Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Das Kapital
Re: Das Kapital [boodskap #6299] Do, 18 April 1996 00:00 na volgende boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Jeff vra vir Leendert:

>> Das Kapital was, sover ek weet, nog nooit verban nie. Ek het in die
>> vroee" sewentigerjare 'n kopie van die Engelse vertaling daarvan by
>> die CNA in Rondebosch gekoop (en gelees :-))
>
> R^erig? Die hele ding? Ek is ingedruk.
> Hoe lang is dit? Was dit interessant of saai?

Ek onthou dat ek "Das Kapital" jare gelede in 'n boekwinkel in Durban
gesien het. Dit verbaas my dat enige persoon met gesonde verstand
bereid sal wees om die ding te koop (as ek reg onthou, het dit drie
duur volumes beslaan). Soos Paul Johnson in "Intellectuals" vir ons
vertel, was Marx se idees gebaseer op inligting wat al 40 jaar oud was
toe hy "Das Kapital" geskryf was, en mense soos Max Weber en Ludwig von
ises het al in die twintigerjare die fundamentele tekortkominge in
arx se filosofie uitgelig. Dan is daar die praktiese voorbeeld
van lande wat die Marxistiese weg gevolg het.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: Das Kapital [boodskap #6300 is 'n antwoord op boodskap #6299] Do, 18 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Frank skryf:

> Ek kan net met Geoffrey saamstem. Om Marx en marxisme te ignoreer, en
> dan belang te stel in die politieke filosofie, of ekonomiese teorie, is
> net so onmoontlik as om die geskiedenis van die twintigste eeu te wil
> verstaan, maar die twee wêreldoorlo"e en de-kolonisasie te ignoreer
> omdat dit dinge bemoeilik.

Nee, Frank, jy verstaan my verkeerd. Dis onmoontlik om Marxisme te
ignoreer, juis vanweë die ontsaglike ellende wat dit veroorsaak
het. Ek het eenvoudig nie die geduld om deur Marx se geskrifte
te ploeg in die vae hoop dat ek iets betekenisvols sal ontdek nie.

[knip]

> Reinier, dis goed vir ons vryheidsgesindes se gees en gewetens dat die
> muntstuk 'n ander kant ook het, en een wat elke nou en dan dringend
> en honger in ons ore huil.

Ek weet nie of ek myself as vryheidsgesinde/libertariër sal
kategoriseer nie - dis bloot dat hulle idees vir my tans die
minste boos uit al die bose alternatiewe klink.

Jou stelling klink asof jy probeer voorstel dat vryheidsgesindes
miskien gewetenloos is, of nie besorg is oor armoede en ellende
nie. My ervaring is juis die teenoorgestelde - dat sulke mense
besonderse hoë morele standaarde handhaaf, en gekant is teen
enige bevoorregting. Dis juis sosialisme, of sy meer afgewaterde
vorm, sosiale demokrasie, wat 'n klas van bevoorregtes skep, juis
omdat dit nie Hayek se "rules of just conduct" eerbiedig nie.

Op 'n effens ander, maar tog verwante, onderwerp: Ek het so pas P J
O'Rourke se skreeusnaakse "All the Trouble in the World" (subtitel: the
lighter side of war, famine, pestilence, and death) klaargelees. Ten
spyte van sy ligsinnigheid, raak hy tog 'n paar interessanthede kwyt,
veral oor die skade wat staatsinmenging aan die omgewing aanrig.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: Das Kapital [boodskap #6308 is 'n antwoord op boodskap #6299] Vr, 19 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Geoffrey Chew  is tans af-lyn  Geoffrey Chew
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Reinier skryf:

> Nee, Frank, jy verstaan my verkeerd. Dis onmoontlik om Marxisme te
> ignoreer, juis vanweë die ontsaglike ellende wat dit veroorsaak
> het. Ek het eenvoudig nie die geduld om deur Marx se geskrifte
> te ploeg in die vae hoop dat ek iets betekenisvols sal ontdek nie.

Miskien is dit omdat ek in die humaniora werk, maar die belang wat ek in
arx se idees sou stel, word meer uit hulle "reception history"
(Afrikaans?) as uit hul geloofwaardigheid aangespoor -- bv. in die
verskille tussen Marx se oorspronklike idee van "ideologie" en wat die
Marxiste daarmee later verstaan het (sover ek weet was dit vir hom iets
negatiefs, "valse bewussyn", maar dit het vir die owerhede in die
Sowjetunie -- en elders -- in die dertiger jare iets baie nuttigs geword).
Ek sou verwag dat selfs die vrotste ideologie"e interessant sou wees
wanneer 'n mens die moeite neem ad fontes terug te keer. (Terloops wil ek
ook die woord "ideologie" 'n bietjie bevraagteken; daar was 'n jaar of so
gelede 'n interessante stukkie in The Times Literary Supplement waar
heftige beswaar daarteen gemaak is.)

Groete
Geoff

Geoffrey Chew
Music Department, Royal Holloway College (University of London)
Internet: ch...@sun.rhbnc.ac.uk
World Wide Web: http://www.sun.rhbnc.ac.uk/~uhwm006/=20
http://coco.ihi.ku.dk/~chew/
Re: Das Kapital [boodskap #6309 is 'n antwoord op boodskap #6299] Vr, 19 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Geoffrey Chew  is tans af-lyn  Geoffrey Chew
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Freek skryf:

> Geoff skryf:
>
>> Ek sou verwag dat selfs die vrotste ideologie"e interessant sou wees
>> wanneer 'n mens die moeite neem ad fontes terug te keer. (Terloops wil ek
>> ook die woord "ideologie" 'n bietjie bevraagteken; daar was 'n jaar of so
>> gelede 'n interessante stukkie in The Times Literary Supplement waar
>> heftige beswaar daarteen gemaak is.)
> Ideologie: Studie van 'n idee?

Nee, ons kan dit dalk omskryf as 'n kompleks van idees wat 'n kultuur of
geselskap onbewus (of ook bewus) aanneem. (Ek weet dis nie logies nie --
hoe durf 'n mens daar met 'n "ologie" sit sonder 'n deskundige te wees?)

Groete
Geoff

Geoffrey Chew
Music Department, Royal Holloway College (University of London)
Internet: ch...@sun.rhbnc.ac.uk
World Wide Web: http://www.sun.rhbnc.ac.uk/~uhwm006/
http://coco.ihi.ku.dk/~chew/
Re: Das Kapital [boodskap #6310 is 'n antwoord op boodskap #6299] Vr, 19 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Geoff skryf:

[knip]

> Ek sou verwag dat selfs die vrotste ideologie"e interessant sou wees
> wanneer 'n mens die moeite neem ad fontes terug te keer. (Terloops wil ek
> ook die woord "ideologie" 'n bietjie bevraagteken; daar was 'n jaar of so
> gelede 'n interessante stukkie in The Times Literary Supplement waar
> heftige beswaar daarteen gemaak is.)

Heel geldig - dis wat Johnson gedoen het in sy ondersoek van sommige
van die intellektueles wat 'n groot invloed op wêreldgebeure gehad
het, bv. Marx, Rousseau, Shelley, Tolstoy, Hemmingway, ens. Een van sy
bevindings was dat hierdie mense selde, indien ooit, in hul
privaatlewens die dinge beoefen het wat hulle vir die res van die
wêreld voorgeskryf het.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: Die diamante van my kinderdae
Volgende onderwerp: Die ou Grote
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:08:43 MGT 2024