za]
Verzonden: woensdag 24 januari 1996 8:12
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5739] Re: Moere

Ene Toon, het navraag gedoen oor die betekenis van die woord "Moer"

Die volgende beskaafde betekenisse kom dadelik by my op:

Die deel wat op 'n bout draai (bout en moer)
In die vee-teelt as moeder
'n Saad ertappel
Koffie-moer (ook vir ander afsaksels soos by wyn)

Miskien kan die taalkundiges beter verklarings gee, en nog by las.

O ja, moer kan ook in Afrikaans as sinoniem vir neuk en donder gebruik word.

Groete
Nico

Nico van der Dussen Posbus 37180, FAERIE GLEN, 0043, SUID AFRIKA
Faks +27 12 474984

ARKETING EXCLUSIVE PRODUCTS FROM SOUTH AFRICA
made in limited volumes by entrepreneurs
http://www.exafrica.com/

Eieblad http://www.matt.csir.co.za/mattek/staff/nvddus/ "Personal Page"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5756] Re: Vryheid van Assosiasie -Reply

Do, 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: woensdag 24 januari 1996 16:07
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5756] Re: Vryheid van Assosiasie -Reply

Leendert skryf:

> Die staat mag wel regte beperk, maar dan moet hy in staat wees om:
> =20
> by wyse van oortuigende_getuienis_ te bewys dat die beperking
> =20
> redelik is - m.a.w die beperking moet inderdaad lei tot die beoogde=20
> resultaat, en die waarde van die resultaat moet opweeg teen die=20
> "waarde" van die reg wat beperk word;
> =20
> regverdigbaar is in 'n "ope demokratiese gemeenskap, gefundeer op=20
> vryheid en gelykheid" - basies dat die beperking ook in ander lande=20
> aanvaarbaar wou wees; en
> =20
> nie nie wese van die reg vernietig nie - 'n reg mag dus nie=20
> progressief ingokort word tot die vlak waar dit nie meer bestaan nie.

Jy verwys hier na die gewraakte Artikel 33 van die tussentydse
grondwet, wat ook in die huidige grondwetlike voorstelle verskyn.

Persoonlik is ek nie te vinde vir enige beperking op fundamentele regte
nie, maar nou ja, almal weet ek is 'n radikalis :-) 'n Handves van
Regte was tradisioneel 'n uitleg van regte wat ontasbaar was deur die
staat, m.a.w. sekere lewensterreine waarop die staat nie mag oortree
nie. Die doel was om die individu 'n skild teen die mag van die staat
te gee. In ons handves is daar doelbewus hierdie skuiwergat gelaat,
met allerlei ongedefinieerde begrippe soos "redelik" en "ope
demokratiese gemeenskap met vryheid en demokrasie". Dit was nie so
lank gelede dat seker ANC mense vir Nigerië as so 'n land beskryf het
nie. Hulle het intussen seker van plan verander.

Ons het dus hier te make met 'n handves van staatsregte, oftewel,
'n handves *teen* regte :-).

> Daarbenewens moet beperkings op sekere regte (gelykheid, persoonlike=20
> en gewetensvryheid, ens.) ook "noodsaaklik" wees. Die grondwetlike=20
> hof het onlangs by monde van Albie Sachs die betekenis van=20
> "noodsaaklik" ontleed - oor vele bladsye. Dit kom daarop neer dat die=20
> beperking besonder redelik moet wees, en dat daar regtig nie 'n=20
> minder beperkende alternatief moet wees nie.

Ou Albie Sachs se definisies van regte is ook maar gegrond op dit
waarvan hy hou - as hy nie van iets hou nie (bv. private
rassediskriminasie) dan is dit nie meer 'n reg nie. Lyk my hy't 'n
bietjie gevorder - miskien as gevolg van die invloed van ander regters
in die grondwetlike hof, maar as ek hom moet vertrou om my regte te
verdedig, dink ek nie ek het veel van 'n kans nie.

> Dit is 'n groot verbetering op die vorige bedeling. Toe was dit die = staat=20
> wat oor enigiets wat jy doen van jou kon eis om te verduidelik=20
> hoekom.

Beslis - toe was daar nie eens so iets soos 'n handves van regte nie.

Die hele ou regte-storie word miskien die beste deur die Amerikaanse
politieke satirikus, P J O'Rourke, opgesom - iets in dié trant:

"Rights do not mean empowerment. Empowerment is what the Serbs in
Bosnia have. Anyone can grab a gun and be empowered. It is not an
endlessly expanding list of benefits - food, housing, health -
hay and a barn for human cattle. That's what people on welfare get,
and how free are they? There is only one fundamental right - the
right to do as you damn well please. With that comes only one duty -
the duty to take the consequences."

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1659  1660  1661  1662  1663  1664  1665  1666  1667  1668  1669  1670  1671  1672  1673  1674    »]
Tyd nou: So Okt 06 11:28:38 MGT 2024