Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5974] Re: BERYMDE PSALMS
DS: [AFRIKAANS:5974] Re: BERYMDE PSALMS [boodskap #5676] Vr, 02 Februarie 1996 00:00
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Dr. J.A Brink[SMTP:b...@risc6.unisa.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 11:41
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5974] Re: BERYMDE PSALMS

Jan Lange skryf:
> My Dopper Hero is Robert Schuller.
> Hy is 'n lid van die
> Reformed Church of America. Hulle is die oudste
> kerk in Amerika (1620)
> Hulle naam was eers: The Dutch Reformed Church.
>
> In sy nuwe boek vertel hy dat hulle kerk georganiseer is in Klassisse ?
> 'n Dopper term, is dit nie?
>
> Snaaks hulle sing 'n hele paar liedere wat nie bereimde Psalms is nie.
^^^^^^^^
oepsie!

Dit is nie so snaaks nie - in der waarheid sing die oorgrote meerderheid van
die kerke wat die Gereformeerde belydensskrifte gebruik, nie net berymde
psalms nie. Dit sluit in die NG en Hervormde Kerke in Suid-Afrika, en die
verskillende Gereformeerde Kerke in Nederland (en natuurlik die Nederlandse
Hervormde Kerk ook) en ook die Eglise Reformee in Frankryk. Laasgenoemde
kerk het nog verder gegaan, en hulle het nie eers meer al 150 Psalms in
hulle liederebundels nie (hulle gebruik verskeie; die mees gebruikte is Arc
en Ciel, en Nos Coeurs Te Chantes).

Ek wil nog uitvind wat in Hongarye gebeur. Hulle het 'n kerk daar wat 'n
baie sterk Calvinistiese tradisie navolg. Hulle gebruik bv die ou Geneefse
melodiee nog net so by al hulle psalms. Ek weet egter nie of hulle daarby
nog `vrye liedere' (die Dopperterminologie) ook het nie.

Johan Brink
DS: [AFRIKAANS:5986] Re: BERYMDE PSALMS [boodskap #5687 is 'n antwoord op boodskap #5676] Vr, 02 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Jan Lange[SMTP:...@sas.upenn.edu]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 17:42
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5986] Re: BERYMDE PSALMS


Met soveel jare in die buiteland, verbaas die my dat meer mense my nie
reg help nie. Die buitelandse verblyf het waarskynlik nie baie
daarmee te make nie. Ek was van kleins af matig disleksies; b's en d's
het vir my in sub-A eenders gelyk, om nie te praat van oe en eo ens. nie.
Dan was daar nog d en t in 'n woord soos hoed (hoet). In Std 5 het die
onderwyser in een speltoets wat ons self moes nasien gese dat die klas 5
punte by die finale punt moet bytel; my punt het onveranderd gebly: o uit
20! Dit was 'n probleem in vakke soos Afrikaans, Engels, Geskiedenis
ens. vir matriek.

Op Stellenbosch het ek geleer dat as ek lelik genoeg skryf, dosente baie
bly was as hulle iets kon uit maak. Dit het hulle gehelp om spelling in
perspektief te plaas. Die benadering het gewerk tot op PHd vlak.

In 'n nagraadse klas wat ek by die Universiteit van Pennsylvania
gee, het dit verlede jaar nie mooi uitgewerk nie. Ek het 'n "hand-out uit
gehandig wat rekenaarstappe lys. ...... Press Shift... Die probleem
was egter dat ek die Shift sonder die "f" gespel het en dat "Word for
Windows" se "speller" dit natuurlik as reg beskou het. Die klas het
lekker gelag. Een dame het gevra of dit die "mood" is waarin ek
vannaand is.

My vrou is 'n taalkundige en het my honderde male al vertel hoekom sekere
Afrikaanse woorde met 'n y en ander met ei gespel word. My onvermoƫ om
dit in praktyk toe te pas het van haar oor die jare 'n dosent met
"compassion" gemaak.

Met vriendelike groete.

Jan Lange.
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5962] Dopper Hero
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5804] Staatsonderwys, Switserland, ens.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 08:40:04 MGT 2024