Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ope brief aan LEENDERT, wat ook cute is
ope brief aan LEENDERT, wat ook cute is [boodskap #5601] Wo, 31 Januarie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Leendert, ek wou al LANKAL vir jou gesê het dat
jy ook cute is. 'n Vroumens kan nie help om die kurwes
van die breine op die nuusgroep op te merk nie. Soos
Reinier s'n byvoorbeeld. (Maar is Pietermaritzburg se
water suiwer?)
Nou sommige gedagtes oor die onderwys:
(1) Tuisonderwys was nog altyd een van die beste
maniere om inligting aan kinders te gee, mits
die ouers goed geskoolde mense is met hare op
hulle tande. Ook moet daar dan gesorg word vir
'n alternatiewe kanaal om die kind te sosialiseer
in sy ouderdomsgroep in. Skool-toe gaan beteken
immers om te leer om met andere om te gaan
weg van die ouers af, en nie net om informasie
in te samel nie.
(2) Privaatskole is nie altyd uitstekend nie. My eerste
pos in Suid-Afrika was by 'n duur privaatskool
vir meisies, en ek kan jou verseker dat hulle daar
nie veel beter onderwys gekry het as in 'n gewone
regeringsskool nie ( veral as gevolg van die feit
dat hulle onderwysers gehad het wat nie altyd
onderwysdiplomas gehad het nie.) Ek merk die-
selfde ding hier in Kanada op. Hier by ons is daar
nog die (vir my aantreklike ) geloof dat elke kind
die reg het om in 'n goeie regeringsskool 'n goeie
opvoeding te kry onafhanklik van sy ouers se
ekonomiese situasie.
(3) Die toestand in die V.S.A. is baie ingewikkeld,
deels omdat hulle so 'n groot en komplekse
bevolking het. Privaatskole is daar egter net vir
die rykes en vir kerkgroepe wat bereid is om te
betaal.
(4) Nou oor wat Koos gesê het oor die saak. Koos, dink
ek, het besluit dat hy in die eerste plek Suid-Afrikaner
gaan wees. As hy dus saans nie kan slaap nie, dan le
en bekommer hy hom oor die ongeletterheid van die
massa van kinders in Suid-Afrika (gewoonlik nie-
blankes) en aan die wat aan tering ly (gewoonlik
nie-blankes) veroorsaak deur hulle lewenswyse in
sub-ekonomiese toestande. Hy veronderstel dat as
skole en technikons geprivatiseer word, dit net weer
die "edge" gaan gee aan die ryker deel van die
bevolking (meestal blank) en dat die nie-blanke
massa sal terugsak in 'n toestand van hopeloosheid.
Dus so 'n soort apartheid van die "haves" en die
"have-nots." (Gloudina)
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5901] Re: BOSBERAAD
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5885] Re: GELD EN BANKE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 20:34:18 MGT 2024