Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5985] Vrydag-grappie
DS: [AFRIKAANS:5985] Vrydag-grappie [boodskap #5694] Vr, 02 Februarie 1996 00:00
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 17:42
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5985] Vrydag-grappie

[Verafrikaans vanaf die poslys vir Vlaamse nuus. Geen persone 4-18. ]

Oom Piet Labuschagne lewer al jare pos af in dieselfde buurt, en sy
aftreedag is net 'n maand weg. Hy vertel vir almal hy tree oor 'n maand af;
later, oor 'n week; en uiteindelik, baie nadruklik: M^ore is my laaste dag.

En inderdaad, op die laaste dag kry oom Piet 'n hele paar presente:
'n bottel brandewyn, 'n kilogram biltong, 'n sakkie gedroogde perskes,
selfs hier en daar 'n R20-noot ...

Heel laaste op sy roete is die Pieterses. Hier verwag hy nie veel nie.
Die man is 'n regte ou buffel, en die vrou het nooit 'n los sent nie.

Maar mev. Pieterse, nogal 'n aantreklike blondine, is baie hartlik.
Sy nooi hom in, en dit is sommer slaapkamer toe, en sy laat hom baie,
baie welkom voel, sy vyf-en-sestig jaar ten spyt. Daarna neem sy hom
na die kombuis, en gee hom 'n lekker bak warm boontjiesop, nes sy ouma
dit nog gemaak het. Uiteindelik is hy by die voordeur, en sy stop vir
hom vyf rand in die hand.

Oom Piet is 'n bietjie uit die veld geslaan. "Al die jare lewer ek hier
pos af, en jy was nog nooit anders as baie korrek en hoflik met my nie.
Maar nou -- die asemrowende tyd in die bed! die heerlike sop! Hoewel
die footjie nou nie juis groot is nie."

"Dis eintlik my man se voorstel," sê sy. Nou verstaan hy eers niks. "Ek
het hom vertel dis vandag Oom se laaste dag," en sy vee 'n blonde lokkie
weg van haar voorkop, "toe brul hy: 'F.. die bliksem, nie 'n sent meer as
vyf rand nie!' Maar die sop, Oom Piet, dit was my eie idee."

Geniet die naweek.

Dirk
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5972] Re: Jamie Uys
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5962] Dopper Hero
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 02:45:03 MGT 2024