Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

DS: [AFRIKAANS:5980] Re: Jamie Uys

Vr, 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Dr. J.A Brink[SMTP:b...@risc6.unisa.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 14:33
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5980] Re: Jamie Uys

Johannes vra:

> Johan, is die Afrikaanse weergawe van The Gods ook op video?
> Kan jy my die adres stuur van die plek wat hierdie videos verkoop.
> Dankie by voorbaat,
> Johannes.
>
Ek sal probeer uitvind. Maar - was daar ooit 'n Afrikaanse weergawe van The
Gods?

Johan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5981] Re: Geld, munt en banknote

Vr, 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 16:33
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5981] Re: Geld, munt en banknote

Jeff Zucker skryf:

[knip uitleg van verskil tussen muntstukke en banknote]

> Klaarblyklik het bostaande verskil in die moderne wereld min
> of meer verdwyn. Banknote word glo, ewe veel as muntstukke,
> as "geld" beskou (sowel van 'n juridiese as van 'n praktiese
> standpunt).

Jy is natuurlik reg betreffende die verskil tussen geld en banknote, en
ook dat die verskil tot 'n groot mate in die moderne wereld afgewater
is.

> Nou, terug na Hayek, met sy "radikale" voorstel vir die
> privatisering van die geldeenheid. Ek neem aan dit
> betref alleen die vervaardiging en uitdeling van
> banknote, en nie van die munt nie. (Korrek, Reinier?)

My voorbeeld van die Romeinse Ryk het natuurlik "egte" geld (Romeinse
goud- en silwerstukke) as voorbeeld gehad. In effek het jy 'n
toenemende hoeveelheid geld as betalingsbewys wat vir dieselfde aantal
dienste en goedere (ons veronderstel die vereenvoudigde geval) gebruik
word, met die gevolglike daling in waarde van die geldeenheid.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5949] Re: Jamie Uys

Vr, 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Johannes...@sandwich.pfizer.com[SMTP:Johann...@sandwich.pfiz er.com]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 21:33
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5949] Re: Jamie Uys


Reinier,
Bly om te hoor dat Al Debbo nog leef. Ek onthou nog hoe ons as kinders sy films
geniet het. Een van hulle was genoemd "Donker Afrika" of soiets. Puik.

Maar wat van Jamie se films op video. Weet iemand wat die geval is?

Die Aartsbiskop.

______________________________ Reply Separator _________________________________
Subject: [AFRIKAANS:5948] Re: Jamie Uys
Author: afri...@unseen.aztec.co.za at CR_SAND_SMTP
Date: 01/02/96 16:45


Johannes (die Aartsbiskop van Kantelberg) skryf:

> Tussen hakies - leef Al Debbo nog? Ek wonder wie hom nog kan onthou.

Die afgelope naweek se Rapport het 'n kort artikel oor Al Debbo gehad.
Die ou is nou in sy middel sewentigs, en nog springlewendig.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5950] "Prayers" in Afrikaans

Vr, 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Craig...@aol.com[SMTP:Cr...@aol.com]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 21:56
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5950] "Prayers" in Afrikaans

Hallo!

Ek is Afrikaans leer. Kan iemand my die "Lord's Prayer" en 'n aandete
"prayer" in Afrikaans stuur. My epos adres is CRAIG...@AOL.COM. Baie
dankie!

Groete,

Craig Ostrander
Kansas City, MO USA
Craig...@AOL.COM

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5974] Re: BERYMDE PSALMS

Vr, 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Dr. J.A Brink[SMTP:b...@risc6.unisa.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 11:41
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5974] Re: BERYMDE PSALMS

Jan Lange skryf:
> My Dopper Hero is Robert Schuller.
> Hy is 'n lid van die
> Reformed Church of America. Hulle is die oudste
> kerk in Amerika (1620)
> Hulle naam was eers: The Dutch Reformed Church.
>
> In sy nuwe boek vertel hy dat hulle kerk georganiseer is in Klassisse ?
> 'n Dopper term, is dit nie?
>
> Snaaks hulle sing 'n hele paar liedere wat nie bereimde Psalms is nie.
^^^^^^^^
oepsie!

Dit is nie so snaaks nie - in der waarheid sing die oorgrote meerderheid van
die kerke wat die Gereformeerde belydensskrifte gebruik, nie net berymde
psalms nie. Dit sluit in die NG en Hervormde Kerke in Suid-Afrika, en die
verskillende Gereformeerde Kerke in Nederland (en natuurlik die Nederlandse
Hervormde Kerk ook) en ook die Eglise Reformee in Frankryk. Laasgenoemde
kerk het nog verder gegaan, en hulle het nie eers meer al 150 Psalms in
hulle liederebundels nie (hulle gebruik verskeie; die mees gebruikte is Arc
en Ciel, en Nos Coeurs Te Chantes).

Ek wil nog uitvind wat in Hongarye gebeur. Hulle het 'n kerk daar wat 'n
baie sterk Calvinistiese tradisie navolg. Hulle gebruik bv die ou Geneefse
melodiee nog net so by al hulle psalms. Ek weet egter nie of hulle daarby
nog `vrye liedere' (die Dopperterminologie) ook het nie.

Johan Brink

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DS: [AFRIKAANS:5962] Dopper Hero

Vr, 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Jan Lange[SMTP:...@sas.upenn.edu]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 6:42
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5962] Dopper Hero

My Dopper Hero is Robert Schuller.
Hy is 'n lid van die
Reformed Church of America. Hulle is die oudste
kerk in Amerika (1620)
Hulle naam was eers: The Dutch Reformed Church.

In sy nuwe boek vertel hy dat hulle kerk georganiseer is in Klassisse ?
'n Dopper term, is dit nie?

Snaaks hulle sing 'n hele paar liedere wat nie bereimde Psalms is nie.

Jan Lange

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Hi from the USA!

Vr, 02 Februarie 1996 00:00

In article , izak bouwer wrote:


> Moenie te hard op haar wees nie, hulle weet nie eens in die
> VSA waar Kanada is nie.
> Cheers, Izak

Dat is niet waar. Ik ben Amerikan, en ik weet dat Kanada ligt juiste ten
zuide van the Verenigde Staten.

--Jason "ik maak maar een graapje" Roberts
------------------------------------------------------------ ---------
Currently reading: Oceanic Linguistics Vol. 34, #1
---------
Daar huivert, onweerstaanbaar, iets
in s'menschen merg en midden,
dat hemelwaards de ziele haalt,
dat knielen doet en bidden - Guido Gezelle

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5969] Inflasie

Vr, 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 10:03
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5969] Inflasie


Reinier skryf

> Die waarde van jou eiendom het dieselfde gebly, tensy jy daarby gevoeg
> het. Dis jou geld wat waarde verloor het, en soos jy heel tereg daarop
> wys, kan jy nou skaars bekostig om 'n soortgelyke huis te koop.
> Intussen is jou spaargeld in sy maai, enige ingevoerde goedere
> buitensporig duur, en jy word veel meer vir belasting aangeslaan.
> Alles in ag genome, is jy geldelik swakker daaraan toe. Jy moet na al die versteekte nadele ook kyk, nie net die voor die hand liggende>
> voordele nie.
>
> Inflasie het wel korttermyn voordele - dit gee die ekonomie 'n tydelike
> hupstootjie - maar dis die langtermyn nadele wat veel swaarder moet
> weeg.

Kom ons doen 'n som om my oorspronklike punt te illustreer:

Aanname: ons leef in 'n ideale ekonomie waar alles se pryse met inflasie
toeneem. S^e inflasie is 15%. Ek koop nou 'n huis wat my R100 000 kos. Met
inflasie van 15% verdubble pryse so elke 5 jaar. S^e nou die rentekoer is 20%
dus is my paaiement op my huis dan sowat R1 700 as ek dit oor 20 jaar
terugbetaal. S^e maar my salaris (na aftrekkings) is R6 000. My huispaaiement is
dus 28% van my besteebare inkomste.

Oor vyf jaar het my salaris verdubbel en ek kry nou R12 000 na aftrekking ("I
wish"). Omdat inflasie konstant gebly het sou rentekoerse nie verhoog het nie en
my paaiement is nog steeds R1 700.
Dit is nou slegs 14% van my besteebare inkomste.

Dus, al neem mens blokkruiping in ag en my betseebare inkomste styg net na R9
000 is ek nog steeds beter daaraantoe want my huispaaiement het konstant gebly.
Jou huis se waarde sou nou ook toegeneem het na R200 000 wat jou beter
kredietwaardigheid by die bank gee. Ek kan dus nou geld teen my huis gaan leen
om byvoorbeeld 'n eie onderneming te begin wat my 'n baie beter inkomste kan
besorg.

Antonie

Ekonomie & geldsake | 8 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5959] "Prayers" in Afrikaans

Vr, 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Craig...@aol.com[SMTP:Cr...@aol.com]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 2:20
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5959] "Prayers" in Afrikaans

Subj: "Prayers" in Afrikaans
Date: 96-02-01 13:52:32 EST
From: CraigVonKC
To: afri...@unseen.aztec.co.za
To: lists...@unseen.aztec.co.za
Hallo!

Ek is Afrikaans leer. Kan iemand my die "Lord's Prayer" en 'n aandete
"prayer" in Afrikaans stuur. My epos adres is CRAIG...@AOL.COM. Baie
dankie!

Groete,

Craig Ostrander
Kansas City, MO USA
Craig...@AOL.COM

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5973] Re: Die SJELT VAN DIE LAND

Vr, 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Dr. J.A Brink[SMTP:b...@risc6.unisa.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 11:23
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5973] Re: Die SJELT VAN DIE LAND

>
> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za (Koos):
>
>> >> alle politici nie 'n element?re kursus in "Hoe die sjelt van die land rerag
>>> werk" loop nie? Hulle vernaamste job is mos om duie staatskas te
>>> hanteer?
>
>>> Mooibly
>>> Chris Claassen>>>
>
>> 'n Kursus wat die NP-regering duidelik nooit geloop het nie.
>

Ek las by: of die VP regering voor hom, of ... dalk die Clinton-regering
ook?

Johan Brink

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1652  1653  1654  1655  1656  1657  1658  1659  1660  1661  1662  1663  1664  1665  1666  1667    »]
Tyd nou: So Okt 06 13:25:47 MGT 2024