Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Bafana Bafana! Amabokke! ...Proteas?

Do, 01 Februarie 1996 00:00

Viva Bafana Bafana,
was dit nie 'n goeie game nie!

Ivm die name Bafana Bafana & Amabokke (Springbokke), hierdie is name
wat die mense se verbeelding aangryp en dit kom trouens ook vanuit die mense.
(Is daar enige iemand wat presies kan sê waar die verskillende name vandaan
kom en wat dit beteken?)
Ek dink dit is egter nou tyd dat ons vir die Krieket span ook 'n naam kry wat
die volk se verbeelding aangryp. Was daar nie iets van AmaGogga nie?
"Viva Proteas Viva" klink vir my nie heeltemal lekker nie.

Groetnis
Johann

Sport & ontspanning | 5 kommentare

Re: Bafana Bafana! Amabokke! ...Proteas?

Do, 01 Februarie 1996 00:00

joh...@osi.co.za (Johann W. Fourie) wrote:

was dit nie 'n goeie game nie![/color]


> Ivm die name Bafana Bafana & Amabokke (Springbokke), hierdie is name
> wat die mense se verbeelding aangryp en dit kom trouens ook vanuit die mense.
> (Is daar enige iemand wat presies kan sê waar die verskillende name vandaan
> kom en wat dit beteken?)
> Ek dink dit is egter nou tyd dat ons vir die Krieket span ook 'n naam kry wat
> die volk se verbeelding aangryp. Was daar nie iets van AmaGogga nie?
> "Viva Proteas Viva" klink vir my nie heeltemal lekker nie.>>>


Ek het die idee dat bafana bafana nie wyd aanvaar word onder
sokker-geesdriftiges nie. Daar word na 'n nuwe naam gesoek. Een wat
deur die kommentators gebruik word en wat ek baie laaik is "Rainbow
Warriors".
Kyk gerus na die eidstryd Saterdag as julle nog nie na van die
wedstryde gekyk het nie.
Dit is goeie sokker.
SA het 'n lekker span. Goeie verdediging, OK middelveld en 'n bietjie
"magic" op die aanval.
Rugby is my fisieke filosofie, maar ek ervaar dieselfde soort
opwinding as ek die sokker kyk as wat ek gehad het met die
rugby-wereldreeks.
Interresant om ook te sien hoeveel wit gesigte in die skare is!
Maar van die deelnemers van die forum sal natuurlik nie kan kyk nie
want:
1. Hulle betaal nie lisensie-geld nie
2. Die kommentaar is nie in Afrikaans nie.
:)

Hulle mis so baie....
Van die lekker sokker tot die gewisselde woord oor die span met
mede-Suid-Afrikaners in hysers, kafees en so meer...
:)

Aan al die Nederlanders: Gee ons nog so vyf, ses jaar dan eet ons
julle op in sokker!

N.S. Oor die krieketspan: Die naam Proteas werk nie want nie een van
die kolwers staan lank genoeg daar om 'n mens te laat dink aan iets
wat wortel kan skiet nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5905] Die nuwe Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika

Wo, 31 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 13:12
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5905] Die nuwe Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika

African violets in die voorhuis,
African violets blou en rooi.
African violets oral in die veld,
en oral, ai! so mooi.

(As Leipoldt soos party van ons gepraat het.)

Dirk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5907] Re: Die nuwe Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika

Wo, 31 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 13:40
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5907] Re: Die nuwe Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika

On 31 Jan 96 at 12:12, Dirk Laurie wrote:

> African violets in die voorhuis,
> African violets blou en rooi.
> African violets oral in die veld,
> en oral, ai! so mooi.
>
> (As Leipoldt soos party van ons gepraat het.)
>
> Dirk

Skuus Dirk, ek is vandag in daardie bui. As ek minder besorg was oor
sensitiwiteite dan sou ek nie die titel van die een berig gemaak het
"Ons is darem suckers" nie. Wat ek wou gesê het is

"ONS IS DAREM DOSE"

Miskien moes ek.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5914] Re: FOGIES: VIRUSES--IMPORTANT PLEASE READ IMMEDIATELY

Wo, 31 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Geoffrey Chew[SMTP:u...@sun.rhbnc.ac.uk]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 15:58
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5914] Re: FOGIES: VIRUSES--IMPORTANT PLEASE READ IMMEDIATELY

On Wed, 31 Jan 1996, van der Merwe wrote:

> Hierdie boodskap het op ons plaaslike poslys, vir die oues van dae wat hulp
> nodig het, verskyn.
> Ek stuur dit maar aan vir julle inligting .
>
>> SUBJECT: VIRUSES--IMPORTANT PLEASE READ IMMEDIATELY
>>
>> There is a computer virus that is being sent across the
>> Internet. If you receive an e-mail message with the subject
>> line "Good Times", DO NOT read the message, DELETE it
>> immediately. Please read the messages below. Some miscreant

Hierdie boodskap is heeltemal ongeloofwaardig -- die "Good Times" virus is
al jare as bedriegery bekend. Soos ek dit verstaan, is dit onmoontlik 'n
virus dmv e-pos te verkry, behalwe miskien as jy 'n uitvoerbare program as
'n attachment ontvang, en dit dan laat loop.

Geoff

Geoffrey Chew
Music Department, Royal Holloway College (University of London)
Internet: ch...@sun.rhbnc.ac.uk
World Wide Web: http://www.rhbnc.ac.uk/~uhwm006/
http://coco.ihi.ku.dk/~chew/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: DS: [AFRIKAANS:5739] Re: Moere

Wo, 31 Januarie 1996 00:00

----------
Van: amde...@gold.up.ac.za[SMTP:am...@gold.up.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 9:16
Aan: Robert Wagenaar
CC: amde...@gold.up.ac.za
Onderwerp: Re: DS: [AFRIKAANS:5739] Re: Moere

In article you write:
> From: Robert Wagenaar
> Subject: DS: [AFRIKAANS:5739] Re: Moere
> Date: Thu, 25 Jan 1996 13:01:58 +-100



> ----------
> Van: Nico van der Dussen[SMTP:...@cis.co.za]
> Verzonden: woensdag 24 januari 1996 8:12
> Aan: Multiple recipients of list
> Onderwerp: [AFRIKAANS:5739] Re: Moere

> Ene Toon, het navraag gedoen oor die betekenis van die woord "Moer"

> Die volgende beskaafde betekenisse kom dadelik by my op:

> Die deel wat op 'n bout draai (bout en moer)
> In die vee-teelt as moeder
> 'n Saad ertappel
> Koffie-moer (ook vir ander afsaksels soos by wyn)

> Miskien kan die taalkundiges beter verklarings gee, en nog by las.

> O ja, moer kan ook in Afrikaans as sinoniem vir neuk en donder gebruik word.

> Groete

> Nico

Ek het dit nog altyd verstaan dat as iemand sê "jou moer", dit beteken
"jou moeder (moer) is 'n hoer"

Beste groete
At

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5857] Re: jobhunt in SA

Wo, 31 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Nico van der Dussen[SMTP:...@cis.co.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 4:40
Aan: Robert Wagenaar
Onderwerp: Re: [AFRIKAANS:5857] Re: jobhunt in SA

Beste mnr Robert Woud,

Dit is voordelig as jy werk soek om die goeie gesindheid van
Afrikaners te wek deur verkieslik Afrikaans, of as alternatief
Nederlands te gebruik!

Sterkte in elk geval.

Nico van der Dussen



> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef wate...@euronet.nl
> (Robert Woud):
>
>> Hi,
>
>
>> I'm lookimg for a job in Cape Town .
>> At the moment I'm working in a Credit Insurance company on the
>> Customer & Services department. Where on the net can I find some
>> references and URL's for the net.
>
>> Thanks for your help,
>
>> bye
>
>> Robert Woud
>> Amsterdam Holland
>> phone 0031 20 5532001
>> wate...@euronet.nl
>
>
>
>

Nico van der Dussen Posbus 37180, FAERIE GLEN, 0043, SUID AFRIKA
Faks +27 12 474984

ARKETING EXCLUSIVE PRODUCTS FROM SOUTH AFRICA
made in limited volumes by entrepreneurs
http://www.exafrica.com/

Eieblad http://www.matt.csir.co.za/mattek/staff/nvddus/ "Personal Page"

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DS: [AFRIKAANS:5885] Re: GELD EN BANKE

Wo, 31 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Dr. J.A Brink[SMTP:b...@risc6.unisa.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 9:59
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5885] Re: GELD EN BANKE

Jeff skryf:

>
> Bedoel jy dat private banke hulle eie goue "sovereigns", of
> Krugerrande, of silwer dollars, ens, sou vervaardig, of
> banknote sou druk? Het soiets eg in die 19e eeu gebeur?
>
> Jeff
>
>
'n Interessante brokkie:

Tot (as ek reg onthou) die sestiger- of dalk die vroe"e sewentigerjare
het die handelsbanke in die ou Suid-Wes Afrika nog hulle eie geld gedruk en
uitgegee. 'n Mens het Standard Bank of Barclays Bank geld byvoorbeeld gehad
waarmee jy gekoop het.

Johan Brink

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ag nee, maats

Wo, 31 Januarie 1996 00:00

Ag nee maats. Gee 'n Ruiter of ander swaarmoedige net 'n vinger en hy
donner weer alles op. Hoekom is julle so swaarmoedig en ernstig in die
groepie? Waarskynlik alles ter versterking van wat nou blyk die
waarheid kan wees: Die Afrikaanssprekende is 'n morbiede moer wat sy
natuurlike onnoselheid probeer verberg deur 'n misplaaste erns.
Helaas, dit laat julle nie slimmer lyk nie k#rels. Skryf bietjie oor
dit wat waarlik saak maak soos doos, dwelms en diverse.

En hier is sommer iets vir die Ruiters se dig(?)bladsy:

(Fragment uit 'n gedig oor 'n treindrywer wat tussen Boons en
Potchefstroom uit die trein geval het)

Wat is fout, wat makeer
wat is op die helbevange nag aan't gebeur
was die man dalk dronk, sy gees verpletter gebreek
dat hy dit wat aan hom knaag in Bacchus kelk moes week?

Nee, o fok, niemand kan die gees van 'n eensame peil
maar een ding is helder soos water uit 'n vywer
tussen Potch en Boons loop 'n trein sonder drywer.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

ope brief aan LEENDERT, wat ook cute is

Wo, 31 Januarie 1996 00:00

Leendert, ek wou al LANKAL vir jou gesê het dat
jy ook cute is. 'n Vroumens kan nie help om die kurwes
van die breine op die nuusgroep op te merk nie. Soos
Reinier s'n byvoorbeeld. (Maar is Pietermaritzburg se
water suiwer?)
Nou sommige gedagtes oor die onderwys:
(1) Tuisonderwys was nog altyd een van die beste
maniere om inligting aan kinders te gee, mits
die ouers goed geskoolde mense is met hare op
hulle tande. Ook moet daar dan gesorg word vir
'n alternatiewe kanaal om die kind te sosialiseer
in sy ouderdomsgroep in. Skool-toe gaan beteken
immers om te leer om met andere om te gaan
weg van die ouers af, en nie net om informasie
in te samel nie.
(2) Privaatskole is nie altyd uitstekend nie. My eerste
pos in Suid-Afrika was by 'n duur privaatskool
vir meisies, en ek kan jou verseker dat hulle daar
nie veel beter onderwys gekry het as in 'n gewone
regeringsskool nie ( veral as gevolg van die feit
dat hulle onderwysers gehad het wat nie altyd
onderwysdiplomas gehad het nie.) Ek merk die-
selfde ding hier in Kanada op. Hier by ons is daar
nog die (vir my aantreklike ) geloof dat elke kind
die reg het om in 'n goeie regeringsskool 'n goeie
opvoeding te kry onafhanklik van sy ouers se
ekonomiese situasie.
(3) Die toestand in die V.S.A. is baie ingewikkeld,
deels omdat hulle so 'n groot en komplekse
bevolking het. Privaatskole is daar egter net vir
die rykes en vir kerkgroepe wat bereid is om te
betaal.
(4) Nou oor wat Koos gesê het oor die saak. Koos, dink
ek, het besluit dat hy in die eerste plek Suid-Afrikaner
gaan wees. As hy dus saans nie kan slaap nie, dan le
en bekommer hy hom oor die ongeletterheid van die
massa van kinders in Suid-Afrika (gewoonlik nie-
blankes) en aan die wat aan tering ly (gewoonlik
nie-blankes) veroorsaak deur hulle lewenswyse in
sub-ekonomiese toestande. Hy veronderstel dat as
skole en technikons geprivatiseer word, dit net weer
die "edge" gaan gee aan die ryker deel van die
bevolking (meestal blank) en dat die nie-blanke
massa sal terugsak in 'n toestand van hopeloosheid.
Dus so 'n soort apartheid van die "haves" en die
"have-nots." (Gloudina)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1654  1655  1656  1657  1658  1659  1660  1661  1662  1663  1664  1665  1666  1667  1668  1669    »]
Tyd nou: So Okt 06 13:22:07 MGT 2024