Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Die Koolstof-14 ouderdomstoets

Ma, 25 Maart 1996 00:00

In article "Abi Coetzee" writes:
> From: "Abi Coetzee"
> Subject: Die Koolstof-14 ouderdomstoets
> Date: 22 Mar 1996 16:34:50 +0200

>> Abi verwys seker na die koolstof-14 ouderdomsbepaling. Vertel ons meer hoe
>> dat dit nou "plat" is, en nie meer 'n geldige metode is nie?

> Johan , ek het 'n artikel in die verband gelees. Ek kan ongelukkig nie al die
> gegewens onthou nie , maar ek sal gaan soek na dit. Ek kan ook onthou dat
> daar 'n uitsending op TV was wat iemand opgeneem en vir my gewys het. Sodra
> ek die inligting het sal ek dit deurgee , ek het dit baie insigewend gevind.

> Abi Coetzee
> Suid-Afrika
Die koolstof-14 toets is nog steeds geldig en baie akkuraat, mits dit soos
alle toetse, korrek aangewend word. As jy sulke wilde bewerings wil maak oor
'n uitstekend gefundeered wtenskaplike beginsel stel ek voor dat jy dit doen
op grond van meer as 'n televisie-program en artikel waarvan jy die
besonderhede nie eers kan onthou nie. Beide die items waarna jy verwys is
waarskynlik die werk van kreasioniste.
Leon Retief, Bellville

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Davis blues

Ma, 25 Maart 1996 00:00

On Mon, 25 Mar 1996 Antonie wrote:

> Onthou net, wat vir jou eties is is nie noodwendig vir 'n ander persoon
> eties nie.

Beslis waar. En dis hoekom ek baie benoud word as mense wetgewing op
etiese gronde verdedig. My "etiese beroep" was 'n persoonlike gevoel, wat
geensins op algemene geldigheid aanspraak gemaak het nie.

Antonie skryf verder oor Dennis Davis se onderonsie met Barney Pityana en
die Makgoba-storie by Wits as voorbeelde van onregverdige en
kommerwekkende antagonisme teenoor blankes wat die land groot skade sal kos.

Ek moet weer met hom saamstem. Ek ken vir Davis goed. Ek verskil met hom
wat ideologie betref (hy's redelik entoesiasties oor staatsinmenging,
soos Antonie sê), maar het groot respek veral vir sy onafhanklike denke. Hy
sal nie skroom om enige iemand te kritiseer as hy nie met daardie persoon
saamstem nie. Die insident is uiters kommerwekkend. Net so kommerwekkend
is die hele Makgoba-sage. Mense aan die Wits regsfakulteit vir wie ek net
respek en bewondering het, is ontsaglik sleg behandel, en as rassiste
uitgekryt, wat belaglik is. Hulle het bloot hulle professionele plig
gedoen, en is redelik verpletter deur wat gebeur het.

Ja, daar's probleme. En mens kan nie verwag almal moet die huidige
situasie en mense se relatiewe posisies met 'n gebalanseerde houding
aanskou nie. Die mensdom is nie so nie. Ek het nie die Davis-storie
gevolg nie (ek kyk elke nou en dan na die SA koerante op die internet),
maar ek kan my kop op 'n blok sit dat die oorweldigende reaksie (in
invloedryke kringe) op Petyana se "rassis"-beskuldigings in Davis se guns
was, en is. Nes die denkende oordeel beslis het die Witsdekane was nie
"rassiste" nie. Mens kan net hoop dat die belaglike gebruik van die
"raskaart" die wenslikheid om hierdie troef altyd te speel sal verminder,
eerder as om presedente te skep vir verdere belaglike gebruik. So lank
ons persvryheid en vryheid van spraak geniet (wat deesdae groter is as
ooit onder apartheid), is daar hoop vir kritiek om die regte mense te
beinvloed. Sien, onse Dennis het 'n goeie ding gedoen om die moontlike
ernstige gevolge van sulke onnoselheid aan die pers te verklaar. Want hy
gee om vir die land. En sy uitsprake beteken soveel meer, weens sy
onmiskenbare simpatieke houdings in die verlede.

Wat staan ons dus te doen?
1) Aanvaar ons sit met 'n plofbare situasie, wat net met moeite op die
regte pad gehou kan word, maar wat moes kom, omdat apartheid moes weg, en
wat 'n miljoen keer beter is as wat omtrent almal verwag het.
2) Verwerp die situasie en maak oorlog of emigreer.

Ek voel keuse nommer een verdien nog 'n kansie of wat.

Baai
Frank

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

watter mentaliteit is dit?

So, 24 Maart 1996 00:00

Hello almal in die nuusgroep.
Ek volg nou die gesprekke vir 5 maande en kry nog steeds die indruk dat
die groepie deur 'n kliek pseudo-intellektuele gefrustreerdes aan die
gang gehou word.
Het ek toevallig by 'n private kringetjie beland wat net in inteelt
geinterresseerd is?
Is daar iemand anders wat ook so voel?
Bobby

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Politieke menings van Afrikaners

So, 24 Maart 1996 00:00

zuc...@maccs.mcmaster.ca (Jeffery Zucker) wrote:
Oor:
<<
>> Die Afrikaner was altyd 95% anti swart en konserwatief, vanwaar hierdie
> ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^

> Dan waar het al die "ja" stemme im die referendum vandaan gekom?>>>

Die 95 persent is oordrewe.

Maar aan die ander kant: Daar is vandag mos net een witmense in SA wat
ooit apartheid ondersteun het en dis Jaap Marais!
Die res het mos al die jare teen apartheid baklei!
Hel! Iemand soos Piet Koornhof het dan selfs by die NP aangesluit
sodat hy soveel beter TEEN apartheid kon balkei!!
Dan is daar die ander wat gese het apartheid moes uigeprobeer gewees
het. So al asof ons knersend op die tande die ding maar deurgesien het
joewel ons hele wese daarteen geskreeu het!!

Dit het my soms gelyk asof Afrikaners wel vreemde kontradiksies
uitgeleef het.
Hulle was nie altyd so erg anti-swart nie.
Maar terselfdertyd was hulle beslis baie pro-apartheid.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat Wals is vals is

So, 24 Maart 1996 00:00

Wat Wals is vals is
-------------------

At 12:14 22-03-96 SAT, Franky Sneakers wrote:

> ...
> Hoe't jy geweet dat my
> van so uitgespreek word? Dis 'n Frans-belgiese van. Maklikste is om vir
> mense te sê: "like the chocolate bar, but with a 'y'". ... etc.
------------------------------------------------------------ ------------

Hier begrijp ik nou echt helemaal niets van.

Bernhard Bezemer

P.S. Frans-Belgisch kennen wij hier niet. Wel Waals. Uit de
geschiedenis kennen we de oorlogskreet: "Wat Wals is vals is,
sla dood!"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: benodig inligting

So, 24 Maart 1996 00:00

> As jy die boodskappe weer lees sal jy opmerk dat ons geen probleem met die argumente
> het wat in die debat na vore gekom het nie , dit is slegs die skeltaal wat gebruik word om
> julle manlikheid te bewys wat onvanpas is.

Abi Coetzee
Suid-Afrika

Groete Abi,

Man, die kras woorde wat ek gebruik het was geensins n poging om
"manlik" of "macho" of "breker" te klink nie. Dit is bloot n
uidrukking van waling deur die gebruik van ewe walglike woorde. As
ek manlik wou klink sou ek nie vir jou vertel het ek huil vir my mense
nie. Wat n soort breker is dit dan tog ?

Maar as ek vir jou sê ek walg in die "suffer for the struggle" dan is
daar min woorde wat die walging duideliker kan stel nie.

Breker, aikona; maar chicken, nog minder. Net mens man, net mens.

Groete,
Julius
jbe...@onthenet.com.au
http://www.onthenet.com.au/~jbergh
32 Koola Dr, Nerang QLD 4211 Australia
Phone: 61 7 55960462

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

De nieuwe Grote Trek

So, 24 Maart 1996 00:00

DE NIEUWE GROTE TREK
--------------------

> ...
> Daar is
> baie van ons "Austra-Afrikaners" soos jy sê, so ook baie=20
> "Austra.... Nederlanders, Duitsers, Pole ens. Baie met eie
> talige skole kerke en meer. ... etc.
> Paul van der Merwe
------------------------------------------------------------ --
Vals
----

In mijn e-mail 'Helden' scheef ik dat iedereen in Nederland
wel familie of kennissen in Australi-e heeft. Dat moeten er
inmiddels honderdduizenden zijn, misschien wel een of twee
miljoen. Mensen die ooit met steun van de regering vertrokken
(zoals ook naar Canada), omdat de overheid overbevolking
vreesde. In hun plaats hebben we nu zo'n drie miljoen of meer
allochtonen. Regelmatig besteden kranten en tijdschriften hier
aandacht aan het wel en wee van Nederlandse emigranten in
Australi-e en Canada.
Mijn kennis van mijn voormalige landgenoten berust dus niet
alleen maar op informatie uit brieven en verhalen. Jouw
voorstelling van zaken, dat er in Australi-e allemaal aparte
gemeenschappen zijn van diverse taal-/landgenoten met hun
eigen 'roots', is _vals_. Dat durf ik te stellen!
En ik vind het ongelooflijk dat je durft te beweren, dat
dit ook overheidspolitiek zou zijn. Dus Australi-e voert een
gemitigeerde vorm van apartheids-politiek! Dat zou ik maar
niet aan een journalist vertellen, als ik jou was. Je zou
na publicatie tot de ontdekking kunnen komen, dat je als
ongewenste vreemdeling Australi-e moet verlaten.

Voortrekkers
------------

Natuurlijk, er zijn clubs van ex-Nederlanders, ex-Duitsers,
enzovoort, maar de hoofdboodschap van mijn voormalige
landgenoten in Australi-e is toch wel: "WIJ ZIJN AUSTRALI-ERS
ET DE AUSTRALI-ERS, en wie die instelling niet heeft, kan
maar beter vertrekken, want die zal hier altijd buiten de
gemeenschap blijven staan".
Dus Austra-Nederlanders bestaan NIET. Nederlandse
immigranten in Australi-e zijn Australi-ers. En dat willen
ze ook zijn.
Als ik jou goed begrijp, willen jij en je volksgenoten een
Afrikaans 'thuisland' in Australi-e scheppen. En met de
uitdrukking 'het nieuwe land' bedoel je dan ook het nieuwe land
voor Afrikaners. Nou, dat land is er niet en zal er nooit komen
ook!
Jullie doen voorkomen of je emigratie een soort nieuwe
'Grote Trek' is. En dat jullie, Austra-Afrikaners, of moet ik
er meteen maar 'Austrafrikaners' van maken?, dat jullie dus
geen (welgestelde) vluchtelingen zijn, maar moderne
Voortrekkers, die Nieuwe Afrikaanse Geschiedenis in het Nieuwe
Land aan het schrijven zijn.
Ja, ja ..! Jullie zouden er goed aan doen het boek 'De Fatale
Kust'* van Robert Hughes te lezen. Dat zou je misschien je eigen,
minimale, of beter, non-plaatsje in Australi-e leren kennen.

Outcasts
--------

Ooit had ik op de universiteit het bijvak Inleiding
Sociologie. Daarvan herinner ik mij onder meer de begrippen
'Waarden en normen'. Op waarden en normen berust het menselijk
'Gedrag', sociologisch gezien. Een groep mensen met dezelfde
waarden en normen hebben dus ook eenzelfde soort gedrag. (En dat
is heel prettig, want daardoor weten wij ongeveer wat wij van
een ander kunnen verwachten. De conditio sine qua non voor het
functioneren een gemeenschap).
Dat gemeenschappelijke gedrag van een groep is op zijn beurt weer
de basis voor de 'Cultuur' van die groep. Het zal daarbij duidelijk
zijn, dat hoe groter de groep in omvang en/of geologische spreiding
wordt, hoe algemener, minder specifiek de gemeenschappelijke
cultuur wordt. Je krijgt dan een piramide van sub-culturen.
Uiteraard is taal (met z'n dialecten en vari-eteiten) daarbij van
groot belang. Maar niet belangrijker dan de factoren: Cultuur,
Gedrag, Waarden en normen.
De Australische waarden en normen (en zo verder) moeten jullie,
ex-Afrikaners, je zo spoedig mogelijk eigen maken, willen jullie
niet zeer snel outcasts in je 'nieuwe land' worden.

Bernhard Bezemer

* Robert Hughes: De Fatale Kust, het epos van Australi-e 1788/1868
(The Fatal Shore), tweede druk. Amsterdam: Balans bv, 1988. New York:
Knopf, Inc., 1986.

------------------------------------------------------------ -----
"Ook wanneer een volk terugwaarts gaat, loopt het achter een
ideaal aan. Het gelooft altijd aan een voorwaarts.
Auch wenn ein Volk rueckwaerts geht, laeuft es einem Ideale nach.
Es glaubt immer an ein Vorwaerts."
Friedrich Nietzsche.
------------------------------------------------------------ -----

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Die hele vis

So, 24 Maart 1996 00:00

Frank Snyckers wrote:

wegstoot en begin wonder of 'n bietjie waarheid uit die geskiedenis nie[/color]
> tog vir 'n paar van ons mense nodig is nie. Binnekort sal mense begin
> volhou dat die wetstoepassing in die ou dae nooit wreed en rassisties was
> nie.>>>

Ek stem so saam met jou.
Die siekte hier in Suid-Afrika op die oomblik is 'n negering van ons
verlede.
Ek haat mense wat derms uitryg, in die grond rol en gil van die smart
en die verdriet en self-beskuldiging, maar ek haat ook mense wat nie
die verantwoordelikheid van hul verlede kan aanvaar nie.
En daardie verantwoordelikheid is eintlik maar net die sin: "Ja, ons
het opgefok. Dit was verkeerd. Ons is jammer en ons moet nou almal
begin werk daaraan dat niemand dit weer doen nie."
Maar hier, op die oomblik, wel; daar is mos net een mens in
Suid-Afrika wat ooit Nasionaal gestem het en dis Jaap Marais.
(En o ja, dis die Engelse wat apartheid uitgedink en ingestel het, die
Boere het mos niks daarmee te doen gehad nie, skuld le^ mos by die
Engelse...)
'n Mens se mond hang oop as jy hoor watter publikasies en mense
deesdae verklaar dat hulle eintlik vir jare die stryd teen apartheid
gevoer het. Sommige glo van so vroeg soos die sestigs.
Die waarheidskommissie gaan goed vir ons wees. Dis nou as ons die guts
gaan he om aan te hoor wat daar gese word en te erken dat dit wel
gebeur het.
En in nuusgroepe soos hierdie daaroor kan praat.
In plaas van weer begin met negering wat eindig met of 'n
swartsmeerdery van die Waarheidskommissie, 'n selektiewe gekraai elke
keer as "bewys van 'n sameswering teen die Afrikaner" raakgesien word
- en uiteindelik waarskynlik 'n toesluit van alle deure en venster en
'n maniese fokus op "kultuursake" wat dankievader niks met iets te
doen het wat by die Waarheidskommissie gese word nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Vrede Uit OZ

Vr, 22 Maart 1996 00:00

> As die "gatsitalternatief" vereis dat jy in elk geval, in jou eie
> land in mid-loopbaan onder moet begin (die geval met Hoepel, soos ek
> verstaan - en die voorland van baie van ons) verval jou argument,
> Julius.
>
> Groete, Leendert


Nou ja, ek moet askies sê want dit was woede wat gepraat het!

Ek het ook baie ouens omgekrap met die kras taal - maar ek was regtig moerig
(of is dit mou moerrig ?)

"Die Ysterkoei Moet Sweet" het litire^re pryse in die 60's gekry - en die
taal was krasser.

Hier in OZ is die plaaslike Engelssprekendes heel verbaas as ek "thunder" en
"lightning" as kragwoorde gebruik. Hulle dink dis baie mak.

Nouja - vrede.

Laat staan die veroordeling.
Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Selfbeskikkingreg.

Vr, 22 Maart 1996 00:00

Antonie skryf oor Bosniese dinge, en oor erkenning van state deur die
wêreldgemeenskap, en beslis dat daar huigelagtige standaarde toegepas
word as dit by selfbeskikking kom. Antonie het reg. Maar daar is 'n
verskil, 'n bietjie hoender-en-eier, maar tog deurslaggewend, wat hierdie
sakie betref. Die erkenning van state was maar altyd 'n snaakse ding, wat
op feitelike toestande en regtelike beginsels gerus het. Dikwels kan die
volkegemeenskap net nie anders as om aan 'n nuwe staat erkenning te gee
nie, bloot omdat die ding so groot daar sit, en niemand hom kan miskyk
nie. Net so dikwels kom die gemeenskap se aand- en m^orepraatjies nie
ooreen wat die erkenningsvoorvereistes betref nie. Die Europese
gemeenskap het bv besluit om geen nuwe state te erken as hulle nie
demokratiese grondwette het nie, en toe gaan erken Duitsland vir Kroasi"e
voor iemand nog kon sê "pay-back time". Maar, behalwe as die volkstaters
beplan om 'n oorlog te voer, te wen, en die ashoop wat oorbly in 'n min
of meer erkenbare hoekie van die land in te vee en daarop te gaan sit,
sal daar van sulke "mosterd na die maal"-erkenning geen sprake wees nie.
En ek hoop nie dis wat hulle beplan nie; dit sal miskien net die Zoeloes
laat besluit hierdie bloedbad-storie is dalk glad nie so 'n slegte
idee nie. Of ek dan nog sal praat van "soorte guts" is ook weer 'n ander
vraag.

alweerbaai
Frank

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1635  1636  1637  1638  1639  1640  1641  1642  1643  1644  1645  1646  1647  1648  1649  1650    »]
Tyd nou: So Okt 06 17:23:57 MGT 2024