Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Anna Boshoff op "Future Imperfect"

Vr, 19 April 1996 00:00

joh...@srvnac1.nac.ac.za (Johan Kriel) wrote:


> Ek het net die laaste ongeveer 15 minute daarvan gesien, en die eenkeer
> wat sy aan die woord was in daardie tyd het sy Engels gepraat. So jou
> stelling dat sy geweier het om Engels te praat is onwaar.

Sy het geweier. Deurentyd. Tot groot irritasie van die ander
deelnemers. Op die einde het Jannie Gaggiano van Stellenbosch haar
oorreed om te begin Engels praat - toe se sy niks nie.
Hy het dit reggekry deur aan haar te vra of dit waar is dat daar
vroeer vanjaar 'n internasionale kongres oor die behoud van Afrikaans
in Somerset-Wes was waar die voertaal Engels was. Sy het saggies
ingestem en toe begin Engels praat.
Voor dit het dit maar rof gegaan.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die ou Grote

Vr, 19 April 1996 00:00

Op die kaarte staan geskryf Oranje.

Sommige praat van hom as die Grootrivier.

Sy eerste naam was die Gariep.

Gemeet aan ander riviere in Afrika, Asi"e, Euorpa en die Amerikas
is hy maar klein. Maar in ons land is hy die grootste, letterlik
en figuurlik. Sy verste punte is oos in die Drakensberge. (Dink
ook aan die Vaalrivier). Maar hy sterf weg in die verste
westelike hoek van ons land.

Soos wat hy weswaarts loop, raak hy al hoe meer soos die Nyl, die
woestyb se lewensaar. Eers loop hy deur die dro"e Karroo, dan die
dro"er Boesmanland en uiteindelik die dorre Richtersveld. Hoe
verder jy weswaarts met hom gaan, hoe minder word die mense,
behalwe die wat teenaan hom bly.

Vir baie is Upington die laaste groot leefbare plek langs die
rivier. Maar gaan kuier gerus verder wes by Keimoes en Kakamas.
Hierdie plekkies staan vir niks verkeerd nie. Moet net nie in die
vier maande rondom Januarie hier teen twee uur smiddags te besig
wil raak nie. Moet ook nie laatnag in die twee maande rondom
Julie buite die kooi wees nie.

Anderkant Kakamas begin die lewe wat die rivier groot maak. Eers
is daar die Augrabies. Mense wat watervalle ken, is gewoonlik nie
beindruk met die plek nie. Maar dis omdat die Gariep so selde vol
van lyf is - omtrent een keer in elke 12 jaar. Wag tot die groot
reens kom. Dan brul Augrabies so dat jy jouself nie kan hoor
praat nie.

Na Augrabies kom die tonele van maanlandskappe wat by Onseepkans
onverbeterlik is. Dis by Onseepkans waar die ou Grote jou aftrek
na hom toe. Dis daar waar, selfs al staan jy kniediep in die slik
van sy bedding, besef wat lafenis is. Dis daar waar mense nie
pretensies het nie. Jy loop die pad wat almal kan sien. So kry
'n mens die minste seer.

Nog verder, 'n paar kilometer neffens die rivier, is daar 'n
stukkie hemel gemaak in 'n wêreld wat al hoe meer die hel word.
Pella. 'n Sendingstasie. 'n Plek waar die son alles wegbrand wat
paaps is tot net die eenvoudige onveranderlike waarhede van die
geloof oorbly. 'n Plek wat so gebou is dat dit kan hou totdat die
Here weer kom. Binne die kerkie het ek een keer die voorreg gehad
om in 'n gebroke handskrif op 'n vel papier teen 'n pilaar die
volgende te lees: Dankie Heer dat ek U liggaam kan eet en u bloed
kan drink totdat U weer kom.

Dankie Heer vir hierdie hemeltjie by Pella.

Want verderaan begin 'n mens 'n idee van die hel kry. Eers is
daar Goodhouse. As die warm winde winde met hulle sand jou daar
vang, word jy eers biltong gemaak voordat jou doodsbeendere
ontbloot word. Daar het ek beleef hoe 'n motor binne drie uur van
sy verf gestroop word. En waar Goodhouse darem nog winde het, is
Vioolsdrif toegevou in sy swart kranse waarin alles le en braai.

Vir meeste mense is Vioolsdrif net 'n plek waardeur jy moet rys
om by Namibi"e uit te kom. En hulle doen dit vinnig - so vinnig
dat hulle se 'Merks' en 'BlikMetWiele' teen die lang opdraendes
staan kook. A nee a, dis hier waar die ou Grote vra dat respekte
betoon sal word, veral teen twee uur die middag in Desember.

En dit is nog nie die einde nie. Want nou moet die ou Grote sy
groot draai maak om die Richtersveld vir ons af te pen. Die
Richtersveld is meestal 'n klip woestyn met berge soos hulle nog
in die oertyd gelyk het. Aan die noordekant van die rivier is
daar 'n stofvlakte wat eers ophou wanneer die Visrivier uit die
noorde met die Gariep een word. In hierdie vlakte is daar geen
lewe nie. Maar by die plek van ontmoeting staan die nooienes
kokerbome (Aloe ramossima) wat met hulle honderde verskrimpte
kokertjies gryp na iets daarbo. Kan dit reen wees? Maar hulle
massiewe voetstukke vertel 'n ander storie. Hulle soek nie genade
in 'n ander plek nie. Daar vrot hulle. Hier langs die ou grote
wil hulle bly om die verdwaalde mis wat soms langs die ou grote
opvaar, net te kan te ruik.

Wanneer die ou Grote sy draai begin klaarmaak, kry 'n mens
Sendelingsdrif en Ochta. Dit is net die ywer van 'n sendeling,
'n diamantdelwer, 'n vetplantliefhebber of 'n fotograaf wat jou
hier kan hou. Waar Vioolsdrif jou nog intimideer met hoe die hel
kan wees, gee Ochta jou 'n behoorlike voorsmaak.

Aan die einde le Alexanderbaai. Hier wil die duine die ou Grote
oorneem, maar kon hulle dit nog nie reg kry nie. Dertig jaar
gelede kon 'n mens in die winter wanneer die ou Grote se laaste
lewensbloed getap is, met vreugde van hom drink. Maar nou dra hy
eerder die hel in hom wat vanuit die ooste kom. Vrot stinkende
slyk met alles wat kan dryf daarin, komende van die stede baie
ver daarvandaan. Dan eers besef 'n mens dat Sendelingsdrif en
Vioolsdrif nie so sleg is nie. Dit is asof die ou Grote van
hierdie stede wil wegvlug, sover wes as moontlik, om in die koue
mistige see met waardigheid te kan sterf. Gaan ons hom daardie
waardigheid terug gee?

Beste wense
At de Lange
Universiteit van Pretoria

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

matriek

Vr, 19 April 1996 00:00

At 04:04 PM 4/18/96 SAT, you wrote:
> Ek hoor gerugde oor een van die plaaslike radio stasies dat
> matriek as voorvereisde vir universiteits toelaating nie meer nodig
> gaan wees nie. Sodoende kan die diskriminasie teen die agtergeblewendes
> uit die weg geruim word.
>
> Weet enige iemand of die aanname enigsins water dra ?
>
> Groete.
> Abi Coetzee
> Suid-Afrika
>
>
Nee, dis nog nie amptelik so nie, maar die hele tendens is om tersi^ere
onderwys, en veral universiteite, meer toeganklik vir die massas te maak.
anganyi (DG van onderwys) het dit al herhaaldelik gesê; nuwe Nasionale
Kwalifikasieraamwerk (NOF) bevat verskillende paaie om by universiteit uit
te kom, bv via ABE (volwassene- basiese onderwys; "adult basic education").
Die projeksie is dat daar 'n ontploffing in tersi^ere getalle kom in SA.
Daar is tans so 350 000 studente in tersi^ere inrigtings. In 2000 gaan dit
rondom 750 000 staan.

Overgesetsynde: om universiteit toe te gaan word so te sê beskou as 'n
fundamentele reg. Maw die Amerikaanse filosofie om "college"-onderwys
egalitaries te beskou, is nou ons voorland. Die elitistiese model (net die
room gaan universiteit toe, en dit het niks met kleur uit te waai nie) van
die Ooste en selfs Europa word nou in die ban gedoen. Die hartseer is dat 'n
mens grade uitdeel wat (alreeds) niks werd begin raak nie en 'n ambisieuse
jongmens eintlik van die wal i die sloot in help om hom universiteit toe te
stuur. 2 verskynsels is al tot vervelens toe uitgewys in 'n egalitariese
model: graadinflasie ("degree inflation") en die opgevoede werkloses
("educated unemployed"). Een lessie: hou jou kind ver weg van 'n algemene
graadstudie (BA, BComm, BSc, selfs regsgrade; daar is laasjaar amper 2000
LLBs uitgedeel!) aan 'n universiteit; 'n gesofistikeerde, skaars
kwalifikasie (bv CA; medies) kan nog gaan. Die beste opleiding is opleiding
vir 'n nis, wat geredelik by 'n technikon, tegniese kollege of sommer as 'n
vakleerling in die werkplek opgedoen kan word. Ons sal moet ophou neus
optrek vir blouboordjiewerk, wat in elk geval lankal nie meer
sweetfabriekwerk is nie. Die grap is eintlik op ons witboordjiedinosaurusse
met ons staatspossies (en eweneens: staatssalarissies!)

Groetnis uit New York.
Chris Claassen

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

van: BIELDT

Vr, 19 April 1996 00:00

Hi,

Ek is jammer as iemand nie saamstem dat ek inligting probeer uitvind oor
die van Bieldt nie maar daar is sover my kennis gaan geen genealogiese
groep vir Suid-Afrika nie. Dalk kan iemand so iets voorstel. Ek het nie
genoegsame kennis daarvoor nie.

Om by die punt te kom, ek soek asseblief enige inligting rakende
die Bieldt-van, glo afkomstig vanuit Duitsland. Help asseblief!

Dankie
Groete
Leon van Staden
(vsta...@telkom.co.za)

Genealogie & famieliesake | 0 kommentare

Waarheidskommissie

Do, 18 April 1996 00:00

Die Waarheidskommissie het in Oos-Londen, Suid-Afrika, begin om
getuienis uit ons land se apartheid-verlede aan te hoor.
Van die eerste getuienis het gegaan om die verdwyning en dood van
die "Cradock-vier".
Dit was vakbond-leiers van die UDF wat in die jare tagtig doodgemaak
is.
Hulle was Mathew Goniwe, Fort Calata, Sparrow Mkhonto en Nombwyselo
Mhlauli.
Mense sal hulle onder meer ook onthou omdat hulle begrafnisse destyds
wyd gerapporteer was.
Dit was die begrafnisse waarop Alan Boesak afgeneem is teen die
agtergrond van 'n reuse rooi vlag van die SA Kommunistiese Party.
Stukkies van die getuienis hieronder kom uit Beeld van 17 April
1996.

"Mev. Calata het vertel dat sy Fort se lyk gaan uitken het. Sy hare
was uitgetrek, sy tong was baie lank, sy vingers was afgekap en hy
was vol wonde. Sy broek was vol bytmerke.
'Jy kan dit nie glo dat honde ook deel aan die saak gehad het nie,'
het sy gesê. Na die begrafnis is sy uit haar huis gesit omdat sy
nie kon betaal nie
"Ek wil net weet wie dit gedoen het. As die kommissie kan help met
my kind se opvoeding. Ek kan nie vir hom skoene koop nie."


"Mev. Mkhonto het gese haar man is twee keer in die kop geskiet, met
'n mes gesteek en verbrand. 'My man se dood het my lewe onstabiel
gemaak. Hy was alles in my lewe. Ek moet baie vrae van my kind
beantwoord. Vandag vra hy dit, more dat. Ek het nie 'n man nie
en hy het nie 'n pa nie. Hy is in st 9 en vaar goed.'

"Mev. Mhlauli het begin huil toe sy se haar man se lyk was in 'n
verskriklike toestand. Sy lyk het 43 wonde gehad. Dit was veral
steekwonde in die bors. Daar is suur op sy gesig gegooi. Sy
regterhand was afgekap. Sy wil weet wie dit gedoen het sodat die
verlede begrawe kan word."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

1: Marx, Mill en Mensen

Do, 18 April 1996 00:00

Over Marx gesproken, het volgende opstel heb ik ooit
als scriptie op de Universiteit van Amsterdam geschreven, toen
ik daar Andragologie studeerde.

arx, Mill en Mensen (I)
------------------------

Het lijkt mij zinloos om over vrijheid, democratie, mensen-
rechten e.d. in relatie tot de opvattingen van Marx en Mill te
spreken of te schrijven, zonder eerst hun mens-opvattingen uit
te diepen, c.q. te verduidelijken. Ik heb daartoe naast de
verplichte college-stof ook enkele andere bronnen geraadpleegd.

Hoewel impliciet aanwezig in de college-literatuur komen de
mens-opvattingen van Marx naar mijn mening daarin toch te vaag
tot uiting. In het in de jaren dertig teruggevonden geschrift
'Staatseconomie en filosofie' stelt Marx kort samengevat onder
meer het volgende:
De mens moet niet als een abstract wezen worden beschouwd,
maar in zijn concrete bestaan. Concreet, dat wil zeggen: de
mens in zijn historische omgeving, en dat betekent in het
bijzonder: de mens als arbeidend wezen.
De mens is het 'dier dat zichzelf reproduceert', met dien
verstande dat het de arbeid is, het unieke vermogen van de mens,
en niet de geest die de mens tot mens maakt: de mens 'ontvreemd'.
In de arbeid schept de mens iets uiterlijks: hij veruiterlijkt
in de arbeid zijn eigen wezen.

Uiteraard kan dit laatste volgens Marx slechts dan plaats
vinden "Als", en nu citeer ik uit II - Proletari-ers en
Communisten, pag. 66, "In de plaats van de oude, burgerlijke
maatschappij met haar klassen en klassen-tegenstellingen een
associatie treedt, waarin de vrije ontwikkeling van ieder de
voorwaarde is voor de vrije ontwikkeling van allen".
In tegenstelling tot wat er tijdens de colleges is besproken,
blijkt uit dit citaat dat Marx wel denkt in termen van klassen-
opheffing, maar niet in de opheffing van het individu. Op dezelfde
pagina spreekt Marx zelfs over 'geassocieerde individuen'.
Natuurlijk blijft het de vraag wat Marx in deze onder
individuen verstaat. (Ze zijn in ieder geval niet ego-centrisch,
op eigen belang gericht).
Ik heb de indruk dat in Marx' klassen-loze maatschappij
individuen wel te onderscheiden zijn (zie pag. 25 van 'Kritiek op
het program van Gotha': "Ieder naar zijn bekwaamheden, aan ieder
naar zijn behoefte", en het daaraan voorafgaande), maar niet te
scheiden zijn (niet te de-associ-eren zijn).

Vervolg: 2

Bernhard Bezemer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Nieuw virus

Do, 18 April 1996 00:00

On Wed, 17 Apr 1996, Bernhard Bezemer wrote:

> Let op! Een nieuw virus op Internet: de pkzip300.zip.
> Onderstaand artikel is door mij ge-forwarded.
> Bernhard Bezemer
> -----------------------------------------------------

Dis NIE 'n virus nie. Dis wat ons noem 'n Trojaan (soos die perd :) ).
Dis 'n .EXE leer wat eers sy skade doen as hy uitgevoer word. Virusse kan
nie versprei deur net afgelaai te word nie. Jy as gebruiker moet 'n
verdere stap neem, soos om dit uit te voer (of oop te maak in die geval
van Microdaft Word virusse). Die laaste weergawe van pkzip waarvan ek
weet is pkzip 2.04g. Geen sagteware het die vermoe om enige skade aan
hardeware te doen nie.

> Er is nog geen tegengif voor ontwikkeld, dus download dit bestand
> onder geen beding. (Voor de duidelijkheid: de nieuwste versie van pkzip is
> versie 2.04G. Alles met een hoger versienummer moet voorlopig gewantrouwd
> worden.)

Die storie is omtrent ses maande oud en begin al die selfde mitiese
status as die "Good Times Virus" kry. Die laaste reel van bogenoemde
paragraaf is sover die enigste deel wat nie totaal en al nonsens is nie.

> Ter herinnering: het Boza virus, alias het
> Bizatch virus, oftewel 's werelds eerste Windows 95 virus, waart ook nog
> steeds rond. Het is een relatief onschuldig virus dat alleen elke 30ste van
> de maand een bericht op het scherm laat zien. Desalniettemin blijft
> besmetting een vervelende zaak. Boza is afkomstig uit Australie en heeft de
> volgende boodschap in zich: 'The taste of fame just got tastier! VLAD
> Australia does it again with the world's first win95 virus. From the old
> school to the new.' En daarna hopelijk direct door naar de gevangenis. Als

Bozo soos ek die Boza virus noem is nog nooit op enige masjien buite 'n
laboratorium gesien nie. Die virus sal egter enige masjien met Win32S
werk. D.w.s. Windows NT, Windows 3.xx met Win32 geinstaleer. VLAD is 'n
internationale groep met lede vanuit Amerika, die Skandinawiese lande en
Australie.

> je toch in de ziekenboeg bent, pas dan ook op voor het Happy Days Trojan
> virus. Dit werd oorspronkelijk verspreid als een bestand getiteld
> happyday.zip. Volgens een begeleidende tekst zou het een utility zijn die
> 'de produktiviteit van de computer verbetert'. Wie erin trapt en het
> bestand uitpakt en activeert, begint daarmee een onherroepelijke
> vernietiging van allerlei essentiele systeembestanden. Alsof dat nog niet

Daar is honderde tot duisende trojaanse programme daar buite. Die grap is
selfs dele van DOS kan as 'n trojaan beskou word. Moenie die volgende
intik nie maar dis 'n trojaan: "deltree c:\ /y". Dis altyd goeie raad om
programme net af te laai van plekke wat vertrou kan word.

> genoeg is: het beruchte Word macro virus, dat zich niet verstopt in
> programma's maar in tekstbestanden, kent inmiddels een paar nieuwe
> varianten, waaronder een met het gevreesde commando format c: /u, wat een

Die bevel uitgevoer is "echo 'Y' | format c:". Die virus is ook nog nie
buite laboratoriums gesien nie en is al ses maande lank beskikbaar. Die
virus versprei nie baie goed nie en doen nie gereeld skade nie.

> onwaardelijke formattering van de harde schijf inhoudt. Be prepared en
> download een paar nieuwe versies van anti-virus programma's. Anti-virus
> sites:

Dis altyd 'n goeie idee om die nuutste weergawe van jou verkose
anti-virus sagteware te gebruik.

Ek moet sê ek is nie te beïndruk met Mr. Bezemer nie. Ek dink die "Good
Times" berig op die lys mag deur hom begin gewees het ( nie seker nie, maar
vra net ) ? Dan die' berig en dan die berigte oor "lewe digitale virusse".
Ek gaan nie aantygings maak nie maar laat ek dit stel dat Mr. Bezemer
iemand is met wie ek myself nie wil vereenselwig nie.

____________________________________________________________ _____________
Ek twyfel of enige iemand dit sal waag om te erken ek praat namens hulle.
- ------------------------------------------------------------ -------------
Robert Sandilands - Virus kundige en rekenaar goe"laar.
Senior Virus Analis : WNNR Virus Beskermings Dienste
Tel: +27-12-841-2106, Fax: +27-12-841-3037, E-pos: rob...@vps.cis.co.za
- ------------------------------------------------------------ -------------

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Re: Das Kapital

Do, 18 April 1996 00:00

Jeff vra vir Leendert:

>> Das Kapital was, sover ek weet, nog nooit verban nie. Ek het in die
>> vroee" sewentigerjare 'n kopie van die Engelse vertaling daarvan by
>> die CNA in Rondebosch gekoop (en gelees :-))
>
> R^erig? Die hele ding? Ek is ingedruk.
> Hoe lang is dit? Was dit interessant of saai?

Ek onthou dat ek "Das Kapital" jare gelede in 'n boekwinkel in Durban
gesien het. Dit verbaas my dat enige persoon met gesonde verstand
bereid sal wees om die ding te koop (as ek reg onthou, het dit drie
duur volumes beslaan). Soos Paul Johnson in "Intellectuals" vir ons
vertel, was Marx se idees gebaseer op inligting wat al 40 jaar oud was
toe hy "Das Kapital" geskryf was, en mense soos Max Weber en Ludwig von
ises het al in die twintigerjare die fundamentele tekortkominge in
arx se filosofie uitgelig. Dan is daar die praktiese voorbeeld
van lande wat die Marxistiese weg gevolg het.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Athol Fugard se "Valley Song" in Toronto

Do, 18 April 1996 00:00

Op die oomblik speel Athol Fugard se "Valley Song"
in Toronto by die World Stage teaterfees. Fugard self
speel twee van die drie karakters: die ou kleurlingman
Abraam Jonkers en die witman wat tegelyk ook die
outeur is. Esmeralda Bihl speel Veronica, die kleinkind
van die ou man. Sy droom van Johannesburg toe gaan
en 'n loopbaan as sangeres. Haar oupa vrees vir haar
toekoms en is bang dat hy self afgeskop gaan word van
die grond wat hy al die jare bewoon.
Blykbaar het die idee vir die storie ontstaan toe Athol
Fugard vir hom grond aangekoop het in New Bethesda.
Op sy aangekoopte stuk grond het daar al die jare 'n ou
kleurlingman gebly. In 'n onderhoud vra hulle vir Fugard
wat van die ou man geword het. Hy se toe die ou man bly
nog daar op die grond. "His handful of pumpkin seeds
is really Athol Fugard with a handful of words." (Ironies
egter is vir my die feit dat die ou man nou die witman in
die oe moet kyk, al het sy voorsate lank voor die witman
op daardie land gebly.)
Op 'n manier is hierdie toneelstuk ook nog 'n voortsetting
van die Helen Martins-saga. Fugard het sekerlik hierdie dorp
uitgekies omdat Helen Martins daar gebly het, die heldin van
sy "The Road to Mecca." So het die vrou op wie haar wit
bure so neergesien het, noual direk en indirek veroorsaak dat
daar twee toneelstukke ontstaan het wat in New Bethesda
afspeel. Mense in Broadway se teaters hoor die naam New
Bethesda en dink: op daardie plek het iemand probeer om
die nuwe Jerusalem te vestig.
Aan die einde van die onderhoud met die Globe & Mail
se Fugard :"The last time I came to Toronto, I was envious
of Canadians...Now, if you have any sense, you should be
envious of my country. We are taking on one of the most
extreme challenges, to show the world, after centuries of
repression and violence - and we could easily have become
a second Bosnia - to show the world how it is done. And
it's working. Amazing."

Gloudina Bouwer


Musiek & liriek | 0 kommentare

Re: Lynx

Do, 18 April 1996 00:00

Skies vir die vorige tikfoute! Hierdie WIN 95 Netscape van my maak dit
onmoontlik om te sien wat jy tik as jy stuur maar teruglees is OK.

Flamme = vlamme en Text = teks. Ek tik "blind" op die oomblik. Ek
veronderstel OS/2 is seker beter. Werk selfs beter vir kluisenaars.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1622  1623  1624  1625  1626  1627  1628  1629  1630  1631  1632  1633  1634  1635  1636  1637    »]
Tyd nou: Vr Nov 15 21:39:24 MGT 2024