Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: geweldspraak.

Vr, 29 Maart 1996 00:00

On Thu, 28 Mar 1996, Reinier de Vos wrote:

> Leendert skryf:
> =20
>> Soos ek die voorgestelde klousule lees, verwys dit na spraak wat
>> _immanente_ geweld, ens op grond van ras, ens aanmoedig.
>>
>> Dit beperk die trefkrag daarvan - en verhoed dat Albie Sachs se boek
>> verban moet word :-)))
> =20
> Ek het nie die voorgestelde teks voor my nie, maar selfs met so 'n
> bewoording maak dit nie vir my veel sin nie. Hoekom word slegs sekere
> kategorië uitgesonder? Wat van spraak wat geweld op grond van
> politieke verskille aanhits? Mens sou tog dink dat dit ons grootste
> probleem tans is.
> =20
> Die punt wat ek probeer maak is dat die verbod op "haatspraak" op slegs
> sekere gronde bv. ras, geloof, geslag, nie sin maak nie. Indien die
> staat sekere vorms van spraak wil verbied omdat daar vrese vir geweld
> is, sal 'n klousule wat "aanhitsing tot openbare geweld" - punt, meer
> sin maak. Ek vrees dat sake uiteindelik met die voorgestelde klousule
> teen haatspraak soos met regstellende aksie beleide wêreldwyd sal
> verloop, waar situasies ontstaan waar die retoriek en werklikheid nie
> met mekaar ooreenstem nie.

[daar volg etlike pertinente insigte oor regstellende aksie nav Sowell]

> So sal ons sien dat die definisie van haatspraak, en die gronde waarop
> dit nie toelaatbaar sal wees nie, uitgebrei sal word op 'n wyse wat
> die staat bevoordeel en individuele vryheid inperk. Ons kan dit nie
> aan die "goeie bedoelings" van die opstellers van die bepaalde klousule
> oorlaat nie.
> =20
> Die Duitse grondwet het blykbaar 'n klousule wat vryheid van spraak
> verabsoluteer, maar nou hoor ons by Frank dat dit selfs daar beperk
> word op wyses wat vir die Amerikaners onaanvaarbaar sou wees.

In die goeie ou dae, voor boeke vol wetgewing in Engeland Dicey se
negatiewe vryheid van spraak ongedaan gemaak het, is 'n klassieke
uitspraak gelewer deur die QBD per ene Field J. Die saak was BEATTY v
GILBANKS (1882) 9 QBD 308. Die Salvation Army het oor 'n periode van 'n
aantal weke 'n paar optogte in die strate gehou, met vlae en musiek en so=

aan, en op elke geleentheid was daar 'n oproer en het gevegte tussen die
Salvation Army en die "Skeleton Army" uitgebreek - "free fight, great
uproar, blows, tumult, stone throwing and disorder ensued." Die publiek
het die polisie gevra om die besigheid stop te sit. Die owerhede laat
weet toe per kennisgewing dat "all persons are to abstain from assembling=

to the disturbance of the public peace in the public streets". Die
Salvation army wou niks weet nie. Optog. Sersant: "gehoorsaam die
kennisgewing". Beatty: "Nee." Arrestasie en skuldvonnis vir
"breaching Her Majesty's peace".

Field J: "The finding of the justices amounts to this, that a man may be
convicted for doing a lawful act if he knows that his doing it may cause
another to do an unlawful act. There is no authority for such a proposition=
."

Daardie benadering bestaan nie meer in Engeland nie - wetgewing wat
"insulting, abusive or threatening" taal verbied as sulke taal tot
wanorde kan lei, het die hof in JORDAN v BURGOYNE [1963] 2 QB 744 laat
besluit dat die spreker sy gehoor moet "neem soos hy hulle kry" - as hulle=

"hooligans" is, dan is dit sy probleem.

Die Europese menseregtekomissie het 'n aansoek van die hand gewys
van 'n groep genaamd "Christians against Racism and
Fascism", nadat die Britse polisie hulle optog verbied het, omdat die
polisie (juistelik) geweld verwag het. Die Komissie: "The procession
would not have been peaceful having regard to the possible activities of
opponents and extremists".

Teen sulke owerheidsoptrede haal ek die woorde van Black J aan, in sy
minderheidsuitspraak in FEINER v NEW YORK (1951) 71 Sct 303, waar 'n
seepkisopruier gearresteer is nadat
die polisie hom drie keer moes vra om op te hou en een van die toeskouers=

gemaan het "if you don't remove that S.O.B., I will":
"The end result here... is to approve a simple and readily available
technique by which cities and states can with impunity subject all
speeches, political or otherwise, on streets or elsewhere, to the
supervision and censorship of the local police. I will have no part or
parcel in this holding which I view as a long step toward totalitarian
authority." Regter Black het bygevoeg dat die polisie eerder die man moes=

beskerm het, en aggressie van die toeskouers moes straf. Die
meerderheidsuitspraak het egter die vonnis bevestig. (Feiner was besig
om te vertel hoe swartes moes opruk en hulle regte moes afdwing, en
dat President Truman 'n "bum" was. Die toeskouers het nie saamgestem nie.)

aar selfs die "fighting words"-uitsondering op vryheid van spraak -
"words which by their very utterance inflict injury or tend to incite an
immediate breach of the peace" (CHAPLINSKY [1942] 315 US 568) - was nie
genoeg om 'n "opstoking"-klousule, wat spesifiek op rassisme gebasseer was,
grondwetlik toelaatbaar te maak nie. 'n Nazi opmars, met swastikas en
vlae en al, deur 'n Joodse dorp, mog nie deur 'n plaaslike wet, wat
rassistiese opstokery verbied het, gestop word nie (COLLIN v SMITH [1978]=

578 F2d 1198): "It is perfectly clear that the state may not make
criminal the peaceful expression of unpopular views". En in RAV v ST PAUL=

was die feit dat die betrokke haat-opstookwet ook op 'n spesifieke
oortuiging
(rassisme) gemik was, genoeg om die wet ongrondwetlik te verklaar, en
skuldvonnisse vir die brand van 'n kruis deur 'n aaklige gespuis buite
swartmense se huis nietig te verklaar.

Miskien moeilik vir meeste mense om te sluk. Maar, soos die hof in COLLIN=

tereg opgemerk het: "It is, after all, in part the fact that our
constitutional system protects minorities unpopular at a particular time
or place from governmental harassment and intimidation that distinguishes=

life in this country from life under the Third Reich".

Jammer Duitsland en Suid-Afrika, wat die les baie meer benodig, wou dit
nie leer nie.

Ek wonder of die feit dat ek my mening lig - dat die haatwet moet weg -
"grondwetsvyandig" is, en wat die straf eendag daarvoor sal wees. Sal
publisering van Amerikaanse hooggeregshofuitsprake ook "grondwetsvyandig"=

wees? Hopelik het die regering nog nie die Bevolkingsregistrasiewet en
die Suppression of Communism Act verloor nie, want die bewoording hoort
heel nuttig te wees vir nuwe doeleindes - 'n strepie hier, 'n strepie
daar, en siedaar, ou swaer, ons stop die hele lot in die tronk.

Weenknersvantandefrank.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Taal-herkenner Opvolg

Do, 28 Maart 1996 00:00

'n Tyd gelede het ek hier genoem dat daar by
http://www.cs.cmu.edu/~dougb/ident.html
'n taal-herkenner is en dat die baas daarvan (Doug Beeferman) gewillig is om
Afrikaans by te voeg op sy lys van kandidaat tale. Hy benodig egter 100 k
skoon teks om sy stelsel te leer.

Hiermee my dank aan die poslyslede vir hul voorstelle van Afrikaanse teks op
die internet. Daar was verskeie weergawes van voorstelle oor die gebruik
van vorige poslys artikels, waaronder "Die Versamelde Werke van Renier en
Leendert". Daar was ook rigtingwysers na Afrikaans tekste op web-blaaie.

Aangesien geen een van hierdie voorstelle die ideale oplossing gebied het
nie, het ek besef dat ek die 100 k teks uit verskillende bronne sou moes
versamel. Dit het elk geval gehelp dat html teks aanvaarbaar sou wees.

Ek het toe begin om poslys artikels op te gaar. Eers het ek gedink om 'n
samehangende dokument oor die debatte rondom rekenaar virusse en lewe saam
te stel, maar het besef dat dit onrealisties sou wees. Ek het toe
verskillende artikels met 'n redelike stuk teks gebruik en ge"eindig met 'n
mengelslaai van onderwerpe soos:
opstapeling van nie's
binnekamergesprekke in 'n kroeg en op 'n seepkis
oorbluffende potjiesLatyn
tikfoute in e-pos
privaatskole
rooihoed in die kerk
en, les bes, die vrae van "moet ek" of "moet ek nie" met die Ozafrikaner
perthspektief van "hoekom ek het" . As ek maar net geweet het van al die
weerlig- en donderweer-woorde wat aan't kom was, sou ek langer aangehou het
met my versameling. :-)

In die uiteindelike dokument het ek alle skrywername uitgehaal. Die
internet skryfstyl is ook effens geredigeer ten gunste van meer volsinne.
En, natuurlik, die dokument is (met groot moeite) deur 'n speltoetser gewurg.

Hierdie nota is om te sê dat ek die dokument aan Doug Beeferman gestuur het
en dat ek hom na 'n aantal Afrikaans web-blaaie verwys het. Wanneer daar
verdere vordering met die insluiting van Afrikaans by die taal-herkenner is,
sal ek laat weet.

Dana



--
Daniel M Murray d...@stp.co.za

P O Box 7254 http://www.stp.co.za/~dmm/
Stellenbosch http://www.stp.co.za/somkonhp/somkonhp.htm
7599 South Africa Tel: +27-[0]21-8801728 Fax: +27-[0]21-8801729

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

RE: Dutch-Australians

Do, 28 Maart 1996 00:00

new...@icon.co.za wrote:
>
> Is daar enige statistieke beskikbaar oor die huidige bevolkings samestelling van Australie. As gevolg van apartheid is daar relatiewe goeie sensus statistieke
>
> Gert van Eeden.


Probeer:


http://www.csu.edu.au/education/australia.html

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: emu-eiers

Wo, 27 Maart 1996 00:00

Jammer Julius, man. Ja, ek het eintlik so gedink (dat dit die vertalings
was waarna jy verwys het, maar was toe skielik nie meer so seker nie). Is
julle mense nou al weer wakker daar down under of wat?

Terloops, Duits sê Donnerwetter, wat nog meer direk met die
weerstoestande te doen het as "donder". In Duits kan mens ook oor die
algemeen "Scheisse" gebruik in kringe waar jy nie sal droom om "shit" of
"kak" te gebruik nie - as 'n uitdrukking, nie letterlik nie, moet ek
byvoeg - e..oeps, ek bedoel 'n woord (my hartlike omverskoning aan die
gemeentes en
kindertjies wat lekker saamlees, maar dis ernstige dinge hierdie).

Daar's 'n vreeslike oulike boek van 'n ou Professor van my, Geoffrey
Hughes, wat "Oaths in Time" heet, wat die etimologie van al die Engelse
vloekwoorde nagaan. Miskien moet die woordboumanne vir ons 'n boek
uitbring met die titel "Die Wet van Transvaal".

Baai
Frank

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Eina Winnie!

Di, 26 Maart 1996 00:00

Die plaaslike koerant hier in Queensland het n klein beriggie amper
weggesteek. Dit was nie eers op TV of Radio nie. Ek wonder hoekom dit
doodgeswyg word? Hier is dit:

"Mandela Beaten"

Johannesburg: President Nelson Mandela was physically attacked several
times by his former wife, Winnie, during their tumultuous marriage, which
ended in divorce on Tuesday, City Press newspaper said yesterday. "A
bodyguard stepped in on one occasion and drew a firearm, saying he would not
allow his president to be humiliated" the paper said.


Rowwe meid die Winnie! Nelson moet bly wees sy kon nie vuurhotjies in die
hande kry nie!

OK - sorry oor die M woord maar ek kon dit nie help nie. Sy het amper vir
Nelson ge-Thunder.


Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: "Pay-back time" -Reply

Di, 26 Maart 1996 00:00

Hendrik en Gerhard verwys na Italië se regering wat so dikwels
verander, maar geen groot opskuddings veroorsaak nie. My gunsteling is
nog steeds Switserland, waar die meeste Switsers nie eens weet wie die
Staatspresident is nie. Hulle gee eenvoudig nie veel om nie, aangesien
hy bloot die voorsitter van 'n uitvoerende komitee is, wat buitendien
elke twee jaar vervang word - 'n grondwetlike bepaling. Aangesien die
vernaamste politieke besluite op kantonale- en gemeenskapsvlak gemaak
word, is die politici in die sentrale regering se doen en late van min
belang vir die deursnee Switser. As hulle 'n bietjie te magsbehep raak,
soos politici geneig is om te doen - Switserse politici synde geen
uitsondering nie - word hulle gou deur 'n referendum of inisiatief in
die bek geruk.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Netherlands

Di, 26 Maart 1996 00:00

we looking out for immigrationpeople from belgium or the Netherlands in yr
country and also speaking the Dutch language
pls by return yr email
regards
Alex

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: staatsinmenging

Ma, 25 Maart 1996 00:00

On Mon, 25 Mar 1996, Leendert van Oostrum wrote:

>
> Ek lei af jy is _nie_ entoesiasties oor staatsinmenging nie. Geld
> dit net vir die ekonomie, of trek jy die kring wyer?
>
> Ek sou te vinde wees vir 'n gesprek oor staatsinmenging in die
> onderwys en gesinslewe onder die nuwe regering, as jy tyd en trek
> daarvoor het :-))
>

Ek is nie veronderstel om tyd daarvoor te hê nie, weens die klomp dinge
wat ek eintlik aan moet peuter, maar trek het ek altyd.

Ja, inmenging en ek is glad nie vriendjies nie. O, nee. My idees ry so
bietjie branderplank op die oomblik, maar vryheidsgesind sal ek seker bly
tot die dag dat ek nie meer die walms van onse planeet inasem nie. Ek het
lang en bloedige argumente met menige welsyn-entoesiaste hier op Oxford
en op Wits gevoer, en ek besef dat my teenkanting teen staatsinmenging
praktiese en ander probleme behels. Een probleem is die presedent van
suksesvolle inmenging. Almal is daaraan gewoond om die staat toe te laat
om derduisende dinge wat hulle wil sien gebeur, te laat gebeur, en dink
nie twee keer aan die vryheidsverliese wat daardeur gely word nie. En so aan.

Onderwys is 'n probleem. Groot probleem. Die mens is eers vatbaar vir
outonomie nadat hy deur andere soos 'n stukkie klei gevorm is. Nou wil my
hart vir my vertel die ouers van die kind is die enigstes wat kan besluit
waar gedruk word en watter klei toegevoeg word, of ten minste nie die
staat se burokrate nie. Maar dieselfde hart, en die hoof daarby, ken
kinders wat eerder maar myle ver van hulle ouers moes gebly het. Ek het
groot bedenkinge oor die idee dat sekere waardes deur die staat aan
kinders gevoer moet word, en dat ouers wetlik verplig moet wees om
hierdie maaltyd te ondersteun, of dit nou is wat hulle wil eet of nie.
Maar my afsku vir 'n sentrale waardeskeppende industrie kry dit nie reg
om onomwonde voor te stel dat staatsonderwys 'n verkeerde idee is nie.
Die probleem duik natuurlik op deurdat die staat strafregtelik belasting
hef om die skole op te rig en die onderwys te betaal, en dan nog die
inhoud van die onderrig bepaal. Diegene wat eerder hulle eie waardes aan
hulle kinders wil oordra, en nie vir die staat se waardes wil betaal nie,
moet maar die vyandige waardesisteem subsidieer. En hulle voorgestelde
vorm van skoolopleiding moet ook eers deur die staat aanvaar word, voor
dit kan geld as nakoming van die onderrigsplig. Die welsynmanne voeg dan
dadelik by dat die demokratiese proses veronderstel is om sulke probleme
op te los. Die probleem is natuurlik dat diegene wat nie met die staat se
waardes saamstem nie, kan stem tot hulle blou in die gesig is, hulle sal
steeds maar moet opdok vir wat die meerderheid wil h^e, totdat hulle die
dag genoeg mense kan oorreed om saam te stem, en dan weer die
andersdenkendes op hulle beurt strafregtelik onderdruk. Ja, groot
probleem. Want as mens dit nie doen nie, dan skryf mens 'n hele geslag se
armsalige kinders af, omdat hulle ouers of andere nie kan of wil betaal
vir goeie onderwys vir hierdie kinders nie.

Die enigste halwe uitweg is vir die staat om so ver weg as moontlik te
bly van waardes wat omstrede is. Makliker geseg as gedaan. Die
Amerikaanse Jefferson-muur idee het ook al dikwels absurde resultate
gehad. En alle waardes is ook maar iewers omstrede.

Wat ekonomiese inmenging betref, neig ek in die rigting van Hayek en Von
Mises wat voel hoe minder hoe beter. Maar die probleem is dat mens in
elke ekonomie van die wêreld sit met 'n ding wat al deurmekaargepeuter
is. As mens net oornag loslaat, dan "meng" jy maar op 'n sekere manier
heftig in. As mens byvoorbeeld 'n ekosisteem vir 100 jaar op allerhande
maniere kunsmatig ondersteun het, dan kan jy nie sommer besluit
ondersteuning hou nou op nie. Daar's dinge wat dan ongedaan gemaak moet
word. En sekere doelwitte, soos byvoorbeeld omgewingsbewaring, is amper
onmoontlik om aan 'n vrymark oor te laat sonder drastiese katastrofes.
Sodra mens sekere bepaalde doelwitte as waardevol beskou, begin inmenging
na die enigste moontlikheid lyk.

Hoe dit alles ookal sy, ek sou baie beter voel as meer mense hulleself
sou afvra of mens hoegenaamd inmenging moet h^e, voor hulle vra watter
soort inmenging mens vandag vir 'n bepaalde probleem moet beoefen. Want
hoe meer die staat gesien word as iets wat mens mag gebruik om jou morele
kruistogte mee uit te voer, hoe meer aantreklik word die magsetel, en hoe
groter die versoeking van korrupsie. En, tot iemand my die dag kan
oortuig dat die grootste rede vir die begeerte om te regeer NIE brute mag
is nie, sal ek so min mag as moontlik in die hande van die staat wou
sien. Die staat is 'n noodsaaklike euwel, nie 'n waardevolle instrument
nie. Vir sulke idees word mens gewoonlik as "rabidly right wing"
gekritiseer. Miskien is Jan se houding teenoor Kinder TV die beste
houding teenoor wat alles in die demokratiese proses aangaan.

Binnekort sal die enigste boewe op die TV "Mean Mr Sexist" en "Nasty Mr
Racist" wees, en die enigste helde en heldinne die PC brigades.

As hulle dan nog nie die klassieke werke verban of verbrand het nie, sal
vrydenkende ouers maar self moet sien klaarkom met die meesterstukke van
ouds as "anti-PC" teenvoeter.

Geen sensuur hoegenaamd op die internet nie!!! (viva, viva...)

Frank

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Mensliewendheid

Ma, 25 Maart 1996 00:00

On Mon, 25 Mar 1996, Abi Coetzee wrote:
>
[siteer my beskrywings van breedvoerige en gewelddadige rassisme wat ek
onder menige Afrikaners te"egekom het]

> Frank , hierdie is 'n baie eensydige beskouing van wat jy onder die siek
> krimineele elemente waargeneem het. Netso kan kan ek vir jou ook 'n
> paar verhale vertel.

[gaan voort en vertel van verskriklike wreedhede wat swartmense op
blankes uitgevoer het]

> Ek sal dus voorstel dat jy die prentjie van byde kante af bekyk. Geensins praat
> ek die dade goed nie. 'n Mens moet net oppas dat dit nie vir politieke gewin na
> die een kant toe opgeblaas word nie.

Abie, ek het nie probeer om 'n volledige prentjie te skets nie. Ek het
net Paul se stelling dat die Afrikaner "mensliewend" is, van nader
beskou. Sien my boodskap "die hele vis". Politieke gewin het ek ook beslis
nie in gedagte nie.

"Democracy: running the circus from the monkey cage" - HL Mencken.

Frank

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wind van die tyd

Ma, 25 Maart 1996 00:00

Nuwe klein toevoeging tot my web-blad by www.icon.co.za/~ferdig

.......sê hy nederig......

(eintlik 'n groot windgat...)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1634  1635  1636  1637  1638  1639  1640  1641  1642  1643  1644  1645  1646  1647  1648  1649    »]
Tyd nou: So Okt 06 17:29:06 MGT 2024