Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: BoRiNg

Ma, 05 Februarie 1996 00:00

In article ,
dam...@iafrica.com (Damien du Toit) wrote:
> This is a boring newsgroup. :-O Zzzzzzzzzzzzzzzz

Verskoon my! Eerder 'n vervelige nuusgroep!
As jy nie eens in Afrikaans kan skryf of iets oor Afrikaans kan se nie dan is
jy die vervelinge een!

Groetnis
Johann

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nuwe Afrikaanse boeke

Ma, 05 Februarie 1996 00:00

Afrikaanse boeke gepubliseer tussen April-Junie 1995 is nou beskikbaar by

http://www-jfd.its.uct.ac.za/


--
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
_________________________________

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Interresante nuus

Ma, 05 Februarie 1996 00:00

Ek begin om die nuus groep se "stories" te lees. Goed om so 'n bietjie SA (boere)
humor te lees. Ek bly in Kanada en geniet dit hier.

Groetnis
Martin

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Yes, yes, another penpal request!

Ma, 05 Februarie 1996 00:00

Hiya

I lived in south africa for 9 years(i am british, although i would like
to have been south african) in Alberton and Secunda. I am trying to keep
my afrikaans up to scratch so i was wondering if anyone would like to
help me by writing to me in afrikaans, if so my email address is

mjs...@york.ac.uk

Baie dankie
att

P.S. My afrikaans is nie baie goed nie, ek het n D in my standard 8
afrikaans toets gekry ???? (See my afrikaans really sucks so help me by
writing!!!!!)


# Even the greatest of whales is helpless in the middle of the desert #
# Email: mjs...@york.ac.uk Homepage: http://www.york.ac.uk/~mjs111 #

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 0 kommentare

Afrikaanse DJs

Ma, 05 Februarie 1996 00:00

In die verlede was daar Afrikaanse DJs slegs op stasies soos Jakaranda,
Hoëveld etc. (Ek praat nou van stasies wat hoofsaaklik musiek speel dus sluit
dit Afrikaans Stereo uit).
Na my mening is die standaard van die DJ op hierdie stasies glad nie op die
selfde vlak as bv. 5 FM se DJs nie. 5 FM se DJ is baie meer profesioneel en
oor die algemeen is dit aangenaam om na hulle te luister.
Daar is ook vervra in die verlede hoekom 5 FM (toe nog bekend as Radio 5) nie
Afrikaanse DJ het nie en die antwoord was : Dit werk eenvoudig nie.

et die koms van onafhanklike radio stasies het egter waargeneem dat
Afrikaanse DJs kan werk en baie goed. Ek woon in Pretoria en luister meestal
Radio Tuks vir verskye redes maar hoofsaaklik die kwaliteit van musiek wat
hulle speel. Wat ek egter waargeneem het hier is dat daar verskye Afrikaanse
DJ is wat net so goed indien nie beter is as die Engelse DJ is en oor die
algemeen is die DJ op Radio Tuks net so goed as die op 5 FM.

Ek wil hiermee ook Radio Tuks gelukwens met die produk wat hulle lewer en
voorspoed toewens.

Groete Johann

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

D.J. Opperman: SCRIBA VAN EGIPTE

Ma, 05 Februarie 1996 00:00

SCRIBA VAN EGIPTE
D.J. Opperman

Waarom met ape-masker my misken
as ek die digkuns heilig tot bedryf
en Nyl en papperasse met die pen
vir gode onpartydig wil beskryf;
as ek deur drif en keuse van my woord
bewys: Ek is een oomblik Potifar
se vrou met die japon en silwer koord
nalatig los, dan Josef wat verwar
van daardie dy en skemerende lies
wegvlug?
"Want jy, met iedereen se lot
te vereenselwig om ooit kant te kies,
poseer soms as 'n duiwel, soms 'n god,
maar swaai wellustig van die masker los
aan 'n liaan na dieptes van 'n bos."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

LORDS PRAYER (ONSE VADER)

Sa, 03 Februarie 1996 00:00

ONSE VADER

Onse vader wat in die hemele is,
laat u naam geheilig word;
laat u koninkryk kom; laat u wil
geskied, soos in die hemel net so ook
op die aarde;
gee ons vandag ons daaglikse brood
en vergeef ons ons skulde, soos
ons ook ons skuldenaars vergewe;
en lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose. Want
aan u behoort die koninkryk die krag
en die heerlikheid tot in ewigheid.
Amen


--------------------------------------SPRINGBOKS RULE THE WORLD-------
) /
ANDREW HARWOOD .oooO (_/
Environmental Engineering ( )
Carleton University \ (
\_) Oooo.
Email: ahar...@chat.carleton.ca ( )
OR har...@engsoc.carleton.ca ) /
Postal: 7 Weatherwood Cres.; Nepean, .oooO (_/
Ontario; K2E 7C5; Canada ( )
\ (
-------------------------------------WALKING OVER THE COMPETITION-----

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans Forever ?

Sa, 03 Februarie 1996 00:00

Hello Gloudina,

Jong, ek is in effe agter met die lees van die Afrikaanse nuusgreop op
die net. Ek laai die artikels gereeld af en lees oor naweke.

Nou lees ek die lekker stuk hierbo aangehaal.

ooi ideaal wat jy stel. Maar is dit die moeite werd? In my ervaring
is taal in verdelende ding. n Manier om mense te groepeer - ons VS
hulle.

Ek het geen besondere voorliefde vir die Britte nie, maar die wrede
Bulldog wat meer dele van die wêreld verower het as Gengish Khan,
het ten minste as een goeie erfenis, n We^reld taal geskep. Dit het
sake heelwat vereenvoudig.

Hoekom moet ons n taal aan die lewe hou? Daar is ander kultuurgoedere
wat meer belangrik en meer universeel is - soos jy noem in jou
artikel.

Die Waliesers en Iere se tale was ook doelbewus onderdruk deur die
Bulldog (selfs in hierdie eeu) maar nou vlam die tale weer op -
ongelukkig gepaart met groter Nasionalisme en "ons VS hulle" .

Maar my hart is nie waar my bek is nie!

Nou dat ek hier in n multi-kulturele gemeenskap woon, geniet ek
hierdie Afrikaanse nuusgroep, artikels en veral die gedigte BAIE.
Afrikaans is ook n handige medium vir n private gesprek wanneer dit
nodig is. Jy moet egter versigtig wees want daar is heelwat mense wat
Afrikaans of Nederlands verstaan. Dit is n goeie manier om nuwe
vriende te maak - n doelbewuste "ons is anders as julle maar as jy on
verstaan is jy mos een van ons - so soek n maatjie vir n praatjie".

My Afrikaner vrou was vir 6 maande in Taiwan on Engels aan Sjinese te
leer en handboek te skrywe!

Lank lewe Afrikaans!

of is dit nou, in die nuwe SA: Viva Afrikaans !?

Julius Bergh

jbe...@onthenet.com.au
http://www.onthenet.com.au/~jbergh
32 Koola Dr, Nerang QLD 4211 Australia
Phone: 61 7 55960462

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5985] Vrydag-grappie

Vr, 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 17:42
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5985] Vrydag-grappie

[Verafrikaans vanaf die poslys vir Vlaamse nuus. Geen persone 4-18. ]

Oom Piet Labuschagne lewer al jare pos af in dieselfde buurt, en sy
aftreedag is net 'n maand weg. Hy vertel vir almal hy tree oor 'n maand af;
later, oor 'n week; en uiteindelik, baie nadruklik: M^ore is my laaste dag.

En inderdaad, op die laaste dag kry oom Piet 'n hele paar presente:
'n bottel brandewyn, 'n kilogram biltong, 'n sakkie gedroogde perskes,
selfs hier en daar 'n R20-noot ...

Heel laaste op sy roete is die Pieterses. Hier verwag hy nie veel nie.
Die man is 'n regte ou buffel, en die vrou het nooit 'n los sent nie.

Maar mev. Pieterse, nogal 'n aantreklike blondine, is baie hartlik.
Sy nooi hom in, en dit is sommer slaapkamer toe, en sy laat hom baie,
baie welkom voel, sy vyf-en-sestig jaar ten spyt. Daarna neem sy hom
na die kombuis, en gee hom 'n lekker bak warm boontjiesop, nes sy ouma
dit nog gemaak het. Uiteindelik is hy by die voordeur, en sy stop vir
hom vyf rand in die hand.

Oom Piet is 'n bietjie uit die veld geslaan. "Al die jare lewer ek hier
pos af, en jy was nog nooit anders as baie korrek en hoflik met my nie.
Maar nou -- die asemrowende tyd in die bed! die heerlike sop! Hoewel
die footjie nou nie juis groot is nie."

"Dis eintlik my man se voorstel," sê sy. Nou verstaan hy eers niks. "Ek
het hom vertel dis vandag Oom se laaste dag," en sy vee 'n blonde lokkie
weg van haar voorkop, "toe brul hy: 'F.. die bliksem, nie 'n sent meer as
vyf rand nie!' Maar die sop, Oom Piet, dit was my eie idee."

Geniet die naweek.

Dirk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5972] Re: Jamie Uys

Vr, 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Dr. J.A Brink[SMTP:b...@risc6.unisa.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 11:23
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5972] Re: Jamie Uys

Johannes van Vuren vra;

> Weet enige iemand of sy films op video vekrygbaar is - veral sy
> Afrikaanse films?
>

Ek is redelik seker dat THE GODS I en II op video is.

Johan Brink

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1651  1652  1653  1654  1655  1656  1657  1658  1659  1660  1661  1662  1663  1664  1665  1666    »]
Tyd nou: So Okt 06 13:34:53 MGT 2024