Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » D.J. Opperman: SCRIBA VAN EGIPTE
D.J. Opperman: SCRIBA VAN EGIPTE [boodskap #5697] Ma, 05 Februarie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
SCRIBA VAN EGIPTE
D.J. Opperman

Waarom met ape-masker my misken
as ek die digkuns heilig tot bedryf
en Nyl en papperasse met die pen
vir gode onpartydig wil beskryf;
as ek deur drif en keuse van my woord
bewys: Ek is een oomblik Potifar
se vrou met die japon en silwer koord
nalatig los, dan Josef wat verwar
van daardie dy en skemerende lies
wegvlug?
"Want jy, met iedereen se lot
te vereenselwig om ooit kant te kies,
poseer soms as 'n duiwel, soms 'n god,
maar swaai wellustig van die masker los
aan 'n liaan na dieptes van 'n bos."
Vorige onderwerp: LORDS PRAYER (ONSE VADER)
Volgende onderwerp: Afrikaanse DJs
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 23:10:53 MGT 2024