Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die hele vis
Re: Die hele vis [boodskap #6057] So, 24 Maart 1996 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Frank Snyckers wrote:

wegstoot en begin wonder of 'n bietjie waarheid uit die geskiedenis nie[/color]
> tog vir 'n paar van ons mense nodig is nie. Binnekort sal mense begin
> volhou dat die wetstoepassing in die ou dae nooit wreed en rassisties was
> nie.>>>

Ek stem so saam met jou.
Die siekte hier in Suid-Afrika op die oomblik is 'n negering van ons
verlede.
Ek haat mense wat derms uitryg, in die grond rol en gil van die smart
en die verdriet en self-beskuldiging, maar ek haat ook mense wat nie
die verantwoordelikheid van hul verlede kan aanvaar nie.
En daardie verantwoordelikheid is eintlik maar net die sin: "Ja, ons
het opgefok. Dit was verkeerd. Ons is jammer en ons moet nou almal
begin werk daaraan dat niemand dit weer doen nie."
Maar hier, op die oomblik, wel; daar is mos net een mens in
Suid-Afrika wat ooit Nasionaal gestem het en dis Jaap Marais.
(En o ja, dis die Engelse wat apartheid uitgedink en ingestel het, die
Boere het mos niks daarmee te doen gehad nie, skuld le^ mos by die
Engelse...)
'n Mens se mond hang oop as jy hoor watter publikasies en mense
deesdae verklaar dat hulle eintlik vir jare die stryd teen apartheid
gevoer het. Sommige glo van so vroeg soos die sestigs.
Die waarheidskommissie gaan goed vir ons wees. Dis nou as ons die guts
gaan he om aan te hoor wat daar gese word en te erken dat dit wel
gebeur het.
En in nuusgroepe soos hierdie daaroor kan praat.
In plaas van weer begin met negering wat eindig met of 'n
swartsmeerdery van die Waarheidskommissie, 'n selektiewe gekraai elke
keer as "bewys van 'n sameswering teen die Afrikaner" raakgesien word
- en uiteindelik waarskynlik 'n toesluit van alle deure en venster en
'n maniese fokus op "kultuursake" wat dankievader niks met iets te
doen het wat by die Waarheidskommissie gese word nie.
Re: Die hele vis [boodskap #6058 is 'n antwoord op boodskap #6057] So, 24 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 24 Mar 1996, Paul van der Merwe wrote:

> Nee Frank ek het niks misgeloop nie. Jy moet onthou 'n vis bestaan nie net
> uit vleis of net uit grate of net uit skubbe nie , dit het 'n geheel. Ek is
> jammer as jou geheel waarneming en of erfaring van die Afrikaner so swak
> was, dit lyk dus eerder vir my jy het baie misgeloop as jy nie die regte
> Boere-Afrikaner erfaar het nie! Maar gee jy nou toe dat oor die geheel die
> Afrikaner 'n mensliewende geaardheid het.
> Ek dreig nou al hoeveel keer om te gaan slaap so "Over and Out for Tonight"
>

Die "hele vis" besigheid was juis wat ek probeer oordra het. My ervaring van
die Afrikaner was natuurlik nie net "swak" nie. Dis dan my mense, ek. Ek het
dikwels al hard probeer om die vredeliewende en ander positiewe dele van
hierdie ou vissie, aan mense wat net die skubbe ken, te demonstreer. Maar
ons moet ook nie vir mekaar lieg nie. Dis wanneer mens met sulke
veralgemenings soos "die Afrikaner se mensliewendheid" kom, dat 'n
bietjie perspektief uit die ou stinkende kas vir ons grynslag. Ek het
byvoorbeeld 'n brief in Beeld gelees van iemand wat nie kon glo dat
andela se beskrywings van sadisme in die tronk onder die Afrikaanse
tronkbewaarders akkuraat was nie, want ons volkie "is net nie so nie".
Dis op sulke geleenthede dat ek my bedenkinge oor die waarheidskomissie
wegstoot en begin wonder of 'n bietjie waarheid uit die geskiedenis nie
tog vir 'n paar van ons mense nodig is nie. Binnekort sal mense begin
volhou dat die wetstoepassing in die ou dae nooit wreed en rassisties was
nie. Dis hoekom hulle vandag nog monumente in Duitsland het om die
Jodemoord te herdenk. Ek is lief vir my mense, Paul, en wil hê hulle
moet met hulself eerlik wees. Jy slaap seker lekker terwyl ek hier tik.
Lees dan maar so tussen die spek en eiers deur.

groete
Frank
Vorige onderwerp: Helden
Volgende onderwerp: Re: benodig inligting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:45:12 MGT 2024