Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Boere/Afrikaners/Rocks
Re: Boere/Afrikaners/Rocks [boodskap #5411] Di, 23 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Fanus Johnson wrote:
><<>What are you trying to say ? I'm White and Afrikaans ( and see myself as
>>part of group 3) - do you want to penalise me for Apartheid ?

>>Apartheid existed for 35 years when I had the first opportinity to vote.

>>I believe that it was our generation of Afrikaners that helped to abandon
>>Apartheid.

>>LET BYGONES BE BYGONES or bring the ANC and others also to justice for
>>evils of the past.>>>

Hoogs interresante resensie van At van Wyk oor die boek "Die hand in
eie boesem " deur B.J. van der Walt van die Instituut vir
Reformatoriese Studies PU vir CHO het in Beeld verskyn in die verband.
Ek haal stukkies uit die resensie aan. Aanhalings is Van Wyk s'n en
dus uit die boek self.

"Apartheid was 'n totale aanslag op Suid-Afrika - apartheid met sy
sosiale manupilasie, wit bevoordeling (regstellende aksie) en
uitkringende geweld."

Dit was 'n revolusionere ideologie, want 'n owerheid wat konsekwent om
eie gewing 'n bepaalde groep burgers bevoordeel en en die regte van
ander vertrap, weerstaan die wil van God vir die staat, naamlik
onpartydige geregtigheid. Dit pleeg revolusie teen God.
Burgers wat hulle teen so 'n beweging verset, mag ook nie eenvoudig as
revolusioner gebrandmerk word nie. Hulle is juis anti-revolusioner,
dit wil se teen die revolusie waaraan die owerheid hom teenoor God
skuldig maak

Apartheid is afgele, maar die skade daarvan nog nie uitgewis nie. Alle
wittes het op een of ander manier deel aan apartheid, maar pleks van
dit voor God en mens te bely, trek hulle terug in eie kring.
"Hulle lees nie meer koerant nie, kyk nie televisie of luister nuus
nie, stel nie meer belang in die politiek op in die HOP nie. Hulle
werk liewer in die tuin, lees Finansies en Tegniek en probeer om hul
eie toekoms ekonomies te beveilig."

....Ander moet kan sien dat dit vir die Afrikaner nie om sy Afrikaanse
aard gaan nie, maar om sy Christelike aard. Want die beste manier om
te behou wat jy het, is nie om dit met die wetboek te beskerm of van
andere te weerhou nie "maar juis om dit met hulle te deel. Diens in
die koningkryk van God beteken dat hoe meer 'n mens gee, hoe ryker
word jy self".
Re: Boere/Afrikaners/Rocks [boodskap #5455 is 'n antwoord op boodskap #5411] Do, 25 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Swanevelder, P  is tans af-lyn  Swanevelder, P
Boodskappe: 4
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> Hoogs interresante resensie van At van Wyk oor die boek "Die hand in
> eie boesem " deur B.J. van der Walt van die Instituut vir

Dit is vir my vreemd dat die te"oloe" wat eintlik apartheids vure aangeblaas
en onderhou het nou so 'n gat omkeer maak en weer ander kant toe hardloop.
Plaas dat hulle eerder probeer om die kerk vir Christus te suiwer van
komersialteit - bodder hul alewig met die politiek. Hierdie 'onverskoning
vra' en 'jammergathouding' wat vir die Afrikaner gepropageer word is 'n
vertrapping van my mens wees. Die wette is geskrap - hou eerder op
twak praat en slaan die hand aan die ploeg! Respek word nie gekweek deur
lang toesprake nie maar deur saam te arbeid.

-----------------Taaibos est Festos-----------------------
Pieter Swanevelder My siening is my eie
mailto:fs...@pukfsk.puk.ac.za en verskil altyd van
http://www.puk.ac.za/fskdocs/ my werkgewer sin
----------------------------------------------------------
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5682] Foto Album
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5739] Re: Moere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 18:49:12 MGT 2024