Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die waarde van die Rand
Die waarde van die Rand [boodskap #6342] Vr, 26 April 1996 00:00 na volgende boodskap
Johann Christiaan Claasen  is tans af-lyn  Johann Christiaan Claasen
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
So 'n dekade gelede toe die Rand begin tuimel het, het ons die volgende
grappie vertel (onthou julle hom nog?):
Het jy gehoor Barend Du Plessis het 'n eredoktorsgraad vir chemie gekry?
Hoe so?
Hy's die eerste ou wat dit kon regkry om die Rand in stront te verander!

Ewenwel: destyds het Brink in een van sy romans (ek meen dis "Dro"e wit
seisoen") geskryf oor die Rubicontoespraak van PW Botha en gemeen dat die
oud-pres. van hoogverraad aangekla moet word omdat hy nie die integriteit
van die land se geldeenheid bewaar het nie. In een van Lincoln se beroemde
toesprake stel hy die instandhouding van die geldeenheid as een van die min,
maar belangrike pligte, van 'n regering. As dit nie gedoen word nie, kom dit
neer op diefstal teenoor die burgery. Hoe lyk dit nou met die snot-en-trane
libbies ("bleeding hearts"): verdien die huidige goewerment nie 'n aanklag
van hoogveraad nie? Die ekonome sal presies vir ons verduidelik wat die
nadele van 'n swak eenheid is, tesame met die enkele twyfelagtige voordele.
Maar ek ervaar nou daagliks in New York: 12 jaar gelede het 'n koppie koffie
in 'n gawerige restaurant hier $1 gekos; dit was R1. Vandag kos hy wragtag
nog steeds net $1; maar dis nou R4-50, en ons ho"e inflasie in hierdie
tydperk "vergoed" nie vir die verskil nie. Maar dis seker nog beter as by
die huis, waar 'n koffie al by die R5 kos teen die tyd. (Ek is darem al 3
weke uit die land uit.)

Groetnis
Chris Claassen


At 02:29 PM 4/26/96 SAT, you wrote:
> Ek wonder waar is al die beleggers wat ons in 'n JA-stem in gedreig
> het met ons ekonomie wat kamstif so swak gaan wees (met 'n NEE-stem)
> nou. Ek sien die rand het vandag al by R4.58 vir 'n dollar gedraai. Ek
> wonder of dit dalk iets is wat ons geagte minister van Finansies gesê het.
> =======================================================
> Freek Eek
>
Re: Die waarde van die Rand [boodskap #6353 is 'n antwoord op boodskap #6342] So, 28 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Johann Christiaan Claasen <cla...@rockvax.rockefeller.edu> wrote:
<< Hoe lyk dit nou met die snot-en-trane
>libbies ("bleeding hearts"): verdien die huidige goewerment nie 'n aanklag
>van hoogveraad nie? >>>

Siende dat jy weet presies hoekom en wanneer en waar die Rand begin
val het, vertel asb. vir ons.

Ek hoor dat 1. Suid-Afrika het 'n rekord mielie-oes.
2. Daar is reeds bepaal dat as ons werklik mededingend op die
internasionale mark wil wees het ons oorskot mielies, sal die waarde
van die Rand R4.15 moet wees.

Dan hoor ek die goudmyne smile al die pad oor die Rand en ek hoor dat
die aandele-mark net klim.
Wat beteken dit alles.
Re: Die waarde van die Rand [boodskap #6377 is 'n antwoord op boodskap #6342] Di, 30 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
fe...@is.co.za (Koos) schreef:

> Dan hoor ek die goudmyne smile al die pad oor die Rand en ek hoor dat
> die aandele-mark net klim.
> Wat beteken dit alles.

Dis ook baie opvallend dat die aantal Suid-Afrikaanse produkte hier in
die winkels stadig toeneem.

Daar is baie vrugte (druiwe, pruime, etc.), wyn (met Afrikaanstalige
opdruk), 'Cape' fruitsap (in Suid-Afrika verpak, nie uit konsentraat
nie), ensovoort.

Robert.


--

Robert se Afrikaanse bladsy: http://www.xs4all.nl/~wagenaar
Vorige onderwerp: schaken\Dirk
Volgende onderwerp: waarheids kommisie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 20:58:49 MGT 2024