Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die Juffrou wat skryf vir die Vrye Amsterdamme
Re: Die Juffrou wat skryf vir die Vrye Amsterdamme [boodskap #6345] Sa, 27 April 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Nico Kock skryf oor die �algemene geweldskultuur�
wat onder andere �in die Amerikas begin net suid van
ontreal.� Dit laat my lag. In Montreal stap 'n jong
man in die ingenieursfakulteit van 'n lokale universiteit
in en skiet 17 meisies dood, net omdat hy dink dat dit
nie die plek is waar meisies behoort te studeer nie. In
dieselfde Montreal skiet 'n onvergenoegde professor
vier van sy kollegas dood. Hy het dit gehad teen sekere
professore wat hulle akademiese bydraes volgens hom
op oneerlike maniere bekom het. Maar die vier wat hy
skiet, was net onskuldige mense wat hom probeer keer
toe hy begin skiet. En die moordenaar is nogal 'n Jood
uit Rusland.
Hier in Ottawa sterf 'n jong man, wat sopas uit Engeland
aangekom het met 'n Ph.D. en 'n goeie werk in die rekenaars-
wese, in 'n �drive by shooting.� Die moordenaar wat met sy
maats rondry en 'n man wou skiet ófor kicks,� verklaar
dat hy nie bedoel het om hom dood te skiet nie, want hy
�aimed for the legs.�
Nee, wanneer jy van geweld praat, hoef Kanada nie vir
enige plek op die wereld terug te staan nie. We have been
there, done that. Hoekom is daar nie enige sogenaamde
Indiane in Newfoundland nie? Witvelliges het op een na
almal doodgeskiet. Sy was 'n vrou. Toe lok hulle haar uit
die heuwels met die aanbieding van persente, en toe skiet
hulle haar ook dood.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Nuwe links op www.xs4all.nl./~wagenaar
Volgende onderwerp: Re: Videos uitruil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 22:57:24 MGT 2024