Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5962] Dopper Hero
DS: [AFRIKAANS:5962] Dopper Hero [boodskap #5673 is 'n antwoord op boodskap #5682] Vr, 02 Februarie 1996 00:00
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Jan Lange[SMTP:...@sas.upenn.edu]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 6:42
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5962] Dopper Hero

My Dopper Hero is Robert Schuller.
Hy is 'n lid van die
Reformed Church of America. Hulle is die oudste
kerk in Amerika (1620)
Hulle naam was eers: The Dutch Reformed Church.

In sy nuwe boek vertel hy dat hulle kerk georganiseer is in Klassisse ?
'n Dopper term, is dit nie?

Snaaks hulle sing 'n hele paar liedere wat nie bereimde Psalms is nie.

Jan Lange
DS: [AFRIKAANS:5982] Re: Dopper Hero [boodskap #5675 is 'n antwoord op boodskap #5673] Vr, 02 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Jan Lange[SMTP:...@sas.upenn.edu]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 17:01
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5982] Re: Dopper Hero


Willem Coetzee wrote:
>
> Jan Lange skryf:
>
>> My Dopper Hero is Robert Schuller.
>
> Stadig, Jan.
>
> Robert Schuller, glo ek, maak dit nie eers op die skerm van Gereformeerde
> radar nie. Met sy Kristalkatedraal en teologie wat min ruimte vir Oordeel en
> Geregtigheid het, is dit waarskynlik net in sy herkoms dat daar 'n
> toevallige ooreenkoms met gereformeerdheid is:-).
>
> Groetnis
>
> Willem Coetzee


Hallo Willem,

Ek kyk baie jare al na Robert Schuller se Hour of Power. Oor die tyd het
ek deur baie emosies gegaan. Baie van die dinge wat in sy kerk aangaan
kan ek nie maklik met die reformasie versoen nie. In sy nuwe boek:
Prayer: My Soul's Adventure with God. gee hy details van die evolusinere
proses waardeur hy gegaan het. Ek het nuwe ontsag gekry vir die werk
wat hy doen. Lees gerus die boek en laat my weet wat jy dink.

Alles verder wel hier by ons. Thea is by die huis; terug van Suid
Afrika, en daarna (17 to 29 Januarie) van 'n kort lesing reeks wat sy in
Slovakia aangebied het. Nou wag ons vir die naweek se sneeu. Het julle
skade gehad met die jongste vloed?

Groete Jan.



--
DS: [AFRIKAANS:5965] Dopper Hero [boodskap #5681 is 'n antwoord op boodskap #5673] Vr, 02 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Willem Coetzee[SMTP:...@psu.edu]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 9:28
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5965] Dopper Hero

Jan Lange skryf:

> My Dopper Hero is Robert Schuller.

Stadig, Jan.

Robert Schuller, glo ek, maak dit nie eers op die skerm van Gereformeerde
radar nie. Met sy Kristalkatedraal en teologie wat min ruimte vir Oordeel en
Geregtigheid het, is dit waarskynlik net in sy herkoms dat daar 'n
toevallige ooreenkoms met gereformeerdheid is:-).

Groetnis

Willem Coetzee
DS: [AFRIKAANS:5971] Re: Dopper Hero -Reply [boodskap #5682 is 'n antwoord op boodskap #5673] Vr, 02 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 11:06
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5971] Re: Dopper Hero -Reply

Pieter meld:
>
> Die doppers het ook ander Skrifberyminge (oa die Onse Vader) maar die
> beginsel waaraan ons nog vashou is dat Kerklike sang vanuit die Bybel
> moet kom.
>
Een van die "Skrifberyminge" is die Twaalf Artikels. As dit uit die Bybel
kom, dan kom "Amazing Grace" ook uit die Bybel.

Dirk
DS: [AFRIKAANS:5968] Dopper Hero -Reply [boodskap #5685 is 'n antwoord op boodskap #5673] Vr, 02 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Pieter Van der Dussen[SMTP:P...@csir.co.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 9:57
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5968] Dopper Hero -Reply

Die doppers het ook ander Skrifberyminge (oa die Onse Vader) maar die
beginsel waaraan ons nog vashou is dat Kerklike sang vanuit die Bybel
moet kom.

Baie gesange is vir my baie mooi en ek sing dit ook, maar nie in die diens
nie. Die Jeugsangbundel is darem ook nie uit die Bose nie :-)

Pieter van der Dussen

>>> Jan Lange 2/February/1996 05:42am >>>
My Dopper Hero is Robert Schuller. Hy is 'n lid van die
Reformed Church of America. Hulle is die oudste kerk in Amerika (1620)
Hulle naam was eers: The Dutch Reformed Church.

In sy nuwe boek vertel hy dat hulle kerk georganiseer is in Klassisse ?
'n Dopper term, is dit nie?

Snaaks hulle sing 'n hele paar liedere wat nie bereimde Psalms is nie.

Jan Lange
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5985] Vrydag-grappie
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5974] Re: BERYMDE PSALMS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:50:49 MGT 2024