Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaanse DJs
Afrikaanse DJs [boodskap #5699] Ma, 05 Februarie 1996 00:00
joh...  is tans af-lyn  joh...
Boodskappe: 25
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In die verlede was daar Afrikaanse DJs slegs op stasies soos Jakaranda,
Hoëveld etc. (Ek praat nou van stasies wat hoofsaaklik musiek speel dus sluit
dit Afrikaans Stereo uit).
Na my mening is die standaard van die DJ op hierdie stasies glad nie op die
selfde vlak as bv. 5 FM se DJs nie. 5 FM se DJ is baie meer profesioneel en
oor die algemeen is dit aangenaam om na hulle te luister.
Daar is ook vervra in die verlede hoekom 5 FM (toe nog bekend as Radio 5) nie
Afrikaanse DJ het nie en die antwoord was : Dit werk eenvoudig nie.

et die koms van onafhanklike radio stasies het egter waargeneem dat
Afrikaanse DJs kan werk en baie goed. Ek woon in Pretoria en luister meestal
Radio Tuks vir verskye redes maar hoofsaaklik die kwaliteit van musiek wat
hulle speel. Wat ek egter waargeneem het hier is dat daar verskye Afrikaanse
DJ is wat net so goed indien nie beter is as die Engelse DJ is en oor die
algemeen is die DJ op Radio Tuks net so goed as die op 5 FM.

Ek wil hiermee ook Radio Tuks gelukwens met die produk wat hulle lewer en
voorspoed toewens.

Groete Johann
Vorige onderwerp: D.J. Opperman: SCRIBA VAN EGIPTE
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5829] Menseregte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 19:10:38 MGT 2024