Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Lynx
Re: Lynx [boodskap #6292] Do, 18 April 1996 00:00
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Skies vir die vorige tikfoute! Hierdie WIN 95 Netscape van my maak dit
onmoontlik om te sien wat jy tik as jy stuur maar teruglees is OK.

Flamme = vlamme en Text = teks. Ek tik "blind" op die oomblik. Ek
veronderstel OS/2 is seker beter. Werk selfs beter vir kluisenaars.
Re: Lynx [boodskap #6293 is 'n antwoord op boodskap #6292] Do, 18 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Sandilands  is tans af-lyn  Robert Sandilands
Boodskappe: 12
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 18 Apr 1996 a...@rmbmain.rmb.co.za wrote:
>
> Daar is nog meer gratis sagteware vir die Windows omgewing beskikbaar.
>

Van watter kwaliteit ?

>> beide Unix en OS/2 sagteware moeilik bekombaar is (of dat sagteware net
>> nie bestaan nie). 'n Goeie voorbeeld hiervan is Excel. Daar betsaan
>> net eenvoudig nie 'n Excel 5 of Excel 7 vir OS/2 nie (ek weet nie of
>

> Ongelukkig vir Lotus het hy lankal groot markaandeel aan Excel afgestaan.
> Excel is die wêreldleier (verkope gewys) as mens na rekenblaaie kyk. Dit
> skep groot probleme vir enige maatskappy wat Excel wil gebruik maar OS/2
> of Unix gebruik.

Wat is so belangrik oor Excel ? Wat het Excel wat Lotus, Quattro of
FreeCell :) nie het nie ? Behalwe 'n paar miljoen rand meer aan
advertensies ? Excell is waarskynlik die duurste, grootste een met die
meeste kewers ( "Bugs" :) ).


> Of jy nou daarvan hou of nie, Windows is hier vir eers. Ek weet hul
> bemarking is baie beter as hul sagteware maar dit is iets waarmee ons moet
> saamleef.

Waarom moet ons ? Ons is die mense wat die besluite neem ! Ek kan besluit
ek gebruik nie Microsoft Word nie want [1] Dit het te veel kewers en [2]
Dis die enigste sagteware wat virusse ondersteun.

Ek dink ons moet net begin om op ons reg om stabiele sagteware te kry en
te gebruik. Ek het sover die week amper die helfde van die week
gespandeer om Windoze 95 weer aan die werk te kry nadat dit om een of
ander rede gecrash het.

Ja Microsoft is hier en word net groter, maar terwyl ek kan sal ek dit
teenwerk. As Microsoft ooit die sagteware wereld oorneem sal ek ophou
rekenaars gebruik en erens in die bos gaan bly in my houthuisie.

> Maatskappye gebruik nie sommer "freeware" of "shareware" nie. Ek praat ook
> nie van "klein" programme nie. Koste word egter 'n faktor as mens kyk na
> 'n pakket wat R1 000000 kos. Ek weet van 'n maatskappy wat onlangs deur
> twee baie pynlike ervarings gegaan het. Ten eerste moes hul OS/2 uitgooi
> en na Windows NT oorskakel as gevolg van die feit dat windows sagteware
> onder winos2 onstabiel is maar grootliks omdat sekere sagteware soos Excel
> nie vir sie OS/2 omgewing beskikbaar is nie. Ten tweede moes hul groot
> somme geld betaal om van een pakket (wat onder OS/2 hardloop) oor te
> skakel na 'n ander want die OS/2 weergawe is nie meer ondersteun nie. As
> mens hier bedrae van R10 000 000 noem dan raak die bedryfstelsel 'n
> belangrike saak.
>

As jy dom is moet jy sukkel.

____________________________________________________________ _____________
Ek spreek vir myself. Niemand anders is in elk geval dom genoeg om my
toe te laat om vir hulle te praat nie.
- ------------------------------------------------------------ -------------
Robert Sandilands - Virus jagter en rekenaar towenaar.
Senior Virus Analis : WNNR Virus Beskermings Dienste
Tel: +27-12-841-2106, Fax: +27-12-841-3037, E-pos: rob...@vps.cis.co.za
- ------------------------------------------------------------ -------------
Re: Lynx [boodskap #6294 is 'n antwoord op boodskap #6292] Do, 18 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Stem volkome saam. Ons maak baie van Lynx gebruik. Dit is vir beide
> DOS en Unix beskikbaar, alhoewel ek die Unix weergawe verkies. (Teen
> die tyd besef almal seker al dat ek baie Unix-partydig is :-) Naas
> Unix is my volgende keuse OS/2, maar ek besef dat sulke stellings
> rakende voorkeure vir bepaalde bedryfstelsels dikwels tot vlamoorloë
> lei).

As jy vir die waterraad werk het jy seker genoeg water om die flamme mee
te doof :-)

Text alleen ? Dis soos n koerant sonder fotos. Vaal. Modems is nie so
duur nie.
Re: Lynx [boodskap #6295 is 'n antwoord op boodskap #6292] Do, 18 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Jeff Zucker skryf:

[knip]

> M.i. word die belang van grafiek op die Web oordrewe.
> Veel wat op die Web waardevol is, bestaan inderdaad uit teks.
> I.v. hiermee, wil ek 'n "text browser" soos Lynx sterk aanbeveel.
> Dit werk maklik en vinnig (jy hoef nie te wag vir al die vervelende
> downloading van grafiek nie!) Verder, dis baie "demokraties",
> in die sin daat enigeen met (b.v.) 'n 1200 baud modem en toegang
> na 'n "web site" met Lynx geinstalleer, kan dit maklik gebruik --
> jy hoef nie 'n vinniger modem, of 'n "SLIP connection", hê nie.

Stem volkome saam. Ons maak baie van Lynx gebruik. Dit is vir beide
DOS en Unix beskikbaar, alhoewel ek die Unix weergawe verkies. (Teen
die tyd besef almal seker al dat ek baie Unix-partydig is :-) Naas
Unix is my volgende keuse OS/2, maar ek besef dat sulke stellings
rakende voorkeure vir bepaalde bedryfstelsels dikwels tot vlamoorloë
lei).

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: Lynx [boodskap #6296 is 'n antwoord op boodskap #6292] Do, 18 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Sandilands  is tans af-lyn  Robert Sandilands
Boodskappe: 12
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 18 Apr 1996 a...@rmbmain.rmb.co.za wrote:

>>>> Van watter kwaliteit ?
>
> Ek sou sê van dieselfde gehalte as wat enige gratis OS/2 of Unix sagteware kan
> wees.

Dalk so van OS/2 maar nie van Unix. Die Unix sagteware het meestal hul
kode by en mense is gewoonlik vinnig om foute reg te maak. Die probleem
is dat ook baie makliker is om sagteware vir OS/2 of Windows te skryf wat
alles crash as wat dit is vir Unix.

>
> Soos ek gesê het, Excel het die grootste markaandeel. Microsoft het
> met Excel 5 'n hasie uit sy hoed uit getrek wat moeilik deur sy
> teenstanders geklop sal kan word. Ek ken nie FreeCell nie so ek kan niks

Goeie bemarking. FreeCell is 'n voorbeeld pakket wat in bronkode op 'n
stadium saam met BorlandC gekom het :-)

> daaroor sê nie. Saam met Excel kom Visual Basic. Dit beteken dat mens
> nou jou eie funksies kan skryf sonder om van die makrotaal gebruik te
> maak. Excel is besig om die makrotaal totaal uit te gooi. Visual Basic
> is 'n rekenaartaal soos C of Basic of Fortran (dit is nader aan Fortran
> as aan Basic self). Mens kan dus baie meer daarmee doen as wat die
> makrotaal mens toegelaat het. Met Excel 7 kom die volledige Visual Basic
> 4 pakket sodat dit baie eenvoudig is om byvoorbeeld DLL l^eers te skep
> indien mens meer spoed verlang of indien geheue 'n probleem is.


Nonsens. Jy kan nie DLL's in Visual Basic skryf nie. Jy mag dalk VBX's
kan skryf wat veel stadiger is maar nie DLL's nie. Yip, jy kry nou selfs
virusse vir Microdaft Word komplimente van WordBasic wat maar net 'n
kleiner weergawe is van Visual Basic. Hulle is nie besig om die Makrotaal
uit te gooi nie, hulle is net besig om dit te versterk na 'n bruikbare
vlak toe maar sonder om die sekuriteit van die rekenaar of die data in ag
te neem.

Dink aan die volgende virus. ( Dis geheel en al moontlik as Microsoft se
drome waar word ). Ek moet dit beklemtoon dat dit op die oomblik nie
moontlik is nie !!! Dis sal net gebeur as die morone by Microdaft hul sin
kry.

Die virus is versteek as 'n spul makrostellings in 'n posboodskap. Dit
word aan jou masjien gestuur. Die posleser ontvang dit automaties en
omdat daar makro's in is word dit automaties uitgevoer. Die eerste ding
wat die virus doen is om die boodskap uit te vee nadat die viruskode
gedupliseer is op die rekenaar. Dan gaan dit deur al jou boodskappe en
stuur ditself na al die mense van wie en na wie jy al ooit posgestuur
het. Dan sit die virus op die rekenaar en elke databasis of dokument
wat jy aan werk word net nadat jy klaar is daarmee gepos na die virus
skrywer deur 'n "anonymous remailer" of twee sodat niemand ooit kan
vasstel wie dit was nie.

Ek kan nie wag daarvoor nie. Dink net hoeveel geld ek sal maak om dit te
probeer stop. Net jammer ek sal dit in Visual Basic moet skryf so jy sal
'n vinniger rekenaar moet koop net om seker te wees niemand stuur vir jou
sulke virusse nie :-(

____________________________________________________________ _________________
Ek het nie genoeg verbeelding om vir enige iemand behalwe myself te praat nie
- ------------------------------------------------------------ -----------------
Robert Sandilands - 'n Verdwaalde Ingenieur en Rekenaar kundige
Senior Virus Analis : WNNR Virus Beskermings Dienste
Tel: +27-12-841-2106, Fax: +27-12-841-3037, E-pos: rob...@vps.cis.co.za
- ------------------------------------------------------------ -----------------
Re: Lynx [boodskap #6297 is 'n antwoord op boodskap #6292] Do, 18 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Antonie antwoord Robert:

> Daar is nog meer gratis sagteware vir die Windows omgewing beskikbaar.

Ongetwyfeld, maar die blote hoeveelheid is nie 'n deurslaggewende
faktor in mense se keuses nie, anders sou ek lankal eerder Windows in
my daaglikse werk gebruik het, iets wat ek bitter selde doen. Probeer
bv. 'n HTTP bediener onder Windows loop - moontlik, ja, maar 'n
nagmerrie. Windows NT kan wel, maar ek wil darem graag iets hê
waarmee ek met 'n gewone "dom" terminaal kan inkom, indien nodig. Met
Unix kan ek nog steeds my (gratis) rekenblad deur genoemde dom
terminaal loop, om maar nog 'n voorbeeld te noem

[knip]

> Of jy nou daarvan hou of nie, Windows is hier vir eers. Ek weet hul
> bemarking is baie beter as hul sagteware maar dit is iets waarmee ons moet
> saamleef.

Niemand bevraagteken dit nie. Dis net dat mense soos ek en Robert
heel goed daarsonder klaarkom.

> Maatskappye gebruik nie sommer "freeware" of "shareware" nie. Ek praat ook
> nie van "klein" programme nie. Koste word egter 'n faktor as mens kyk na
> 'n pakket wat R1 000000 kos. Ek weet van 'n maatskappy wat onlangs deur
> twee baie pynlike ervarings gegaan het. Ten eerste moes hul OS/2 uitgooi
> en na Windows NT oorskakel as gevolg van die feit dat windows sagteware
> onder winos2 onstabiel is maar grootliks omdat sekere sagteware soos Excel
> nie vir sie OS/2 omgewing beskikbaar is nie. Ten tweede moes hul groot
> somme geld betaal om van een pakket (wat onder OS/2 hardloop) oor te
> skakel na 'n ander want die OS/2 weergawe is nie meer ondersteun nie. As
> mens hier bedrae van R10 000 000 noem dan raak die bedryfstelsel 'n
> belangrike saak.

Ek kan ook sulke treurmares aanhaal oor mense wat die teenoorgestelde
gedoen het. Een voorbeeld is 'n plaaslike maatskappy, 'n vervaardiger
van veevoere, wat die Windows NT roete probeer volg het, met betreklik
rampspoedige gevolge. As hulle maar eerder hulle (uiters stabiele) IBM
AS/400-stelsel verder uitgebrei het.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: Sharjah Cricket Finals at Iowa State University
Volgende onderwerp: 1: Marx, Mill en Mensen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 01:49:02 MGT 2024