Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Die Afrikaans vir liere is rand

So, 28 April 1996 00:00

"Freek Eek" wrote:

>>> Ek wonder waar is al die beleggers wat ons in 'n JA-stem in gedreig
> het met ons ekonomie wat kamstif so swak gaan wees (met 'n NEE-stem)
> nou. Ek sien die rand het vandag al by R4.58 vir 'n dollar gedraai. Ek
> wonder of dit dalk iets is wat ons geagte minister van Finansies gesê het.
> =======================================================>>>

Jou implikasie is dat as ons steeds apartheid in mense se kele
afgedwing het, sou die waarde van die Rand vandag hoog gewees het.
Dis 'n sotlike argument.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Videos uitruil

Sa, 27 April 1996 00:00

> Nou ja, dit is my stuiwer. Ek het geen video masjien nie, dus kan ek julle nie help nie.
>
> Groetnis uit 'n sonnige Kommetjie.
>
> Abel

Dis nou n man so na my hart. Geen Video, maar n Rekenaar en
Internetverbinding. Lyk my jy het jou prioriteite dood reg! Ek het n TV en
Video en kyk daarna as ek verbystap na my PC toe!

Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Juffrou wat skryf vir die Vrye Amsterdamme

Sa, 27 April 1996 00:00

'n Interresante gesprek op SABC 3 Between the Lines, die week wat
verby is, eers kritiseer sy die White Owned Press oor hulle
meerendeels net opinies gee en geen feite opdis nie, en daarna is
sy baie geredelik om self ons in te lig met haar opinies.

Een van haar opinies is die oor geweld en hoe dit endemies in
Suid Afrikaanse kultuur is, natuurlik word dit alles veroorsaak
deur mans met wit velle en as ons kan wegdoen met hulle, sal die
saak opgelos word.

Daarmee sal ek nie eintlik sommer wil verskil met haar nie, maar
haar siening dat geweld soos ons dit hier vind in Suid Afrika
glad nie normaal is nie.

Sover ek ingelig is begin die algemene geweldskultuur 'n paar
honderd kilometer suid van Holland in Algerie en strek dit tot
die Suidpunt van Afrika, ook 'n paar honderd kilometer oos van
Holland in Sarajevo en strek dit tot Hanoi, in die Amerika's
begin dit net suid van Montreal en strek tot verby die Falkland
eilande, ek sal eerder aanvoer dat die geweldskultuur as die norm
gesien moet word, en dat die tipe van vrede (of te wel
afwesigheid van geweld) en voorspoed wat 'n land soos Holland die
laaste 50 jaar ondervind het as 'n besondere uitsondering gesien
moet word en nie as 'n norm waarop ons ons self moet vestig nie!

Maar ek moet se ek beny haar die opinie, want dit moet wonderlik
wees om nie in vrees te lewe nie!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Die Juffrou wat skryf vir die Vrye Amsterdamme

Sa, 27 April 1996 00:00

Nico Kock skryf oor die �algemene geweldskultuur�
wat onder andere �in die Amerikas begin net suid van
ontreal.� Dit laat my lag. In Montreal stap 'n jong
man in die ingenieursfakulteit van 'n lokale universiteit
in en skiet 17 meisies dood, net omdat hy dink dat dit
nie die plek is waar meisies behoort te studeer nie. In
dieselfde Montreal skiet 'n onvergenoegde professor
vier van sy kollegas dood. Hy het dit gehad teen sekere
professore wat hulle akademiese bydraes volgens hom
op oneerlike maniere bekom het. Maar die vier wat hy
skiet, was net onskuldige mense wat hom probeer keer
toe hy begin skiet. En die moordenaar is nogal 'n Jood
uit Rusland.
Hier in Ottawa sterf 'n jong man, wat sopas uit Engeland
aangekom het met 'n Ph.D. en 'n goeie werk in die rekenaars-
wese, in 'n �drive by shooting.� Die moordenaar wat met sy
maats rondry en 'n man wou skiet ófor kicks,� verklaar
dat hy nie bedoel het om hom dood te skiet nie, want hy
�aimed for the legs.�
Nee, wanneer jy van geweld praat, hoef Kanada nie vir
enige plek op die wereld terug te staan nie. We have been
there, done that. Hoekom is daar nie enige sogenaamde
Indiane in Newfoundland nie? Witvelliges het op een na
almal doodgeskiet. Sy was 'n vrou. Toe lok hulle haar uit
die heuwels met die aanbieding van persente, en toe skiet
hulle haar ook dood.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe links op www.xs4all.nl./~wagenaar

Sa, 27 April 1996 00:00

Baie nuwe links:

gaan naar http://www.xs4all.nl/~wagenaar

* diskussie oor Afrikaans op Stellenbosch
* internet Bediening in Afrikaans
* gedigte
* Poliswaardes
* ensovoort.

Robert Wagenaar
http://www.xs4all.nl/~wagenaar

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: vidi vici veni

Sa, 27 April 1996 00:00

>>>> > "ga ga ga GAA"
>>>> > - Beethoven

Na voltooiing van sy vierde simfonie sê Beethoven aan sy meisie: "Jy is
die bron van inspirasie vir al my werk."

Sy glo hom glad nie en reken hy is maar net n ou vleier (vlyer ? nee man
nie vryer nie).

Sy lag toe in sy gesig: "ha ha ha HAAA ha ha ha HAAA"

Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die waarde van die Rand

Vr, 26 April 1996 00:00

So 'n dekade gelede toe die Rand begin tuimel het, het ons die volgende
grappie vertel (onthou julle hom nog?):
Het jy gehoor Barend Du Plessis het 'n eredoktorsgraad vir chemie gekry?
Hoe so?
Hy's die eerste ou wat dit kon regkry om die Rand in stront te verander!

Ewenwel: destyds het Brink in een van sy romans (ek meen dis "Dro"e wit
seisoen") geskryf oor die Rubicontoespraak van PW Botha en gemeen dat die
oud-pres. van hoogverraad aangekla moet word omdat hy nie die integriteit
van die land se geldeenheid bewaar het nie. In een van Lincoln se beroemde
toesprake stel hy die instandhouding van die geldeenheid as een van die min,
maar belangrike pligte, van 'n regering. As dit nie gedoen word nie, kom dit
neer op diefstal teenoor die burgery. Hoe lyk dit nou met die snot-en-trane
libbies ("bleeding hearts"): verdien die huidige goewerment nie 'n aanklag
van hoogveraad nie? Die ekonome sal presies vir ons verduidelik wat die
nadele van 'n swak eenheid is, tesame met die enkele twyfelagtige voordele.
Maar ek ervaar nou daagliks in New York: 12 jaar gelede het 'n koppie koffie
in 'n gawerige restaurant hier $1 gekos; dit was R1. Vandag kos hy wragtag
nog steeds net $1; maar dis nou R4-50, en ons ho"e inflasie in hierdie
tydperk "vergoed" nie vir die verskil nie. Maar dis seker nog beter as by
die huis, waar 'n koffie al by die R5 kos teen die tyd. (Ek is darem al 3
weke uit die land uit.)

Groetnis
Chris Claassen


At 02:29 PM 4/26/96 SAT, you wrote:
> Ek wonder waar is al die beleggers wat ons in 'n JA-stem in gedreig
> het met ons ekonomie wat kamstif so swak gaan wees (met 'n NEE-stem)
> nou. Ek sien die rand het vandag al by R4.58 vir 'n dollar gedraai. Ek
> wonder of dit dalk iets is wat ons geagte minister van Finansies gesê het.
> =======================================================
> Freek Eek
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Schepping: Genesis

Vr, 26 April 1996 00:00

At 08:28 AM 4/26/96 SAT, you wrote:
>> Over schepping gesproken, nog nooit heeft iemand mij
>> kunnen verklaren, waarom er twee totaal verschillende
>> scheppings-verhalen in de bijbel staan. Genesis 1 vertelt
>> dat mens geschapen werd nadat eerst al het andere was
>> gecre-eerd:
>

Hendrik Skryf...

Die gedagtes rondom die skeppingsverhale in die Bybel herinner my aan iets
wat my as student opgeval het. In daardie jare het ek Latyn geswot, en om
ierdie ingewikkelde vak onder die knie te kry het ek gedeeltes uit die
Latynse Vulgaat in Afrikaans vertaal. My vertalings het ek met die
Afrikaanse Bybel (1933-weergawe) gekontroleer.

Twee goed het my opgeval:

1. Op sekere plekke in die 1933-Bybel (iewers in Genesis) het die Afrikaanse
teks tot by 'n kommapunt gekom (;), en daarna het net 'n paar kolletjies
gevolg (...). In die Latynse Vulgaat het die teks nog aangegaan. (Ek kan
ongelukkig nie nou na soveel jare spesifieke hoofstuk en vers gee nie, maar
diegene wat die Bybel gereeld lees sal weet waarvan ek praat.)

2. In sekere gevalle het my vertaling van die Latynse teks ernstig van die
1933-weergawe verskil. (Goed, ek weet ek is nie 'n kundige nie :-), maar die
Afrikaanse vertaling was soms duidelik gevorseerd in 'n sekere betekenis,
selfs al neem 'n mens al die verskillende sub-betekenisse van Latynse woorde
deur die eeue in ag. Ek het deurgaans dit in ag geneem dat die Vulgaatse
Latyn uit die middeleeue dateer, en dus die middeleeuse betekenisse van
woorde voorrang gegee.)

Wat punt 2 betref: my eie gevolgtrekking was dat die Afrikaanse teks
"gekook" is om die protestantse waardes te reflekteer. Dit kan ook andersom
wees, nl. dat die Vulgaat "gekook" is om die Roomse waardes te reflekteer.
Ek dink egter nie so nie, want die Vulgaat is vol dinge wat die Roomse Kerk
nie kon sluk nie, of nie aan die gewone mense wou bekend maar nie. Vandaar
die teenkanting teen Luther en calvyn (?) se standpunt dat die Bybel in
Duits of watookal vertaal behoort te word.

Ek het geen teorie"e oor punt 1 nie, behalwe dat die Afrikaanse teks
"gesensor" is, veral as 'n mens kyk wat die inhoud van die weggelate teks is.
(Jammer dat ek nie spesifiek kan wees nie, ek het lankal my vertalings en
ook die Vulgaat wat ek gehad het, weggemaak)

Enige idees?

**************************************************

"Mel's Space Programme"

**************************************************

Geloof & kerksake | 0 kommentare

Nederlandse steun voor de Zuid-Afrikaansche Republiek tijdens de oorlogen

Vr, 26 April 1996 00:00

Heeft iemand misschien wat informatie over de steun dat Nederland aan
de ZAR gaf, tijdens de oorlogen 1880-1900. Ik schrijf mijn scriptie hier
in Amsterdam erover in verband met de Nederlands Zuid-Afrikaans
Vereeniging en wil graag wat kennis uit Zuid-Afrika hebben.


Of iemand weet dan ben ik vreselijk dankbaar, indien dat niet zo is dan
een goede adres van een leverancier biltong in Europa zal me ook goed
zijn.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Geografie van die Paradys

Do, 25 April 1996 00:00

Dit is 'n algemene gebruik by digters om die stuk
aarde, waar hulle hul kinderjare deurgebring het,
te gebruik in later jare as 'n simbool vir Eden, die
toestand van onskuld voor die Val. Toon van den
Heever praat van die Hoeveld "waar jy baie ver kan
sien." Leipoldt vul ons met die kleure en geure van
die Hantam. Boerneef bring ons die Boland. Opperman
se gedigte is vol van die subtropiese klimaat en etniese
diversiteit van Natal. Ferdi Greyling beskryf sy kinder-
jare in Oudtshoorn so in "Voor die Val."

In die Klein Karoo het ek geweet
dat die Swartberge elke oggend
soos kerkorrels weer uit my drome sal verrys.
En dat die bougainvilleas elke dagbreek weer
uit die stof sal opstaan
om in pers vlamme teen die bome te dans.

Daar het ek die wonderwerk van elke dag gesien.
En geglo.
Heel die dag lank
het ons met fietse deur die strate gebid
en hallelujas in die sagte gras gelag.
Met pakkies Lucky Strikes
het ons skelm psalms agter die heinings gerook
en met meisies onskuldig soos Post Toasties
het ons nagmaal in die stil skemer van die bioskoop gehou.

In die ligblou lug,
wyd en glad soos 'n stil rivier,
het die tierende son elke middag laat
in die Klein Karoo
soos 'n oopgesnyde waatlemoen
ondergegaan.

En dan het die soet nag
om ons
soos 'n donker vrug oopgebreek in sterre
en die koel aand het sag soos water
deur die strate van die dorp gespoel.

Terwyl die saad van nog 'n heilige dag
op die sypaadjies ontkiem het.

Ek het in Noordelike Kaapland grootgeword. Daarom
is die paar gedigte van Donald Riekert wat ek ken vir
my veral kosbaar. Hier volg sy gedig "Pofadder." Daar
is 'n plek wat Pofadder heet in die droe geweste suid
van die groot eilande van die Oranje-rivier, waar ek my
kinderjare deurgebring het.

Die pofadder le
een tand mond oop
oor Boesmanland
sy lang tong
laat staan die son stil
rooi in die waas
van sy groot asem
sodat vir baie jare
die veld droog is
en niks wou groei
net brakbos blom

In die gedig "Pionier" ontsluit Riekert vir my 'n
ou herinnering: die kleur en die snaakse syerige
tekstuur van die peul van die kameeldoring:

Jy het nie sommer net
hier gebly nie
sommer net gelewe nie
met jou kort vingers
het jy takke van die
kameeldoring gebuig
en die vaalblou peul gepluk
met jou eie hande gemaal
en gesif as kos vir die bees
in die halfwoestyn
sodat ons wat kinders was
die melk kon drink
met die snaakse peulsmaak

Omdat ek op een van die vrugbare eilande in die
Oranje grootgeword het, het ons koeie nooit peule
hoef te eet nie! Ek onthou egter die kameeldoring-
boom ook vir sy lang wit baie skerp dorings (wat
as grammofoon-naald gebruik kan word). En die
wortels van die kameeldoringboom, as jy dit sag
kap, ruik verskriklik sleg. Die skoolseuns het dit
in die klaskamers versteek en op lang warm middae
van menige onderwyser so ontslae geraak.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1620  1621  1622  1623  1624  1625  1626  1627  1628  1629  1630  1631  1632  1633  1634  1635    »]
Tyd nou: So Okt 06 21:22:49 MGT 2024